Sewe fassinerende kleinboksoorte

van Suid-Afrika

Op 地 ander bladsy op die Mieliestronk-werf word vier van ons sierlike grootboksoorte van nader bekyk. Op hierdie bladsy kom 地 sewetal van ons mooi kleinboksoorte aan die beurt. Dit is interessant dat by die groot wildsbokke of antilope van bulle en koeie gepraat word, maar by die kleineres van ramme en ooie wanneer daar na die mannetjies en wyfies verwys word. Maar dan is almal van hulle mos ook op 地 manier neefs van ons bekende beeste en skape...

SPRINGBOK (Antidorcas marsupialis)

地 Springbok wat besig is om water te drink

BO: Springbokke kan sonder drinkwater klaarkom, omdat hulle genoeg vog uit die sappige blare in hul dieet kry. Maar hulle sal tog water suip as hulle dit kan kry容n ongetwyfeld die lafenis geniet.

 

Foto: Maureen Craig-Cooper, kopiereg South African Tourism / Suid-Afrikaanse Toerisme

 

Spring, Springbok, Spring

en pronk met praal

op die weidse veld

waar die skemer daal!

WAT hierbo na 地 aanmoediging klink vir 地 Suid-Afrikaanse voorspeler in 地 lynstaan tydens 地 belangrike rugbytoets wat in die laatmiddag gespeel word, kan net sowel 地 loflied wees vir die bekendste en beslis een van die mees grasieuse wildboksoorte van ons eie w靡elddeel!

 

Die springbok verteenwoordig mos al langer as 地 eeu ons rugbytrots. Dis boonop nie verniet dat hy tot Suid-Afrika se nasionale dier verkies is nie, soos elders op die Mieliestronk-werf vertel word. Tipies van hierdie spesie is die 菟ronk (springerige vertoon) waarvan hy ook sy naam gekry het.

 

Die pronk is eintlik 地 beweging waarin daar met vier reguit pote omhoog gespring word容nersyds 地 manier om van agtervolgende roofdiere weg te kom en andersyds 地 teken om die ander lede van sy trop teen die gevaar te waarsku. Springbokke kan tot drie en 地 halwe meter hoog en vyftien meter ver spring. En praat van blitsig nael... hulle kan 地 verbasende snelheid van tot tagtig, negentig kilometer per uur haal.

 

地 Springbok wat springREGS: 地 Springende springbok.

 

Foto: Kopiereg 2004 Aucun droit r駸erv (die kopiereghouer vergun vrye gebruik, insluitende kommersieel, mits behoorlik erkenning gegee word)

 

Altwee geslagte van hierdie besonder sierlike bok het gebo horings wat tot byna 50 cm lank kan word, maar di van die ramme is dikker en growwer. Die bok se skouerhoogte is nagenoeg 75 cm en hy het 地 massa van sowat 40 kg. Die rooierige bruin van die rug word deur 地 donker streep van die suiwer wit onderkant geskei.

 

Die natuurlike leefw靡eld van die springbok word deur die dro binnelande van Suid-Afrika asook Botswana en Namibi gevorm. Hierdie soort bokke is kuddediere wat in die winter in klein troppe beweeg, maar dikwels in die somer in groter getalle saamtrop.

 

Hulle vreet sowel gras as blare en kan sonder drinkwater klaarkom, omdat hulle genoeg vog uit die sappige blare in hul dieet kry. Maar hulle sal wel water suip as dit beskikbaar is.

 

Springbokke paar die hele jaar deur en die boklammertjies word n 地 draagtyd van ses maande gebore.

 

Dis 地 ernstige aanklag teen die mens weens sy hebsug en onbesonnenheid dat hierdie bok wat vroer die volopste van alle Suid-Afrikaanse boksoorte was, nou hoofsaaklik tot 地 aantal plase en wildtuine beperk is. Iemand het al ges dit lyk of springbokbiltong vir ons so lekker smaak dat dit ons oordeel aangetas het. Nogtans word die springbok as een van die paar wildsboksoorte beskou waarvan die getalle tans in der waarheid besig is toe te neem pleks van om te kwyn, nie die minste nie danksy verstandig beheerde telingsprogramme.

ROOIBOK of IMPALA (Aepyceros melampus)

地 Rooibok of impala

 

BO: 地 Rooibok.

Foto: Mary Alexander, MediaClubSouthAfrica.com

 

DIE rooibok of impala, ook partymaal die 鏑aeveldse springbok genoem, is die grootste van ons kleinboksoorte en het 地 skouerhoogte van sowat 90 cm. Die horings, wat net by die ram voorkom, is lank en liervormig gebuig en kan dalk net so lank wees as wat die bok hoog is. Die swaarste uitgegroeide ram kan die skaal tot op nagenoeg 75 kg trek. 地 Ooi met 地 砺oller figuur kan 地 massa van tot 50 kg h.

