Die fassinerende verhaal van die menslike liggaam

 'n Ster-artikelreeks in sewe aflewerings
1. Inleiding 2. Die ontstaan van lewe
 3. Geboorte en kind-wees  * 4. Puberteit
5. Volwassenheid  *  6. Ouderdom  *  7. Sterfte
    


    Verstommende reis van wieg tot graf:

  
4. Puberteit   

 
Maalkolk van die nuwe hormone  

As dit soos 'n riller voel om jou puberteitsjare te deurleef, is die ware rusverstoorders jou hormone. Hierdie klein chemiese boodskappertjies is buite jou beheer. Skielik stroom hulle in hul hordes deur jou bloed en beveel jou liggaam om te verander. En die gevolge vir jou as ontluikende grootmens is verwarring en verset ... totdat jy uiteindelik, liggaamlik en emosioneel, by jou eintlike bestemming aankom as 'n volwasse lid van die menseras...

Hoofbron vir teks: The Human Body deur Anthony Smith (Harper Collins).

DIKWELS verkeer ons in die waan dat ons op die een of ander manier in
beheer van ons liggaam is. Maar, ten minste wat die fisieke aanbetref, is dit
eintlik ons biologiese samestelling wat ons beheer.

Selde in die lewe is dit so opmerklik as tydens die storm-en-drang- jare van die puberteit.

Ons weet nie hoe lank dit gaan duur, of wanneer dit sal begin nie. En hoewel ons dalk kan dink dat ons weet wat met ons gaan gebeur, kan niks ons voorberei op hoe dit sal voel nie.

Puberteit is nie slegs 'n tyd van verwarring vir adolessente nie, maar verwar ook steeds die wetenskaplikes. Die presiese oorsake, en hoekom dit nou juis in daardie spesifieke lewenstadium met 'n mens gebeur, bly maar 'n raaisel.

Ons weet dat die senustelsel en hormone betrokke is, maar maatskaplike en sielkundige faktore en voeding speel eweneens 'n rol. Die veranderings in hierdie rypingsjare is normaalweg oor vier jaar versprei en, ewe normaal, kan dit enige tyd begin tussen die ouderdomme agt en dertien jaar by meisies en nege en veertien jaar by seuns.

In 'n normale groep kinders kan daar dus pubers van agt tot agttien wees. Dit beteken dat sekeres hul hele reeks puberale veranderings ondergaan het voordat ander van dieselfde ouderdom nog selfs begin het. Dit lei tot groot ongelukkigheid by diegene wat voel hulle is te vroeg ryp, of te laat, of bloot dat hulle anders as hul vriende is.

Omdat meisies 'n stuk of agttien maande voor seuns begin verander, kan die dogters groter, sterker en liggaamlik meer gevorderd as hul manlike klasmaats
wees. Ook dit kan tot emosionele spanning lei.

Wat die veranderings veroorsaak

SOOS die meeste dinge in die liggaam word die begin van puberteit deur die brein bewerk. Die hipotalamus, 'n struktuurtjie omtrent so groot soos 'n druiwekorrel in die middel van die brein, begin groot hoeveelhede hormone
afskei. Di stimuleer op hul beurt die pitutre klier (ook genoem
hipofise of harsingslymklier), wat ook in die brein is, om twee hormone te
produseer wat as LH en FSH bekend staan.

REGS: Die brein met die hipotalamus en die pitutre klier in ligroos beklemtoon.

Illustrasie met vergunning van 3DScience com


Eers word die genoemde hormone snags vrygestel, in gereelde aflewerings terwyl die kind slaap. Namate die puberteit vorder, word meer daarvan afgeskei, totdat die volwasse patroon bereik word wat regdeur die lewe sal voortduur.

LH en FSH is identies in seuns en meisies, mans en vroue -- dit is hul uitwerkings op hul teikenweefsels wat verskil. By seuns bind LH met spesifieke selgroepe en stimuleer dit hulle om hul produksie van testosteroon te vermeerder.

Interessant genoeg hang die produksie van testosteroon ook af van die hormoon prolaktien, beter bekend daarvoor dat dit by vroue melkafskeiding stimuleer. Hierdie heel manlikste hormoon is die sleutel tot seksuele rypwording. Dit vergroot die geslagsorgane,  ontwikkel die strukture wat sperma produseer, stimuleer haargroei op die gesig, bors en skaamstreek, vermeerder spiermassa en beendigtheid, laat die larinks of stemkas uitsit en maak die geslagsdrang wakker.

By meisies en vroue skei die hipofise sy hormone in 'n maandelikse patroon af. FSH, wat staan vir Follikel Stimulerende Hormoon, laat eierfollikels in die eierstok ryp word. Selfs voordat ovulasie begin, stimuleer dit die eierstokke om estrogeen te produseer, wat by meisies die sleutel tot puberteit is. Estrogeen bring mee dat vet op die borste, sitvlak en dye neergel word. Dit het 'n spesiale uitwerking op die bekkenbene, deurdat dit die bene laat verplat en verbreed. 

Estergoon-reseptore in die vel maak dit sag en glad, terwyl die manlike vel teenoor testosteroon reageer deur dikker en taaier te word. LH beheer die vlakke van daardie ander vroulike hormoon, progesteroon, wat 'n beslissende rol in die menstruale siklus speel.

Hierdie reeks gebeurtenisse word goed begryp. Die raaisel is wat die
hipotalamus in die eerste plek die stoot gee om met die volgreeks te begin.
Wat is dit wat die sneller trek? Navorsers vermoed dat 'n ander gebied in die brein daarby betrokke is, wat op sy beurt deur terugvoering van die liggaam geprikkel word.

Hoe ook al, puberteit maak deesdae beslis vroer sy verskyning by kinders, ten minste di in die ontwikkelde wreld. Sedert die begin van die twintigste eeu het die begin daarvan met gemiddeld sowat agttien maande vervroeg. Omdat ons wreld met sy baie ligte vandag soveel helderder is as vroer, het die gedagte ontstaan dat veranderende ligvlakke nou ook besig is om mense te benvloed soos dit by diere gebeur. Vir baie diere is die verandering van ligsterkte immers 'n belangrike seksuele sneller met die wisseling van die seisoene. Die meeste
navorsers reken egter dat kunsmatige beligting nie sterk genoeg is om so 'n
groot uitwerking op mense te h nie.

Dit is dan wat puberteit is -- nie dieselfde as adolessensie nie, hoewel dit 'n deel daarvan is. Adolessente kenmerke, soos om groter, swaarder, sterker en slimmer te word, is blote veranderings op 'n skaal. Maar wanneer ons met die puberteit begin, is ons kinders, volmaak aangepas tot by 'n sekere punt, dog nie in staat om die opdrag te vervul om vrugbaar te wees en te vermeerder nie.

Teen die tyd dat dit agter die rug is, het ons die laaste bult oorgesteek en tuur ons na die kruin van dit waarvoor al ons vorige ontwikkelings ons voorberei het. Ons het steeds baie om te leer, maar biologies het ons by ons bestemming aangekom. Liggaamlik, verstandelik en sosiaal kan ons ons plek vol staan as onafhanklike lede van die menseras. En, as ons dit so sou verkies, kan ons die gene wat ons gevorm het, na die volgende geslag oordra.

Klik hier vir die volgende aflewering: 5. Volwassenheid

Klik hier om terug te keer na die inhoudsblad