Ons
land
se wapen

   

Sů moet
ons hom
verstaan


  Kyk ook verder ondertoe op hierdie bladsy:
  NUWE EMBLEEM van die SA PARLEMENT.
  Nog ’n vertoking van die SIMBOLE OP ONS LANDSWAPEN.
  Ons PROVINSIALE WAPENS (al nege die Suid-Afrikaanse provinsies).
  ONS VOLKSLIED: woorde van die amptelike weergawe. (Klik op "Stop" of "Refresh" bo in die gewel as jy wil hÍ nie musiek moet ophou of weer begin speel.)
  OU SA KAART: die vier ou provinsies en die provinsiale hoofstede.

KYK na R2-muntstukke soos hierdie twee wat onderskeidelik in die "ou" en "nuwe" Suid-Afrika gemunt is. Daar is sekere dinge wat jy dadelik opmerk. Vir eers is die munte ewe groot en bes moontlik bestaan hulle uit dieselfde legering (metaalmengsel). Maar daar is ook ingrypende verskille.

Op die agterkante verskyn byvoorbeeld die land se wapens—die gewese een en die huidige. Die nuwe wapen het niks oorgehou van die statige bokke, die vrou met die anker, selfs die ossewa en die vrugteboom, asook die Latynse leuse Ex unitate vires en ander dinge wat op die ou wapen (REGS) gepryk het nie. In die plek daarvan is ’n totaal nuwe wapen wat ’n onmiskenbare Afrika-aura uitstraal. Hierdie nuwe wapen (kyk HEEL BO) is reeds ’n hele paar jaar oud nadat dit in die jaar 2000 ons amptelike landswapen geword het. Dit is deur die Pretorianer Iaan Bekker ontwerp.

Maar wat beteken die simbole op die nuwe landswapen? Soveel is al daaroor gesÍ en geskryf—en partykeer duidelik met ’n partypolitieke agenda, terwyl ’n nasionale embleem tog ver buitekant die partypolitiek behoort te staan—dat dit miskien beter is om terug te gaan tot die verduidelikings wat oud-pres. Thabo Mbeki daaroor gegee het tydens die amptelike onthulling daarvan op Kwaggafontein in die Vrystaat op Vryheidsdag, 27 April 2000.

Uittreksels uit mnr. Mbeki se destydse  toespraak word hieronder deur ons uit die Engels vertaal. Die opskriffies is ons eie.

Hoe is die nuwe wapen ontvang? Oor die algemeen goed. Natuurlik nie oral met dieselfde geesdrif nie. Soos een waarnemer dit al gestel het: "Kritiek op die uitlegging van die simbole op die wapen (nie soseer op die simbole self nie) sou kon wees dat dit die mensheid verheerlik. Geen plek word aan die geesteslewe en die dieper religieuse waardes gegun nie, terwyl die oorgrote meerderheid, sowat tagtig persent, van Suid-Afrikaanse gemeenskap ten minste sÍ dat hulle tot Christelike kerke behoort. Maar miskien kon dit doelbewus so gedoen gewees het om onmin tussen verskillende geloofsgroepe in ons land te vermy."

Hoe ook al, verantwoordelike mense is dit oor een ding eens: As embleem en vergestalting van die staatsgesag is dit ons plig om ons landswapen te eerbiedig net soos ons dit met ons volkslied en ons vlag moet doen.

Uittreksels uit toespraak deur oud-pres. Thabo Mbeki by die onthulling van die landswapen,  Kwaggafontein, 27 April 2000
Bron: Kantoor van die Presidentskap

"VANDAG, op ons Vryheidsdag, is ons ook hier byeen om nogmaals ’n simbool van ons nasionale identiteit te onthul, ons nuwe landswapen wat nou vir die heel eerste keer voor ons staan.

"Dit is sowel Suid-Afrikaans as van Afrika. Dit is sowel van Afrika as universeel.

"Ons verre verlede, ons huidige bestaan en ons toekoms word daarin vergestalt terwyl dit voor ons ontvou. Dit verteenwoordig die blywende en tog ontwikkelende identiteit van Suid-Afrika se mense waar dit deur die tyd en ruimte sy eie vorm aanneem..."

