Die krokodil-familie   

Ou Krok en sy neefs

     
Jy loop nog so houtgerus om 地 boom in die vuurwarm son, wanneer jy jou skielik van aangesig tot aangesig bevind met die gevaarlikste reptiel op ons planeet. Hy verrys uit die dieptes van 地 rivier, soos 地 stomp wat ondergedompel was, en jy hardloop met 地 wye boog om aan sy vlymskerp saagtande en yslike gesperde kake te ontsnap...

V

IR baie mense van die trope is tonele soos hierbo beskryf iets alledaags, ook die besef dat hulle gedurig moet lig loop vir die gramskap van die krokodil. Het hierdie roofdiere dan nie in die verlede al talle mense opgevreet nie?
   
Hoewel dit gelukkig vandag nie meer so dikwels gebeur nie, weet die mensekinders van die krokodilw靡elde maar alte goed om hulle te vermy.

Maar terwyl niemand ooit graag krokodilkos wil word nie, is dit natuurlik ook 地 feit dat krokodille baie lank葉ot 地 volle jaar耀onder kos kan bly. Dan word hulle wanhopig maer. Tog bly hulle steeds aktief en is dadelik in staat om weer te vreet wanneer kos opdaag.

Krokodille is inderdaad in meer opsigte uitsonderlik. Hulle kan selfs 地 uur of twee, drie onder die water bly sonder om asem te skep, onder meer deurdat hulle hul bloed wegstuur van hul organe wat so nie lewensbelangrik is nie.

Die krokodil se bloedsomloopstelsel is dan ook hoogs gesofistikeerd耀oseer, vertel die geleerdes, dat dit eintlik nie by 地 reptiel tuis hoort nie. As 地 mens sy hart, longe en hoofare en -slagare so op hul eie bekyk, kan jy maklik dink dat hulle aan 地 soogdier behoort. En die krokodil se goed ontwikkelde vierkamer-hart het die vermo om bloed wat suurstof dra te skei van bloed wat nie suurstof dra nie, iets heel unieks onder die reptiele.

Die krokodilagtiges

DIE krokodil behoort tot die orde wat ons die krokodilagtiges noem. Ander lede van die orde is die alligators en Amerikaanse kaaimanne, en die gaviale.

Buiten die alligators, wat in China en die suidooste van die Verenigde State woon, hou die krokodilagtiges in die w靡eld se tropiese en subtropiese streke.

Hulle is almal amfibies (lewe op land, sowel as in die water) en swem met ritmiese hale van die stert. Die stert word soms gebruik om prooi te vang, deur die prooi van die vlak water af in die diep water in te vee, waar dit makliker verslind kan word. Uitmuntende roofdiere soos hulle is, het die krokodilagtiges min natuurlike vyande.

Beenplate, genaamd osteodermisse, vorm 地 soort pantser in die dik huid. Die tande, waarvan daar sowat dertig tot veertig in elke kaak is, pas inmekaar wanneer die bek toe is. By krokodille steek die vierde tand aan elke kant van die onderkaak uit wanneer die bek toegemaak word; by alligators is hierdie tande nie sigbaar nie.

Die kake van die krokodilagtiges is, wanneer hulle sluit, kragtig genoeg om die beendere van diere te vermorsel, maar so swak wanneer hulle oopgemaak moet word dat 地 mens hulle met die hand bymekaar kan hou.

Terwyl die krokodilagtige feitlik toe onder die water digby die oppervlak dryf en sy prooi nader, is slegs sy neus, o en 地 deel van sy rug sigbaar.

Krokodilagtiges is die luidrugtigste reptiele, met geluide wat wissel van 地 stille gesis tot vreeslike brul- en bulkgeluide, gewoonlik in die paartyd.

Die wyfies begin paar en eiers l wanneer hulle sowat tien jaar oud is. Hulle begrawe die eiers要an twintig tot negentig in 地 broeisel擁n sand, modder of die oorblyfsels van plante, waar hulle deur die warm son of die hitte van die ontbindende plante uitgebroei word.

