Mexico Mexiko Meksiko

Die sombrero-hoed—tipies van Mexiko

Sombrero

Mexiko

Mexikaanse vlag

Klik op vlag vir groot weergawe daarvan

 
Geboorteland van die mieliestronk!
 

Kaart van Mexiko

Hiervandaan kom ons sjokolade en ons Chihuahua-hondjies eintlik—en straks ook pampoene, avokado’s, boontjies, katoen en wat nog alles. Maar vir hierdie webwerf is dit nogal belangrik dat die mieliestronk ook daar gebore is... al bedoel ons nie onsself nie, maar die werklike stronk met die talle pitte wat soveel hordes mense op die aarde voed!
 

Kaart: World Factbook van die CIA
verafrikaans en effens gewysig deur Mieliestronk.com)

Die Mexiko van lank vervloŽ tye...

TeotihuacŠn

BO: Die  stad TeotihuacŠn, wat dateer van voor die Spaanse Verowering van Mexiko. Die foto bied ’n blik op die Laan van die Dood en die Piramide van die Son, soos gesien van die Piramide van die Maan. TeotihuacŠn, ’n enorme argeologiese trekpleister wat oor 83 vk. km strek, is sowat 40 km noordoos van die stad Mexiko.

 

Foto deur Jack Hynes,

wat dit by Wikimedia Commons op die wÍreldwye web tot openbare besit verklaar het (“released to the public domain”)

...en die Mexiko van vandag
Mexiko vandag

LINKS BO: Die Santa Fe-sakebuurt in die stad Mexiko, die hoofstad van die land met dieselfde naam. REGS BO: ’n Soort tradisionele Mexikaanse dans en die ewe tradisionele kleredrag wat daarmee saamgaan.

 

Foto links bo deur “Carlosr chill”,
wat dit by die Wikipedia-projek op die wÍreldwye web gelisensieer het ingevolge die Creative Commons Attribution 2.5-lisensie. ’n Veel groter weergawe van die foto is op hierdie bladsy op die web.

 

Foto regs bo deur “Supaman”,
wat dit by die Wikipedia-projek op die wÍreldwye web gelisensieer het ingevolge die Creative Commons Attribution 3.0-lisensie. ’n Veel groter weergawe van die foto is op hierdie bladsy op die web.

W

AT het die mieliestronk en sjokolade en ’n piepklein Chihuahua-hondjie gemeen? Al drie kom, volgens alle aanduidings, oorspronklik van Mexiko, of ten minste van Írens in diť land se betreklik nabye omgewing.

Nou ja, die verwysing na die mieliestronk is darem seker ’n bietjie stuitig! Daarmee bedoel ons natuurlik nie jou gewilde webwerf nie, maar eintlik die rÍrige stronk met sy voedsame mieliepitte, wat ’n stapelvoedsel vir soveel miljoene der miljoene mense is.

Die eerste graansoort wat deur die vroeŽ sogenaamde Mesoamerikaners “mak gemaak” is, was weliswaar blykbaar nie die mielie nie, maar so min of meer ’n familielid van kanarievoŽlsaad. Maar teen 1400 v.C. is mielies al tot aan albei kuste van Mexiko verbou en was die kulturele ontwaking van die mense in daardie streke onderweg.

En watter kulturele ontwaking was dit uiteindelik nie! In Mexiko het die ou Asteke (tot die sestiende eeu n.C.) oplaas selfs ’n kalender gehad wat op ’n sonnejaar van 365 dae gegrond was en wat in simbole op ’n klipwiel uitgebeeld is. Die klipwiel, vandag in Chicago se museum vir natuurgeskiedenis, weeg meer as twintig ton. Die Asteke se jaar van 365 dae het agttien maande van twintig dae elk gehad, gevolg deur vyf “ongelukkige” dae. Hulle het ook die tyd in siklusse van 260 dae en van 52 jaar gemeet.

Die nederige ou mielie moet beslis sy bydrae gelewer het om die mense van Mexiko goed te laat eet en hulle min of meer beskaafd te help maak.

