|
HIER is
'n voorbeeld van hoe inligting op bestaande bladsye op Meliestronk se
webwerf en sy CD-ROM
gebruik kan word om 'n heel nuwe taak te voltooi!
Gestel jy word gevra om 'n taak te doen
oor:
Ons
land se kulture en hoe hulle onderling verskil
Eers deel jy jou taak in verskillende afdelings in:
i) Die basiese kultuurgroepe
ii) Waar elkeen van hulle vandaan kom
iii) Hul kosse
iv) Onderskeie godsdienste
v) Eiesoortige huise
vi) Kuns, vlyt en daaglikse lewenswyse
Dan
sit jy by elke afdeling die vleis aan die beendere...
i) DIE VIER
BASIESE KULTUURGROEPE IN SUID-AFRIKA:
1) Die San (Boesmans) van die Kalahari (deel van die
sogenaamde Khoisan, maar die Khoi of Hottentotte bestaan nie meer as 'n
wesentlike of selfstandige groep in Suid-Afrika nie. Ook die San het gekwyn tot slegs tienduisende, maar
aangesien die hele Suid-Afrika voorheen aan hule behoort het, is dit net
billik dat ’n mens hulle hul volwaardige plek in só ’n indeling sal
gun.).
2) Die swart bevolkingsgroepe.
3) Die Indiërbevolking, hoofsaaklik van
KwaZulu-Natal.
4) Die blankes en ander Westers georiënteerde groepe (soos die
Kaapse Kleurlinge -- maar nie die Kaapse Maleiers nie, wat as
Moslems eerder Midde-Oosters georiënteerd is).
'n Aantal van die bladsye op Mieliestronk se webwerf en sy CD-ROM kan jou nou verder in
hierdie verband help.
Vir omvattende inligting oor die San van die Kalahari kyk byvoorbeeld
by: san.html
ii) HERKOMSTE VAN DIE VERSKILLENDE
KULTUURGROEPE IN SUID-AFRIKA:
1) San: Kyk weer by: san.html
2) Swartmense: Kyk onderafdelings Nguni, Sotho, Venda en
Tsonga onderaan hierdie webbladsy: nigerkongo.html
3) Indiërs: Nasate van werkers wat uit Indië ingevoer
is om op die Natalse suikerplantasies te werk: indiers.html
4) Blankes en Kleurlinge: Die blankes is veral die nasate
van Hollandse, Duitse, Franse en Engelse immigrante uit Europa sedert 1652
toe Jan van Riebeeck 'n verversingspos aan die Kaap gestig het. Die
Kleurlinge is grotendeels 'n vermenging van blankes, Khoikhoi
(Hottentotte) en slawe uit die Ooste, Madagaskar en elders in Afrika: bruinmense.html
iii) KOSSE:
Vir inligting oor watter kosse (stapelvoedsels) oorheersend is
in al die verskillende kulture kyk by: stapelkos.html
iv) GELOWE:
Vir inligting oor die verskillende geloofsgroepe in Suid-Afrika
kyk by: godsdienste.html
A) Nou kan 'n mens sonder vrees vir teenspraak sê die meeste lede van die
Indiërbevolking is aanhangers van die Hindoeïsme,
die Boeddhisme en die Islam (Moslems).
B) Baie swartmense gaan vandag deur as Christene,
maar hul beweerde Christenskap is dikwels sterk vermeng met die
tradisionele Afrika-godsdienste -- waaroor ook
breedvoeriger vertel word op:sangomas.html
C) Die meeste blankes en ander Westers georiënteerdes
gaan deur as Christene (of gee voor om Christene te wees)
D) Die San van die Kalahari het 'n interessante eie
godsdienssiening waaroor breedvoerig vertel word in 'n onderafdeling
iewers op die volgende webblad: khoisan.html
v) HUISE:
Vir verskillende tradisionele soorte huise van die San
(grasmatte), swartmense (rondawel-hutte) en blankes (bv. Kaaps-Hollandse
huise) kyk by:huise.html
vi) KUNS, VLYT EN DAAGLIKSE LEWENSWYSE:
DIE SAN: Vroue is die versamelaars van veldkosse. Mans maak
pyle en boë om te jag en gebruik allerhande gifstowwe (selfs die sap van
'n sekere gogga) om aan die pyle se punte te smeer. Hul skamele
tradisionele klere kom van die gebreide velle van diere. Daar is 'n
groot nalatenskap van San-rotstekeninge wyd verspreid oor
Suid-Afrika.
DIE SWART BEVOLKINGSGROEPE:
In die tradisionele wêreld van die swartmense wentel byna alles om die
bees as die bron van rykdom en status. Mans en seuns versorg die beeste;
vroue moet die grond bewerk vir die kweek van mielies of sorghum.
Tradisionele wapens soos assegaaie en knopkieries is belangrik.
DIE INDIERS: Afhangende van die godsdiens wat aangehang
word, kan die lewenswyse onder verskillende Indiërs skerp verskil. Baie
Indiërs van uiteenlopende geloofsgroepe onderskei hulle egter as
handelaars en die Indiërmarkte van Durban is goed bekend.
DIE BLANKES: Die verwikkelde Westerse leefwyse is so deel
van ons dat niemand iets meer daaroor wys sal word as 'n mens dit hier uitspel
nie. (Maar miskien kan jy probeer!)
|