Die fassinerende verhaal van die menslike liggaam

 'n Ster-artikelreeks in sewe aflewerings
1. Inleiding 2. Die ontstaan van lewe
 3. Geboorte en kind-wees  * 4. Puberteit
5. Volwassenheid  *  6. Ouderdom  *  7. Sterfte
  


    Verstommende reis van wieg tot graf:

   
1. Inleiding  

   Hier's ek, wÍreld
 ...'n nuwe mens!

'n Nuwe baba is gebore, hy trek sy longe vul lug, trek sy mond so potsierlik as moontlik -- en vertel dadelik vir die wÍreld dat hy 'n eie stemmetjie het! Die wesentjie met die 100 000 oorgeŽrfde gene is heeltemal enig in sy soort. Maar hy is ook deel van die menseras van 5,8 biljoen siele, wat elk 'n wonderlik gevormde liggaam het. Dit is 'n unieke liggaam wat hom of haar van die wieg tot die graf sal dra. Kom ons volg nou sy ontwikkeling deur al die fases van sy lewe . . .

Hoofbron vir teks: The Human Body deur Anthony Smith (Harper Collins).

NOG 'n baba aanskou die eerste lewenslig, drie kilogram se potensiaal. Sy lyfie is 'n versameling van allerhande chemikalieŽ: nagenoeg 10 persent proteÔen, 10 persent vet, 1 persent suiker en 75 persent water.

Hul samestelling is georkestreer deur die 100 000 gene wat die baba van sy ouers geŽrf het. Diť gene het bepaal wat hy sou wees, en hulle gaan sy liggaam regdeur sy lewe bly organiseer. En watter lewe sal dit nie wees nie.

'n Nuwe mensie wat sy opwagting in die ontwikkelde wÍreld maak, kan verwag om sowat 75 jaar te lewe, drie jaar minder as hy 'n seuntjie is en drie jaar meer vir 'n meisietjie.

In daardie driekwart eeu gaan hierdie tans hulpelose en afhanklike bondeltjie -- kom ons veronderstel maar dis 'n meisie -- haarself talle kere vervorm en omskep. Van baba tot jong kind tot tiener tot grootmens, en uiteindelik tot in die gryse jare en haar dood, sal sy 'n aanhoudende reeks uitdagings moet trotseer en haar daarby aanpas.

Haar liggaam sal groei totdat dit tienduisend biljoen selle bevat, waarvan byna almal 'n gedurige kringloop van dood en hernuwing sal ondergaan. In haar lewe sal sy:

  • Vyf volle jare lank eet en drink.
  • Tot tien jaar lank praat. 
  • 22 000 kilometer ver loop.
  •  'n Jaar lank in 'n motor rondry. 
  • 22 jaar lank slaap. 
  • Op die meeste vir nege jaar se werk betaal word.
  • Twee en 'n halwe jaar lank oor die telefoon praat.
  • Twee keer verlief raak, meer as 3 000 keer kafoefel en twee
    weke lank soen.
  • 28 m se vingernaels, 950 km se kophare en 2 m se neushare
    kweek.
  • Ontslae raak van 19 kg se dooie vel.

Die liggame van diere is net so verstommend soos ons eie, en partykeer nog meer. Maar ons is uniek deurdat ons ons kan verwonder aan die manier waarop ons geskape is.

Ons is bewus van ons onkunde en probeer die geheime van die liggaam ontsyfer. Danksy die moderne wetenskap is ons vandag in staat om onself van binne te bekyk op 'n manier wat geen geslag in die geskiedenis dit ooit kon doen nie.

Elk van die 5,8 biljoen mense wat tans lewe, het begin as 'n enkele stel DNS (die molekule deoksiribonukleÔensuur) in 'n bevrugte eier.

 Die DNS in elke sel weeg nie meer as ses miljoenstes van 'n miljoenste van 'n gram nie. Dit is moeilik om te begryp dat hierdie spikkeltjie DNS in staat was om 'n proses te begin wat gelei het tot ons vinger- en toonnaels, ons wenkbroue en ooghare, en ons hele reeks werkende organe, waaronder die vyftig biljoen selle van die brein.

'n Deel van hierdie groot brein se rol is om elkeen regdeur sy lewe te help om nuwe uitdagings die hoof te bied. Terloops, selfs die breine van grotbewoners van 20 000 gelede was beslis net so groot soos ons eie -- die mens se serebrale kapasiteit het oor 100 000 jaar glad nie verander nie.

As een van hul pasgebore babas met 'n towerstaf na die moderne tyd gebring sou kon word, sou hy geen vreemde wese wees nie, maar sou hy kon leer lees en skryf, die plaaslike taal leer, en net nog 'n gewone mens word.

Eweneens sou 'n moderne baba wat na die grot getransporteer kon word, grootword as 'n gewone jagter-versamelaar sonder enige spesiale vermoŽns.

'n Baba se oogmerke is in die eerste plek om seker te maak dat andere sy behoeftes bevredig en ten tweede om die noodsaaklikhede van die lewe te leer sodat hy onafhanklik kan word.

Sy hele brein is daarop ingestel om nuwe vaardighede aan te leer, en dit groei in 'n fenomenale tempo. Wanneer hy ses jaar oud is, het die kind reeds alles bemeester wat hy vir sy oorlewing nodig het en is hy volmaak aangepas by die uitdaging om aan die lewe te bly.

Maar daar is iets wat skort. Omdat hy nie in staat is om sy gene na die volgende geslag oor te dra nie, is die kind in 'n doodloopstraat. Die liggaam moet weer verander sodat die gene hul biologiese sending kan voltooi -- diť keer deur die proses van puberteit.

Pleks van om bloot aan die lewe te bly, is dit die uitdaging van volwassenheid om voort te plant en met welslae nasate voort te bring. Sodra dit gedoen is, is die werk van die gene afgehandel.

 Hoewel hulle die liggaam nog baie jare daarna aan die gang hou, is daar nie meer die dringendheid tot verandering nie. Veroudering is 'n geleidelike afwennery, en die dood wat uiteindelik volg, is geen deel van 'n groot ontwerp nie, maar 'n uitvloeisel van die liggaam se agteruitgang.

In ons leeftyd is ons liggame onsself. Geen van ons prestasies, idees en emosies sou daarsonder moontlik gewees het nie. Ons gaan deur die lewe terwyl ons feitlik heeltemal onkundig bly oor hoe diť liggame werk, maar deur dit te doen word 'n hele dimensie van ons bestaan uitgewis.

Oud of jonk, man of vrou, swart of wit, ons het almal die gelykvormige kenmerk van 'n liggaam. Die verhaal van die menslike liggaam is oor 'n miljoen jaar uitgespel, en word ook deur elkeen van ons in ons eie leeftyd vertel. Ons leef dit, en tog ken ons dit nie so intiem as wat ons moontlik kan nie. Vir alle menslike wesens is dit op 'n manier die grootste verhaal wat nog ooit vertel is.

En dit begin met daardie twee selle -- die grootste in die menslike liggaam en een van die kleinstes -- naamlik 'n ovum en 'n spermatoso:on, 'n eier en 'n saadsel.

Klik hier vir die volgende aflewering: 2. Die begin van die lewe

Klik hier om terug te keer na die inhoudsblad