Kalender-klipwiel van die Asteke (nabootsing)REGS: Kalender-klipwiel van die Asteke (nabootsing).

Krediet: “Isis”, wat dit by die Wikipedia-projek op die wÍreldwye web tot openbare besit verklaar het (“released to the public domain”)
 

Maar dan was daar ook pampoene, avokado’s, boontjies... Pitte van pampoenverwante plante wat meer as 7000 jaar tot 5500 v.C. terugdateer, is al in Mexiko gevind. Van avokado’s is reeds die getuienis gekry dat dit nagenoeg 10 000 jaar gelede in Mexiko gekweek is. Ook boontjies—nog van die plante wat die langste deur die mens verbou word—was inheems in onder meer Suid-Mexiko.

En katoen... Niemand weet vandag werklik hoe lank die mens reeds katoen benut nie. Maar in spelonke in Mexiko is al stukkies katoensaadbolle en flentertjies katoenlap gevind wat minstens 7 000 jaar oud is. Wetenskaplikes het ook vasgestel dat daardie katoen baie soos diť was wat vandag steeds gekweek word.

Ook cochenille, die bekende skarlakenrooi kleurstof wat byvoorbeeld koek kan verkleur, word verkry van die cochenille-dopluis van Mexiko wat van kaktusplante soos turksvye leef.

Die wÍreld se mense sou beslis anders geŽet en hulle miskien selfs anders geklee het as Mexiko en sy bure nie hul onmiskenbare bydraes tot ons hedendaagse kosmandjies en tekstielbedryf gelewer het nie.

En, ja-nee, daardie sjokolade wat ons heel in die begin genoem het—dit kan vir die oningeligte moontlik ’n verrassing wees om te verneem dat selfs hierdie gesofistikeerde produk terug te voer is na Mexiko of sy omstreke.

Die Spaanse avonturier Hernando Cortez het in 1526, nŠ sy verowering van Sentraal-Mexiko, die Spaanse koning klaarblyklik baie geÔmponeer deur hom ’n koeldrank uit die Nuwe WÍreld aan te bied—’n troebel konkoksie wat xocolatl (“bitter water”)  genoem is.

Die bestanddele van daardie geskiedkundige koeldrank was kakao,  kaneel, vanielje, naeltjies, mieliemeel,  brandrissies en natuurlik suiker.

Die warm sjokoladedrank wat ons ken, word darem hoeka nie meer op dieselfde manier berei nie, maar Cortez se “resep” sou uiteindelik tog die basis vorm van die enorme sjokoladevervaardigingsbedryf van ons tyd.

Kakao en sjokolade word uit die bone van die kakaoboom berei.

Chihuahua-hondjies, met hul petieterige postuurtjies wat sekere mense laat wonder of hulle met ’n ware siebie of ’n muiserige ou dingetjie te doen het, is op hul beurt genoem na die staat Chihuahua in Noord-Mexiko. Hierdie kleinste honderas op aarde stam bes moontlik af van die Techichi-hond van die Tolteke, die mense van ’n ou Mexikaanse beskawing.

Die teorie lui verder dat die Techichi gekruis is met Chinese dwerghondjies, wat deur die Spaanse veroweraars (Conquistadors) na Mexiko gebring is, en dat die Chihuahua uit die kruisings ontstaan het.

UIT die voorafgaande sou die oplettende leser afgelei het dat Mexiko oorspronklik deur inheemse mense bewoon is totdat die Spanjaarde uit Europa gekom om dit te koloniseer. Die land, onderkant die VSA in die suide van die Noord-Amerikaanse vasteland, het dan ook ’n lang en veelbewoŽ geskiedenis.

Vyf groot beskawings het hul stempel op hierdie wÍrelddeel afgedruk voordat die Conquistadors gekom het, te wete die ryke van die Olmeke, Teotihuakan, Maja, die reeds genoemde Tolteke en die Mexika.

