Kameel
Die koddige wonder van die woestyn

Geanimeerde kameel

 

Met sy knopknieŽ, boggelrug, plat pote en rubberlippe (om aan dorings te kan peusel wat selfs ín stuk skoenleer sou deurboor) lyk hy niewers soos ín dier wat ín verstommende invloed op die wÍreld se beloop kon gehad het nie. Maar dan kan jy mos ook nie die kameel op sy sandverweerde baadjie takseer nie...

Twee kameelsoorte

P

ARTY mense sÍ hy lyk soos ín perd wat deur ín komitee ontwerp is. Wat dit ook al beteken, dit klink lagwekkend, maar dan is die kameel mos ook rÍrig ín rare koddigheid op pote.

Moet asseblief net nie dink hy is sommer 'n hierjy se dier nie.

As die "skip van die woestyn" het hierdie half primitiewe pakdier hom immers deur die eeue heen onderskei en paaie deur onherbergsame landstreke gebaan om geÔsoleerde wÍrelddele met mekaar te verbind. Ook in die tonele van die Ou Testament is daar taks kamele op die agtergrond. Hulle het rykdom vir Abraham beteken, en Job het in sy laaste voorspoedige lewensjare benewens duisende ander diere ook sesduisend kamele gehad.

Melk en botter van die wyfies. Vleis van die jonges. Toue, tente en klere van die hare. Die kameel was so ín veelsydige bate dat ín mens jou kwalik die antieke wÍreld sonder hom kan voorstel. Johannes die Doper het ín ouer tradisie voortgesit toe hy volgens die Matteus-evangelie klere van kameelhaar gedra het.

Dit is nie bekend presies wanneer die mens die kameel mak gemaak het nie. ín Papirus wat meer as 33 eeue oud is, maak reeds melding van hierdie soort dier.

En hy ploeter nog voort. Onder meer in IndiŽ, Noord- en Midde-Afrika, MongoliŽ, Rusland, China, die Midde-Ooste, AustraliŽ en ook in NamibiŽ. Trouens, die wÍreld se kameelbevolking is steeds verskeie miljoene sterk en hulle plof vandag steeds deur die stof soos hul voorsate van ouds in die karavane van nomade en die kosbare optogte van koninklikes soos die koningin van Skeba.

Ploeter en plof, het ons gesÍ? Nee, ín mens doen die vlugvoetige kameel ín onreg aan deur sů van hom te praat! Die volgroeide dier kan oor lang afstande feitlik alle ander diere kafdraf, soos die een in AustraliŽ wat sowat ín eeu gelede in ín 180 km lange resies teen ín perd ingespan is.

Die perd, word vertel, het net-net gewenóen toe dood neergeslaan. Die kameel het net die volgende dag, nŠ ín goeie nagrus, die 180 km terug afgelÍóin dieselfde tyd.

Kamele se vermoŽ om lang tye sonder water te lewe, is een van hul verstommendste eienskappe. Hulle kan wel ín hele badvol water wegsluk nŠ ín vermoeiende dag, maar dan kan hulle selfs met ín vrag op die rug vier, vyf dae sonder enige water klaarkom.

As hulle nie hard werk nie, en genoeg sappige kos kry, kan hulle al hul nodige water daaruit put en tien maande uithou sonder ín enkele teug van die lewegewende vog. Want die kameel hyg nooit nie, sweet baie min en kan selfs sy urine hersirkuleer om water te bespaar.

Sy dermkanaal kan elke druppeltjie vog weer in sy liggaam opneem. Sy mis is baie droog en sy urine vier keer meer gekonsentreer as seewater.

Geleerdes aan die Universiteit van Tel Aviv in Israel het vasgestel dat die kameel selfs water kan opneem uit die lug wat hy uitasemódeur sy neus! ín Membraan wat soos ín perkamentrol lyk en daarom ín geweldige oppervlak beslaan (sowat 1000 vk cm teenoor die mens sín van sowat 12 vk cm) vang 68 persent van die vog op wat weens uitaseming verlore sou gegaan het.

Die spens vir sy kos is die boggel. Hier word vet gelyk aan ín vyfde van die liggaamsgewig opgeberg om benut te word in die maer dae wanneer daar niks is om te vreet nie.

Aan sy getal boggels word die soort kameel uitgeken. Die Baktriese kameel, wat van die Baikalmeer in SiberiŽ tot in Midde-China voorkom, het twee bulte op die rug. Hy is baie skaarser as die dromedaris met sy enkele boggel.

Die kameel is, ondanks al sy goeie eienskappe, egter ook ín omgesukkelde dier, en veral die mannetjies kan in die paartyd baie gevaarlik raak. Miskien ook maar uit pure frustrasie, want hulle is drie, vier maande op ín keer romanties, teenoor die wyfies se vier of vyf dae, en dan ook nie eens elke jaar nie.

Maar vir die woestynmense is hul kamele nog hul troue metgeselleóal kan die diere hulle doodbyt. Saam deurstaan hulle die hete gloed van die son op die middag, of die sandstorms wat die kamele beter as wie ook al kan verduur met spesiale "sluiters" aan die oŽ, neus en ore.

Nog kameel-dinge

ē Daar is vier Suid-Amerikaanse neefs van die kameel, te wete die guanaco, lama, alpakka en vikoenja. Hierdie diere het egter nie die kameel se kenmerkende boggel of boggels nie. Wanneer hulle kwaad gemaak word, spoeg hulle. Die lama en alpakka is huisdiere, maar die ander twee soorte is wild en lewe in klein troppies wyfies wat gewoonlik deur ín mannetjie gelei word.

 

Kameel se Suid-Amerikaanse neefs

Fotoís: AMCE

ē Kamele het gleufneusgate en lang ooghare wat hulle teen waaisand beskerm.
ē Kamele in diens van die Suid-Afrikaanse Polisie? In die eerste helfte van die twintigste eeu was daar wel sulke polisiekamele. Die era het in 1914 begin toe die Polisie drie van die diere vir patrolliewerk aangeskaf het. Die getal kamele het in 1939 tot nie minder nie as 420 aangegroei. Die laastes is in 1951 aan aktiewe diens onttrek, en die laaste "oudstryder", ene Rooikat, is in 1986 dood. Hy was na skatting tussen sestig en sewentig jaar oud.
ē Kameelkoeie lewer daagliks 5 tot 9 liter melk, met ín hoŽ vitamien C- en
proteÔen-inhoud. Botter en kaas word van die melk gemaak.
ē Die rekord, sover bekend, vir die langste afstand wat met ín kameel algelÍ is, is 850 km in vyf en ín halwe dag.
ē In Israel is selfs ín tyd gelede voorbrand gemaak vir weerkaatsers op die voorkoppe en agterstewes van kamele weens die baie verkeersongelukke waarin hierdie diere betrokke was.

Klik hier om terug te keer na die inhoudsblad