Die fassinerende verhaal van die menslike liggaam

 'n Ster-artikelreeks in sewe aflewerings
1. Inleiding 2. Die ontstaan van lewe
 3. Geboorte en kind-wees  * 4. Puberteit
5. Volwassenheid  *  6. Ouderdom  *  7. Sterfte
   


 
Verstommende reis van wieg tot graf:

 5. Volwassenheid   

 Die magtige brein van die mens

Tussen die omwentelings van die puberteit en die aftakelings weens die ouderdom bereik die menslike liggaam sy fisieke hoogtepunt. In biologiese terme is volwassenheid die voltooide produk - die eerste keer wanneer jy werklik jou lewe kan begin lei pleks van om jou bloot daarvoor gereed te maak. Maar daar is iets unieks omtrent die menslike liggaam wat ons die magtigste spesie op aarde maak. Al die triomfe van menslike ambisies het hul oorsprong by een ding. Dit is die raaiselagtigste deel van ons liggaam en tog is dit die dominante krag in ons volwasse lewe. Dit is die brein...

Hoofbron vir teks: The Human Body deur Anthony Smith (Harper Collins).

AS 'n spesie het ons uitmuntend gevaar. Homo sapiens is nie juis alte sterk nie, ook nie besonder vinnig of rats of goed aangepas by hitte of koue nie. Maar die 5,8 duisend miljoen menslike wesens op hierdie planeet bewoon 'n groter deel van die aarde se landoppervlak as elke ander spesie.

Dit is die 1,4 kg van ons brein wat ons gebring het waar ons vandag is, nou bloot menslik gesproke. Saam met 'n behendige hand en die vermoŽ om te praat, wat in elke geval 'n goeie brein verg, is dit die mensdom se ''grysstof'' wat hierdie enkele lewensoort die gemaklikste, mees wydverspreide, intelligentste, uitbundigste, skeppendste en potensieel verwoestendste aardse spesie gemaak het wat daar nog ooit was.

Die brein is in afsonderlike strukture verdeel, almal met verskilllende rolle.
(Geen leek sal kan egter kan aantoon dat die brein die orgaan van die
intelligensie is nie. Die ou Griekse wysgeer en wetenskaplike Aristoteles,
sover bekend die eerste mens wat funksies aan organe toegeskryf het, het
gereken die brein is 'n verkoelingsmeganisme - en dat jou neus begin loop om
die verkoelende vloeistof te dreineer. Hy het tot die gevolgtrekking gekom dat
die hart die setel van die denke is, omdat dit vinniger klop wanneer 'n mens
opgewonde of bang raak.)

Die brein is uniek in diť opsig dat die linkerkant en die regterkant verskillend funksioneer, soseer dat die linkerkant as dominant beskou word, selfs by linkshandiges. Slagoffers van 'n beroerte wat die dominante kant vernietig, sal sterf, terwyl soortgelyke skade aan die ander kant nie noodwendig noodlottig is nie.

Skade aan die regterkant by 'n regshandige lei selde tot gebrekkige spraak. Byna al sulke gebreke word deur skade aan die linkerkant veroorsaak, omdat die linkerkant in beheer van 'n mens se taalgebruik is.

Verskille tussen die twee breinhelftes bestaan selfs by pasgebore babas. Suigelinge draai in die reŽl vier keer meer regs om as links om. Waar sowel die spraak as handigheid gewoonlik deur die brein se dominante linkerhelfte gereguleer word, is die regterkant vry vir verskillende take, asook om die liggaam se linkerkant te beheer. Dit is meer ingestel op ruimtelike aktiwiteite, die uitdrukking en erkenning van emosie en op die herkenning van gesigte.

