Kinderregte: stryd om erkenning van jeug se menswaardigheid
Ons lewe in die eeu van die kind... hoekom is daar dan steeds derduisende veronregte kinders?

Kinderregte

Nooit in die geskiedenis was kinderregte so in die kollig as juis nou nie... maar nooit tevore het daar ook so n plig op veral tieners gerus om hul medeverantwoordelikheid vir n geordende samelewing te besef nie...

S

KOOLGAAN vroer was glad nie soos dit vandag is nie, het jy moontlik al n ouerige persoon ewe droefgeestig hoor vertel. Stout of lui seuns moes dikwels buk vir ses van die beste, wanneer die onderwyser die Latswaaierpersblou vuurvonke uit hulle gefoeter het met n kweperlat. Self meisies is welverdiend met liniale op die hande of bene gepiets om hulle vir oortredings te straf.

En dan borduur die verteller grafies voort: Kinders is ook baiemaal teen die kop geklap dat hulle ore getuit het ofas hulle erg opstandig wassommer hardhandig uit die klaskamer uitgeboender. Nee kyk, vanmelewe se onnies het nie twak gevat van kabeljoue nie! (n verwronge idoom la Oubaas van die TV se 7de Laan).

Dankie, tog, dink jy stellig, dat daardie dae verby is. Totdat die verteller se indrukke oor vandag se onderwys jou selfs nog mr ontstel...

Noudat die onderwysers se dissiplinre magte ingekort is, vervolg hy, gaan dit verskriklik in baie skole. Die bordjies is heeltemal verhang, man. Die kinders is nou kaatjies van die baan in menige klaskamer en talle onderwysers se moreel is plat op die grond. Hulle kan nie hul werk gedoen kry nie, want as hulle net skeef na n leerder kyk, ontbied di sy ma of pa summier met n selfoon na die skool. Ek s jou, in die naam van kinderregte word baie onderwysers se gesag vandag verkrag. Erger nog, skoolonderrig word n kolossale klug.

Nou ja, tot sover die ouerige persoon se waarnemings.

Nie almal sal oor alles met hom saamstem nie, maar met sy sgoed het hy wel twee onrusbarende, heel uiterste pole in die onderwyssisteem uitgelig. Gelukkig was nie een daarvan darem nog ooit die norm waarna enige verantwoordelike kind of grootmens sou wou strewe nie.

Net soos van volwassenes verwag word om kinderregte te eerbiedig, is dit ook kinders se taak en plig om die regte van hul leerkragte in ere te hou. As daar nie wedersydse respek vir mekaar se menswaardigheid is nie, kweek ons n samelewing vol onverdraagsaamheid en die lelikste konfrontasies. Elke beskawing is immers geskoei op die agting van meerderes en minderes vir mekaar.

Soos iemand dit al gestel het: "Kinderregte behels ook die reg om toegelaat te word om jou ouers en onderwysers te respekteer. Dit is n begrip wat ons by ons jeug moet inskerp sodat hulle dit nooit sal vergeet nie."

Maar wanneer is lyfstraf dan in Suid-Afrikaaanse skole afgeskaf? Dit was eintlik ook nie so baie lank gelede nie...

Die nuwe inisiatiewe vir die beskerming van die kind

MET die beindiging van apartheid en die aanvaarding van Suid-Afrika se nuwe grondwet in 1994, is nie slegs die lat op skool verbied nie, maar ook die rottang as straf vir jeugoortreders wat in die hof beland het. Net in 1993 is lyfstraf n massiewe 43 000 keer vir jeugmisdade uitgedeel en die nuwe owerheid het gereken dis onmenswaardig om kinders s te pynig.

'n Mishandelde pop...  simbolies van n gebroke jong lewe...Al was nie almal dit hieroor met die owerheid eens nie, was daar tog algehele eenstemmigheid oor ander nuwe stappe om kinderregte te beskerm, soos n verbod op die kommersile seksuele uitbuiting van kinders en nuwe wetgewing om kinderpornografie te verbied. Daar is ook opnuut indringend gekyk na die probleem van kindermishandeling in sy verskillende gedaantes en die mensehandel waarby kinders betrek worden al sulke vergrype sal aangespreek word in n heel nuwe wetsontwerp wat reeds jare onder oorweging is en nog bekragtig moet word.