 

Die naam impala kom van die Zoeloe-woord vir hierdie bok; die rooibok-naam het hy natuurlik gekry vanwe sy helder rooibruin kleur. Daar is ook kenmerkende skuins swart strepe op sy boude en een op sy rug. Die strepe aan die agterkantDie strepe by die stert het so 地 opmerklike M-vorm dat party mense glo grappenderwys na die rooibok as die McDonald痴 van die Afrika-vlakte verwys熔ok omdat hy so 地 gesogte prooi van verskillende roofdiere is, word in die Afrikaanse weergawe van die Wikipedia-ensiklopedie op die w靡eldwye web vertel.

 

Rooibokke is inderdaad bokke van die grasvlakte, maar ook van die digte bosveld. Hulle hou naby water en vreet gras, blare, peule en bessies. Hulle kom in die noordooste van Suid-Afrika voor en word wyd verspreid elders in Suidelike Afrika en in Oos-Afrika aangetref, te wete in die suide van Angola, noorde van Namibi, Botswana, Zambi, Zimbabwe, Swaziland, Mosambiek, Kenia, Tanzani en Uganda.

 

Dis ook met goeie rede dat hulle soms 鏑aeveldse springbokke genoem word. Hulle spring immers ongerg oor versperrings van hor as twee meter, en na vertel word is spronge van tot omtrent tien meter ver al gemeet.

 

Die maatskaplike struktuur van die rooibok is interessant. Die ooie en lammers vorm troppe van tot tweehonderd bokke, en wanneer kos volop is, sal die volwasse ramme hul eie gebiede vestig en enige ooitrop vir hulle inpalm wat hul domein betree. Elke vrypostige vrygesel-ram wat dit daar kom waag, word verjaag.

 

Ook die opgeskote rammetjies in so 地 trop wat 地 bedreiging vir die ou patriarg kan raak, word uit sy gebied verdryf en hulle sal hulle dan by vrygesel-troppe aansluit.

 

In dro tye word sulke territoriums verlaat omdat die bokke verder moet trek om kos te vind. Dan word groot troppe gevorm waarin die ooie en ramme kalm saambeweeg.

 

地 Lam word gebore nadat 地 ooi sewe maande dragtig was, maar sy is in staat om die geboorte 地 verdere maand te vertraag indien die toestande vir haar haglik raak.

KLIPSPRINGER of KLIPBOKKIE
(Oreotragus oreotragus)

地 Klipspringer staan op die punte van sy kloutjies op 地 rots

BO: 地 Klipspringer... hy loop op die punte van sy kloutjies maar is ongelooflik rats wanneer hy op die rotse rondspring.

  

Tersaaklike deel van 地 groter foto deur 溺unificent,

wat dit op hierdie bladsy by Wikimedia Commons op die w靡eldwye web gelisensieer het ingevolge die Creative Commons Attribution ShareAlike 3.0-lisensie, waarkragtens deling en afgeleide werke op sekere voorwaardes vergun word

KLIPSPRINGERS is ligvoetige diertjies van die eerste water. Trouens, geen ballerina wat daarop roem dat sy lank op die punte van haar tone kan dans, sal ooit kan vermag wat hierdie bokkies kan doen nie. Hulle trippel naamlik hul hele lewe lank op die punte van hul kloutjies. En asof dit nog nie genoeg is nie, spring die vlugtendes boonop rats en gemaklik daarmee van rotslys tot rotslys op die klipkoppies of in die bergagtige streke waarin hulle voorkom. 

 

En watter kranige verspringers is hulle nie揺ulle kan tot vyftien keer hul eie hoogte spring, word vertel. S gaan dit dan hoppetie-kloppetie en met reuse-spronge op die re van die kranse boontoe... totdat die vlugteling doer bo in die hoogte op 地 rotspunt staan. Hier sal hy nou die omgewing met gespitste ore bespied.

 

As een van ons bekendste kleinboksoorte kom die klipspringer nie net van die Kaap af noordwaarts in Suidelike Afrika voor nie, maar ook verder op ons vasteland regdeur Oos-Afrika tot in Ethiopi.

 

Hierdie soort kleiner antiloop het 地 都out-en-peper-pels en 地 wit pens様ang en growwe hare wat vroer baiemaal gebruik is om die kussings van die saals van perde op te stop.

 

地 Volwasse bok staan sowat 55 cm hoog by die skouer en kan die skaal op meer as 15 kg trek. Die ram het skerp, reguit horings wat tien tot vyftien sentimeter lank of selfs 地 rapsie langer kan wees. Die ooie het in die rel nie horings nie, hoewel daar tog 地 paar subspesies in Oos-Afrika is waarvan die ooie hulle glo rammetjie-uitnek hou en ewe kontant met horinkies paradeer.

 

Klipspringers is alleenlopers, maar kom wel soms in pare voor. Hulle vreet meestal gras en ander plante wat tussen die rotse groei. Interessant genoeg reken navorsers dat hulle, soos die springbokke, nooit eintlik nodig het om water te drink nie, omdat die sappige plante in hul hougebied hulle van genoeg vog voorsien om te oorleef.