Die linkerkant is die kant vir woorde en die regterkant vir nie- woorde. Jy kan dit toets met 'n vriend wat bereid is om saam te werk. Staan reg voor hierdie persoon en vra 'n verbale (woordelike) of rekenkundige vraag. Hy sal waarskynlik na die regterkant toe wegkyk. NŠ 'n ruimtelike vraag - byvoorbeeld: wat is direk onderkant die toilet op die boonste verdieping? - behoort sy oŽ na links te draai. Die oŽ beweeg om die visuele insette te verminder na daardie helfte van die brein wat op die vraag moet ag gee - na regs vir verbale vrae en na links vir ruimtelike vrae.

Binne-in die brein met sy 50 duisend miljoen neurone of senuweeselle REGS, is elke senuweesel in staat om 'n baie klein elektriese impulsie af te vuur, en dit
doen hy op grond van insette wat hy van ander senuweeselle ontvang. Enkele
impulsies is baie swak -- die hele brein wek maar sowat 20 watt krag op --
maar elke afvuring moet genoeg wees om die volgende sel, of groep selle, te
bekrag.
Illustrasie met vriendelike vergunning van 3DScience.com

Maar hoe stel hierdie aansturing van 'n impuls ons in staat om gesigte te onthou, bewustelik te dink, ons verstand te gebruik en daarvolgens op te tree? Hoe inderdaad! Ons het rekenaars uitgevind, wat met baie take veel vinniger as die brein is, maar hulle werk totaal anders as ons neurone en help ons dus nie om die werkinge van die brein te begryp nie.

Dis beter om die btrein met die bedrywighede van termiete te vergelyk. Hierdie skepseltjies is immers ontsettend georganiseerd, van die saamhorige manier waarop hulle kos versamel en selfs oorlog voer tot die bou van enorme termiethope, volledig met suile en ventilasieskagte.

Hoewel elke aanduiding bestaan dat 'n intelligensie hier aan die werk is, is daar geen aardse meesterbrein agter die kolonie se doenighede nie. Die koningin is nie die argitek nie -- haar brein is in der waarheid kleiner as diť van haar werkers. Die individuele werkers, vlytig soos hulle is, kan weinig uitrig. Dit is net die kolonie as 'n gemeenskaplike eenheid wat die buitengewoon georganiseerde dade kan vermag. Die kolonie is meer as die som van sy dele, 'n kompleksiteit wat niemand sou kon verwag het deur bloot 'n enkele insek te bestudeer nie.

So is dit ook met die brein, wie se vermoŽ om te redeneer, te onthou, emosioneel en wat nog alles te wees, hoegenaamd nie te voorspel is deur die eenvoudige eienskappe van 'n enkele senuweesel waar te neem nie.

Dit is verstommend dat eenvoudige diertjies, met baie minder neorone as ons met ons 50 duisend miljoen, steeds betreklik ingewikkelde lewens kan lei.

Die parasitiese wurm Ascaris het maar net 162 breinselle. Hiermee kan hy leer, reageer op inligting wat hy ontvang en feite in sy geheue bÍre. Apis mellifera, die heuningby, is tot aansienlik meer in staat, maar het steeds slegs sowat 7 000 senuweeselle. Daar word dus vermoed dat mense selfs bekwamer behoort te wees as wat hulle is, omdat hulle in vergelyking so 'n massiewe brein het. Die by se brein beslaan maar 0,74 kubieke millimeter teenoor die mens se 1 400 kubieke sentimeter.

Ons 1,4 kilogram senuweefsel - die setel van ons eie aard - is duidelik verreweg die moeilikste deel van ons liggaam om te begryp. Ons weet nie hoekom hy so groot is en hoe dit gebeur dat hy so slim is nie. Op die een of ander manier is sy duisende miljoene selle en sy miljoene der miljoene konneksies sů aan die werk dat ons nie slegs onsself homo sapiens (''wyse man'') noem nie, maar inderdaad hierdie besondere naam verdien.

Klik hier vir die volgende aflewering: 6. Veroudering

Klik hier om terug te keer na die inhoudsblad