Vlag van AustraliŽGemenebes van AustraliŽ

AustraliŽ

Enigste land op ín hele
klein vasteland
 

KangaroeSommige Suid-Afrikaners ken Aus­traliŽ net as ín formidabele rugby- en krieket-teenstander, maar vir baie ander was die land so aan­treklik dat hulle soheentoe geŽmi­greer het. Daar is verskeie redes hoekom ons en die AustraliŽrs so goed oor die weg komóen dis nie net omdat ons almal mense van die Suidelike Halfrond is nie...
 

Kaart regs gegrond op kaart verskaf deur World Factbook van die Amerikaanse CIA

Eenvoudige kaart van AustraliŽ

Sydney-Operagebou

BO: ín Indrukwekkende nagfoto van die Sydney-Operagebou in Sydney, Nieu-Suid-Wallis, AustraliŽ. Ontwerp en grootliks gebou deur die Deense argitek JÝrn Utzon, is dit een van die mees imposante geboue wat in die twintigste eeu deur die mensdom opgerig is. Dit is ook een van die beroemdste sentrums vir die uitvoerende kunste ter wÍreld.
 

Foto: DAVID ILIFF,

wat dit op hierdie bladsy by Wikimedia Commons op die wÍreldwye web geplaas en gelisensieer het ingevolge die bepalinge van die Creative Commons Attribution ShareAlike 3.0-lisensie. Kortom, vrye deling en die maak van afgeleide werke word vergun, mits DAVID ILIFF ten volle erken en dit slegs versprei word ingevolge ín lisensie wat identies is aan hierdie een. Amptelike lisensie

 

 

BO: ín Replika van die Engelse ontdekkingsresiger James Cook se skip HM Bark Endeavour in Cooktown-haweósoos dit kon gelyk het in Junie 1770 toe Cook en sy bemanningslede daar aangedoen het om skade aan die skip te herstel. Cooktown (met ín inwonertal van slegs 1573, volgens die sensus van 2001) is vandag die mees noordelike dorp aan die ooskus van AustraliŽ.

 

Foto: John Hill (gewysig deur Mieliestronk.com)
(ďreleased to the public domain at Wikimedia CommonsĒ)

 


ďDit wat ons van hierdie land gesien het, lyk bra plat sonder veel rante, met die aansig groen en bosryk, maar die seestrand alles wit sandĒ

ó Uit die joernaal van die eerste reis van die Engelse ontdek≠kingsreisiger James Cook.

PRAAT van teleurgesteldódie eerste Europese ontdekkingsreisigers in AustraliŽ was nie waffers geÔmponeer nie, om die minste daaromtrent te sÍ. Hulle is vertel van ín enorme vasteland met moontlik fabelagtige rykdomme, en al wat hulle ďdoer onderĒ gevind het, was ín buitengewoon groot eiland.

 

Op die koop toe was die dele wat hulle daarvan gesien het, droog en dor en eentonig. En dan het die inboorlinge ook glad geen goud of ander skatte gehad nie.

 

Die eerste Europese ontdekkers was op soek na ín onbekende suidelike kontinent wat Terra Australis Incognita (Latyns vir die ďOnbekende SuidlandĒ) genoem is. Sedert antieke tye is gedink dat ín massiewe vasteland in die suide bestaan wat kwansuis die groot landmassas van die Noordelike Halfrond sou ďbalanseerĒ.

 

Die veronderstelde Terra Australis is die reuse-vasteland onderaan hierdie kaart uit die jaar 1570BO: Die veronderstelde Terra Australis is die reuse-vasteland onderaan hierdie kaart uit die jaar 1570. Die bevinding dat sů ín enorme kontinent glad nie bestaan nie, moet ín yslike teleurstelling gewees het vir avonturiers wat oor ín fantastiese onontdekte wÍrelddeel gedroom het.

 

Hoewel daar reeds in die sestiende eeu aansienlike belangstelling in Europa vir hierdie Onbekende Suidland was, was dit eers in 1605-1606 dat die Nederlandse seevaarder Willem Janszoon verby die noordkus van die huidige Queensland geseil het. Die land het hom nie juis beÔndruk nie.