SekretarisvoŽl... beskerming

SekretarisvoŽl" ’n Sentrale afbeelding in ons nuwe wapen is die legendariese sekretarisvoŽl met sy vlerke omhoog. Hierdie oorwelwende beskermer is ’n voŽl wat slange doodmaak en ons sodoende beskerm teen diegene wat ons kwaad sou aandoen." (Op die foto REGS is ’n sekretarisvoŽl soos hy in die natuur lyk. Foto: Gary M Stolz / USFWS )

Die son... lig en lewe

"Bokant die voŽl is die opkomende son, ’n lewegewende krag wat ook ’n voorstelling is van die vlug van die duisternis en die triomf van ontdekking, kennis, die begrip van dinge wat verborge was, wat ook die nuwe ontluikende lewe verlig—ons nuwe nasie waar dit gebore word en ontwikkel."

Die protea... skoonheid en bloei

"Onder die voŽl is die protea, ’n inheemse blom van ons land wat skoonheid voorstel, die estetiese harmonie van ons kulture, ons opbloei as ’n nasie terwyl dit in die rigting van die son groei."

Koringare... vrugbaarheid

"Die koringare is embleme van die vrugbaarheid van ons land wat reeds duisende jare lank ons mense van lewensmiddele voorsien het soos dit altyd sal bly doen."

Olifantstande ... wysheid, standvastigheid, krag

"Die ivoortande van die Afrika-olifant, wat in pare geplaas is om mans en vroue voor te stel, simboliseer wysheid, standvastigheid en krag." 

Skild en neergelegde spies en knopkierie... die verdediging van vrede... beskerming... kultuurbewustheid

" In die middel staan ’n skild wat dui op die beskerming van ons bestaan van geslag tot geslag. Daarbo-op lÍ ’n spies en ’n knopkierie. Saam verkondig hierdie ensemble die verdediging van vrede eerder as ’n staat van oorlog.

"Hierdie skild van vrede, wat ’n mens ook aan ’n Afrika-trom laat dink, dra dus terselfdertyd die boodskap oor van ’n nasie wat besiel is met ’n liefde vir kultuur, waar die protea verbeeldingryk in die bo-deel van die skild afgebeeld word."

Mensfigure... die heel eerste Suid-Afrikaners versinnebeeld die saak van die mens

"Binne-in die skild is sekere van die vroegste voorstellings van die mens op aarde. Die heel eerste bewoners van ons land word uitgebeeld, mense van die Khoisan, wat spreek van ons verpligting om die mensheid te roem en die vervulling van die saak van alle mense in ons land en regdeur die wÍreld te bevorder.

"Hierdie figure is oorgeneem van beelde op die Linton-steen, ’n wÍreldberoemde voorbeeld van Suid-Afrikaanse rotskuns.

"Hulle word in ’n groetende houding uitgebeeld, wat die transformasie demonstreer van die individu na ’n sosiale wese wat tot ’n kollektiewe en onderling afhanklike mensheid behoort."

Die leuse... eenheid in verskeidenheid

"Die leuse op ons nuwe wapen, geskryf in die Khoisan-taal van die /Xam-volk, beteken: Uiteenlopende mense verenig, of: Mense wat verskillend is, kom saam.

"Ons het ’n antieke taal van ons land gekies. Hierdie taal is nou ’n uitgestorwe taal, want daar is niemand wat lewe wat dit as sy of haar moedertaal praat nie. Dit benadruk die tragedie van miljoene mense wat deur die eeue gesterf of selfs as volkere opgehou bestaan het weens mense se onmenslikheid teenoor andere.

"Dit sÍ ook dat ons van ons kant af nooit ten volle menslik kan wees as enige mense van die aangesig van die aarde gevee word nie, want elkeen van ons is ’n deeltjie van die volledige geheel..

"Deur hierdie woorde op ons landswapen te graveer—!ke e: /xarra //ke—verbind ons ons daartoe om waarde te heg aan die lewe, om alle tale en kulture te respekteer en om ons teen rassisme, seksisme, chauvisme en menseslagtings te verset...."

