Die Khoisan

Khoisan

Waarom hulle rÍrig met volmaan om die vuur gedans het

''Niks is eienaardiger as hierdie verpotte familie van Afrika-dwerge nie,'' het EuropeŽrs gehoor toe lede van die San in die ou dae in Europa in die openbaar ten toon gestel is. ''Hulle lyk nie veel beter as apies nie, skaars beter as die diere van die veld.'' As hierdie EuropeŽrs maar geweet het van watter stoffasie die veronregte San en die Khoi-Khoi werklik gemaak was... en van hierdie natuurmense se verbysterende insigte in die sin van die lewe...

DIS ’n nag tydens die begin van die Europese volksplanting in Suid-Afrika. Die volmaan skyn neer op ’n blanke jagter wat hom in die Overberg, twee dagreise ver van die Kaap, bevind.

Die jagter lÍ op ’n karos onder ’n boom toe sy slaap versteur word deur vreemde geluide wat onder uit ’n klofie in die golwende heuwels kom. “Dis weer daardie heidense wildemanne van die veld en die kranse,’’ sÍ hy vir homself. “Hulle dans en bid al weer heelnag tot die maan.’’

As die witman destyds dieper in die sielelewe van die Khoisan-dansers kon inkyk, sou hy besef het dat hul dansery niks met ’n maansverering te doen gehad het nie. Dat die Koisan inderdaad om ’n vuur gedans het om in verbinding te kom met hul persepsie van die krag van God. Hulle moes Hom bedank vir die seŽninge wat hulle in die afgelope maan-maand ontvang het, Hom vra om hulle in die komende maan-maand te beskerm.

Maar, soos so dikwels gebeur het wanneer mense met totaal verskillende kulture met mekaar in aanraking gekom het, het verkeerde persepsies bly steek wat eeue later steeds nie werklik reggestel sou wees nie . . .

Geen ware verering van die maan nie, meen geleerdes vandag  Maandans? 

REGS: Aanbidding van die maan... dit is wat hierdie tekening uit die agttiende eeu van dansende Khoi-Khoi wou uitbeeld. In werklikheid, reken geleerdes vandag, was sů ’n ritueel geen verering van die maan nie.

TOE DIE eerste EuropeŽrs in Suid-Afrika aangekom het, het hulle  kennis gemaak met eintlik twee bruin volkere wat hulle summier as “Godlose barbare’’ beskou het. Die een volk was veeboere wat—volgens die blankes se waarneming—so hortend gepraat het dat dit geklink het soos “hot en tot’’. Die EuropeŽrs het hulle toe die Hottentotte genoem.

Die ander volk was nomadiese jagters wat rond en bont agter die wild aan getrek het, op die oog af ’n ''spul onbeskaafde manne van die bos''. Uit diť waarneming het weer die benaming Boesman ontstaan.

Hierdie twee volkere, sů reken geleerdes, het eenmaal tot dieselfde ras behoort. Hulle was aanvanklik almal kinders van die natuur, totdat sekeres hulle as veeboere begin vestig het om ’n vreedsame, landelike lewe te lei. Sekere volkekundiges reken selfs dat laasgenoemde in Suidelike Afrika uit ’n vermenging van eersgenoemde met swart Afrikane ontstaan het.

Maar hierdie veeboere was allermins die patetiese hakkelaars waarvoor hulle aangesien is en het hulself die Khoi-Khoi genoem. Dit beteken “manne van manne’’. Hulle het selfs op die jagtersvolk neergesien en diť die Sš-n genoem.

Vandag praat ons van die Khoisan as ons hierdie twee volkere saamgroepeer en van die San en Khoi-Khoi as ons hulle afsonderlik noem. Die benamings Boesman, en veral Hottentot, word as enigsins neerhalend beskou.

En so het dit in die jongste tyd toenemend duidelik geword, al was die bewyse baie lank reeds daar, dat die Khoi-Khoi sowel as die San hoegenaamd nie so wild en onbeskaaf was as wat die Europese nedersetters dikwels gereken het nie. Hulle het immers nie net albei verweefde maatskaplike strukture gehad nie—weliswaar vreemd en “primitief’’ vir die Westerlinge—maar baiemaal selfs ’n diepgaande godsbegrip.

Die nasate van altwee volkere lewe vandag nog onder ons—diť van die Khoi-Khoi wyd verspreid onder ons sogenaamde bruin gemeenskappe, terwyl die San se steeds ietwat tradisievaste nakomelinge veral tot die Kalahari beperk is en net sowat 30 000 tot 55 000 siele tel. Die Khoisan-nasate is meestal gekersten en talle kleurryke tradisies van vroeŽr het plek gemaak vir ten minste ’n deels verwesterse leefwyse.

Tog kan die nasate met trots en eerbied terugkyk op die ryk geskakeerde kulture van hul voorouers, nie ryk aan materiŽle goedere, tegnologiese hulpmiddels en boekekennis nie, maar aan natuurkennis en in volkome harmonie met die ruwe aarde wat hulle gevoed het.

