Koning Leeu

Die majesteitlike lewe
van Ou Vuilbaard

 Krediet: Grootliks gewysigde weergawe deur MSKARG van 地 oorspronklike
foto deur U.S. Fish and Wildlife Service

Leeumannetjie en -wyfie

Gravure uit Cassell痴 Popular Natural History, Mammalia, Vol. I

Ryk:

Diere (Animalia)

Stam:

Gordadiere (Gordata)

Substam:

Gewerweldes (Vertebrata)

Klas:

Soogdiere (Mammalia)

Orde:

Roofdiere (Carnivora)

Familie:

Katagtiges (Felidae)

Geslag: Panthera

Soort:

Panthera leo

Leeu

DAAR was eenmaal 地 leeu wat geen leeuemoed gehad het nie. Hy was 地 lamsakkige ou jansalie wat by die geringste gevaar in trane kon uitbars. Maar toe 地 lieftallige jong meisie op 地 vreemde manier in die land Oz beland waar hy woon, gebeur 地 reeks dinge wat die leeu in 地 heel onverskrokke kalant laat verander.

Hierdie leeu is een van die interessante hoofkarakters in die klassieke rolprent The Wizard of Oz, wat op die beroemde boeke van die Amerikaanse skrywer L. Frank Baum (1856-1919) gegrond is.

Die werklike leeu straal darem 地 heeltemal ander beeld uit. Hy is 地 groot roofdier met 地 sterk, gespierde liggaam en hy stuit vir niks wat hom bedreig nie. Hy is soepel en rats en kan besonder vinnig hardloop. Sy krag en woeste gedrag is al in baie diereverhale beskryf. Dis nie verniet dat hy dikwels die koning van die diere genoem word nie.

Die majesteitlike leeu heers nog in bepaalde dele van Afrika en in 地 klein deeltjie van Indi, maar vroer was hy ook geen onbekende in die Midde-Ooste nie. Dink maar aan Danil in die leeukuil en die jong leeu wat kaalhand deur die sterke Simson gedood is 都oos 地 mens 地 bokkie verskeur, soos die Bybel s. Tot in Europa het die leeu glo eenmaal as heerser van die diere gebrul.

Leeus behoort tot die familie van die katte oftewel die katagtiges. Van die 38 verskillende soorte katte is die leeu die naasgrootste n die tier. Die katagtiges word in die rel in twee hoofgroepe ingedeel, naamlik die klein katte (die huiskat en baie wilde katte) en die groot katte (leeu, tier, luiperd).

Die katagtiges word almal deur 地 ruwe tong, goeie gehoor en groot snorbaarde gekenmerk. Hulle kan hul naels intrek. Nog 地 eienskap is die mooi vag, en boonop is hulle goeie jagters en het hulle gevoelige sintuie en vlymskerp tande en naels. Hulle hardloop en spring lenig en gemaklik en het 地 veerkragtige ruggraat en lang, sterk agterpote. Katte kan goed swem, maar party sal dit slegs in die water waag om van gevaar af weg te kom.

Wanneer hulle hardloop of in bome klim, hou hulle hul ewewig met behulp van hul sterte. Koddig genoeg word vertel dat 地 mens die einste stert van 地 leeu kan dophou om te sien in watter bui hy is. As in 地 omgesukkelde luim is, swiep sy stert heen en weer. As hy dit kwispel (sagkens heen en weer swaai) is hy tevrede.
 

 Leeutroppe  

LEEUS is die enigste van al die katagtiges wat troppe vorm. Die mannetjie is die leier van 地 harem: 地 groepie leeuwyfies met hul kleintjies. Vanwe die maanhare op sy kop, nek en skouers word hy maklik as die baas herken.

地 Volwasse leeumannetjie is inderdaad iets indrukwekkends om te aanskou. Hy is baie groter as die wyfie en kan 地 massiewe 250 kilogram weeg. Jong mannetjies het meestal geelbruin maanhare, terwyl 地 mens die ouer mannetjies aan hul baie donker maanhare kan uitken. 地 Jong mannetjie ontwikkel maanhare wanneer hy drie jaar oud is.

Dit is die mannetjie se taak om die trop se gebied te beskerm嵐n gebied waarvan die leeu self die grense afbaken deur teen bome te urineer en vreemde leeus te waarsku om uit sy domein weg te bly. Met hierdie ou vuilbaard as beskermer, het die wyfies hul eie take. Hulle is nie net ma痴 en 徒inderopvoeders nie, maar ook die trop se jagters.

Jong mannetjies leef wel in klein groepe wanneer hulle nog nie hul eie harems het nie en dan jag hulle ook self. Sodra 地 jong mannetjie groot en sterk genoeg is, daag hy 地 haremhouer uit en, as hy hom kan onttroon, word hy sonder meer deur die wyfies aanvaar. Die nuwe heerser sal soms nie eens skroom om die welpies (kleintjies) van sy voorganger dood te byt nie, om te verseker dat slegs sy eie gene in die trop sal voortbestaan.

In die paartyd verlaat die mannetjie die trop met een van die wyfies. Hulle bly dae lank bymekaar en paar partykeer tot dertig keer op 地 dag. Die wyfie is sowat vyftien weke lank dragtig. Wanneer sy agterkom dat haar kleintjies in die w靡eld moet kom, soek sy 地 veilige skuiling 靡ens weg van die trop. Daar sal sy meestal twee tot drie welpies in die lewe bring楊lein, meestal blinde bondeltjies leeuplesier wat elk maar net 地 kilogram of twee weeg.