 

In die sewentiende eeu is trouens nooit eens geprobeer om dit te koloniseer nie, omdat net die heel swakste deel, die noordweskus, toe nog bekend was. Die mini-kontinent is ín lang ruk Nieu-Holland genoem nadat Abel Tasman in 1642 van Java rondom AustraliŽ geseil en ook TasmaniŽ en Nieu-Seeland ontdek het. Maar die belangstelling in daardie wÍrelddeel het getaan.

 

Eers in 1770 toe kaptein James Cook van die Britse vloot die massiewe eiland se aantreklike, vrugbare en dig beboste ooskus verken het, het die EuropeŽrs besef hoe pragtig AustraliŽ is. Cook het die grootste deel van Oos-AustraliŽ vir Brittanje geannekseer en dit Nieu-Suid-Wallis genoem.

 

James CookLINKS: ín Portret uit omstreeks 1775 van James Cook deur die kunstenaar Nathaniel Dance (detail).

 

 Vir die eerste keer is daar nou gedink aan die kolonisasie van die gebied.

 

Dit was juis in hierdie tyd dat Engeland sy Amerikaanse kolonies verloor het. Die Britse tronke was oorvol, sodat nuwe plekke gevind moes word waar strafkolonies vir misdadigers aangelÍ kon word.

 

Toe, in 1788, het sowat 750 gevangenes, 200 Britse soldate, 30 vroue van soldate en ín paar kinders hulle in die eerste blanke nedersetting in AustraliŽ gevestig. Diť nedersetting sou later die stad Sydney word.

 

Teen die volgende dekade het vrye setlaars vanuit Brittanje die bevolking aangevul en is gevangenes vrygelaat. In die dekades wat gevolg het, het groot groepe immigrante in AustraliŽ aangekom, veral nŠ die ontdekking van goud in die 1850ís.

 

Vandag is die Gemenebes van AustraliŽ ín federasie van ses state (Nieu-Suid-Wallis, Victoria, Queensland, Suid-AustraliŽ, Wes-AustraliŽ en TasmaniŽ). Die Gemenebes administreer ook twee interne gebiede, die Noorder-Territorium en Hoofstad-Territorium wat die hoofstad Canberra en omstreke insluit, asook verskeie eilande.

 

AustraliŽ se skoonheid is duidelik te sien in sy uitgestrekte strande, steil kranse, tropiese vleilande en eksotiese riwwe. Om nie te praat nie van die unieke diereleweówat kangaroes, koalabeertjies en dingoís (Australiese wildehonde) insluit.

 

Maar, anders as die eerste setlaars, waardeer mense ook vandag die skoonheid van die land se vreemde woestyn-rotsformasies, sy grysgroen bloekombome met hul karige skaduwees, sy eindelose vlaktes en duinevelde, sy leegheid... selfs sy verlatenheid.

 

Tog het AustraliŽ, soos in ín mindere of meerdere mate alle ander lande op die aardbol, ook al sy kwota tragedies gehad. Die land, wat reeds in sy beboste gebiede deur menige verwoestende bosbrande geteister is, is in Februarie 2009 rou geskok toe meer as 200 mense dood is in brande wat deur dorpe in die staat Victoria gewoed het.

 

REGS: ín Satellietfoto toon die rookkolom wat op die middag van 7 Februarie 2009 deur die bosbrande in Victoria veroorsaak is. Die volgende dag het die rook al tot by Nieu-Seeland gestrek.

Foto: NASA

Satellietfoto toon rookkolom van bosbrande in Victoria, 7 Februarie 2009

 

Uluru of Ayers Rock

BO: ín Blik uit ín helikopter op Uluru of Ayers Rock, ín kolossale sandsteen-formasie in die Australiese binneland. Die rots is sowat 3,6 km lank, 2 km breed en troon tot 348 meter hoog oor die omringende landskap.
 

Foto: ďHuntsterĒ,
wat dit by Wikimedia Commons op die wÍreldwye web tot openbare besit verklaar het  (ďreleased to the public domainĒ)

 

ín Koala teen ín bloekomboom

 

BO: ín Koala teen ín bloekomboomóaltwee eg Australies.