Kinders word onwettig gebruik as arbeiders en sekswerkers en hulle het tot nou geen ordentlike beskerming gehad nie, het me. Josephine Tshivase, voorsitter van die portefeuljekomitee vir maatskaplike ontwikkeling, ges toe die Kinderwet in Junie 2005 in ons parlement gedebatteer is.

Al hierdie maatrels is natuurlik in ooreenstemming met n wreldwye tendens om die kind van die moderne tyd sy of haar regmatige plekkie in die son te gun. In die afgelope dekades was daar trouens verskillende internasionale en plaaslike inisiatiewe om juis dit te doen. In November 1989 het die Algemene Vergadering van die Verenigde Nasies hierin voorgegaan met die sogenaamde Konvensie oor Kinderregte, wat in September 1990 van krag geword het nadat die vereiste aantal lande dit bekragtig het.

Die VN se Konvensie oor Kinderregte

DIE Konvensie oor Kinderregte van die Verenigde Nasies is n internasionale akkoord waarin die burgerlike, staatkundige, ekonomiese, maatskaplike en kulturele regte van kinders uiteengesit word.

In 41 omvattende artikels word onder meer verklaar dat die lande wat hulle daartoe verbind, moet verseker dat kinders sonder enige diskriminasie op spesiale beskerming en hulp moet kan reken. Kinders moet toegang h tot sulke dienste soos onderwys en mediese sorg, en hulle moet hul persoonlikhede en talente tot die uiterste van hul vermons kan ontwikkel.

Hulle moet toegelaat word om in n omgewing van geluk, liefde en begrip groot te word. Hulle moet oor hul regte ingelig word, dit moet vir hulle toeganklik wees en hulle moet dit aktief vir hulself kan toe-eien. Die Konvensie verbied dit dat die doodstraf aan kinders opgel word.

Die meeste lidstate van die Verenigde Nasie het die Konvensie bekragtig, f deels f in sy geheel. Suid-Afrika het in Junie 1995 sy stempel daarop geplaas, nie lank n die eerste nie-rassige verkiesing van 1994 nie.

Orde van die Glimlag

DIE Orde van die Glimlag is n internasionale toekenning aan volwassenes wat hulle met hul liefde vir, die versorging van en hulp aan kinders onderskei het. Die Verenigde Nasies het dit in 1979 amptelik erken. Hoewel die toekenning deur volwassenes gedoen word, mag kandidate daarvoor slegs deur kinders genomineer word. Ontvangers van die toekenning kry die ordeteken waarop n glimlaggende geel son uitgebeeld word (ontwerp deur die negejarige Ewa Chrobak). Onder die vorige ontvangers was Moeder Teresa en die rolprentmaker Steven Spielberg.

Die Konvensie stel die kind se behoeftes en regte vooropbo di van die ouers en andere. Dit vereis dat lande in die beste belang van die kind optree. Hierdie benadering verskil van die gemene reg in baie lande waar kinders en vroue voorheen tradisioneel as besittings of goedere beskou is waaroor die families kon stry. Dit kom daarop neer dat wette oor kindertoesig en voogskappe meermale heeltemal verander moet of dat bestaande wette ten minste met vernuf geplooi moet word om aan die Konvensie se riglyne te voldoen.

In Suid-Afrika het die aanvoorwerk wat met die VN se Konvensie oor Kinderregte gedoen is, onder meer neerslag gevind in die Projek vir Kinderregte, wat in die Sentrum vir Gemeenskapsreg aan die Universiteit van Wes-Kaapland gesetel is.

Die Projek vir Kinderregte beywer hom vir die erkenning en beskerming van kinderregte binne die raamwerk van die Konvensie, die Suid-Afrikaanse grondwet en ons vasteland se eie insiatief in hierdie verband, te wete die Afrika-handves oor die Regte en Welsyn van die Kind.

