Ontdek: die heel kleinste slangetjie op aarde

BO: Die kleinste slangetjie op aarde op 'n Amerikaanse 25c-stuk (ďquarter dollarĒ). Die muntstuk is nagenoeg twee en ín halwe sentimeter breed.

Foto: © Blair Hedges, Pennsylvania State University
Gebruik word vergun mits die kopiereghouer te alle tye erken word
 


 

J

Y SAL dit maklik aansien vir ín blink erdwurm, maar dis allesbehalwe een van daardie wriemelende wurmpies wat jou tuingrond so vrugbaar maak. Waarna jy kyk, is 'n slangetjieódie kleinste een op aarde. Diť blinde, nie-giftige dingetjie is in ín woud op die Karibiese eiland Barbados ontdek.

Hierdie klein reptiel is slegs 10 cm lank, en wetenskaplikes het dit geŽien as ín nuwe draadslangspesie, een van ín familie van grawende slange wat in Afrika, AsiŽ en die Amerikas voorkom.

Die Amerikaanse bioloog dr. Blair Hedges, wat die ontdekking gedoen het, het vasgestel dat dit kleinste van 3100 slangspesies is wat aan die mens bekend is.

REGS: Mossie maar slang!

Foto: © Blair Hedges, Pennsylvania State University
Gebruik word vergun mits die kopiereghouer te alle tye erken word

Dr. Hedges, van die Pennsylvania State University, het die slangetjie Leptotyphlops carlae genoem, ter ere van sy vrou, Carla Ann Hass, ín herpetoloog wat deel van die span was. ('n Herpetoloog is iemand wat kruipende diere bestudeer.)

Daar word gemeen dat Leptotyphlops carlae, soos sy familielede, hoofsaaklik van die larwes van miere en termiete leef.

Wat die slangetjie ook besonderlik maak, is dat die eier wat die wyfie lÍ so enorm groot is in vergelyking met haar eie liggaampie. Sy lÍ dan ook net een eier op 'n keer, in teenstelling met sekere ander slange wat tot 100 eiers vir ín enkele broeisel kan deponeer.

Die kleintjie wat uit die eier kom, is reeds sowat die helfte van die lengte van ín volwassene, terwyl die pas uitgebroeide kleintjies van die grootste slange maar net ín tiende van ín volwassene se lengte het.

Dr. Hedges het reeds meer as  65 nuwe spesies amfibieŽ en reptiele regoor die Karibiese Seegebied ontdek.

BO: Die kleintjies van die klein slange kom (relatief tot hul ouers se grootte) baie groter in die wÍreld as die kleintjies van die groot slange.

Krediet: © Blair Hedges, Pennsylvania State University
Gebruik word vergun mits die kopiereghouer te alle tye erken word

Klik hier om terug te keer na die inhoudsblad