n Kort geskiedenis
van tyd

Hoe ons kalender en horlosies
ontstaan het


(1) Die kalender

Hoekom het party van ons maande 30 dae, maar ander 31? Waarom is dit nodig om elke vierde jaar n ekstra dag by Februarie se 28 dae te voeg, maar word di praktyk nie in die laaste jaar van sekere eeue nagevolg nie? Die kalender wat ons vandag gebruik, het nie maar van altyd af gelyk soos dit lyk nie. Dit is deur prosesse van tref of fouteer geslyp tot wat dit is...
   


Janus met sy twee gesigte op 'n Romeinse muntstuk.

 

 

 

 

        

Die Romeinse tweegesig-god Janus, na wie die maand Januarie genoem is.

O

NS gebruik vandag ons jaarkalenders asof dit die natuurlikste ding ter wreld is en wonder selde indien ooit waar die almanakke werklik vandaan kom. Goed, dis dalk laat druk deur die kafeebaas op die hoek wat daarop adverteer en graag wil h dat ons die hele jaar deur aan sy kafee herinner moet word. Maar die eintlike indeling van die dae en maande op die almanak het n baie, baie langer geskiedenis wat inderdaad oor duisende jare strek.

Trouens, dit begin reeds by die vroegste tye van die mens se kulturele bedrywighede toe mense die gang van die tyd met behulp van die hemelliggamedie son, maan, planete en sterreprobeer meet het. Slimkoppe in die antieke beskawings het die skynbare bewegings van hierdie glansende hemelbolle gebruik om seisoene, maande en jare te bereken.

Ons weet weliswaar bloedmin van hoe die mense in die voortyd die tyd gemeet het, maar in talle van die ou kulture waarvan artefakte en relikke gevind is, lyk dit of daar sekere mense was wat hulle sterk met tydmeting bemoei het.

Ystydse jagters in Europa het meer as 20 000 jaar gelede lyne gekrap en gate uitgehol in stokke en bene, moontlik om die dae tussen die fases van die maan te tel.

StonehengeREGS: Stonehenge.
(Rekenaargrafika)

Die kompleks van groot regop klippe van die beroemde Stonehenge in Suidwes-England is die runes van n prehistoriese monument wat uit die laat Steentyd en vroe Bronstyd dateer (omstreeks 3000 tot 1000 vC). Dit is heel waarskynlik gebruik om seisoenale gebeurtenisse of die koms van natuurverskynsels soos maansverduisterings, sonnestilstande en so meer te bereken.

Vyfduisend jaar gelede reeds het Sumerirs in die Tigris-Eufraatvallei in die teenswoordige Irak n kalender gehad waarin die jaar in twaalf maande van dertig dae elk ingedeel is, die dag in twaalf periodes (elk gelyk aan twee van ons ure) en n periode in dertig dele (elkeen soos vier van ons minute). Die jaar van 360 dae het aanvanklik sekerlik vir hulle gewerk, maar ekstra maande sou tog mettertyd bygelas moes word sodat hul jaar met die seisoene kon tred hou.

Die praktyk om kalendermaande in dertig dae in te deel, het natuurlik by die maanmaand ontstaan, dit wil s die tyd van een volmaan tot die volgende, naamlik 29 dae, 12 uur en 44 minute. Dit is afgerond tot 29 of 30 dae.

Die oudste Egiptiese kalender is ook op die kringlope van die maan gegrond, maar later het die Egiptenare besef dat die sogenaamde "Hondster" (oftewel die ster Sirius) elke 365 dae langs die son in die ooste opkom. Toegerus met hierdie kennis, het hulle die eerste volk geword wat die maankalender vervang het deur n kalender wat op die sonnejaar gebaseer is.

Vandag weet ons dat die sonnejaar die tyd is waarin die aarde een kringloop om die son voltooi, naamlik 365 dae, 5 uur, 48 minute en 46 sekondes, maar die ou piramidebouers het hoogs waarskynlik niks van ons planeet se wentelbaan om die son geweet nie. Hulle het slegs agtergekom dat daar n steeds herhalende siklus in die stande van die hemelliggame is en hul kalender toe daarvolgens uitgewerk.

Die Egiptenare het die sonnejaar op 365 dae vasgestel, ingedeel in twaalf maande van dertig dae elk, met vyf ekstra dae aan die einde. Teen omstreeks 238 vC het koning Ptolemaeus III gelas dat daar elke vierde jaar n ekstra dag moet wees, soortgelyk aan vandag se skrikkeljaar.

In ou Griekeland is n maan-son-kalender met n jaar van 354 dae gebruik. Die Grieke was die eerste wat bykomende maande op n wetenskaplike grondslag in hul kalender ingevoeg het. Hulle het maande op spesifieke plekke in n siklus van sonnejare ingelas.