Di is in 1990 aangeneem deur die Organisasie vir Afrika-eenheid, die voorganger van die Afrika-Unie wat in 2002 gestig is. Suid-Afrika se bekragtiging in November 1999 van hierdie Afrika-handves is deur alle partye in ons Nasionale Vergadering goedgekeur.

Maar dis interessant dat Suid-Afrikaanse kinders self reeds in 1992 die erkenning van hul regte opgeis het. Dit was met die baanbrekende sogenaamde Kinderhandves van Suid-Afrika...  

Die Kinderhandves van Suid-Afrika

ALLE kinders is gelyk geskape en is geregtig op basiese menseregte en vryheid. Alle kinders het die reg op respek, spesiale sorg en beskerming namate hulle ontwikkel en groei. Hierdie boodskap is in die voorrede vervat van die Handves van Kinderregte, wat van 27 Mei tot 1 June 1992 op Somerset-Wes in die Kaap opgestel is. Dit is gedoen deur meer as 200 kinders self wat van oor die hele land gekom het, tieners van tussen twaalf en sewentien jaar wat alle rassegroepe verteenwoordig het.

Die handves het uit tien artikels bestaan. Dit het gehandel oor die regte van kinders in onder meer gesinsverband, die voortslepende geweld in ons land, gesondheid en welsyn, opvoeding, kinderarbeid en hawelose kinders. Dit is saamgestel nadat die kinders in die klompie dae waarin hulle saam was verskeie besprekingsgroepe gevorm het.

Hierdie Internasionale Spitsberaad oor die Regte van Kinders in Suid- Afrika is gerel deur die kindertydskrif Molo Songololo en die Universiteit van Wes-Kaapland se Sentrum vir Gemeenskapsreg in oorleg met Unicef (die United Childrens Fund) en die NCRC (National Committee on the Rights of Children).

Wyle mnr. Dullah Omar, die destydse direkteur van die Sentrum van Gemeenskapsreg aan die UWK, het die versekering gegee dat di handves nie net 'n ``dooie stuk papier'' sou bly nie. Hoeveel het nie gebeur sedert hy hierdie belofte gemaak het nie!

Tog word kinderregte vandag nog oor die wreld heen misken, in sekere gemeenskappe weliswaar minder as in andere. Maar presies wat word dan alles aan kinders gedoen dat soveel mense dit nodig vind om so kragdadig vir hulle in die bres te tree? Die voorbeelde hieronder is al erg genoeg, sonder om in veel besonderhede oor elkeen uit te wei.

Enkele voorbeelde van die miskenning van kinderregte

 KINDERSOLDATE:    Wreldwyds word beweer is daar vandag meer as 300 000 kinders wat in 35 lande as soldate by gewapende konflikte gebruik word. Hierdie kindersoldate word aan die gevegsfronte ingespan of op ander maniere in binnelandse lers of rebellemagte aangewend. In Afrika alleen is daar glo 120 000 kindersoldate.

Kindersoldate is natuurlik niks nuuts nie en selfs die Boere in die Anglo-Boeroorlog (1899-1902) het hul sogenaamde penkoppe gehadseuns van jonger as sestien wat sy aan sy met hul pas, ouer broers en oupas in die veld was. Party van hierdie penkoppe het hulle selfs as vernuftig bewys, soos die agterryertjie genaamd Gesiggie, wat op n keer met vier gevange Engelse by sy Boerelaer opgedaag het. "Hoe het jy dit reggekry?" is aan hom gevra. "Ek het hulle omsingel," het hy geantwoord.

Maar dan was daar ook die gevange pennekoppe wat saam met die hardebaard-Boere deur die Engelse as krygsgevangenes na plekke soos die eiland St. Helena uitgeban is. Om nie te praat van die duisende kinders wat in dieselfde oorlog in Engelse konsentrasiekampe in Suid-Afrika gesterf het nie.

Die volkereg duld genadiglik vandag nie meer sulke vergrype teen kinders nie, maar in die praktyk gebeur dit nog.

