David Livingstone
 

LivingstoneAfrika-
ontdekker en verspreider van die Lig

 
Eeue lank was die hartland van Afrika vir die Europers 地 donker plek, waar tropiese siektes 地 witman binne 地 dag kon doodmaak of wilde roofdiere hom in 地 ommesientjie kon verslind. Min was gevolglik bekend omtrent die binneland van die kontinent. Totdat onvermoeide pioniers soos David Livingstone hierheen gekom het...


 
DIE jong Skot luister aandagtig na die passievolle Skotse sendeling met die vloeiende wit baard. Die godsman het onlangs uit Afrika na Brittanje teruggekeer en is besig om 地 belangstellende gehoor toe te spreek oor sy werk doer in die suide. "Partykeer in die oggendson.'' vertel hy, "het ek die rook van duisend statte gesien waar geen sendeling nog ooit was nie.''

Dit is woorde wat die jong man, wat hom pas as medikus bekwaam het, aan die hart gryp.
 
Dan sal hy na Afrika gaan! Hy sal 地 voorvegter vir Christus op die donker vasteland word. Hy sal die duisend statte, en nog ander duisende, gaan soek en die evangelie verkondig om die Lig te versprei!
 
S begin die sending- en ontdekkersloopbaan van dr. David Livingstone
(1813-1873), wat deur baie as een van die grootste Europese ontdekkingsreisigers van ons kontinent beskou word, indien nie die heel grootste nie.

Livingstone is in 1813 in Lanarkshire in Skotland gebore en het in 地 katoentekstielfabriek begin werk toe hy maar net tien jaar oud was. Hy het nietemin aandklasse geloop en hom s onderskei dat hy hom mettertyd in Glasgow in die geneeskunde kon bekwaam. Tydens sy studies in die medisyne het hy ook klas in die teologie geloop.

Livingstone se geboortehuisREGS: 地 Foto wat in 1910 geneem is van die huis waarin Livingstone gebore is.
 


Hy het hom by die Londense Sendinggenootskap aangesluit en is in 1840 as 地 mediese sendeling na Suid-Afrika gestuur, van waar hy met verloop van tyd noordwaarts in Afrika inbeweeg het.
 
In die tweede helfte van die negentiende eeu sou verskillende Europese (veral Britse) ontdekkingsreisigers met uiteenlopende motiewe hulle op Oos- en Midde-Afrika toespits. David Livingstone is veral gedryf deur sy begeerte om die Christelike evangelie te verkondig en om die verfoeilike slawehandel in di w靡elddeel te beveg. In die uitvoering van sy roeping het egter baie gely en moes hy meermale op sy reise ontsettende ontberings verduur -- wat hom dan ook uiteindelik sy lewe gekos het.
 
VAN sy hoofpos op Kuruman het Livingstone aanvanklik sendingwerk onder die Betsjoeanas gedoen. Hy het ook baie rondgetrek noord van Kuruman en telkens van standplaas verander. Dit was in di tyd dat hy op 地 dag aangeval is deur 地 leeu wat sy linkerarm vermorsel het. Gelukkig vir hom het 地 swartman die roofdier geskiet, maar Livingstone se arm het nooit weer mooi reg aangegroei nie en dit het hom die res van sy lewe gepla.
 
Tog was dit juis hierdie leeu wat hom sy vrou besorg het, want terwyl sy arm op Kuruman aan die genees was, het hy verlief geraak op Mary Moffat. Sy was die dogter van die Skotse sendeling Robert Moffat, die stigter van die Kurumanse nedersetting en die einste man wat Livingstone genspireer het om na Afrika te kom. David en Mary het in 1845 getrou.
 

Moffat Mary Moffat Livingstone Mary Livingstone
 
Robert Moffat
 
Mary Moffat, gebore Smith,
vrou van Robert Moffat
 
David
Livingstone
 
Mary Livingstone, dogter van die Moffats en vrou
van David

Saam-saam het die egpaar Livingstone na gebiede gereis waar geen Europer nog ooit was nie. Maar die roepstem van 'n ongekerstende Afrika het ook veroorsaak dat die egpaar 地 groot deel van hul getroude lewe van mekaar geskei was. Onbedagte en onvriendelike opmerkings van andere oor hul skeiding het hulle baie hartseer besorg.

In 1849 het Livingstone, vergesel deur twee grootwildjagters, sy eerste ontdekkingsreis na die Ngamimeer onderneem. (Die Ngami is 地 meer in die noorde van die Kalahariwoestyn, 地 watermassa wat daarna aansielik kleiner geword het om uiteindelik feitlik net in moerasse te ontaard.)
 
Livingstone was tydens sy verblyf op Kuruman betrokke by 地 grensgeskil tussen die Boere en swart stamme en moes toesien hoe sy sendingstasie verwoes word.
 
Hy het weer die binneland in begin reis en die bolope van die Zambezi bereik, maar die gevreesde tsetsevlie (wat slaapsiekte by mense veroorsaak) het sy plan verongeluk om 地 nuwe sendingstasie te vestig. Op 地 trek van twee en 地 halwe jaar het hy in 1855 op die Victoria-waterval afgekom.
 
