Japan
Goudland van die
opkomende son

Land van die Opkomende Son...    

Japanse vlag

Toonaangewende lande van die wreld (7): Nippon (Japan)  

 

Dis n land van vuurspuwende berge, van omtrent vier aardtrillings per dagmaar ook n massiewe miernes van malende werkers en n hoogs doeltreffende nywerheidsreus. Japan se ekonomie het wel in die jare negentig verlangsaam n drie dekades van ongekende groei, maar in ons nuwe millennium het dit blykbaar opnuut begin fut kry. Hoe ook al, vir n platgeslane volk om uit die as van die Tweede Wreldoorlog te kon opstaan en aan hul land een van die heel grootste ekonomie op aarde te besorg, spreek boekdele vir die onvermoeide ywer van die vlytige Japanners...

 

Illustrasie bo: U.S. Library of Congress Country Studies

  

Nota: Japanse name word in hierdie artikel getranslitereer ingevolge die taalrel dat n naam wat sy herkoms in n nie-Westerse skrif het, volgens ons eie Afrikaanse skryfpatroon geskryf moet word. Lees egter heel onderaan op hierdie bladsy die betoog van Mieliestronk.com vir n besinning oor die verwarrende fonetisering van "vreemde" name. * )
   

Hoofteks uit Huisgenoot se Ons Wonderlike Wreld; opdatering deur Mieliestronk.com
Grafika-kompilasie deur Mieliestronk.com

Kaart  Japan se vier groot eilande n Vereenvoudigde weergawe van n kaart van die CIA uit hul World Factbook wat tot openbare besit verklaar is (in the public domain). Plekname is verafrikaans, maar wat die name van drie van die vier groot eilande aanbetref, verskyn die huidige Afrikaanse skryfwyse tussen hakkies. Lees Mieliestronk.com se betoog vir n besinning oor verwarrende Afrikaanse fonetiserings heel onderaan hierdie bladsy.  

 
D
IE Songodin, s staan daar in die Sjinto-boeke, het die eilande van Japan voor al die ander wrelddele geskape. En toe het sy haar kleinseun na Japan gestuur met die opdrag: "Gaan, my deurlugtige kleinseun, gaan na my eersteling en regeer dit. Mag voorspoed u deel wees en di van u nageslag. En mag u huis, net soos die hemel en die aarde, tot in ewigheid bestaan."

 

Hierdie "nakomeling" van Amaterasoe Omikami, die Songodin, was die voorvader van al die Japanse heersers tot dusver, volgens die volksgodsdiens van Japan wat as Sjinto bekend staan.

 

Jimmoe TennoLINKS: Ene Jimmoe Tenno, volgens n negentiende-eeuse illustrasie. Daar word geglo dat hy die Japanse ryk in 660 v.C. gestig het.

 

Die opvatting dat hul eie wreld voor alle ander lande tot stand sou gekom het, is n interessante aspek van die Japanners se geloof, en Japan beklee ook werklik in meer as een opsig n gunstige posisie op die wreldkaart.

 

As die eilande byvoorbeeld meer noord gele was of minder riviere, berge of vrugbare vlaktes gehad het, sou die uitgestrekte ryslande doodeenvoudig nie daar gewees het nie.

 

Wat meer s, as die Japanners nie so gesoleerd was nie, sou hul nasionale bewussyn stellig nie so ontwikkel net nie. En as die Japanse eilande eweneens verder van die Asiatiese vasteland gel het, sou die mense hier nie so deur die Chinese en Koreaanse kulture benvloed gewees het as wat wel gebeur het nie.

 

Daarteenoor het di argipel of eilandgroep sekere groot nadele. Dit is vulkaanwreld en talle vuurspuwende berge is oor die hele eilandketting versprei. Tot oormaat van ramp is aardbewings n inherente deel van die lewe in Japan.

 

Daar is sowat 1 500 seismiese voorvalle (meestal skuddings) per jaar (gemiddeld omtrent vier op n dag), hoewel die meeste van hulle gelukkig skaars gevoel word. In die hoofstad, Tokio, is daar egter al om die drie of vier dae n taamlike sterk trilling, maar die geboue in di stad is ontwerp om hierdie skokke te weerstaan.

 

Aardbewings onder die see veroorsaak weer van tyd tot tyd verwoestende golwe (tsoenamis) aan die kus.

 

Dan word Japan boonop weens sy ligging aan die einde van die somer geteister deur tifone wat onder meer die rysvelde beskadig.