Foto: DAVID ILIFF,

wat dit op hierdie bladsy by Wikimedia Commons op die wÍreldwye web geplaas en gelisensieer het ingevolge die bepalinge van die Creative Commons Attribution ShareAlike 3.0-lisensie. Kortom, vrye deling en die maak van afgeleide werke word vergun, mits DAVID ILIFF ten volle erken en dit slegs versprei word ingevolge ín lisensie wat identies is aan hierdie een. Amptelike lisensie

________________________

 

 

ē   AMPTELIKE NAAM: Die Gemenebes van AustraliŽ.

 

ē   GEBIED: Die Gemenebes van AustraliŽ strek sowat 4000 km van Cape Byron in die ooste tot Wes-AustraliŽ, en sowat 3700 km van Cape York in die noorde tot TasmaniŽ in die suide. Sy kuslyn is nagenoeg 36 735 km lank. Die oppervlakte van AustraliŽ, TasmaniŽ ingesluit, is 7 682 300 vk. km. Die oppervlakte van die vasteland alleen is 7 614 500 vk. km, wat AustraliŽ die kleinste vasteland en een van die grootste lande op aarde maak.

 

ē   HOOFSTAD: Canberra.

 

ē   VLAG: Dit bevat die Britse Union Jack, vyf sterre wat die Suiderkruis voorstel en een groot ster wat die land se state en territoriums versinnebeeld.

 

ē   STAATSHOOF: Die Britse monarg (tans koningin Elizabeth) is ook die staatshoof van AustraliŽ. ín Refenderum is in 1999 gehou om AustraliŽ se status van ín gemenebes onder die Britse monarg tot ín republiek te verander. Die voorstel is afgestem.

 

ē   AMPTELIKE TAAL: Engels.

 

ē   VOLKSLIEDERE: Advance Austra Fair (nasionaal); God Save Queen (koninklik).

 

ē   GELDEENHEID: Australiese dollar.

 

ē   BEVOLKING EN HERKOMS: Vir Julie 2008 is die bevolking op
21 007 310 geraam. Die meeste AustraliŽrs is van Europese koms, veral van Brittanje en Ierland,  en Engels word deur nagenoeg 79% van die bevolking as eerste taal gepraat (volgens die sensus van 2001). Baie van die immigrante kom van Griekeland, ItaliŽ, die voormalige Joegoe-SlawiŽ, Duitsland en Nederland, en, meer onlangs, Nieu-Seeland en Suidoos-AsiŽ.

 

Die bevolking kan op grond van herkoms verdeel word in 92% blank, 7% Asiaties en 1% aboriginaal en andere.

 

Die meeste van die sogenaamde aborigines is vandag van gemengde inboorling- en blanke afkoms. Die eerste inboorlinge het omstreeks 25.000 v.C. in AustraliŽ aangekom. (Daar word gereken dat hulle ook die Australiese wildehond, die dingo, met hulle saamgebring het.)

 

Die aborigines se omstandighede, wat ook al die oorsake mag wees, het al soveel te wense oorgelaat dat die Australiese regering verskeie projekte geloods het om hul lot te probeer verbeter. Talle woon in die buitewyke van blanke gebiede.

 

ē   GODSDIENSTE: Verreweg die meeste AustraliŽrs sÍ hulle is  Christene (Anglikaans, Rooms-Katoliek  en ander), maar daar is ook Boeddhiste (1,9%)  en Moslems (1,5%), terwyl 15,3% geen geloof aanhang nie (volgens die sensus van 2001).

 

ē   REGERING: Die federale parlement bestaan uit 2 huise wat ingevolge algemene stemreg verkies word. Die senaat het 76 lede wat volgens proporsionele verteenwoordiging verkies wordó12 senatore word uit elke staat vir 6 jaar elk verkies en 2 uit albei territoriums word vir 3 jaar verkies.

 

Die Huis van Verteenwoordigers het 150 lede wat vir 3 jaar verkies word. ín Eerste minister, wat ín meerderheid in die Huis van Verteenwoordigers geniet, word deur die goewerneur-generaal aangewys, wat die verteenwoordiger van die koningin is.