 KINDERHUWELIKE:    Dit is n praktyk waarvolgens die ouers van n jong kind (selfs n baba) n toekomstige huwelik met n 'n Mishandelde pop...  simbolies van n gebroke jong lewe...ander kind se ouers rel. Dikwels ontmoet die twee kinders mekaar nooit eens voordat die huweliksplegtigheid plaasvind wanneer altwee n aanvaarde hubare leeftyd bereik nien ouderdom wat van kultuur tot kultuur kan wissel. In party kulture word selfs getrou voordat die kinders puberteit bereik.

Die praktyk is eeue oud en vandag gelukkig nie so algemeen as voorheen nie. Voorstanders daarvan het nog altyd gereken dat ouers beter keuses vir hul kinders kan doen as hulself en dat dit tot hul toekomstige voordeel is. Weliswaar het daar ook gelukkige huwelike uit hierdie reling ontstaan, maar die moderne opvatting is dat kinders erg veronreg word wanneer hulle nie toegelaat word om later as volwassenes self oor hul lotgevalle te besluit nie.

 KINDERSLAWE:    Daar word beweer dat daar vandag honderdduisende, selfs miljoene kinderslawe op aarde is. Hierin is Haiti byvoorbeeld al uitgesonder as n plek waar kinders op n skreiende manier misbruik sou word. Kinderslawe so jonk as drie jaar word glo seksueel, geestelik en fisiek mishandel nadat hulle van brandarm landelike ouers weggerokkel is met die belofte van n beter lewe in die stede. N n ondersoek in 1998 deur die Verenigde Nasies is geraam dat daar 300 000 sulke kinders is.

In Afrika is daar weer die sogenaamde sjokolade-slawe. Sowat 70 persent van die wreld se kakao (waarvan sjokolade gemaak word) word in die Ivoorkus, Nigeri en die Kameroen verbou, maar kinderarbeid word op groot skaal in die plantasies gebruik. Stryders vir menseregte probeer al verskeie jare om die uitbuiting van die jong "sjokolade-slawe"  stop te sit, maar dit wil lyk of hulle weinig indien enige vordering maak.

Teenoor die plekke waar kindermisbruik steeds hoogty vier, is daar ook die lande waar kinders werklik op n baie ho troontjie geplaas word. In die begin van hierdie artikel het ons verwys na die afskaffing van die lat in Suid-Afrikaanse skole, maar in byvoorbeeld Swede, Finland, Denemarke, Oostenryk, Duitsland, Itali en Israel word selfs ouers verbied om hul kinders pak te gee.

Of n soortgelyke inisiatief in Suid-Afrika sal slaag? Moenie te hoopvol raak nie. n Goeie dosis streepsuiker met liefde wanneer dit regtig,.regtig verdien is, word in ons eie samelewing mos nie naastenby as n skending van kinderregte beskou nie!  Inteendeel.

Maar watter regte het jy dan as kind en wat kan jy doen om dit te beskerm? Lees die Kinderregte-dokument hieronder met aandag.

Kind, ken jou regtejy is dit aan jouself verskuldig

OPSOMMING van Kinderregte-dokument, Departement van Justisie en Grondwetlike Ontwikkeling (die Regering van Suid-Afrika), by http://www.capegateway.gov.za/afr/pubs/public_info/K/17842
(maak oop in n nuwe venster indien jy internet-koppeling het)

Di dokument sit kinderregte in n maklik verstaanbare formaat onder die volgende hofies uiteen:
Fisieke Mishandeling
Seksuele Mishandeling
Bly Veilig


FISIEKE MISHANDELING

KINDERS HET OOK REGTE!

Niemand mag jou seermaak nie
Alle menseregte vir almal!
Niemand het die reg om jou seer te maak nie

MENSE kan jou soms seermaak of bang maak deur:
jou te slaan
jou te stamp
iets anders te doen wat jou seer- of bangmaak
deur te s dat hulle jou of iemand vir wie jy lief is of jou troeteldier gaan seermaak
jou die skuld te gee vir iets wat jy nie gedoen het nie.

Dit is nie jou skuld nie!
Jy verdien nie om seergemaak te word nie.