OORBIETJIE (Ourebia ourebi)

地 Oorbietjie kamoefleer hom in die gras

BO: 地 Oorbietjie kamoefleer hom in die gras in die hoop dat sy vyande hom sal miskyk.

Foto: U.S. Fish and Wildlife Service

 

HOOR bietjie, die oorbietjie het beskerming nodig! Vanwe menslike bedrywighede word hy vandag as een van ons skaarsste wildsbokke beskou en oor groot dele van hul vroere verspreidingsgebied is die oorbietjies heeltemal uitgeroei.

 

Met sy bruingeel lyfkleur maak hy dikwels glad nie spore voordat 地 indringer eers taamlik naby aan hom is nie, maar l hy doodstil in die gras. Dan maak hy op sy kamoeflering staat om nie raakgesien te word nie. Maar dit werk duidelik nie meer altyd vir hom in 地 w靡eld met soveel vernuftiger vyande nie, want hy is 地 maklike prooi vir wilddiewe. Hy verskyn ook op die w靡eldliggaam vir natuurbewaring die International Union for Conservation of Nature (IUCN) se rooi lys van bedreigde spesies.

 

Die bruingeel oorbietjie (of oribi) het verder 地 wit buik en ken en 地 kort, byna swart, harige stert. Die klossie lang hare op die knie van die dun voorbeentjies en 地 kaal kol net onder die oor is opmerklik. Horings, wat net by die ramme aangetref word, is sowat 10 tot 12 cm lank.

 

Met 地 skouerhoogte van ongeveer 50 tot 65 cm en 地 massa van so tussen 12 en 22 kg is die oorbietjie 地 bewoner van die grasvlaktes, met plaaslike verspreiding in die Oos-Kaap, Kwazulu-Natal, Oos-Vrystaat en Mpumalanga. Hy kom ook elders in Afrika suid van die Sahara voor.

DRIE DUIKERS

Rooiduiker
(Cephalophus natalensis)

Blouduiker of bloubokkie
(Philantomba monticola)

地 Rooiduiker

Foto: Roger de la Harpe, kopiereg South African Tourism / Suid-Afrikaanse Toerisme

地 Blouduiker


Foto se fotograaf onbekend, kopiereg South African Tourism / Suid-Afrikaanse Toerisme
 

Gewone Duiker
(Sylvicapra grimmia)

地 Gewone duiker

Detail van foto deur 鼎huckupd,
wat dit by die Wikipedia-projek op die w靡eldwye web tot openbare besit verklaar het (途eleased into the public domain)

  
D
IE groep kleinboksoorte wat die duikers genoem word, kry hul naam van die vlugtendes se gewoonte om kop omlaag in te duik tussen die boskasies en struike wat hul natuurlike skuilings vorm. Hulle kom naamlik in gebiede voor wat taamlik ruig is.

 

Die gewone duiker, wat blare vreet, word van die Kaap af tot in Ethiopi aangetref. Sy pels is bruin tot geelgrys en sy skouerhoogte sowat 60 tot 65 cm. Die ramme het kort, reguit horings en soms word horings ook by die ooie gevind.

 

Die donker grysbruin tot blougrys sogenaamde blouduiker, wat ook blare vreet, is ons land se kleinste klein antiloop met 地 skouerhoogte van slegs sowat 30 tot 35 cm. Omdat blouduikers selde uit hul skuilplekke in die digte bosse van hul hougebiede in die Oos-Kaap en KwaZulu-Natal kom en aangesien hulle boonop die grootste deel van die dag onaktief is, sien 地 mens hulle nie dikwels nie. Blouduikers word ook tot in Midde-Afrika gevind. Altwee geslagte het horings van omtrent 4 tot 5 cm lank.

 

Die ewe skugter, kastaiingbruin rooiduiker, wat in bosagtige dele langs die KwaZulu-Natalse kus en in Mpumalanga voorkom en blare en bessies vreet, is eweneens 地 boorling van ander Afrika-lande soos Malawi en Mosambiek, asook die suide van Tanzani. Sy skouerhoogte kan raak-raak aan 45 cm. Altwee die geslagte het horings, maar soms is dit afwesig by volwasse ooie. Daar is 地 haarklos op die kop wat die horings van sowat 5 tot 6 cm lank deels bedek.

Daar is ongelukkig teenstrydige inligting oor die stand van bedreiging of nie van die verskillende soorte duikers. Maar geleerdes se waarskuwing dat byna een uit elke vier van alle soogdiere op aarde nou reeds gevaar loop om uit te sterf, behoort reeds meer as genoeg te wees om die onverskilligste mens diep aan die dink te sit oor wat ons besig is om aan ons planeet te doen.

Klik hier om terug te keer na die inhoudsblad