 

Die eerste minister is die voorsitter van die Federale Uitvoerende Raad (of kabinet), wat aan die parlement verslag doen. Elke staat het ook sy eie regering.

 

ē   GEOGRAFIE: Daar is drie hoof-landstreke:

 

(1) Die Oostelike Hooglande is ín amper ononderbroke gordel van berge, hooglande en platoís, net verbreek deur die klowe, wat Šl langs die oostelike rand van AustraliŽ strek, van TasmaniŽ in die suide tot Cape York in die noorde.

 

Die hooglande val steil aan die oostekant na ín vlakte met sanderige strande en rotsagtige kranse langs die kus van die Stille Oseaan.

 

Hierdie kusvlakte kry die meeste reŽn in AustraliŽ. Baie van die plato's is vrugbaar en is uitstekende boerderygrond. Die suidoostelike kant, tussen Brisbane en Melbourne, is AustraliŽ se digs bevolkte deel.

 

Die oostelike kuslandskap is een van die skilderagtigste en interessantste dele van die land. In die suide is klein baaitjies en idilliese sandstrande wat afgewissel word deur majestueuse kranse waarteen die waters van die Stille Oseaan met volle krag vasslaan.

 

Verder noord, in die omgewing van Brisbane, lok die blou branders en wit strande strome vakansiegangers. Seewaarts lÍ die Groot Australiese Walrif (Groot Koraalrif), die grootste en een van die skouspelagtigste rif-formasies ter wÍreld, met sy aangrensende eilande en met palms omsoomde goue strande.

 

(2) Die Sentrale Laaglande, wat van die Groot Australiese Baai in die suide na die Golf van Carpentaria in die noorde strek, is oor die algemeen ín plat streek, deurvleg met rivierbeddings wat nŠ swaar reŽns sterk vloeióhoewel reŽn maar skaars is in die meeste dele van die Laaglande.

 

In die suidelike deel word koring verbou, maar meestal is dit te warm en dor vir gewasse. Vee wei op gras en struike. Die westelik-sentrale deel is ín sanderige woestyn. Die meer Eyrieóop 16 m onder seevlak AustraliŽ se laagste puntólÍ hier.

 

Geen groot stede word hier gevind nie.

 

(3) Die Westelike Plato is oorheersend in AustraliŽ. Hoewel dit ook meestal plat is, word dit verbreek deur verskeie groot reekse in die westelike en sentrale dele. Die sentrale deel is woestyn wat geleidelik, behalwe in die suide en noordooste, deur gras en struike bedek word wat vir veeweiding gebruik word.

 

Daar is twee groot stede in diť streek: Adelaide en Perth.

 

 ē   EKONOMIE: AustraliŽ het ín florerende Westers-kapitalistiese ekonomie met die gemiddelde lewenstandaard gelykstaande aan diť in die toonaangewende Wes-Europese ekonomieŽ. Maar die wÍreldwye ekonomiese krisis, wat aan die einde van 2008 begin het, sou ook AustraliŽ nie ongeskonde laat nie.

Foto: NASA

 

Sedert die Tweede WÍreldoorlog word die ekonomie oorheers deur mynbou, en minerale maak ín beduidende deel van die land se uitvoer uit. AustraliŽ het groot reserwes van steenkool, petroleum en aardgas, uraan, ystererts, koper, nikkel, aluminiumerts, goud en diamante.

 

Vervaardiging en verwerking is hoofsaaklik gemoeid met yster en staal, konstruksie, olieraffinering en petro-chemikalieŽ, voertuigvervaardiging en ingenieurswese.

 

Die voedselverwerking- en tekstielnywerhede is op die landbou gebaseer. AustraliŽ is steeds die wÍreld se voorste produsent van wol. Die veeboere boer meestal met skape en beeste, terwyl die landbewerkers veral graansoorte (meestal koring), suiker (in Queensland) en vrugte kweek.

 

Volgens die sensus van 2001 is 90, 8% van AustraliŽ se krag toe deur fossielbrandstof opgewek,  8,3% deur waterwerking (hidroŽlektrisiteit) en 0,9% op ín ander wyse. AustraliŽ het geen kernkragsentrales nie.

 

Klik hier om terug te keer na die inhoudsblad