Mense mag nie die dinge doen nie
selfs as hulle ouer of groter as jy is
selfs as hulle jou ma of pa is
selfs as jy iets verkeerd gedoen het

As iemand vir jou kwaad is, moet hulle met jou daaroor praat. Hulle mag jou nie slaan nie.

 
HOE JY KAN HULP KRY
Vertel iemand wat kan help
Hou aan vertel totdat iemand help
Bel die Kinderhulplyn08000 55555 of die Polisie10111.


SEKSUELE MISHANDELING

JOU liggaam behoort aan jou!

Mense sal dalk partykeer probeer

Jy kans nee!

Hardloop weg of vertel iemand
 
Hou aan om iemand te vertel totdat iemand luister

Bel die Kinderlyn0800 55555

Bel die Polisie10111

om aan jou private dele te vat
jou te vra om aan hulle private dele te vat
jou prentjies te wys van mense wat sulke dinge doen, of wat nie klere aanhet nie

Dit word seksuele uitbuiting genoem. As dit met jou gebeur het, is jy nie alleen nie. Dit is nie jou skuld nie!

Mense mag nie di dinge aan jou doen nie
self as jy hulle ken
selfs as hulle ouer as jy is
selfs as hulle gaaf is met jou
selfs as dit jou ma of pa, jou oom of jou bure is

Niemand verdien om uitgebuit te word nie!


BLY VEILIG

DAAR is ook ander dinge wat jy kan doen om te help om veilig te bly

Jy moet weet
wat jou huisadres is
wat jou telefoonnommer is
die adres en telefoonnommer waar jou ma of pa werk
die naam, adres en telefoonnommer van iemand anders wat jou kan help as jou ma of pa nie by die huis is nie
die telefoonnommer van die Polisie en die Kinderlyn.

As jy bang is of van iemand weet wat hulp nodig het, praat met iemand wat jy kan vertrou, soos jou ma of pa, jou onderwyser, jou dokter, die polisie of iemand by jou kerk.

Moenie dit inhou niepraat met iemand!

Bepalings oor kinders in artikel 28 van hoofstuk 2 (Handves van Regte) in die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika:

Elke kind het die reg op 'n naam en nasionaliteit...(1) Elke kind het die reg

(a) op n naam en nasionaliteit vanaf geboorte;

(b) op gesinsorg of ouerlike sorg, of op gepaste alternatiewe sorg wanneer die kind uit die gesinsomgewing weggeneem word;

(c) op basiese voeding, skuiling, basiese gesondheidsorgdienste en maatskaplike dienste;

(d) om teen mishandeling, verwaarlosing, misbruik of vernedering beskerm te word;

(e) om teen uitbuitende arbeidspraktyke beskerm te word;

(f) om nie verplig of toegelaat te word om werk te verrig of dienste te lewer nie wat

  • (i) onvanpas is vir n persoon van daardie kind se ouderdom; of

  • (ii) n risiko vir die kind se welsyn, opvoeding, liggaamlike of geestelike gesondheid of geestelike, morele of sosiale ontwikkeling inhou;

(g) om nie aangehou te word nie, behalwe as laaste uitweg, in watter geval, benewens die regte wat n kind kragtens artikels 12 en 35 geniet, die kind slegs vir die kortste gepaste tydperk aangehou mag word, en die reg het om

  • (i) afsonderlik van aangehoudenes bo die ouderdom van 18 jaar aangehou te word; en

  • (ii) op n wyse behandel te word, en in omstandighede aangehou te word, wat met die kind se ouderdom rekening hou;

(h) om, in siviele verrigtinge wat die kind raak, deur die staat op staatskoste van n regspraktisyn voorsien te word indien dit andersins tot wesenlike onreg sou lei; en

(i) om nie regstreeks in gewapende stryd gebruik te word nie, en om in tye van gewapende stryd beskerm te word.

(2) n Kind se beste belang is van deurslaggewende belang in elke aangeleentheid wat die kind raak.

(3) In hierdie artikel beteken "kind" iemand onder die ouderdom van 18 jaar.

Klik hier om terug te keer na die inhoudsblad