Die Olmeekse beskawing het tussen 1200 en 400 v.C. gefloreer. Hierna het die mag in die hande gekom van die ryk van die TeotihuacŠn, wat tot 650 n.C. geheers het en teen 500 n.C. op een van die grootste stede ter wÍreld kon roem. Die ryk van die Tolteke het vervolgens sy bloei in die jare 700 n.C. beleef, waarna die Mexika die heersers van die streek geword het.

Die Mexika, wat woestynbewoners was en een van sewe groepe was wat die sogenaamde Asteke gevorm het, het hul hoofstad Tenochititlan genoem. Met ’n totale bevolking van meer as 360 000 mense, was dit in 1519 die grootste hoofstad op aarde.

Dit was by Tenochititlan dat die stad Mexiko, hoofstad van die staat met dieselfde naam, sou ontstaan.

Die Asteke was nietemin baie oorlogsugtig en is berug daarvoor dat hulle mense geoffer het.  Hulle het dit gedoen omdat hulle vas geglo het dat die son nie meer sou opkom as hulle dit nie sou doen nie.

Tenochititlan is in 1521 deur Spanje beset, en die Spaanse heerskappy het byna drie eeue geduur. Die land Mexiko is destyds Nueva Espa Ůa (“Nuwe Spanje”) genoem. Toe Napoleon I van Frankryk in 1807 Spanje aanval, het Mexiko egter sy kans waargeneem om sy onafhanklikheid te verkry.

Onder aanvoering van die Katolieke priester Miguel Hidalgo y Costilla het die land homself op 16 September 1810 in die klein dorpie Dolores onafhanklik verklaar. Die onafhanklikheid is egter eers elf jaar later, op 27 September 1821, deur Spanje erken, en die eerste Mexikaanse republiek het tot stand gekom.

In die negentiende eeu en daarna het verskeie presidente, dikators en ander politieke persoonlikhede belangrike rolle gespeel, veral tydens die Mexikaans-Amerikaanse Oorlog, die Hevormingsoorlog, die Franse Ingryping, die Mexikaanse Revolusie en die Cristero-oorlog.

Die latere twintigste eeu het sy eie kwota hoogte- en laagtepunte gehad, totdat die devaluasie van die Mexikaanse geldeenheid, die peso, Mexiko laat in 1994 in ’n yslike ekonomiese krisis gedompel het. Dit het die ergste resessie in langer as ’n halfeeu tot gevolg gehad.  Die land het wel indrukwekkend begin herstel, maar laat in 2008 weer gesteier toe die enorme ekonomiese krisis die ganse wÍreld tref. Werkloosheid en armoede by ’n groot deel van die bevolking bly een van die land se groot hoofpyne.

Met die verkiesing van 2000 het ’n kandidaat van die opposisie—Vicente Fox van die Nasionale Aksieparty (PAN)—die eerste keer sedert die Mexikaanse Revolusie van 1910 die regerende party verslaan, te wete die Institusionele RevolusionÍre Party (PRI).  Fox is in 2006 deur nog ’n PAN-kandidaat, Felipe Calderon, opgevolg.

MAAR wat se land is Mexiko eintlik? Die klimaat wissel van tropies tot ’n woestynklimaat, die mense praat meestal Spaans en daar is ’n geweldige vermenging van Indiaanse en Spaanse bloed in die bevolking. Trouens, sestig persent van die inwoners is mestizo (Indiaans-Spaans), dertig persent is Indiaans of oorwegend Indiaans, terwyl net nege persent as “blank” beskou kan word. Die orige een persent is mense van ’n ander herkoms.

REGS: ’n Mexikaanse kind op ’n ou foto.

 

Foto: C.B. Waite / U.S. Library of Congress (“No known restrictions”) / Gewysig en verkleur deur Mieliestronk.com
 

Tipies Spaanse ge≠bruike soos die ge≠reel≠de middag≠slapie of siŽs≠ta word daar aan≠ge≠tref, terwyl die ken≠mer≠ken≠de breŽ son≠hoed die som≠bre≠ro in Mexi≠ko ont≠staan het. Dan is die Span≠jaar≠de se fees≠te≠lik≠hede, hul so≠ge≠naam≠de fiŽs≠tas, na≠tuur≠lik ook le≠gen≠da≠ries.

