Die skoleks (kop) van die varklintwurm Taenia solium
Lintwurm

  
Die gulsige monster
in jou gedermte

  
Praat van 地 hoogs onwelkome parasiet en 地 hongerige een daarby! En om te dink dat 地 vark, 地 hond of dalk selfs 地 vis jou met s 地 lang en litterige drel van 地 gedrog kon besmet het

REGS: Die skoleks (kop) van die varklintwurm Taenia solium.

Foto: CDC (US Centers of Disease Control and Prevention) / PD


Lewensiklus van Taenia saginata (beeslintwurm) en Taenia solium (varklintwurm)

lllustrasie: US Centers of Disease Control and Prevention / Openbare domein synde 地 werk van 地 werknemer of werknemers van die Amerikaanse sentrale regering

Lewensiklus van Taenia saginata (beeslintwurm) en Taenia solium (varklintwurm)

Mense is die eindgashere van Taenia saginata and Taenia solium. Eiers of proglottisse (litte met eiers) word uitgeskei in ontlasting 1 ; die eiers kan dae of maande lank in die buitew靡eld oorlewe. Beeste (T. saginata) en varke (T. solium) raak genfekteer deur plante te vreet wat besmet is met eiers of eier-gevulde litte 2 .  In die dier se ingewande broei die sogenaamde onkosfere uit 3 , wat die dermwand binnedring en na die willekeurige spiere beweeg, waar hulle in sistiserci of larwes ontwikkel. 地 Sistiserkus kan etlike jare lank in die dier oorleef. Mense raak genfekteer deur rou of halfrou vleis te eet 4 .  In die menslike ingewande ontwikkel die sistiserkus binne twee maande in 地 volwasse lintwurm, want jare lank daar kan bly lewe. Die volwasse lintwurm heg hom aan die dunderm met sy skoleks (kop) 5  en maak hom tuis in die dunderm 6 . Die volwasse wurms produseer proglottisse, wat ryp word en met eiers gevul raak, waarna hulle van die wurms los raak en na die anus beweeg om die gasheer se liggaam in sy stoelgange te verlaat (sowat ses per dag). Volwasse wurms van die T. saginata het gewoonlik 1000 tot 2000 proglottisse, terwyl volwassenes van die T. solium gemiddeld 1000 proglottisse het. Die eiers in die ryp proglottisse word vrygelaat nadat die proglottisse in ontlasting uitgeskei is. T. saginata kan tot 100 000 en T. solium 50 000 eiers per proglottis produseer.
      

    

E

NGELSSPREKENDES noem 地 lintwurm 地 tapeworm, maar rekenaarvirusse is vroer ook tapeworms genoem. Miskien was dit omdat die eerste rekenaars papierlinte uitgespoeg het pleks van om hul verwerkte data op rekenaarskerms te vertoon. En 地 vernielde lint sou dan op 地 skadelike "wurm" in die ou komper kon gedui het.

 

Maar net soos 地 rekenaarvirus en, s, 地 griepvirus nie eens naastenby met mekaar vergelyk kan word nie, kan daar tog geen verband tussen 地 lendelam rekenaar en 地 lintwurm wees nie.

 

Trouens, mense wat reeds die onaangenaamhede van 地 lintwurmbesmetting belewe het, sal kan getuig hoe belaglik s 地 vergelyking eintlik is.

 

Dis 地 nare, ongure besigheid, di lang, litterige wurm in 地 mens se ingewande. Jy weet dat jy genfekteer is deur 地 gulsige parasiet, dalk 地 hele paar meter lange, glibberige gedierte wat stuk-stuk buitentoe afbreek in jou stoelgange.

En hy痴 heeltyd besig om te maai onder die kosse wat jy eet. Hy beroof jou van die allernoodsaaklikste voedingstowwe, soseer dat jy ondervoed kan raak en miskien selfs dermverstoppings kan ondervind.

Om boonop te dink dat jy deur 地 vark, 地 bees, 地 hond of dalk selfs 地 vis met hierdie gedrog besmet is!

地 Mens kry lintwurms deur byvoorbeeld vark- of beesvleis te eet wat rou of nie behoorlik gekook is nie en wat sogenaamd 杜asels bevat. Lintwurms bestaan uit litte of segmente wat die liggaam in ontlasting verlaat of dikwels self na buite uitkruip.

Elke segment bevat tienduisende eiers, wat op hul beurt in die pense van varke of beeste kan beland熔m die bose kringloop voort te sit...

Wat is lintwurms?

IN die biologie staan lintwurms belend as Cestoda, ingewandsparasiete van die filum Platyhelminthes of platwurms. Hulle lewe in hul volwasse stadium in die spysverteringskanale van werweldiere en ook die mens, nadat hulle dikwels hul 屠eug in die liggame van verskillende soorte diere geslyt het.

Parasitisme is 地 interaksie tussen twee organismes, waarby die een organisme (die parasiet) baat vind en die ander (die gasheer) benadeel word.