Sy soog hulle (laat hulle drink) en, wanneer sy gaan jag, versteek sy hulle tussen die gras, blare en takke. Dit bly nietemin 地 gevaarlike tyd vir die welpies, want hinas en ander roofdiere is steeds op die loer om hulle te gryp wanneer Mamma weg is.

Tog groei die kleintjies vinnig. Hulle kan al kruip voordat hul ogies oopgaan, en sodra die welpies kan loop, gaan hulle en hul ma terug na die trop. Partymaal is daar ng 地 wyfie met kleintjies, want die mannetjie paar met al die wyfies in sy harem.
 
Al die wyfies sorg saam vir die kleintjies. Ook die wyfies sonder welpies lek die 徒inders en beskerm hulle耀peelse woelwaters wat net soos klein katjies oor mekaar rol en die grotes, selfs hul pa, geen rus gun nie. N drie maande, as hulle groot genoeg is, mag hulle saam met die wyfies gaan jag. N twee jaar kan hulle op hul eie pote staan en dan word hulle uit die trop verdryf en moet hulle self sien kom klaar.


 Kommunikasie

DIE 鍍aal wat leeus onder mekaar gebruik, is byna 地 hele studie op sigself. Kenners vertel dat die gebrul van 地 leeu die hardste geluid is wat enige van die katagtiges kan maak. Dit boesem ook groot vrees in, soos mense kan getuig wat al in die nag alleen in die veld was en dit gehoor het.

Leeus brul nie enige tyd nie, maar slegs n sononder, nadat 地 prooi doodgemaak is en wanneer hulle klaar gevreet het. Hulle grom wel vir mekaar as hulle mekaar tekom葉rouens, hulle kan altesaam nege verskillende geluide maak.

Deur die stem te verhoog of te laat daal, of deur harder of sagter te snork, kan hulle laat blyk dat hulle bang of opgewonde is of dat gevaar dreig. Dis 地 getjirp, getjank en gemiaau van die ander w靡eld soos 地 mens dit stellig nie van leeus sou verwag nie! Die wyfies gesels baie met die welpies, maar dis gedempte gesprekkies sodat vyande hulle nie moet hoor nie. Hul sagste en heel veiligste geluid is om te spin (saggies te knor).

Maar soos alle soorte katte 堵esels hulle onder meer ook met hul reuke. Deur middel van hul neuse en ore word boodskappe oorgedra oor hoe oud hulle is, of hulle manlik of vroulik is, hoe hulle voel en waar hulle woon. Die reuke kom van urine, maar word ook deur reukkliere aan die kop, ken en ander liggaamsdele uitgeskei. Waar hulle ook al teen aanskuur of urineer, word 地 reuk oorgedra.


 Die lewe in 地 leeutrop

LEEUS kan uitstekend sien耀nags sowel as bedags. Geleerdes reken dat hulle in die nag voorwerpe in skakerings van swart en wit ervaar, maar bedags kleure kan uitken, hoewel nie so goed as mense nie. Maar hulle hoor baie beter as ons. Hulle kan klein diertjies deur die gras hoor kruip en selfs in hul ondergrondse gate hoor rondbeweeg.

Die daaglikse lewe in 地 leeutrop kan vir ons mense met ons rustelose geaardhede bra vervelig klink. In die snikwarm dae l die spul byvoorbeeld in die skaduwees rond, sonder om eens daaraan te dink om in die rivier te gaan afkoel. Pure kat is water immers sommer 地 jiggie ding vir 地 leeu. Boomklim vir die afwisseling? Nee, dankie, ook nie maklik nie.
 
Maar snags, boeta, snags wanneer hulle honger het, kom die opwinding! Die wyfies gaan op jag en sebras, wildsbokke, selfs jong kameelperde en buffels moet dit ontgeld.
 
地 Jagtende leeuwyfie kan 地 snelheid van byna 60 km/h haal. Dit is baie vinnig, maar nie so vinnig soos baie van haar prooi nie. 地 Gasel kan byvoorbeeld teen 80 km/h laat waai. Tog weet die wyfies hoe om hul prooi te uitoorl deur saam-saam te jag.

Twee of drie wyfies versteek hulle in die gras en 地 ander wyfie storm op die prooi af. Die vlugtende diere word gegryp deur die wyfies wat skielik uit hul skuilplek opduik. Die prooi word by die nek gegryp. Om hulle plat trek is egter nie altyd so maklik nie. Partykeer moet die wyfies werklik hard baklei vir hul kos.

Eers as die tafel gedek is, verskyn die mannetjie uit sy rusplek. Sy majesteit mag eerste vreet en eers as hy sy porsie ontvang het, kom die wyfies en welpies aan die beurt.

Met hul skerp hoektande skeur die leeus die prooi oop en die ingewande is 地 gunsteling-lekkerny. Met hul ruwe tonge rasper hulle die buit heeltemal kaal en uiteindelik lek hulle hul pote skoon en gee hulle hul gesig 地 wasbeurt楊ompleet soos kietsie in die huis!

Leeus in die gras

Sy majesteit


BO: Sy majesteit l en peins... wie weet dalk oor die volgende maaltyd wat die
wyfies vir hom gaan aandra.  
Foto: GARY M STOLZ / USFWS

Leeuin en welpies

BO: 地 Leeuin en welpies.     Foto: KEN STANSELL / USFWS
 

 
Klik hier om terug te keer na die inhoudsblad