Hulle het anders aan God gedink as die gesofistikeerde mense van vandag. Maar met die klein bietjie lig wat hulle gehad het, het hulle ’n verbysterende sedelike besef ontwikkel.

Die godsdienssin van die San

DIE SAN het hul godheid aangevoel in die natuur, as ’n allesomvattende teenwoordigheid wat die velde, berge en lug oorspan het. Soms het hulle hierdie teenwoordigheid Huwe genoem, maar hom ook verskillende ander name gegee soos Erob, Goa!na, Hishe, Na!dima en Xu.

San-boogskuttersHy sou menslike eienskappe sowel as baie magiese kragte gehad het—as die Onderhouer van alles en die Beskermer van die wild en die jag.

Die San het ook ’n heilige ontsag vir die bonatuurlike gehad en, naas hul geloof in die bestaan van die skeppende Opperwese, ook aan die bestaan van ’n bose wese en bose geeste of kragte geglo. Vir die /Xam San was daar ’n sekere mindere god genaamd /Kaggen, wat sowel ’n helper van gemeenskappe en ’n bron van boosheid was. Omdat hy so ’n bedrieŽr was, het hierdie mindere god soms in die vorm van ’n hottentotsgot verskyn.

Dis trouens waar die naam hottentotsgot vandaan kom. Mense van Europese herkoms het naamlik verkeerdelik aangeneem dat die San hierdie insek aanbid het. (Eintlik moes dit dan stellig 'n boesmansgot gewees het, maar die Westerlinge het blykbaar nie altyd so 'n skerp onderskeid tussen die San en die Khoi getref nie.)

Hoewel die son, maan en sterre ’n belangrike rol in die verhale en mitologie van die San gespeel het, is diť hemelliggame ook nie as gode beskou en aanbid, soos eenmaal algemeen aanvaar is nie.

Eintlik het baie van hul gelowe onafskeidbaar verband gehou met hul voortdurende bestaanstryd tussen die duine. Hoe dors ’n jagter ook al was, sou hy byvoorbeeld nie in ’n opgedroogde rivierbedding na water grawe voordat hy ’n klein offertjie gebring het om die gees van die stroom te paai nie. Dit kon ’n stuk biltong of selfs een van sy kosbare pyle gewees het.

Die gees van die stroom neem ’n mensegedaante aan, maar met sy groen of rooi vel en wit hare is hy so groot soos ’n reus, het hulle geglo. En hy kan na willekeur verdwyn en verskyn.

In hul natuurgebondheid het die San, soos baie volkere in die verlede, ook verduidelikings probeer vind vir natuurverskynsels wat hulle met hul beperkte kennis nie kon verklaar nie. Hulle het byvoorbeeld geglo dat die wind eers ’n gewone mens was op wie daar eendag vere begin groei het. Kort voor lank vlieg hy toe ook soos ’n voŽl. Dit het hom as jagter goed gepas, want nou kon hy sy prooi soos ’n roofvoŽl vang.

Hoog bo in die berge het hy vir hom ’n grot gekry, maar hy kom gereeld af om kos te soek en dan kan ’n mens sy teenwoordigheid aanvoel. Hy is blykbaar vreeslik humeurig. Om die geringste rede gaan hy soos ’n stout kind te kere en val hy Šl skoppend en tierend neer. Sodra sy woedebui verby is en hy opstaan, is daar weer rustigheid.

Die San van ouds het blykbaar ook aan ’n hiernamaals geglo. ’n Gestorwene is saam met sy persoonlike besittings waaraan hy baie geheg was, dinge soos sy wapens, in ’n vlak graf begrawe. Die lyk moes in ’n slapende houding begrawe word, met die knieŽ onder die ken opgetrek en die gesig na die ooste—in die rigting van die opkomende son. Dit was belangrik, want as die gesig wes sou wys, sou die son die volgende oggend later opkom.

San-rotskunsREGS: San-rotskuns. Klik hier vir nog rotstekeninge van die San in ’n volledige artikel oor hierdie “raaiselvolk van klein, geel mensies”. 

’n Belangrike deel van hul godsdiensbeoefening het egter verband gehou met die rotstekeninge wat oor baie eeue teen kranse en grotwande geskilder is. Baie van hierdie tekeninge het vir ons behoue gebly. Talle is vol religieuse betekenisse en gelaai met begrippe oor mense en hul plek in die natuur en geesteswÍreld.

Die tekeninge is dus nie deur elke individu met ’n kunsgevoel geskilder nie, maar deur geestebesweerders en storievertellers wat in beswymings kon verval. Terwyl hulle so geswymel het, sou hulle visioene uit die geesteswÍreld gesien het wat hulle dan in hul kuns sou uitbeeld. Hul verf was onder meer diervette of boomgom, wat met dinge soos houtskool, klei, roes en selfs voŽlmis gemeng is. Die tekeninge het gestalte gegee aan idees hoe mense teenoor mekaar, teenoor die geesteswÍreld en teenoor die natuur moes optree.

