Hoe ’n vernuftige gemeenskap op ’n sandsteen-heuwel in die Limpopo-vallei in die Middeleeue met goud en ander kosbaarhede ’n florerende handel met koopmanne van verre lande bedryf het

Naby die noordgrens van Suid-Afrika, aangrensend aan Zimbabwe en Botswana, is die byna ongeskonde oorblyfsels van Mapungubwe... 'n groot magstaat wat in ons eie wÍrelddeel ontwikkel en daardie mag honderde jare lank behou het...
  

IN DIE Donker Middeleeue van die Christelike jaartelling, terwyl die EuropeŽrs in sielige onkunde rondploeter en gewaande hekse verbrand, werk ’n jong goudsmid in Suidelike Afrika ywerig aan ’n stuk bladgoud.

Besig om bladgoud te bewerk... By hom op ’n heuwel in die swoelte van die Limpopo-vallei wag ’n ander swartman geduldig op die vergulde beeldjie wat hy vir hom maak. Die wagtende man is ’n afgevaardigde van ’n verafgeleŽ Oos-Afrikaanse koninkryk. Hy kom koop goudware en -juwele van die goudsmid in opdrag van sy koning.

Hierdie gesant is maar net een van baie klante wat hier aandoen—en lank nie slegs koopmanne uit Afrika nie. Trouens, handelaars kom van so ver as PersiŽ, ArabiŽ, IndiŽ en China hierheen om later weer hul aankope op die Oos-Indiese handelsroete te verkwansel.

En so word die antieke Afrika-koninkryk van Mapungubwe, met sy mense uit die Ystertyd, ten volle deel van die wÍreld-ekonomie. Want nie net goud word hier geruil nie. Ook koper, yster, ivoor, diervelle en ander eksotiese artikels word van die hand gesit, dikwels in ruil vir krale, wat in Afrika groot waarde as versiersels en rituele voorwerpe het...

DIE STORIE van Mapungubwe is een van die boeiendste geskiedenisverhale van ons eie wÍrelddeel.

Die “heuwel van goud” Opgrawings toon dat die "heuwel van goud"
[REGS] met sy vyftig meter hoŽ sandsteen-kranse—naby die plek waar die Shashe-rivier in die Limpopo vloei en die grense van Suid-Afrika, Botswana en Zimbabwe bymekaarkom—in sy bloeityd die sentrum van ’n florende handelsnetwerk was.  
Foto: SASOL

KaartGoue voorwerpe, baie soos diť van die Zimbabwe-ruÔnes, is daar gevind, terwyl verskeie opgrawings ook klipmure, erdewerk en geraamtes opgelewer het. En natuurlik krale.

Duisende verskillende soorte krale, vervaardig in plekke soos IndiŽ, is in feitlik elke laag van die nedersettings by die Mapungubwe-kompleks gekry.

Die plek is duidelik op verskillende tye deur verskillende groepe mense bewoon. Die ekonomieŽ was op groot troppe beeste gegrond, maar die mense het by handel met die buitewÍreld betrokke begin raak en eksotiese en kosbare goedere verhandel.

Duisende tonne waardevolle metale—yster, koper en goud—is immers honderde jare lank deur swartmense in Suidelike Afrika gesmelt en bewerk.

REGS: Getrou aan die Afrika-kultuur was beesboerdery die spil waarom die lewens van die mense van Mapungubwe gedraai het. Daarbenewens het die handel in kosbare voorwerpe ook ’n kardinale plek ingeneem.

MAPUNGUBWE is in die twaalfde eeu ontruim en later hervestig deur ’n groep wat die Baleya genoem is. Hul leier was Mapungubwe, of Mhungubwe (die Jakkals), en dis na hom dat die plek genoem is.

Hierdie groep het geslagte lank op die heuwel gewoon en ’n houtleer deur die spleet in die kruin gebou.

Maar voor die ontruiming—in die glorietyd van die handelstaat—het die mense van die onderste nedersetting aan die voet van die heuwel bes moontlik ’n adellike klas onderhou wat hoŽr op in die heuwel gewoon het.

Dis steeds nie seker waarom, van al die nedersettings in die Limpopo-bekken, dit slegs Mapungubwe was wat ’n magstaat geword en daardie mag honderde jare lank behou het nie. Navorsers is ook onseker hoekom dit teen die einde van die twaalfde eeu ontruim is.

ArgeoloŽ spekuleer dat die mag van die mense van Mapungubwe gelÍ het in hul heersers se vermoŽ om op ’n hoogs geslaagde manier met die koopmanne aan die Ooskus handel te dryf.

Maar toe, sÍ hulle, was daar ’n verskuiwing in die handelspatroon. Dit het groepe ooswaarts op die Zimbabwe-plato in staat gestel om die internasionale handelswerk te benut. Die gevolg was dat die Ryk van Groot Zimbabwe tot stand gekom en van omstreeks 1250 tot 1450 n.C. bestaan het.

Hoewel dit ’n verduideliking bied van waarom Mapungubwe verswak sou gewees het, verklaar dit egter nog nie waarom die plek dan heeltemal ontruim is nie. Die teorie is al geopper dat daar ’n ekologiese krisis kon gewees het. Miskien het dit, saam met die verswakking in die mag, die inwoners gedwing om pad te gee.

MAAR hoe is die glorieryke verlede van Mapungubwe uiteindelik ontbloot en daardeur aan die vergetelheid ontruk? Ook dit is ’n interessante storie.

Smuts by Mapungubwe Die giftige tsetsevlieg in die omringende Laeveld het in die negentiende eeu beesboerdery baie moeilik gemaak vir die plaaslike Ystertyd-gemeenskappe. Gevolglik is die sogenaamde Greefswald-streek in die verre noorde van omstreeks 1900 tot na die 1920's hoofsaaklik vir jag gebruik.

Teen hierdie tyd het die ontdekking van goud in klipruÔnes noord van die Limpopo-rivier prospekteerders en fortuinsoekers gelok, wat ook na soortgelyke plekke suid van die Limpopo gesoek het.

So is Mapungubwe in 1932 herontdek en het die Greefswald- Argeologiese Projek van die Universiteit van Pretoria tot stand gekom. Vandag staan Mapungubwe daar as ’n nasionale erfenis en die bewys van ’n groot ondernemingsgees wat daar vroeg-vroeg ook in Afrika geheers het.

Dit is opgerig deur die voorouers van mense wat vandag lewe—’n baie spesiale getuigskrif van vernuf en tradisie soos ons dit ook op baie plekke in die ontwikkelde wÍreld vind.

Die goue renoster van Mapungubwe en ’n regte renoster

’n Goue renoster (LINKS BO), moontlik die beroemdste van die artefakte wat al by Mapungubwe gevind is. Teenoor hom op die foto REGS BO is ’n regte renoster, maar die twee is darem nie ewe groot nie! Die goue renoster is ’n vergulde beeldjie wat in die hand vasgehou kan word, iets wat niemand met die ware omgesukkelde Jakob sal kan doen nie! Die goue renoster is uit ’n graf by Mapungubwe gehaal. Dit is nie ’n soliede goue beeld nie, maar gemaak van bladgoud wat oorspronklik bo-oor ’n sagte binnedeel,  waarskynlik sagte hout, aangebring is.

Foto van goue renoster: Universiteit van Pretoria. Foto van regte renoster: USFWS

Klik hier om terug te keer na die inhoudsblad