In Mexiko het die ou Asteke (van die veertiende tot die sestiende eeu nC) ook n kalender gehad wat op n sonnejaar van 365 dae gegrond was en wat in simbole op n klipwiel uitgebeeld is. Die klipwiel, in Chicago se museum vir natuurgeskiedenis, weeg meer as twintig ton. Die Asteke se jaar van 365 dae het agttien maande van twintig dae elk gehad, gevolg deur vyf "ongelukkige" dae. Hulle het ook die tyd in siklusse van 260 dae en van 52 jaar gemeet.

REGS: Klip-kalender van die ou Asteke.

Die oorspronklike Romeinse kalender, wat reeds in die agttiende eeu vC gebruik is, was n maankalender met tien maande wat met Maart begin en met Desember geindig het. Koning Numa Pompilius het glo in 713 vC die maande Januarie en Februarie bygevoeg, wat hul kalenderjaar op twaalf maande en 355 dae te staan gebring het.

Die eerste dag van die Romeinse maand, die dag van die nuwemaan, is die Calends, of  Kalends, genoem, waarvan ons woord kalender afgelei is. Die Ides, of die dag van die volmaan, was die vyftiende dag van sekere maande en die dertiende dag van ander. Die Ides van Maart, die dag waarop die Romeinse veldheer Julius Caesar vermoor is, was 15 Maart. Die Nones was die negende dag voor die Ides, met die Ides in die telling inbegrepe. Die Romeine het die tyd agteruit berekensoos soveel dae voor die Ides, Nones of Calends.

Die Juliaanse kalender

DIE hopriesters van die Romeine was in beheer van die amptelike kalender. Dit was hul taak om sowat elke tweede jaar n ekstra maand by te voeg sodat die Romeinse kalender met die sonnejaar van 365 dae sou ooreenstem. Maar die hopriesters het hierdie mag misbruik. Om politieke redes het hulle partykeer nagelaat om n maand in te las of dan sou hulle weer te veel maande byvoeg.

Teen 46 vC was die Romeinse kalender reeds negentig dae, of omtrent drie maande, agter die seisoene. Die eerste dag van die (Noordelike Halfrond se) lente was in Junie pleks van in Maart. Hierdie onhoudbare toestand is deur Julius Caesar regstel, wat die kalender met die hulp van die Egiptiese sterrekundige Sosigenes hervorm het.

Caesar het negentig dae by die jaar 46 vC gevoeg, wat die jaar 445 dae lank gemaak het. Dit is die "jaar van verwarring" genoem. Hy het verorden dat die Romeinse kalenderjaar uit 365 dae sou bestaan en dat daar elke vierde jaar n skrikkeljaar met 366 dae sou wees. Die bykomende dag is by Februarie, die kortste maand, gevoeg. Hierdie kalender het in 45 vC van krag geword.

Jlius CaesarREGS: Julius Caesar.

Die Romeinse senaat het Quintilis, die vyfde maand van die ou Romeinse kalender, ter ere van Caesar tot Julius (Julie) hernoem. Nog n verandering was toe Sextilis, die sesde maand, ter ere van Augustus Caesar hernoem is. Ons huidige kalender kry die name van sy maande en hul volgorde van die Juliaanse kalender.

   

Die Gregoriaanse kalender

DIE jaar van 365 dag van die Juliaanse kalender was steeds iets meer as elf minute te lank. Hierdie verskil het n verlies van sowat n driekwart van n dag in elke eeu beteken.  Teen 1582 was 11 Maart, pleks van 21 Maart, die eerste dag van die (noordelike) lente.

Pous Gregorius XIII het toe gelas dat die dag wat op 4 Oktober 1582 gevolg het nie 5 Oktober nie, maar 15 Oktober sou wees. Om verdere probleme te voorkom, het hy voorts beveel dat die laaste jaar van elke eeu slegs n skrikkeljaar sou wees indien daardie jaar deelbaar is deur 400. Gevolglik was 1600 n skrikkeljaar, maar 1700, 1800 en 1900 het slegs 365 dae gehad, terwyl ons in 2000 weer n skrikkeljaar met 366 dae gehad het.

Die Gregoriaanse kalender is geredelik in Rooms-Katolieke lande aanvaar. Ander lande het gevolg, totdat dit feitlik wreldwyd as n standaard vir tydmeting aanvaar is. Teen 1752, toe Engeland dit aanvaar het, was die verskil tussen die Juliaanse en Gregoriaanse kalenders elf dae. Die Engelse parlement het toe verorden dat die dag wat op 2 September 1752 gevolg het, nie 3 September nie, maar 14 September moes wees. Rusland het die Gregoriaanse kalender in 1919 aanvaar, Griekeland in 1923 en Turkye in 1928. China het in 1929 gevolg.

Ander kalenders

DIE Moslem-kalender is die enige ware maankalender wat nog algemeen gebruik word. Dit bestaan uit n jaar van 354 dae, met twaalf maanmaande wat om die beurt 29 en 30 dae lank is. In elke periode van dertig jaar is daar negentien gewone jare (van 354 dae) en elf skrikkeljare van 355 dae. Die Moslem-kalender dateer vanaf die Hegira, Mohammed se vlug van sy vyande in Mekka na Medina in 622 nC.

