Kosse
in die Bybelse tyd
ETLIKE duisende jare
gelede in die Heilige Land, in die laaste fase van die Steentyd, het die landbou ontwikkeld begin raak. Plante en diere is gevind
wat gekweek en geteel kon word, en toe is hierdie spesies oor honderde
jare heen geleidelik en selektief vir die mens se behoeftes “getem”.
Hieronder word vertel van party van die soorte kos wat in Bybelse tye
genuttig is...
Teks uit
Huisgenoot se Ons Wonderlike Wêreld
Foto-kompilasie deur Mieliestronk.com
|
Bittersoet
granaat
•
Dié soort vrug met sy rooi
pitte en bittersoet sap was oorspronklik van Klein-Asië, die
Kaukasus, Armenië en Persië, maar dit was bepaald teen die
Middel-Bronstyd reeds in die Heilige Land gevestig. Voorbeelde van
verkoolde vrugte is gevind in ’n grafkelder by Jerigo wat uit dié
tyd
dateer.
Foto:
ARS / U.S. Department of Agriculture (USDA) |
Visse
uit die meer
•
Die
belangrikheid van visse vir die mense aan die oewers van die See
van Galiléa in die Romeinse tyd blyk uit verhale in die Nuwe
Testament. Visse was een
van
die vroegste bronne van kos, en daar is steeds visse
gevang
om die voeding aan te vul nadat die
landbou
begin ontwikkel het.
Die foto hierby is van sintpietersvisse uit die See van
Galiléa
(die meer Tiberias) in ’n viswinkel in Tiberias in die
moderne Israel. Die naam sintpietersvis (Engels Sint Peter’s
fish) verwys eintlik na Petrus, die visser van Galiléa wat
deur Jesus “ ’n visser van mense” gemaak is.
Foto:
David Q. Hall, geen kopiereg (openbare domein) |
|
Wyn
van druiwe
•
Namate
stede in die derde millennium vC ontwikkel het, het die destyds
reeds groot en
gevestigde
gemeenskappe van die Levant (die kuste van Klein-Asië, Sirië en
Egipte) bykomende gewasse begin kweek. Een van die belangrikste
was die druif. Wingerdstokke is waarskynlik in die vorige
millennium (duisend jaar) uit Anatolië soontoe gebring. Nou was
daar baie wingerde, waarvan die druiwe nie net vars geëet is nie,
maar ook gebruik is om wyn te maak. Palestina het beroemd geraak
om sy wyne.
Vermoënde
Kanaäniete van die laat Bronstyd het brons-wynstelle gehad wat
bestaan het uit ’n beker om water uit ’n kruik te skep, ’n
sif om enige onsuiwerhede te verwyder en ’n delikate drinkbeker.
Wynmakery
het later met verloop van die eeue baie meer gesofistikeerd geraak, soos
die veroudering daarvan in houtvate soos op die foto regs bo.
|
|
Knoffel
en kie.
•
In
die Bybelboek Numeri word vertel hoe die trekkende Israeliete met ’n
ontevrede “nou wurg ons” terugverlang het na die kosse
wat hulle in Egipte agtergelaat het—onder meer preie, uie en
knoffel. Daar is genoeg rede om te veronderstel dat hulle sou
gevind het dat hierdie kossoorte ook volop in Kanaän gegroei het.
Selfs vandag nog is knoffel en kie. noodsaaklik in die Arabiese
kookkuns en word hul kenmerkende geure hoog aangeslaan.
Dan
was Moses se Kanaän
inderdaad
ook ’n land van “melk en heuning”, ’n ryklik
vrugbare plek met ’n lang geskiedenis van land- en tuinbou.
Foto:
U.S. Centers for Disease Control and Prevention |
Vrug
van Jerigo
•
Die dadelpalmboom
was volop oor die hele Vrugbare Halfmaan, soos die gebied in die
Midde-Ooste genoem word waar die wieg van die beskawing was. Die dadel was
die stapelvoedsel van die gebied se vroeë bewoners. In Deuteronomium word
na die “Jerigolaagte met sy palms” verwys. Die Jerigodadel was ’n
bekende variëteit, geroem om sy sappigheid. Die foto hierby toon dadels
aan ’n dadelpalmboom.
Foto:Stan Shebs, wat sy kopiereg daarop opgehef het (openbare domein)
|
Speserye
vir die smaak
•
In
die Ou Testament is daar baie verwysings na speserye en harse. Josef is
byvoorbeeid deur sy
broers
verkoop aan Ismaelitiese handelaars wat met hul kamele gelaai met gom,
balsem en hars na Egipte op pad was. Kaneel, om kos en wyn te geur, is uit
Indië ingevoer.
Die foto hierby toon speserye iewers in Indië.
Foto:
Marc
Shandro, wat dit in die Wikipedia-ensiklopedie
beskikbaar stel ingevolge die Creative Commons
Attribution ShareAlike 2.5-lisensie
|
|
Veelsydige
lensies
•
Lensies
word al duisende
jare
gekweek. Dit kon in soppe, pappe en purees gebruik word, of saam met graan
tot meel gemaal word om koeke te maak.
|
Olie
van olywe
•
Die
olyfboom, inheems aan die Siries-Palestynse gebied, is blykbaar minstens
sesduisend jaar gelede reeds aangeplant. Olyfolie is in kos, medisyne, as ’n
basis vir parfuums en as brandstof in lampe gebruik. Dit het ’n vername
uitvoerproduk geword en teen die Bronstyd was die maak daarvan ’n hele
bedryf.
Foto
van olyfboom: www.biblepicturegallery.com/free
Foto
van olywe: Nick Fraser, 2005; vrugte van ’n olyfboom by die
Dooie See in Jordanië; beskikbaar gestel in die Wikipedia-ensiklopedie
ingevolge die GNU
Free Documentation License, weergawe 1.2 of enige latere
weergawe.
|

BO, VAN LINKS: Koringare op die
land, einkorn-korrels en ’n emmer-aar.
Foto’s:
U.S. Department of Agriculture (USDA)
Beter
koring
•
Die
korrels van die vroegste soorte gekweekte koring, emmer en einkorn, het ’n
harde dop gehad. Dit was maar moeilik om die doppe te verwyder deur die
koring te dors. Vroeg in die Bybelse tye was hierdie soorte graan reeds
deur durum-koring
as die vernaamste saaigewas vervang. Hierdie soort, met sy kaal korrels
ryk aan gluten, kon maklik gedors word en het ’n uitstekende meel vir
brood gelewer.
|
|