Die wyfies van party soorte bly in die omgewing om die nes te beskerm en vir die kleintjies te sorg nadat hulle uitgebroei het, hoewel baie van die eiers en kleintjies tog deur roofvyande opgevreet word.

Die ouerlike gedrag van die krokodilagtiges is uniek onder die reptiele en herinner 地 mens aan di van vols.

Sekere lede van die krokodilfamilie is die grootste lewende reptiele. Krokodille kan gewoonlik aan hul lang driehoekige snoete uitgeken word, iets tussen die lang, smal snoete van die gaviale en die kort, ovaalvormige snoete van alligators en Amerikaanse kaaimanne.

Die Indo-Pasifiese krokodil, ook die soutwater-krokodil genoem, word as die grootste lewende reptiel beskou. Di krokodille word maklik vyf meter lank, hoewel enkelinge van tot agt meter al aangeteken is.

地 Kleiner spesie, die moeraskrokodil, word in die binnelandse waters van Indi aangetref.

In ons eie w靡elddeel, in Afrika van die Bo-Nyl tot in die Kaap, kom die Nylkrokodil steeds voor, al word hy as 地 bedreigde dier beskou. Dis einste hy wat deur sekere ou Egiptiese sektes vereer is. Mummies van krokodille is selfs in Egiptiese grafkelders ontdek.

In die Amerikas is daar vier krokodilspesies.
   

LINKS: Die bekende Nykrokodille van ons eie w靡elddeel.
(Le Bonheur-
krokodilplaas naby Stellenbosch.) 

REGS: 地 Amerikaanse krokodil.

Foto: DLS / USFWS

Krokodileiers word in sekere dele van die w靡eld deur mense geet. Die huid is gesog as leer en die ekstrak van die muskuskliere word in die vervaardiging van parfuums gebruik. 

Alligators

DIE woord alligator kom van die Spaanse woorde el lagarto, wat ''die akkedis'' beteken. Daar is net twee spesies: die Chinese alligator en die Amerikaanse alligator.

Die Chinese alligator hou in die Jangtse-rivierbekken in China. Hy is meer bedees en baie kleiner as die Amerikaanse alligator, word selde langer as 2,5 meter en word nie juis as 地 bedreiging vir mense beskou nie.



REGS: Die Chinese alligator... nie naastenby so gevaarlik as wat hy op hierdie foto lyk nie.

Foto: DLS / USFWS

Maar sy grootboet, die Amerikaanse alligator, is 地 ander kalant. Hy word tot ses meter lank en val maklik mense aan, veral in gebiede waar die mens pas tevore sy habitat binnegedring het of waar hy aan die teenwoordigheid van mense gewoond geraak het.

Sy hougebied is hoofsaaklik die suidooste van die Verenigde State waar hy onder meer in die varswatermoerasse en mere baljaar. Omdat hy geslagte lank sowel vir die aardigheid as vir sy vel gejag is, het die getalle van Amerikaanse alligator afgeneem totdat hy in 1967 tot 地 bedreigde spesie verklaar is. Vandag is daar weer soveel alligators dat die jag daarvan in party Amerikaanse state heringestel is.
    
    

LINKS: Die Amerikaanse alligator... 地 gevaarlike reptiel wat nie skroom om selfs mense aan te val nie.
  
Foto: DLS / USFWS

Amerikaanse kaaimanne

AMERIKAANSE kaaimanne moet nie verwar word met die Suid- Afrikaanse kaaiman, wat 地 soort akkedis is nie.

LINKS: Die swart kaaiman.

Net soos alligators behoort Amerikaanse kaaimanne ook tot die familie Alligatoridae in die orde Crocodilia. Daar is drie genera, al drie van die Amerikaanse trope. Hulle lyk dan ook baie soos alligators, behoudens die klein beenagtige skubbe aan hul pensvelle.

Die grootste, die swart kaaiman van die Amasone en Orinoco-rivier, word 4,5 meter lank of langer. Die kleinste耀owat 1,5 meter擁s Cuvier se dwerg- of gepantserde kaaiman. Baie volop is die brilkaaiman, so genoem vanwe die beenagtige rif tussen sy o, wat soos die brug van 地 bril lyk.

