Die fassinerende verhaal van die menslike liggaam

 'n Ster-artikelreeks in sewe aflewerings
1. Inleiding 2. Die ontstaan van lewe
 3. Geboorte en kind-wees  * 4. Puberteit
5. Volwassenheid  *  6. Ouderdom  *  7. Sterfte
  


 Verstommende reis van wieg tot graf:

 6. Veroudering 

 Oud, grys en sat van dae

In die natuur raak diere nie oud nie. Die mens, daarenteen, leef dikwels langer as die tyd waarin kinders gebaar word en die jare wat dit kos om hulle groot te maak. Hoekom ons so lank leef, is eintlik so iets van 'n raaisel, maar miskien is dit 'n nog groter geheimenis waarom die liggaam dan hoegenaamd verouder. Ons liggaamselle word immers gedurig vervang, soseer dat daar min dinge in ons liggaam is wat werklik meer as tien jaar oud is...

Hoofbron vir teks: The Human Body deur Anthony Smith (Harper Collins).

Fantastiese feite:
  • Die gemiddelde jong mens se vel is 0,5 mm dik. Ouer vel is 25 persent dunner.
  • Daar is al geraam dat 200 000 fronse genoeg is om een winkbroulyn op 'n geplooide voorkop in te keep. 
  • Van die oomblik dat ons gebore word, begin die heel klein haarselletjies in die binne-oor een vir een afsterf.
  • Die hare in jou ore wat hoŽ klankfrekwensies registreer, sterf eerste af - met die gevolg dat ons teen die ouderdom van tien jaar 'n groter reeks klanke gehoor het as wat ons ooit in die res van ons lewe sal hoor.
  • Teen die ouderdom van sewentig jaar sal ons sowat 'n derde van ons spierkrag verloor het.
ONS  is die produkte van sukses, elkeen van ons wat vandag leef. Ons ouers het daarin geslaag om ons te verwek, hul ouers was suksesvol om hulle te genereer, en so kan 'n mens die suksesverhaal terugvoer tot in die begin.

Voordat ons sulke gedagtes kop toe vat, moet ons egter onthou dat dieselfde van elke lewende ding gesÍ kan word. Om te leef is 'n triomf, die eindresultaat van 'n ontsaglike poging van ongetelde voorgeslagte. Hulle het almal hul gene nagelaat om hul eie soort voort te dra en daardie gene, wat weliswaar deur onmeetlike tye verander het, het tot die ontstaan van elke liewe een van ons gelei.

Namate ons deur die vroeŽ lewenstadiums beweeg, verander ons liggame en ontwikkel hulle om die uitdagings van elke nuwe ouderdom die hoof te bied. En wat gebeur dan? Soos ons elkeen vroeŽr of later agterkom, word ons oud. Van ons kruin van fisieke prestasie loop die pad geleidelik afdraand. Ons raak in feitlik elke opsig Šl minder bekwaam, veral daar teen die einde rond.

Ons voorkoms verander. Ons gaan waarskynlik korter word, krommer, stywer as voorheen, grys, meer bles, meer geplooi, met 'n droŽr, dunner en verkleurde vel, met 'n dubbele ken of 'n uitstaanken, 'n ander stem, slegte gehoor, swak sig, spatare, ondoeltreffende geheue, groter oorlelle en 'n breŽr, langer neus.

Die dood kom nie oombliklik nie, maar haal ons in terwyl ons Šl vatbaarder daarvoor raak. NŠ veertig verdubbel die sterftesyfer met elke agt jaar wat die ouderdom aanstap, totdat ons almal op die ou end daardeur gevang word. Ons weet almal dit is ons lot, maar hoekom is dit so?

Die mens probeer al lank om veroudering te verklaar en daar was al baie verskillende teorieŽ daaroor. Die ''lewenstempo-teorie'', wat in die begin van die twintigste eeu gewild was, het veronderstel dat elke skepsel met 'n bepaalde aantal hartkloppe in die wÍreld kom. As die hart vinnig klop, soos by muise, sou die lewe kort wees - iets soos ''gou lewe, gou dood''. Waar die hartklop stadig is, soos diť van skilpaaie, sou 'n lang lewe voorlÍ. Ongelukkig het dit geblyk dat daar te veel uitsonderings is en diť reŽl is dus weerlÍ.

Die wetenskap het nog nie met 'n universeel aanvaarde teorie oor veroudering vorendag gekom nie, maar met ons steeds groter kennis van die molekulÍre biologie, is dit nie verbasend dat die navorsing op die binnewerkinge van selle toegespits is nie. Dit kan een van die neteligste vrae oor veroudering help beantwoord.

Ons weet die meeste weefsels in die liggaam is gedurig aan die kom en gaan: die voering van die ingewande word elke drie dae vervang, die vel is aanhoudend besig om dooie selle af te werp terwyl nuwes na die oppervlak opstoot, selfs jou geraamte sal elke sewe jaar al die selle vervang het waarvan hy gemaak is. Daar is weinig dinge in ons liggame wat meer as tien jaar oud is.

Hoekom lyk (en funksioneer) ons dan nie voortdurend asof ons bloedjonk is nie? Waarom lewe ons aardse liggaam nie vir ewig nie? Elke sel bevat die liggaam se volledige genetiese kode in die DNS wat in sy kern bewaar word, en hierdie DNS beheer die sel se aksies en reaksies.