Platwurms is betreklik eenvoudige ongewerwelde diere met sagte liggame, en sowat 25 000 spesies is bekend. Hulle word op baie plekke gevind擁n die see, in vars water en selfs op klam plekke op die land. Daar is vier klasse platwurms, waarvan die lintwurms een is.

地 Ou illustrasie van verskillende soorte platwurmsREGS: 地 Ou illustrasie van verskillende soorte platwurms.

Uit: Kunstformen der Natur deur Ernst Haeckel, 1904 / PD weens kopieregverjaring

Die liggaam van die volwasse lintwurm bestaan uit drie dele. Daar is die skoleks (kop) wat van hegorgane (suiers en soms ook hake) voorsien is; die nek (hals) waar nuwe proglottisse of segmente (litjies) gevorm word; en die strobila wat uit 地 ketting proglottisse bestaan容lk beskik oor manlike en vroulike organe. Lintwurms is naamlik hermafrodities, dit wil s manlike 駭 vroulike geslagsorgane kom in dieselfde wurm voor.

En praat van gemaksugtig! Al lewe hulle in hul gasheer se spyskanaal, het hulle self geen ingewande of spysverteringstelsel, nie eens monde nie. Die gasheer moet eers die verteringswerk vir hulle behartig, en al wat hulle dan self doen, is om die vloeistof deur hul huid te absorbeer.

Lintwurms plant voort deur eiers in hul proglottisse (segmente of litte) te deponeer. N bevrugting beland eiers in die uterus wat uiteindelik byna die hele lit vul. Sulke ryp litte breek af en word saam met die gasheer se ontlasting uitgeskei of kruip self by die anus uit. Die eiers word daarna vrygestel wanneer die wand van die lit vergaan.

Die larwes wat uit die eiers ontwikkel, moet deur een of soms twee tussengashere (byvoorbeeld insekte, slakke, amfibie en soogdiere) ingeneem word om hul ontwikkeling te voltooi. As die larwestadium deur 地 geskikte eindgasheer geet word, ontwikkel dit weer tot die geslagtelike stadium wat tot die produksie van eiers lei.

Lintwurms word in twee subklasse ingedeel. Enersyds is daar di in die subklas Cestodaria, met net 地 paar soorte heel ongewone wurms. Van di word in visse soos haaie aangetref. Andersyds kry ons die Eucestoda, waarvan die geslagtelike stadium in die dermkanaal van werweldiere voorkom. Die Eucestoda bevat die algemeenste en die mees wyd verspreide tipes. Lintwurms van die orde Cyclophyllidea is die belangrikste ingewandsparasiete van mense en mak diere.

Ommer as 地 jiggie komkommer... eiers en litte van die komkommer-lintwurm

地 Eierpakkie met agt sigbare eiers van die komkommer-lintwurm Dipylidium caninumLINKS: 地 Eierpakkie met agt sigbare eiers van die komkommer-lintwurm Dipylidium caninum, waarvan vlooie tussengangers is. Dit kan katte en honde, asook hul eienaars, veral kinders, besmet. Sulke eierpakkies is kenmerkend in die litte van Dipylidium caninum. Elke pakkie bevat vyf tot vyftien en soms meer eiers.

Foto: US Centers for Disease Control and Prevention / PD
    


地 Proglottis of lit van Dipylidium caninum
REGS: 地 Proglottis of lit van Dipylidium caninum. Sulke proglottisse (gemiddeld 12 mm x 3 mm groot as hulle ryp is) het twee genitale porie. Die proglottisse kan een-een of in kettings ontlas word en het dan die vorm van pampoenpitte. Wanneer hulle droog is, lyk hulle dikwels soos ryskorrels. Die proglottis op hierdie foto (15 mm x 3 mm groot en in formalien bewaar) is deur 地 nege maande oue babaseuntjie afgeskei.

Foto deur die Oregon State Public Health Laboratory verskaf aan US Centers for Disease Control and Prevention / PD

地 Volwasse Dipylidium caninum

BO: 地 Volwasse Dipylidium caninum. Die skoleks waarmee die wurm hom binne-in die gasheer se ingewande vasheg, is baie smal. Die litte word weer groter namate hulle ryp word.

Foto: HHS / Centers for Disease Control and Prevention / PD

Rou vleis op die spyskaart: die aaklige gevolge

DIE algemeenste lintwurm-besmettings by die mens word deur die eet van rou maselagtige vark- of beesvleis veroorsaak. 地 Derde soort kom weer voor in gemeenskappe wat rou vis eet. Besmetting met hondelintwurm (Taenia ecbinococcus) is ook steeds nie onbekend in Suid-Afrika nie.

Wanneer 地 slagoffer die sistiese larwe van die varklintwurm (Taenia solium) inkry, kleef dit vas in die dermkanaal en ontwikkel dit tot 地 volwasse wurm van nagenoeg vier meter lank. As daar slegs een wurm is, is die simptome eienaardig genoeg maar min. Sou meer wurms hulle egter daar tuis gemaak het, kan die slagoffer maerder word.