Die gaviaal of snawelkrokodil

HIERDIE krokodilagtige, visvretende reptiel is bekend vir sy lang, plat en breedpuntige snoet. By die volwasse mannetjies is daar 地 vlesige homp aan die einde van die snoet waarin die neusgate sit.

Die gaviaal word in dele van rivierstelsels in Pakistan, Indi, Nepal, Bangladesj en Mjanmar (voorheen bekend as Birma) aangetref, maar sy hougebied het weens die mens se toedoen baie verklein. Hy word as te mak beskou om gevaarlik vir mense te wees.

BO: Gaviale of snawelkrokodille.

Kopieregvry verklaar deur verskaffer vergunning geld w靡eldwyd.

Soutwater-krokodille: die kake van die see

DIE ouerliefde van die krokodille en hul naaste familielede is iets unieks onder die reptiele. Pleks van haar eiers te verlaat en die kleintjies aan hulself oor te laat, soos die skilpaaie byvoorbeeld maak, sal die krokodilwyfie hulle moederlik beskerm.

So kan jy selfs in 地 Noord-Australiese moeras 地 soutwater-krokodilletjie op sy ma se kop sien ry! Soos hul naam aandui, kan hierdie soort krokodille ook in die see oorleef容n omdat hulle gevaarlike mensvreters is, is dit slegte nuus vir besoekers aan die gewilde strande van Darwin in Australi...

Soutwater-krokodille word soms ook die brakwater-krokodille genoem, maar meestal kortweg sommer ''souties''. Maar hul vierde naam, die Indo-Pasifiese krokodille, vertel jou meer waar in die w靡eld jy hulle kan gaan soek. Die houplekke van hierdie grootste van alle krokodille is die kuste van Indi, Suid-China, Maleisi en Noord-Australi.

REGS: 地 Soutwater-krokodil.
   

地 Belangrike verskil tussen hulle en die ander krokodil-spesies is dat hulle in die see sowel as in vleie en riviere kan oorleef. Plek-plek is hulle sekerlik al meedonloos gejag, maar in Noorder-Territorium van Australi word hulle goed beskerm. Trouens, die beskerming daar is so uitstekend dat daar reeds meer as 60.000 soutwater-krokodille in die vrye natuur rondom die hoofstad Darwin is.

Maar so iets is nou nie juis bevorderlik vir toerisme by Darwin se gewilde strande nie. Selfs hier word niemand toegelaat om hulle dood te maak nie, al is hulle ook gevaarlike mensvreters. Die wet verbied jou weliswaar nie om hulle te vang en iewers aan te hou nie, maar dit lyk ook nie na 地 goeie oplossing om hulle iewers op byvoorbeeld verlate eilande te gaan neersit nie.

Daar word naamlik geglo dat soutwater-krokodille, soos die spreekwoordelike kat, altyd terugkeer na die plek waar hulle gevang is. Wat help dit dan om te probeer om hulle te verskuif?

Hier is ook geleerdes wat 地 studie van di gepantserde reuse en hul trekgewoontes maak. Hulle sal byvoorbeeld 地 gevange krokodil met 地 radiosendertjie toerus en hom kilometers ver die see instuur om sy bewegings te monitor.

Die verskynsel dat di spesie op plekke voorkom wat deur duisende kilometers see van mekaar geskei is, is immers nog nie heeltemal verklaar nie. Ons weet ook nog nie werklik of soutwater-krokodille, soos salms en ale, na dieselfde plek terugkeer om hul lewensiklus te voltooi nie. Dit is wat die geleerdes probeer uitvind. Want in Australi is krokodille heilig.

En as die ''souties'' weens hul instinktiewe neigings nie gebore in staat is om hier pad te gee nie, moet besoekers aan Darwin se strande maar vir lief neem met die onvermydelike: om saam met die mensvreters te baai.

Klik hier om terug te keer na die inhoudsblad