 

Desondanks is die land vandag n nywerheidsreus. Soos Duitsland het hy ook uit die as van die Tweede Wreldoorlog herrys. Tussen sy berge en rokende vulkane l sy mierneste van stede met krioelende hoofwe, blitsige koeltreine en dreunende fabrieke wat alles van TV-stelle tot motors uitspuug.

 

Japan, kan n mens tereg s, dien as n model vir die wreld oor wat met n bietjie dissipline en baie harde werk vermag kan word. Vir n platgeslane volk om te kon opstaan en aan hul land die derde grootste ekonomie op aarde te besorg (op grond van koopkrag), spreek boekdele vir die onvermoeide ywer van die vlytige Japanners.

 

Japan... die tradisionele en die moderne

 

BO en REGS BO: Japan... die tradisionele en die moderne.

  

Fotos: United States Government Export Portal

 

   AMPTELIKE NAAM: Nippon of Nihon (dit beteken "oorsprong van die son", en gevolglik word Japan ook Die Land van die Opkomende Son genoem).

 

   OPPERVLAKTE: 377 835 vk. km (sluit in die Bonin-eiland (Ogasawara-goento), Daito-sjoto, Minami-djima, Okino-tori-sjima, Rioekioe-eilande. (Nansei-sjoto) en Vulkaaneilande (Kazan-retto). Die landoppervlakte is 374 744 vk. km en die wateroppervlakte 3091 vk. km. In 2003 was 25 920 vk. km van die grond onder besproeiing.

 

   HOOFSTAD: Tokio.

 

   VLAG: Rooi son, wit agtergrond.

 

   AMPTELIKE TAAL: Japannees.

 

   VOLKSLIED: Kimigajo (Die Heerskappy van Ons Keiser).

 

   GELD: Die Japanners koop met jen.

 

   BEVOLKING EN HERKOMS: 127.463.611, volgens n raming vir Julie 2006. Volgens n berekening in 1990 was daar 123.749.000 mense, wat beteken dat die enorme bevolking in omtrent sestien jaar nie eens met n volle drie en n driekwart miljoen aangewas het nie. Die persentasie ou mense in die bevolking raak boonop al hoe meer.

 

Die Japanners is n mengsel van rasse-elemente uit Noordoos- en Suidoos-Asi, hoewel baie eeue van isolasie en vermenging n eenvormige ras opgelewer het. Die mense is vandag besonder geletterd en 99 persent bokant 15 jaar kan lees en skryf.

 

Daar kan nie met sekerheid ges word wanneer die eerste inwoners in Japan aangekom het nie, hoewel dit bekend is dat hul kultuur tot 4500 vC terugdateer. In die jare 200 vC is dit n n golf van volksverhuisings vervang deur n nuwe kultuur wat die Jajoi genoem is. Daar word gereken dat vandag se Japanners afstammelinge van die Jajoi is.

 

Volgens n betreklik onlangse berekening was die bevolking s verdeel: Japanners 99% en ander 1% (onder meer Koreane, Chinese, Brasilirs en Filippyne).

 

    MEER OOR DIE JAPANSE GESKIEDENIS: Japan het in die sesde eeu n.C. sy betrekkinge met China versterk en sy imperiale beleid en die Boeddhistiese godsdiens aanvaar. 

Die Japanse Middeleeue (1185-1615) is gekenmerk deur baie gevegte en feodale skermutselinge tussen die sjogoen (shogun) en boesji, wat verskillende kastes van krygsmanne was. Alle hawens buiten Nagasaki is in 1633 vir handel gesluit; hierdie tydperk van isolasie het tot 1854 geduur. Die sjogoen, of groot generaal, het uitgebreide militre en burgerlike magte gehad.

Die lang tydperk van isolasie het eintlik reeds in 1603 begin nadat die Tokoegawa-dinastie van sjogoens in beheer van die land gekom en die militre diktatuur n rigiede demper op buitelandse invloede geplaas het om sy heerskappy te verseker. Twee en n halwe eeue lank het hierdie beleid Japan in staat gestel om stabiliteit te geniet en het sy inheemse kultuur n bloeityd beleef.


Geisjas en samoerai

BO: Geisjas (geishas) in die 1930s. Geisjas is vroulike metgeselle van Japanse mans, opgelei in musiek, dans en die kuns van gesprekvoering.

REGS BO: Die Samoerai (Samurai) was van die elfde tot die negentiende eeu n aristokratiese klas Japanse vegsmanne (detail van n historiese foto uit die 1860s). 

  
N die Verdrag van Kanagawa met Amerika in 1854 het Japan sy hawens heropen en intensief begin moderniseer en industrialiseer. 

