Die fassinerende verhaal van die menslike liggaam

 'n Ster-artikelreeks in sewe aflewerings
1. Inleiding 2. Die ontstaan van lewe

 3. Geboorte en kind-wees  * 4. Puberteit
5. Volwassenheid  *  6. Ouderdom  *  7. Sterfte
  


 Verstommende reis van wieg tot graf:

  7. Die dood 

 GrysaardVaarwel, ou gryse...

Niks in die lewe is so seker soos die dood nie, word soms gesÍ. Maar presies wat gebeur met die menslike liggaam in daardie laaste, onafwendbare oomblikke? Wat veroorsaak die onreŽlmatige asemhaling, die doodsroggel, die spierspasmas, die laaste traan wat miskien nog uit die gestorwene se oog kan rol? En wat gebeur met die liggaam wanneer hy daarna letterlik terugkeer tot die stof waaruit hy gemaak is?

Hoofbron vir teks: The Human Body deur Anthony Smith (Harper Collins).

AS 'n mens na 'n ou foto kyk wat voor 1895 geneem is, weet jy dat elkeen daarop nou dood is. Kyk jy na 'n moderne foto, miskien van 'n rugbyskare, besef jy ook dat elke enkele mens daarop kort voor lank die tydelike met die ewige sal verwissel.

Selfs as 'n mens honderd jaar oud word, het jy immers net 5 214 weke lank
gelewe. Regdeur die wÍreld sterf honderd mense elke minuut. Die dood is geen
seldsaamheid nie. Tog lewe ons van dag tot dag en dink ons heeltemal te min
aan die afskeid van die aardse lewe wat vir ons elkeen voorlÍ.

Ons beskou die dood as iets soos 'n ongeluk, wat mense hier en daar tref, maar nie as 'n algehele veroweraar nie. Tot onlangs het die meeste mense tuis gesterf. Die familie, dikwels die kinders inkluis, sou om die sterfbed vergader en die sterfte gadeslaan en dinge bespreek.

In vandag se ontwikkelde wÍreld gaan die meeste mense in hospitale en ander inrigtings dood. Partykeer is daar meer mediese apparate om hulle as wat daar familielede is. Ons sien duisende kamma-sterftes in rolprente en op die televisie, maar baie van ons sal in ons hele lewe nooit 'n ware sterfte aanskou nie. As dit so is, is dit straks tot ons nadeel. Die Engelse skrywer Somerset Maugham het geskryf: ''Om te sien hoe ander daardie finale reis onderneem het, is die enigste hulp wat ons het wanneer ons die reis self aanpak.''

Deesdae sien ons nie veel van daardie finaliteit nie en talle het ongelukkig die godsdienstige ankers verloor waarop vorige geslagte so uitmuntend kon steun. Meer as ooit tevore is die dood vir baie mense die groot onbekende.

As die dood skielik kom, kan 'n blakend gesonde liggaam binne enkele oomblikke in 'n toestand beland waarin hy nie meer kan aanhou lewe nie. Die meeste eindes kom egter stadig met 'n geleidelike ineenstorting van die liggaamstelsels.

HartAs die dood naby is, raak die asemhaling onreŽlmatig, met vinnige, diep asemtogte gevolg deur baie stadiges. Dit word deur reseptore naby die hart REGS en in die harsingstam veroorsaak, wat traag op veranderings in die suurstof en koolstofdioksied in die bloed reageer.

Illustrasie van hart met vriendelike vergunning van 3DScience.com

Ekstra: Hoe goed ken jy die werkinge van die menslike hart? Klik hier vir ’n vinnige Sleep-en-los-raai((“Drag and drop quizz”).

Die asemhaling kan raserig wees omdat die persoon te swak is om te hoes en die slym uit die keel en lugweŽ te kry. HoŽ bloeddruk kan vog van die bloed deur kapillÍre wande van die longe dwing, wat dan gekongesteer raak.

Die laaste paar asemtogte wanneer die dood intree, gaan dikwels gepaard
met 'n rasperige geluid wat die doodsroggel genoem word. Dit word deur spasmas in die spiere van die stembande veroorsaak.

Af en toe sal 'n geweldige verstywing in die strottehoofspiere 'n skielike blafgeluid tot gevolg hÍ.

Onmiddellik voor die dood is daar dikwels 'n kort tydjie wat as die agonale
fase bekend staan (uit die Griekse agon-, wat worsteling beteken). Die spiere
kan weens suur in die bloed in spasmas begin ruk, en soms is daar 'n kort
skudding of opwelling van die bors of skouers.

Asemtogte kan hewige snakke word. Die doodstryd is angswekkend vir mense wat dit aanskou, maar die sterwende is gewoonlik te siek om daarvan bewus te wees.

Sodra die dood intree, sit die appels van die oŽ uit wanneer die spiere wat die iris beheer vir die laaste keer verslap. Soms stort die oog 'n laaste traan, wat die
lacrima mortis genoem word.

Ontbinding is waarneembaar nŠ sowat 48 uur in 'n matige klimaat, of vinniger as dit warm is. Dit verskyn eers as 'n groen verkleuring aan die buik, wat tot pers verdonker en dan swart word. Die vroeŽ stadiums van ontbinding word deur spysverteringsensieme in die ingewande veroorsaak - die liggaam is letterlik besig om homself van binne af te verteer. IngewandsbakterieŽ neem spoedig oor en die vleeslike liggaam vergaan.

Wanneer 'n liggaam gebalsem word om dit te bewaar of 'n mummie daarvan te
maak, word die ingewande verwyder om die bederf te vertraag. BakterieŽ het vog nodig, en daarom sal die liggaam nie vergaan wanneer die lug warm en droog genoeg is nie (bokant 38 grade C), maar eenvoudig uitdroog.

Dit kan natuurlik ook bewaar word deur dit te bevries, ůf in die lykhuis ůf op die natuurlike manier soos met Ųtzi, die stuk of 5 300 jaar oue ''ysman'' wat 'n klompie jare gelede in die Europese Alpe gevind is. Selfs die inhoud van Ųtzi se maag het behoue gebly, sodat wetenskaplikes kon vasstel wat hy vir sy laaste maaltyd geŽet het.

Die aanwesigheid van suur kan ook bakteriŽle verrotting voorkom, soos met
die eeue-oue lyke wat al in die veenmoerasse van Europa gevind is
kleinTollund-man, Denemarke illustrasie hierby. In normale omstandighede, dis nou as die doodkiste en urne self mettertyd vergaan, word die bestanddele van die ontbinde of verbrande lyk hersirkuleer - word hulle in die voedselketting opgeneem as voedingstowwe vir plante of gronddiertjies. ''Stof is jy, en jy sal weer stof word,'' soos ons in die Bybelboek Genesis lees oor die veroordeling van die mens nŠ die sondeval.

Ons liggame is opgebou uit atome was reeds sedert die begin van die heelal bestaan: dit is 'n fundamentele wet van die fisika dat materie nie gemaak of vernietig kan word nie. Dieselfde atome wat eenmaal ons planeet gevorm het, word in kos, lug en water opgeneem om vir 'n kort tydjie ons liggame te vorm, en wanneer hulle sterf, word hulle teruggegee om elders geabsorbeer te word...

EINDE

Klik hier om terug te keer na die inhoudsblad