Die fassinerende verhaal van die menslike liggaam

 'n Ster-artikelreeks in sewe aflewerings
1. Inleiding 2. Die ontstaan van lewe
 3. Geboorte en kind-wees  * 4. Puberteit
5. Volwassenheid  *  6. Ouderdom  *  7. Sterfte
  


    Verstommende reis van wieg tot graf:

    
3. Geboorte en kind-wees   

    
Welkom, klein vreemdeling...
Jy onthou niks daarvan nie, maar dit was die gewigtigste reis van jou lewe - jou eerste, baie kort uitvaart uit die geborge wÍreld van die baarmoeder na die wÍreld hier buite. Daarna het wel nog baie opwindende ontdekkingstogte op jou gewag - soos toe jy besef het jou spieŽlbeeld is nie 'n ander mens nie, maar jy self! En om sommerso van nul af 'n nuwe taal aan te leer, sal nooit, ooit weer so maklik wees as in die dae toe jy nog 'n klein vreemdeling in hierdie wÍreld was nie...

Hoofbron vir teks: The Human Body deur Anthony Smith (Harper Collins).

ONS het dit almal gedoen - net daardie een slag. Daar was die keer toe jy besluit het die tyd het aangebreek om die knusse waterwÍreld van jou ma se baarmoeder vir die groter wÍreld daar buite te verruil.

Jy moes daar uitkom, maar jou grootste hindernis was die grootte van jou kop. Met 'n omtrek van 35 cm was dit selfs breŽr as jou borsie. Binne-in jou ma se liggaam het jy jouself toe reeds in 'n posisie met die kop na onder ingewikkel; ten minste, jy moes dit toe al gedoen het, soos die meeste ander babas maak.

Maar reg van die begin af was daar swarigheid. 'n Mens se kop is die langste van voor af agtertoe, met die gevolg dat jy skuins moes draai om die beste te kon inpas. Namate jou ma se saamtrekkings jou in die geboortekanaal afgestoot het, moes jy met 90 grade draai om in die beskikbare ruimte in te kom.

Skelet van ín kindTerselfdertyd het jou skedelbene onder die drukking oormekaar begin vou om jy kop darem so 'n rapsie kleiner te maak. In hierdie stadium het die vrugwatersak gebreek en die vloeistof uitgestroom. Die spanning was enorm, oorweldigend.
Illustrasie met vriendelike vergunning van 3DScience.com

Daar was verdere hygings en 'n gestoot en toe - uiteindelik - was alles verby en jy het uitgeglip. Jy het na asem gesnak. Jou longe het uitgesit. Hulle is skielik met lug gevul. En jy't geskreeu, waarskynlik. En iemand het die naelstring gesny wat jou lewenstou was. En die geraas was verskriklik.

Jy het pas die gewigtigste reis van jou lewe afgelÍ. Jy is gebore, net een van die nege menslike wesens wat elke sekonde van die dag die eerste lewenslig aanskou.

'n Baba se eerste asemtog verg 'n geweldige kraginspanning om die oppervlakspanning te bowe te kom wat die longe, wat met vloeistof gevul is, geslote hou.

Dit soos om die twee vlakke van 'n pap ballon wat met vog gevul is, uitmekaar te trek. Om die oppervlakspanning te verlig en te keer dat die longe platval wanneer die eerste asem uitgeblaas word, bevat die longe sekere chemikalieŽ. Diť word bra laat in die swangerskap geproduseer, wat probleme skep vir babas wat voortydig gebore word. Onvolgroeide longe is dikwels die kritieke faktor wat heel vroeggebore babas se kans beperk om te oorleef.

Nog 'n gevaar wat die pasgeborene die hoof moet bied, is temperatuurbeheer. Fetusse in die baarmoeder ken geen sulke bekommernisse nie, omdat hulle hulle in die ma se warmte kan koester. Maar nŠ die geboorte is babas selde in staat om selfs so 'n eenvoudige ding te doen soos om te bewe, iets wat vir grootmense belangrik is om hitte op te wek.

Tog lÍ daar bruin vetneerslae om die nek, skouers, borsbeen en ruggraat van die baba. Wanneer hy koud kry, begin sy liggaampie die vet verbrand in 'n unieke metaboliese proses wat baie hitte laat ontstaan.

Dan is daar die baba se aptyt - aansienlik in verhouding tot sy liggaamsgewig. In die vroegste dae kan hy drie persent van sy gewig per dag wegbÍre, maar dit vermeerder gou tot meer as tien persent.

Teen die tiende dag, met 'n groot geslurp en 'n gesuig, sal die gemiddelde baba reeds sy eie liggaamsgewig in melk verorber het. Teen diť tyd raak hy elke dag sowat twintig gram swaarder, of sowat een gram vir elke twintig wat hy verbruik. As 'n grootmens soortgelyke persentasies van sy liggaamsgewig sou inneem, sou hy sewe of meer kilogram per dag moes verwerk.

Om 'n taal aan te leer is vir die baba 'n oorlewingsmeganisme, en daarby het die kind in sy eerste ses jaar 'n fenomenale vermoŽ om taalvaardig te raak. Daarna sal dit nooit weer maklik wees om 'n taal te leer praat nie, soos skoolkinders sal getuig.

Navorsing dui daarop dat mense wat 'n taal aanleer wanneer hulle ouer is, 'n ander deel van die brein gebruik as die baba wat dit vir die eerste keer doen. Daar is al bereken dat 'n kind wat van omtrent een jaar af by nul begin en met sy geboorte nie eens geweet het dat sy ouers se brabbeltaal iets beteken nie, teen sy derde verjaardag 'n woordeskat van sowat negehonderd sal hÍ. In die volgende drie jaar sal hy nog 1 600 woorde by die totaal voeg. 

Maar soos altyd is daar talle variasies in taalontwikkeling. Tweelinge leer later praat as enkelinge, seuns later as meisies, hardhorendes later as diť wat normaal kan hoor, siendes later as blindes.

Gelyklopend met die aanleer van 'n taal, is die ontwikkeling van sosiale vaardighede. Op die mees basiese vlak moet die kind daarvan bewus raak dat hy of sy 'n individu is, wat van alle ander mense en dinge verskil.

'n Kind van een jaar wat in die spieŽl kyk, sien nie homself nie, maar 'n ander mens. Op agttien maande sal die kind dadelik weet wie se spieŽlbeeld dit is, en hy sal behae daarin skep om te kyk hoe hy gesigte trek.

Die besef kom stadiger by identiese tweelinge, wat verwar raak omdat die mens in die spieŽl soos hul tweelingbroer of -suster lyk.

Maar soos alle ouers weet, en des te meer besef namate die jare aanstap, is die grootword van 'n kind baie meer as die aanleer van vaardighede, die vermoŽ om regop te staan, die leer van woorde, die teken van sirkels, om groter, sterker en slimmer te word. Dit is die ontwikkeling van 'n unieke persoon, iemand wat sy individualiteit besef. Soos Leo Tolstoy eenmaal geskryf het: ''Van die pasgebore baba tot die kind van vyf jaar is 'n verskriklike afstand... Van die kind van vyf jaar tot by myself is maar 'n treetjie.'' 

Tog is daar nog een hekkie wat oorkom moet word. Puberteit, en die tydperk van adolessensie wat daarmee gepaard gaan, is die klipperste gedeelte wat oorbly op die pad na volwassenheid.

Klik hier vir die volgende aflewering:  4. Puberteit

Klik hier om terug te keer na die inhoudsblad