In die laat negentiende en vroe twintigste eeu het Japan n streekmoondheid geword wat in staat was om die magte van sowel China as Rusland te verslaan. Japan het Korea, Formosa (Taiwan) en die suidelike Sakhalin-eiland beset. In 1931-32 is Mantsjoerye deur Japan beset en in 1937 het hy n volskaalse inval in China geloods.


Japan se verrassingsaanval in 1941 op die Amerikaanse vloot by Pearl Harbor, Hawaii, het Amerika tot die Tweede Wreldoorlog laat toetree. Japan het spoedig n groot deel van Oos- en Suidoos-Asi beset. Nadat hy in die Tweede Wreldoorlog verslaan was (die VSA het hard toegeslaan met twee atoombomme) het Japan uit die as opgestaan om n moondheid met n kragtige ekonomie en n bondgenoot van die VSA te word.

In 2005 het Japan met n termyn van twee jaar begin as n nie-permanente lid van Veiligheidsraad van die Verenigde Nasies.

REGS: Die ontploffing van die atoombom wat op 9 Augustus 1945 sowat n derde van die Japanse stad Nagasaki (in die weste van Kioesjoe) verwoes het. Dit is deur n vliegtuig van die Amerikaanse lugmag op die stad gegooi en sowat 66 000 mense is gedood of beseer. Drie dae vantevore het die Amerikaners se eerste atoombom nagenoeg sestig persent van die Japanse stad Hirosjima (in die suidweste van Honsjoe) verpletter. Die hoofkwartier van die Geallieerde opperbevel het berig dat 129 558 mense daar gedood, beseer of vermis is en dat nog 176 987 deur die atoombom dakloos gelaat is.

Foto: U.S. Archives

Die ontploffing van die atoombom in Nagasaki


   GODSDIENSTE: bely sowel Sjintosme as Boeddhisme
84%, ander 16% (sluit Christene in 0,7%).

 

   REGERING: Die staatshoof is die keiser, wat steeds sy troon as n simbool van nasionale eenheid behou, maar sy pligte is suiwer seremonieel. Die wette word gemaak deur die Diet, wat uit twee huise bestaan waarvan die lede elk deur volwasse stemgeregtigdes verkies word: die Huis van Raadslede (252 lede vir ses jaar) en Huis van Verteenwoordigers (512 lede vir vier jaar). Die Diet kies een van sy lede tot eerste minister en di stel n kabinet aan. Kiesers is stemgeregtig wanneer hulle twintig jaar oud word.  

   GEOGRAFIE: Japan bestaan uit vier hoofeilandeHokkaido, Honsjoe, Sjikokoe en Kioesjioeen meer as 3900 kleineres. Honsjoe, die grootste eiland, is die tuiste van sowat 80 persent van die Japanse bevolking.

 

Wes van Japan is die  See van Japan, noord die See van Okotsk, en oos en suid die Stille Oseaan.

 

Die Japanners s in hul land is n mens altyd naby berge, en tereg, want min lande op aarde is so bergagtig. Di eilandryk, wat met n wye boog min of meer van noord na suid strek, bestaan grotendeels uit n klomp bergreekse wat ook noord-suid loop. Die berge van die hoofeilande is almal ru en word deur diep valleie van mekaar geskei.

 

Van die 192 vulkane is 40 nog aktief. Japan se hoogste en beroemdste spits, die onaktiewe berg Foedji, of Foedjijama, troon 3776 m bokant seevlak.
 

Sowat 60 persent van Japan word deur woude bedek, aangesien die meeste van die berghange te steil is om bewerk te word.

Die riviere is kort, vloei vinnig en is feitlik onbevaarbaar vir skepe. Baie riviere se lope is egter kunsmatig verander en hulle word vir besproeiing en kragopwekking gebruik. 

   EKONOMIE:  Japan se ekonomiese sukses is  op die vervaardigingsbedryf gegrond en daarin is hy n wreldleier. Trouens, hy is een van ons planeet  se grootste produsente van onder meer motorvoertuie, elektroniese toerusting, masjiengereedskap, sintetiese vesels, skepe, chemikalie, tekstielware en verwerkte kosse.

 

Samewerking tussen die regering en die nywerhede, n sterk werksetiek en n voortreflike bemeestering van die bielie-tegnologiese sektor het alles meegehelp om die land buitengewoon vinnig as die derde grootste ekonomie ter wreld te vestig (n die VSA en China), op grond van koopkrag.

 

Hoewel Japan oorbevolk is, geniet die mense dus n ho lewenspeil. Daar is egter min natuurlike hulpbronne, sowat 90 persent van sy energiebehoeftes kom van buite en petroleum is die grootste invoerproduk.  