Livingstone is in 1856 terug na Engeland, waar hy as 地 groot ontdekkingsreisiger verwelkom is en hy die volgende jaar sy beroemde werk "Missionary Travels and Researches in South Africa" die lig laat sien het. Daarin kon Europers vir die eerste keer lees hoe dit werklik in die binneland van "donker Afrika" lyk.
 
HY het die later jare van sy loopbaan meestal in Midde-Afrika verwyl. In 1858 was hy Britse konsul in Quilimane, 地 hawe aan die noordkus van Mosambiek, terwyl hy ook 地 ekspedisie gelei het wat die Njassameer gevind het.
 
Livingstone wou die oorsprong vind van die Nyl, Afrika se magtigste rivier, en het sodoende die Mwerumeer en die Bangweoumeer bereik.
 
Intussen het Mary Livingstone na Engeland teruggekeer waar sy hul kinders laat skoolgaan het. In 1862 het sy haar weer by haar man in Afrika aangesluit, maar sy is slegs sowat drie maande later aan malaria oorlede aan die oewer van die rivier Shire, wat uit die Njassameer ontspring. Livingstone was verpletter. Al sy ander swaarkry in Afrika het die verbete ontdekkingsreisiger nooit woorde soos di laat uiter nie: "Vir die eerste keer in my lewe wil ek sterf."
 
Hoe bitter naby aan moed verloor hy egter daarna ook nog sou kom, sou hy ondervind in die twee jaar van Julie 1869 tot Oktober 1871 op 地 heen-en-weer-reis tussen Ujiji, in die teenswoordige Tanzani, en die rivier Lealaba. Hy het die duisend statte aanskou waarvan Moffat vertel het. Self het hy vir duisende der duisende Afrikane gepreek. Maar in 1871 het sy kragte hom verlaat.
 
LINKS: 的n die oggendson... die rook van duisend statte...

Met oop sere aan sy voete, tande wat uitval weens siekte en doodvermoeid na liggaam en gees het hy tagtig dae in sy hut gel en na sy verre, onbereikbare vaderland verlang. Sy enigste troos en bystand was die Bybel, wat hy in di tyd vier keer deurgelees het. Op die skutblad het hy hy hierdie betekenisvolle woorde geskryf: "Drie jaar lank geen briewe nie. Ek verlang pynlik om klaar te maak en huis toe te gaan, as God wil."
 
Voorrade en briewe is wel na hom gestuur, maar dit het hom nooit bereik nie. Uit Engeland is 地 soektog na hom gelas, maar die soekgeselskap het hom nie gevind nie.
 
INTUSSEN het Livingstone se verdwyning internasionale belangstelling gewek. Dit was aan die einde van di tyd, in November 1871, dat die
Henry Morton Stanleygeskiedkundige ontmoeting tussen hom en die joernalis en ontdekkingsreisiger Henry Morton Stanley in Ujiji plaasgevind het.

 

REGS: Henry Morton Stanley.


 
Stanley is in 1869 deur die Amerikaanse koerant die New York Herald gestuur om Livingstone "tot elke prys" te vind.
 
Toe die twee ontdekkers bymekaar uitkom, het Stanley vir Livingstone gegroet met die nou beroemde woorde: "Dr. Livingstone, I presume?" Livingstone het sy pet gelig en met 地 enkele "Ja" geantwoord. Hulle het dadelik groot vriende geword.

"Dr. Livingstone, I presume?"

BO: "Dr. Livingstone, veronderstel ek?" 地 Eietydse voorstelling van Stanley en Livingstone se geskiedkundige ontmoeting.

Stanley wou h hulle moes saam teruggaan na die beskawing sodat hy kon herstel, maar Livingstone wou eers vasstel waar die oorsprong van die Nyl is. Stanley en Livingstone het daarna saam die w靡eld noord van die Tanganjikameer verken. Later het Livingstone op eie houtjie voortgetrek om verder na die oorsprong van die Nyl te soek. Maar koorsaanvalle en ander ontberings het hom al hoe meer uitgeput.
 
Livingstone is waarskynlik op 30 April 1973 in Chitambo in die teenswoordige Zambi oorlede. Een van sy swart volgelinge het hom dood aangetref waar hy by sy bed gekniel het.
 
Sy getroue volgelinge het sy hart begrawe aan die voet van die boom waaronder hy gesterf het en het sy liggaam nege maande lank nagenoeg 3000 km ver na Zanzibar aan die ooskus van Afrika gedra.
 
Die stoflike oorskot is per skip terug na Engeland geneem, en in April 1874 is die "Koning van die Afrika-pioniers", wat in sy eie leeftyd 地 legende geword het, in die Westminster-abdy in Londen begrawe.
 
Die gedenkskrif in die abdy lees: "Dertig jaar van sy lewe is bestee aan 地 onvermoeide poging om die inheemse rasse te evangeliseer, om die onontdekte geheime van Midde-Afrika te verken en die gebied se bedroewende slawehandel afgeskaf te kry."
 
"Vrees God en werk hard," het hy eenkeer aan 地 klompie Skotse skoolkinders ges.
 
地 Gekerstende Afrika sal David Livingstone nooit kan vergeet nie.


Klik hier om terug te keer na die inhoudsblad