Siektes, sů is geglo, word deur kwelgeeste veroorsaak. Tydens ’n genesingsritueel sou ’n besweerder die kwelgeeste van ’n sieke in sy eie liggaam intrek en hulle dan uitban. Die besweerder sou byvoorbeeld in die middel van ’n kring van staande of sittende vroue dans wat met hul handegeklap die dansritme sou aangee.

Wanneer die sieke te sterwe gekom het, is sy lyk naby die woonplek begrawe en het sy naasbestaandes na ’n nuwe woonplek getrek. Dis deels uit eerbied gedoen -- maar ook uit vrees dat ’n kwaadwillige gees kon terugkeer.

Al was die San in hul tradisionele staat, wat vinnig aan die verdwyn is, ’n swerwende jagtersvolk met weinig aardse besittings, is hulle dikwels grootliks veronreg met neerhalende beskrywings soos “kinderlike barbare van die bos’’.

Feit is, van die natuur, en selfs hoe God Hom daarin manifesteer, het hulle miskien meer geweet as derduisende moderne stedelinge . . . al was dit eers met die koms van die sendelinge dat hulle sou leer dat hul Skepper Hom, benewens in die natuur, ook in die Skrif openbaar.

Die godsdienssin van die Khoi-Khoi

BAIE geslagte gelede, sů het die Khoi-Khoi geglo, was daar ’n baie bedrewe toordokter met die naam U-tixo. Hy was ’n magtige kaptein en die eerste Khoi-Khoi wat ooit gelewe het. Keer op keer het hy oorlog gemaak teen ’n bose kaptein genaamd Gaunab en elke keer het hy hom verslaan. U-tixo het Šl groter en sterker geraak.

Khoikhoi in die veld soos verbeeld deur Samuell DaniellREGS: Khoikhoi in die veld soos verbeeld deur Samuell Daniell (Africana-Museum).

Uiteindelik, in die laaste en verskriklike geveg tussen U-tixo en Gaunab, het U-tixo sy ou aartsvyand met ’n magtige hou teen die oor neergevel. Maar in sy sterwensoomblikke het Gaunab (“die vernietiger’’) nog teruggekap en U-tixo se knie bygekom. Van toe af is U-tixo Tsui-Goub genoem, wat “gewonde knie’’ beteken.

Rondom Tsui-Goub het die Khoi-Khoi se begrip van ’n skeppende godheid ontwikkel. Hulle het geglo dat hy uit die ooste gekom het, uit sy geesteswÍreld die wolke maak en die reŽn laat uitsak, die beesstapels laat vermeerder en weiding vir die beeste verskaf. Die pragtige hemel waarin hy hom bevind, is vol lig en sonskyn.

Teenoor hom het Gaunab hom in ’n plek van duisternis teruggetrek. Hy sou die bose verteenwoordig en met die kwaadwillige geeste van gestorwenes heul.

Nes die San, het die Khoi-Khoi dus ook aan die nadoodste voortbestaan van die siel geglo. Hul grafte is eweneens na die Ooste georiŽnteer -- maar in hul geval vanweŽ hul geloof dat die Heerser oor Alle Dinge uit die ooste gekom het.

Met elke besoek aan ’n begraafplaas sou die Khoi-Khoi nog klippe by ’n reeds bestaande hoop gedenkklippe voeg. Hierdie praktyk het volkekundiges gehelp om nogal taamlik akkuraat te bepaal hoe hierdie mense in die verlede van plek tot plek verhuis het.

’n Ou man met die tipiese wesenstrekke van die Khoi-KhoiREGS: ’n Ou man met die tipiese wesenstrekke van die Khoi-Khoi.

Party lede van die Khoi-Khoi het ’n gespesialiseerde kennis van medisyne gehad. Kruie is in skilpaddoppe geberg, terwyl dierekloue en -tande en horings aan toue om die nek gedra is. Hierdie spesialiste sou genesende kragte gehad het en moes pasiŽnte van die nadelige uitwerkings van toordery bevry.

So was daar dan by die Khoi-Khoi sowel as die San ’n gestruktreerde en werkende samelewing, ver van die prente van totale agterlikheid en naÔwiteit wat dikwels van hulle geskilder is.

''Niks is eienaardiger as hierdie verpotte familie van Afrika-dwerge nie,’’ het EuropeŽrs gehoor toe lede van die San in die ou dae in Europa uitgestal is. ''Hulle lyk nie veel beter as apies nie, skaars beter as die diere van die veld.''

As hierdie mense maar geweet het van watter stoffasie die Khoisan werklik gemaak was . . . en van hul verstommende insigte in die sin van die lewe . . .


Klik hier om terug te keer na die inhoudsblad