 

Die ekonomie het wel in die 1990s begin verlangsaam n drie dekades van ongekende groei, maar in 2004 and 2005 was daar beter groei en die talmende vrese vir n daling in pryse en n afname in ekonomiese bedrywighede het verminder.

 

Die bank- en geldsektore het in ooreenstemming met die vervaardigingsektor gefloreer. Tokio is een van die wreld se grootste effektebeurs- en handelsentrums.

 

Die landbou is arbeidsintensief en die landbousektor word ryklik gesubsidieer en beskerm. Hoewel die land selfonderhoudend is wat rys betref, moet n ho persentasie van sy voedselbehoeftessowat 50% van ander soorte graan en veevoeringevoer word.  

 

Japanse plattelandREGS: Japan vandag. Landbougrond is skaars in di bergagtige land en op die platteland moet die beskikbare grond intensief bewerk word.

 

Foto: Economic Research Service / United States Department of Agriculture

 

Die Land van die Opkomende Son se son is volgens alle aanduidings nog lank nie aan die ondergaan nie. Maar die oorbewoning van bewoonbare grond en n bevolking wat n steeds groter persentasie ou mense moet onderhou, is nog twee probleme waarmee die Japanners bes moontlik nog lank gaan worstel.

 

Outomatisering kan wel op lang termyn groot ekonomiese voordele vir Japan inhou. Teen 2002 het die land al 410.000 van die wreld se 720.000 "werkende robotte" gehad.

 

Klik hier om terug te keer na die inhoudsblad van hierdie reeks oor toonaangewende lande van die wreld

 


Klik hier om terug te keer na die inhoudsblad


  

* )    Mieliestronk.com se betoog vir n besinning oor die chaotiese fonetisering van "vreemde" name

DAAR is n taalrel dat name wat hul herkoms in n nie-Westerse skrif het (s maar n hipotetiese naam soos >Ha#T~^ ) in Afrikaans volgens ons eie skryfpatroon getranskribeer moet word. Jy sal dus so n vreemde naam in Afrikaans skryf na gelang van sy uitspraak, soos jy ook met ander woorde in ons taal doen.

Dit is egter geen geheim dat die  fonetisering van byvoorbeeld Russiese, Chinese, Japanse en ander Asiatiese name lankal 'n eindelose verwarring skep in n wreld wat al hoe kleiner word nie. Hier by ons geld dit veral waar 'n naam in Afrikaans heeltemal anders geskryf moet word as in Engels. Dink maar hoe Afrikaanse en Engelse koerante destyds die naam van n ou leier van die gewese Sowjet-unie verskillend gefonetiseer het: Chroesjtsjof teenoor Krushev. Jy sou nie s dis dieselfde mens nie!

Om sake te kompliseer is daar die deurmekaarspul oor watter lande n nie-Westerse skrif gebruik en watter nie. Name van Kazachstan word nie gefonetiseer nie omdat hulle daar van die Cirilliese na die Westerse stelsel oorgeskakel het, maar name van byvoorbeeld Tadjikistan en Toerkmenistan wel. Name in Japannees word in verskillende tale verskillend gefonetiseer, maar daar is 'n internasionale standaard ten opsigte van name in Chinees. Maar vir Chinese name van Taiwan geld dit weer nie! En dit is lank nie al nie. Jy moet omtrent n taalgeleerde wees om kop te hou met alles.

Wat is die oplossing? Dit is onses insiens n standaard gegrond op die Engelse fonetiserings. Toegegee dat n mens geykte Afrikaanse naamspellings (soos Tokio teenoor die Engelse Tokyo) nie maklik sal kan verander nie. Maar dit maak tog weinig sin om die Japanse premier se naam in Afrikaanse geskrifte pynlik as Djoenitsjiro Koizoemi weer te gee, terwyl almal in die groot Engelstalige wreld Junichiro Koizumi skryf.

Die argument dat transliterasie niks vreemds is nie en dat daar ook in baie ander tale soos byvoorbeeld Duits, Frans en Italiaans getranslitereer (gefonetiseer) word by name uit n nie-Westerse skrifstelsel, kan nie vir veeltalige lande soos Suid-Afrika gebruik word nie. Dan sal n Afrikaanssprekende, Engelsman, Xhosa, Zoeloe, Sotho en Ndebele, wat moet saamwerk om, s, n inligtingstuk oor n besoekende Japanse politikus te skryf, dalk elkeen sy eie interpretasie h oor hoe die persoon behoort te heet.

Is dit nodig dat ons moet voortworstel in die heersende chaos? Nietemin, in die artikel hierbo moes ons noodgedwonge by die ou patroon inval en die Japanse name "verafrikaans".
Webmeester.