Die land Mexiko se naam is eintlik Estados Unidos Mexicanos (Spaans vir die Verenigde Mexikaanse State). Dit is ’n federale republiek wat bestaan uit 31 state plus ’n federale distrik. Hierdie federale distrik omvat die hoofstad Mexiko, ’n kolossale stad waarvan die bevolking in die metropolitaanse gebied in 2008 op byna twintig miljoen geraam is.

Elke staat in die Mexikaanse federasie het sy eie grondwet en regeringsliggaam, met ’n goewerneur (gobernador), asook ’n afsonderlike regbank.

Die land is sy geheel, wat byna twee miljoen vierkante kilometer beslaan, huisves meer as honderd miljoen siele—altesame 109 955 400, volgens ’n skatting vir Julie 2008. Dit maak van hom die digs bewoonde Spaanssprekende land ter wÍreld. Volgens die sensus van die jaar 2000 is meer as driekwart van die Mexikane Rooms-Katolieke, terwyl net  3,1 persent aangedui het dat hulle geen godsdiens aanhang nie.

Mexiko het ’n vryemark-ekonomie, met ’n mengsel van moderne en verouderde bedrywe en landboumetodes. Natuurlike hulpbronne sluit in petroleum, silwer, koper, goud, lood, sink, aardgas en hout. Olie is die grootste bron van buitelandse inkomste.

Voorts word ’n groot verskeidenheid van diere en plante hier aangetref. Sover bekend is daar altesame 707 soorte reptiele, 438 soorte soogdiere, 290 soorte amfibieŽ en 26 000 verskillende plantspesies in Mexiko.

Jaguar

BO: Die jaguar is ’n groot, gevlekte, katagtige roofdier van Suid-Amerika wat ook inheems is in Mexiko.

Foto: Pascal Blachier van Savoie, Frankryk,
wat dit op hierdie bladsy by Flickr op die wÍreldwye web uitgeplaas en gelisensieer het ingevolge die Creative Commons Attribution 2.0 Generic-lisensie


Dog by al sy vele bates is Mexiko ook ’n bron van kommer vir die wÍreld. Groot dwelmsindikate is naamlik hier bedrywig, wat tonne heroÔen en dagga met gewetenlose kundigheid hanteer en versprei, asook ander dwelms soos kokaÔen en ecstasy.

En om op die negatiewe noot uit te brei, word die land ook taks gewelddadig geteister deur tsoenami’s aan sy kus langs die Stille Oseaan, vulkane en verwoestende aardbewings in die middel van die land en in die suide, en orkane aan verskillende kuste.

Maar, sÍ mense wat Mexiko leer ken en liefkry het, moet jou nie hierdeur laat afskrik om hierdie interessante land te besoek nie. Soos by die Amerikaner wat volgens die ou liedjie sy hart op ’n meisie verloor het toe hy in Mexiko gaan kuier het, reken hulle, sal jou gedagtes agterna ook immer bly terugdwaal na hierdie romantiese wÍreld met sy ryk geskiedenis:

South of the border*), down Mexico way.
That’s where I fell in love where stars above, came out to play.
And now as I wander, my thoughts ever stray.
South of the border, down Mexico way.

She was a picture, in old Spanish ways.
Just for a tender while I kissed the smile, upon her face.
For it was fiesta, and love had it’s day.
South of the border, down Mexico way.

*) Die lied “South of the Border”,  geskryf  Jimmy Kennedy en Michael Carr, is in 1939 uitgereik saam met die verskyning van ’n rolprent met dieselfde naam. Baie kunstenaars het die lied op plate opgeneem, maar onder die bekendste weergawes is diť van Frank Sinatra in 1953.
 


Klik hier om terug te keer na die inhoudsblad

Mexico Mexiko Meksiko