地 Volwasse varklintwurm, Taenia solium, wat hom in die ingewande van 地 mens 妬ngewurm hetREGS: 地 Volwasse varklintwurm, Taenia solium, wat hom in die ingewande van 地 mens 妬ngewurm het.

Foto: Peggy Greb / ARS / USDA

地 Wurm leef 地 ongehoorde sowat dertig jaar. In hierdie tyd word eiers in die slagoffer se ontlasting afgeskei, wat 地 gevaarlike besmetting van varke of mense kan veroorsaak as hulle daarvan inkry. Nadat die ingeslukte eiers gedeeltelik in die maag verteer is, ontwikkel dit tot embrio痴 met ses hake aan die skoleks. Die larwes beland in die bloedstroom nadat die dermwand deurboor is en word na die brein en ander organe gevoer. Die gevaarlike toestand wat dit meebring staan bekend as sistiserkose, wat epilepsie kan veroorsaak as dit in die brein gevestig is. Vestiging in die oog kan weer tot blindheid lei.

Die simptome van die beeslintwurm (Taenia saginata) is selde ernstig, hoewel die wurm vyf tot ses meter lank kan wees. Di is egter lank nie die langste lintwurms wat bestaan nie. Die gemiddelde lengte van die vislintwurm (Diphyllobothrium latum) is wel omtrent ses meter, maar dit kan selfs vyftien tot sestien meter wees. Ondervoeding en ernstige bloedarmoede is die gasheer se voorland omdat di wurm met die gasheer om vitamien B12 meeding.

Hoe kan jy weet dat jy lintwurms het en wat kan jy daaromtrent doen?

  

Nog 地 tipiese lintwurmkopLINKS: Nog 地 tipiese lintwurmkop.

 

Foto: ARS / USDA

DIE Direktoraat Kommunikasie van die Suid-Afrikaanse Nasionale Departement van Landbou, in samewerking met LNR-Onderstepoort Veeartsenykunde Instituut, het by geleentheid hierdie inligting en raad gepubliseer:

 

Masels in vleis lyk soos klein wit watergevulde sakkies.

 

As jy deur beesvleislintwurms besmet is, sal jy altyd honger wees en maer word. Dit is daaraan toe te skryf dat die parasiete die voedingstowwe absorbeer wat jy nodig het. Jou liggaam verteer die kos en di voedingstowwe word deur die lintwurm opgeneem vir sy eie groei sodat daar baie min vir jou oorbly. Dit gee aanleiding tot maagkrampe, hoofpyn, duiseligheid en moegheid.

 

Boonop kan die volwasse litte van die wurms vanself beweeg. Hulle verlaat die menslike liggaam deur die anus en beweeg op jou klere rond. Gevolglik:

  • sal jy ongemaklik voel en 地 jeukerigheid om die anus ervaar;

  • sal jy plat, wit, vlesige sakkies in jou onderklere, ander klere en selfs skoene aantref;

  • sal lang, wit stroke in jou stoelgang sigbaar wees.

Indien jy iets ongewoons in jou onderklere of stoelgang opmerk, versamel dit in 地 bottel of plastieksak en neem dit na jou naaste kliniek vir ontleding. By 地 kliniek sal hulle toetse doen en medikasie voorskryf om die wurms dood te maak.

 

Onthou!

  • As mense vermoed dat hulle lintwurms het, is hulle gewoonlik te skaam om met iemand daaroor te praat.

  • Dit is verkieslik om eerder gesond te wees as skaam en siek! Lintwurms kan 地 groot gevaar inhou.

  • Moenie uitstel as jy vermoed dat jy wurms het nie. Jy verwaarloos nie net jou eie gesondheid nie, maar jy versprei die wurms en besmet ook die omgewing.

  • Praat vandag nog met jou dokter of gesondheidswerker.

Lintwurmbesmetting kan s voorkom word:

  • Moet nie vleis koop by informele (ongeregistreerde) slagters nie, omdat die vleis masels kan bevat.

  • Maak seker dat jy goedgekookte vleis eet, s sal die masels gedood word.

  • Moet nie rou vleis eet nie.

  • As jy vermoed dat die beesvleis masels kan h, moet jy dit minstens drie dae lank vries by 地 baie lae temperatuur
    (18ー
    .C) voordat jy dit eet.

  • Gebruik net behoorlike toilette (nie die veld nie).

Tot sover die raad van die Landboudepartment se Direktoraat Kommunikasie.

Om af te sluit kan jy, soos iemand dit al gestel het, ook onthou dat 地 wurm 地 ruggraatlose dier is. Maar jy痴 mos 地 skepsel met 地 ruggraat, vas en stewig op die aarde. Hoe sal jy dan ooit kan toelaat dat 地 bleek, plat slaprug-wurm jou regeer?
   



Klik hier om terug te keer na die inhoudsblad