"Hier, in die taal van ons antieke verlede, praat ons tot die teenswoordige geslagte en diegene wat nog moet kom oor die belangrikheid van menslike solidariteit en eenheid..."

"Ons bedank die Ministerie en Departement van Kuns, Kultuur, Wetenskap en Tegnologie dat hulle ons gelei het in die strewe na ’n nuwe wapen. Ons rig ’n spesiale dank aan mnr.  Iaan Bekker, die ontwerper van hierdie wapen, wie se kreatiwiteit en patriotisme ons almal hierdie kosbare en ewigdurende geskenk gegee het.

"Terwyl ons vlag trots aan sy mas wapper as die intense inspirasie tot ’n inklusiewe nasionale identiteit , so moet ons wapen, wat die buitengewone skeppingskrag van ons mense deur die eeue heen beliggaam, ook ons verenigde en ongelyksoortige nasie inspireer tot ’n strewe om te straal soos die son."

Embleem van Suid-Afrikaanse parlement

NADAT verskillende ontwerpe oorweeg is, is die ontwerp HIERBO in Maart 2007 in gebruik geneem as die amptelike embleem van die Suid-Afrikaanse parlement in Kaapstad.

In die gees van openbare deelname aan ons demokrasie, het die parlement ’n beroep op die publiek gedoen om ontwerpe vir die nuwe embleem in te stuur. Die embleem moes die parlement se visie, missie en waardes beliggaam.

Twintig deelnemers is uiteindelik genooi om ’n ontwerpswerkwinkel in Kaapstad by te woon. Hul ontwerpe is verder deur die Buro vir Heraldiek verfyn om seker te maak dat aan heraldiese spesifikasies en vereistes vir ontwerp voldoen word. Op die ou end is die embleem dus ’n ontwerp deur die mense van Suid-Afrika vir hul
verteenwoordigers op die hoogste politieke vlak.

Die nuwe embleem sentreer om vier sleutel-elemente, te wete Ons Grondwet, Ons Mense, Ons Parlement en Ons Suid-Afrika. Hierdie elemente word deur die boek, mensefigure, trom (met sy protea en sigsag-patroon) en son gesimboliseer.

Ons Grondwet (die boek):
Ons grondwet lÍ die grondslag vir ’n dekokrasie en oop gemeenskap wat op demokratiese waardes, maatskaplike geregtigheid en fundamentele menseregte gebaseer is. Die is die hoofwet van ons land en verseker, ooreenkomstig sy bepalings, dat dit die mense is wat regeer.

Ons Mense (die mensefigure weerskante van die trom):
As ’n nasionale parlement van vry verkose verteenwoordigers, dien die parlement as ’n stem van die mense en bied dit ’n nasionale forum vir die openbare oorweging van aangeleenthede.

Ons Parlement (die trom):
Die trom roep die Nasionale Vergadering en Nasionale Raad vir Provinsies op tot die oorweging van nasionale en provinsiale kwessies, wat ’n regering deur die mense ingevolge die grondwet verseker.

Ons Suid-Afrika (die son):
Die son verteenwoordig die heling van die skeidings van die verlede, die verbetering van die lewenskwaliteit van alle Suid-Afrikaners, die vrymaking van die potensiaal van elke mens en die opbou van ’n demokratiese Suid-Afrika wat sy plek as ’n soewereine staat onder die lande van die wÍreld kan inneem.

Die leuse, “WE, THE PEOPLE”, benadruk dat dit die mense, die Suid-Afrikaanse nasie, is wat die heerskappy in Suid-Afrika voer.

 


Nog ’n vertolking van die simbole op ons landswapen


Die opkomende son... 'n simbool van energie

•   'N KRAGBRON van die eerste rang is die son inderdaad. Hy is so ver van ons af dat sy lig agt minute nodig het om ons te bereik, al trek lig met die ontsaglike snelheid van nagenoeg 300 000 km per sekonde. Nogtans koester hy gedurig die aarde in sy hitte -- en verwarm hy eweneens die wÍrelddeel waarin ons woon. Sonder die krag van die son kan ons plante, die eerste skakel in ons voedselketting, ook nie groei nie. Die son is werklik die bron van alle stoflike lewe. Die opkomende son op die nuwe landswapen simboliseer onder meer ook hergeboorte.