In chemiese terme is DNS 'n reusagtige, uiters komplekse molekule. Tog moet die DNS 'n volmaakte weergawe van homself skep elke keer wanneer die sel verdeel. Probleme ontstaan wanneer dit nie gebeur nie.

Een van die belangrikste oorsake van skade aan die DNS is die teenwoordigheid van die sogenaamde vrye radikale, hoogs reagerende molekules wat ontstaan tydens normale metaboliese reaksies waarby suurstof betrokke is.

Radikale sal enige ander molekule beskadig waarmee hulle in aanraking kom en sou verwoesting in die sel kon aanrig as hulle nie gestuit word nie. Om hulle te vernietig bevat die sel verskillende verbindings wat anti-oksidante genoem word, waaronder die vitamiene C en E en verskeie chemikalieŽ wat in vrugte en groente voorkom.

Desnieteenstaande kom skade weens vrye radikale nog voor en daar word gereken dat hulle een van die meganismes is wat veroudering veroorsaak. Daar is gevind dat die mens, die spesie wat die langste leef, veel hoŽr vlakke van anti-oksidante het as diere wat nie so lank lewe nie.

Een wetenskaplike het 'n stam rondewurms geteel met 'n mutante (veranderde) geen wat 'n abnormaal hoŽ produksie van anti-oksidante tot gevolg het. Hulle lewe tot sewentig persent langer as die oorspronklike wurms.

Mense wat baie vrugte en groente (en dus anti- oksidante) in hul dieet het, het 'n verlaagde risiko om kanker te kry.

Skade weens vrye radikale en ophopende foute in die DNS is egter nie die volle verhaal van veroudering nie. 'n Magtige faktor is eenvoudige slytasie weens die voortdurende affrontasies wat ons liggame bombardeer, sowel uitwendig as inwendig.

Besoedelende stowwe, gifstowwe, natuurlike bestraling, virusse, bakterieŽ en die ultraviolet strale van die son is almal besig om ons vanuit die eksterne omgewing aan te val, terwyl ons selle intern te kampe het met skadelike afvalprodukte en die hormonale gevolge van fisieke en sielkundige spanning.

Omdat die liggaam so 'n komplekse en fyn ingestelde masjien is, laat degenerasie in een sisteem sy gevolge ook elders voel. Die oor degenereer. Die balans volg sy voorbeeld en, omdat die sig ook verswak het, is die kanse vir ongelukke soveel groter.

Bene breek makliker wanneer die persoon val, en bedlÍendheid het blywender uitwerkings op die spierstelsel, balans en beensterkte. Wat as subtiele veranderings begin, lei met die jare tot swakheid en broosheid by eens gesonde volwassenes, tot verminderde vermoŽns in die meeste fisiologiese sisteme en 'n Šl groter kwetsbaarheid vir siektes en die dood, waaroor in die volgende aflewering vertel word. 

Klik hier vir die volgende aflewering: 7. Die dood

MakrofaagREGS: ín Makrofaag beweeg oor ín oppervlak. Makrofage is bewegende selle en die vlytige skoonmakers van die liggaam. Hulle verwyder stukkies weefsel nŠ ín besering, raak ontslae van vreemde deeltjies wat in die liggaamsvloeistowwe beland en werp bakterieŽ en dooie selle uit die sisteem. Ons hele lewe deur is hulle besig om ons te beskerm teen allerhande indringers wat ons liggame vanuit die eksterne omgewing aanval. Uitendelik sal hulle egter ook boedel oorgee. Die brose aardse liggaam kan nie vir ewig lewe nie.

Krediet: © Whitehead Institute for Biomedical Research / Met vergunning US National Science Foundation

Ietsie ekstra vir senior swewers:

Wysheid oor die grysheid

        Ek weet nie hoe dit kon gebeur het dat ek nou oor die muur is sonder dat ek ooit die boonste sport van die leer bereik het nie.

        Die gryse jare is die tyd wanneer jou gewese klasmaats so grys, geplooi en blind is dat hulle jou nie herken nie.

        Die goue jare is eintlik die metaaljare -- goud in die tande, silwer in jou hare en lood in jou sitvlak.

        'n Rype ouderdom gaan saam met emosionele en verstandelike gesondheid. Dit is die tyd wanneer jy weet wanneer om ja te sÍ en wanneer om nee te sÍ en wanneer om te sÍ WHOEPIE!

        Hoe ouer ín mens word, hoe minder dinge is daar wat die moeite loon om voor tou te staan.

        Party mense probeer hul kilometerlesings terugdraai. Nie ek nie. Ek wil hÍ die mense moet weet hoekom ek lyk soos lyk. Ek kom immers ín lang pad -- en daardie pad was nie orals geteer nie.

        Moenie dat mense vir jou vertel jy word oud nie. Verbrysel hul tone met jou skommelstoel.

        Jyís nou uiteindelik by die punt waar jy ophou om oor jou ouderdom te lieg en daarmee begin spog.

        Hoe oud sal jy wees wanneer jy nie weet hoe oud jy is nie?

        As jy misnoeg voel en na jou jeug terugverlang, dink aan die wiskunde van jou skooldae.

        Jy weet jy is aan die oud word wanneer alles ůf opdroog ůf lek.

        Ja, om jonk te wees is wonderlik, maar om oud te wees is gerieflik.

En les bes:

        Eers vergeet jy name, dan gesigte, dan om jou ritssluiter toe te maak, dan om jou ritssluiter oop te maak.

 

Klik hier om terug te keer na die inhoudsblad