Die Joodse kalender bestaan uit twaalf maanmaande van afwisselend 29 en 30 dae elk. n Ekstra maand word in n siklus van negentien jaar ingevoeg sodat die (noordelike) lentenagewening altyd in die maand Nisan val, wanneer die Pasga (Joodse Paasfees) gevier word. Die Joodse kalender word dus by die sonnejaar aangepas. Die Jode dateer hul kalender van die Skepping af, wat volgens hulle in 3760 vC plaasgevind het.

Lees ook: Hoe die maande hul name gekry het

(2) Tydlyn oor horlosies

Hierbo het ons na die ontstaan van die kalender gekykmaar wat van die ontwikkeling van meganiese tydmeters tot by vandag se gesofistikeerde horlosies wat die tyd selfs deur middel van atome kan aandui? Hieronder is n tydlyn oor tydmeting sedert die dae toe boere nog slegs na die son gekyk het wanneer hulle wou weet hoe laat dit is.

  1500-1300 vC: n Sonwyser word die eerste keer in Egipte gebruik om die tyd van die dag te meet deur middel van n skaduwee wat in sonlig gewerp word. Die ure is korter in die winter en langer in die somer.

REGS: n Sonwyser.

  400 vC: Die Grieke gebruik n tydmeter wat met water werk. Tyd word gemeet deur die uitvloeiing van water uit n houer.
  980? nC: Alfred die Grote (n Saksiese koning) gebruik kerse om tyd te meet.
  1000? nC: Kerse en brandende wierook meet tydsverlope in China (Soeng-dinastie).
  1370: Koning Karel V van Frankryk verorden dat alle kerkklokke in Parys op dieselfde tyd as di van die koninklike paleis moet lui. Dit help om n einde te bring aan die lui van klokke tydens die tye vir gebede wat deur die kerk ingestel is.
  1400s: Meganiese uurwerke word in Europa gebou, waarin gebruik gemaak word van n dryfveer en n onrus (n wiel wat die uurwerk in beweging hou).
  1567: Aangesien skepe sink omdat matrose nie weet waar hulle hulle bevind nie, loof Filips II van Spanje n beloning uit vir n metode waardeur die lengtegraad ter see bepaal kan word. Om die lengtegraad (die oos-wes-ligging) uit die posisie van die son en sterre te bereken, moet n mens die presiese plaaslike tyd keniets wat onmoontlik vasgestel kon word met die swak uurwerke van daardie tyd.
  1583: Die Italiaanse wetenskaplike Galileo Galilei besef dat die frekwensie van die swaai van n pendule van sy lengte afhang.
  1657: Die Nederlander Christiaan Huygens kom vorendag met die eerste slingeruurwerk, wat baie akkurater is as wat enige vorige tydmeter nog ooit was. Maar die uurwerk werk nie ter see nie.
  1759: Die Engelsman John Harrison bou n horlosie wat slegs vyf sekondes verloor op n vaart van Engeland na Jamaika. Seevaarders is verheug en Harrison word ryk.
  1839: Die telegraaf word uitgevind, wat die onmiddellike stuur van tydseine moontlik maak.
  1884: Vyf-en-twintig lande aanvaar Greenwich, Engeland, as die setel vir die nul-meridiaan (nul-lengtegraad). Die nul-meridiaan word geleidelik die basis vir tydsberekening regoor die wreld. Liberi aanvaar dit uiteindelik in 1972.
  1886: Verkopers vir die R.W. Sears Watch Company versprei oor Amerika en verkoop bekostigbare uurwerke. Die firma word later tot Sears, Roebuck and Co. hernoem.
  1928: W.A. Marrison van Bell Laboratories bou die eerste kwartshorlosie, met n akkuraatheid van tot een of twee duisendstes van n sekonde in n dag. Die kwartstegnologie word later aangepas om in armhorlosies gebruik te word.
  1945: Die fisikus Isador Rabi stel voor dat n horlosie gemaak word wat op die werking van atome gegrond is, deur gebruik te maak van n metode wat atoomstraal-magnetiese resonansie genoem word.
  1967: n Sekonde word formeel gedefinieer as 9.192.631.770 vibrasies van die sesium-atoom. Vir die eerste keer word tyd nie deur middel van die beweging van hemelliggame gedefinieer nie.
  1993: NIST-7die jongste atoomhorlosieword in gebruik gestel met n akkuraatheid van vyf dele in 10 15.
  Vandag: Tyd is gewilder as ooit. Kort voor die jongste eeuwisseling is reeds sowat vyfhonderd miljoen horlosies jaarliks verkoop.
Lees ook: Omvattende artikel oor die ontwikkeling van horlosies

Klik hier om terug te keer na die inhoudsblad