Die sekretarisvoŽl met sy uitgespreide vlerke... 'n beskermende vegter

•   SOOS die kuikens wat deur 'n ma-voŽl onder haar vlerk geneem word, moet elke Suid-Afrikaner voel dat hy deur die landsowerheid beskerm word en in geborgenheid kan lewe. Die sekretarisvoŽl pas nog verder uitstekend in die rol van 'n beskermer deurdat hy so rats met slange kan klaarspeel. Hy is een van die grootste voŽls in die Suid-Afrikaanse veld, baie opvallend waar hy met sy lang bene stadig op die vlaktes rondstap en ook insekte en ander klein diertjies vreet. Wanneer hy 'n slang aanval, trap hy sy slagoffer net agter die kop om sy rugstring te breek. Partykeer trap hy so kwaai dat hy die slang se vel letterlik afstroop terwyl hy nog leef. Geen wonder boere beskou hierdie roofvoŽls as hul vriende nie. Die ongewone naam van die sekretarisvoŽl kom van die bossie swartpunt-penvere aan sy agterkop wat 'n mens glo herinner aan die veerpenne wat agttiende-eeuse regsekretarisse en klerke agter hul ore gedra of in hul pruike gesteek het.

Die protea... verteenwoordig ons land se pragtige plante en dui op die potensiaal van die land wat moet blom

•   DIE koningsprotea (Protea cynnaroides), Suid-Afrika se nasionale blom, is nie net tipies Suid-Afrikaans nie, maar ook een van die mooiste blomme ter wÍreld. Hy word die ``koning'' genoem omdat hy die grootste blom in die genus Protea is, en daar is talle ander poteasoorte in sy koninkryk. Maar in 'n breŽr sin is hy ook die keiser van die veelledige planteryk van ons land... wat die ontluikende groeikrag moet versinnebeeld van ons nasie met sy verskillende bevolkingsgroepe. Die gewildste kleure van Afrika is aan die protea op die landswapen toegeken: groen, goud, rooi en swart.

Die spies en knopkierie... simbole van die owerheid en staatsgesag, maar ook van vrede omdat die wapens nie in iemand se hande gehou word nie maar neergelÍ is

•   DIE werpspies met sy steel en plat metaalpunt en die knopkierie, 'n stok met 'n groot knop aan die een end, is tradisionele wapens. In Europa sou iets soos die swaard stellig eerder as die versinnebeelding van staatsgesag beskou word, maar 'n assegaai en knopkierie dra beslis 'n wesenselement van die vasteland van Afrika oor. Maar diť wapens op ons landswapen is nie opgeneem om te veg nie -- hulle lÍ gekruis en plat op die skild. Daarmee word gesÍ dat ons 'n land is wat vrede nastreef... iets wat baiemaal op ander wapens eerder deur 'n vredesduif verbeeld sou word.

Die skild met sy twee Khoisan-figure... 'n erfenis wat gedeel word

•   DIE heel vroeŽ geskiedenis van Suid-Afrika is nie opgeteken in hiŽrogliewe of neergeskryf op papier wat in stowwerige argiefbewaarplekke lÍ nie. Dit pryk op die mure van spelonke en die rotswande onder hol kranse -- in die verhalende tekeninge van jagters wat hier agter die wild aan geswerf het. As van die vroegste "Suid-Afrikaners" spreek hulle kennelik namens ons almal op die skild wat die middelpunt van ons nuwe landswapen vorm. Maar daar is twee van hulle. En twee saam is nooit eensaam nie! Waar twee of meer mense vredig bymekaar is, kan hulle van verskillende agtergronde of belewenisse getuig, maar die blote feit dat hulle saam verkeer, dui op saamhorigheid. En in hierdie eendrag van die verskillendes deel hulle ook dinge... soos die goeie wat elkeen uit die verlede met hom saamgebring het.

Die vier olifanttande... verteenwoordig wysheid, krag, matigheid en ewigheid

•   HOE kan 'n mens al hierdie eienskappe met iets soos ivoor in verband bring? Olifanttande bestaan immers bloot uit 'n duursame, fyndradige, roomwit stof, en boonop het die handel daarin reeds 'n groot internasionale herrie veroorsaak. Maar 'n mens sou tog die allegorieŽ soos volg kan verklaar: Ivoor kom van olifante en die wysheid van die olifant word nie betwyfel nie. In sekere wÍrelddele word hulle selfs as getroue diere gebruik om vir die mens te werk. Die krag van die olifant hoef nie eens verduidelik te word nie. Matigheid is ook 'n eienskap van diť reuse-dier. Hy is plantetend, maar verwoes in normale omstandighede nie sy omgewing nie. En wat ewigheid aanbetref: ivoor is blywend en steeds baie kosbaar, die wit goud van die diereryk...

Die twee koringerwe... hulle dui op vrugbaarheid en groei

•   KORING is die mens se vernaamste voedsel, dit word reeds sedert die Steentyd verbou en was 3000 jaar vC in China bekend. Met die Onse Vader bid ons boonop vir ons "daaglikse brood''. Koring word oral in Suid-Afrika verbou, dog die oudste en bestendigste produksiegebied is die Wes-Kaap, waar dit tydens die winterreŽns gesaai word. Maar koring groei ook nie net nie... dit help uiteraard dat ons, die bewoners van hierdie mooi land, self groei en vermeerder!

Die leuse in /Xam... 'eenheid in verskeidenheid'

•   'N UITGESTORWE taal soos Latyn kom dikwels op verskillende wapens voor, maar vir Afrika deug Latyn welbeskou eintlik nie. Hoe, sou 'n mens tereg kon vra, kan jy die ou Romeine nou regstreeks met die verre Suid-Afrika verbind? Daarom dat 'n uitgestorwe Khoisan-taal vir die leuse op ons landswapen gekies is. Boonop sou dit nie gedeug het om een van ons elf amptelike tale te gebruik nie, omdat gebruikers van die ander tien afgeskeep kon gevoel het. Die /Xam-taal het 1860 en 1900 uitgesterf, nadat dit oor 'n uitgestrekte gebied in die Noord-Kaap gepraat is. Gelukkig het 'n omvattende geskrewe rekord daarvan behoue gebly, wat by die Universiteit van Kaapstad bewaar word. Ons leuse --!ke e: /xarra //ke -- beteken, sover as wat dit moontlik is om dit te vertaal, iets soos "eenheid in verskeidenheid".

 

Die wapens van ons nege provinsies

Gauteng

Leuse: UNITY IN DIVERSITY

Limpopo


Leuse: PEACE, UNITY AND PROSPERITY

Mpumalanga

Leuse: OMNIA LABOR VINCIT

KwaZulu-Natal


Leuse: MASISIKUME SAKHE

Oos-Kaap

Leuse: DEVELOPMENT THROUGH UNITY

Wes-Kaap

Leuse: SPES BONA

Noord-Kaap

Leuse: SA K//?A: !ALSI ?ULSI ( "Ons gaan goed lewe", in Auni, ’n San-taal van die  Kalahari Gemsbokpark-streek van Gordonia)

Vrystaat

Leuse: KATLEHO KA KOPANO

Noordwes

Leuse: KAGISO LE TSWELELOPELE

 

ONS VOLKSLIED: woorde van die amptelike weergawe (samevoeging van Nkosi sikelel' iAfrika en Die Stem/The Call of South Africa)

Nkosi sikelel' iAfrika
Maluphakanyisw' uphondo lwayo,
Yizwa imithandazo yethu,
Nkosi sikelela, thina lusapho lwayo.

Morena boloka setjhaba sa heso,
O fedise dintwa la matshwenyeho,
O se boloke, O se boloke setjhaba sa heso,
Setjhaba sa South Afrika - South Afrika.

Uit die blou van onse hemel,
Uit die diepte van ons see,
Oor ons ewige gebergtes,
Waar die kranse antwoord gee,

Sounds the call to come together,
And united we shall stand,
Let us live and strive for freedom,
In South Africa our land.

Klik hier om terug te keer na die inhoudsblad