Die eeue-oue aanloop tot die jongste botsings in die Midde-Ooste en die hewige geskil oor die Tempelberg

In Israel smeul ’n konflik wat die hele wÍreld aan die brand kan steek -- met as vernaamste strydpunt die historiese Ou Stad van Jerusalem. En die fundamentele kern van die twisappel is ’n verhewe stukkie grond van net sowat 15 hektaar binne-in die Ou Stad... ’n ononderhandelbare heiligdom vir Jood sowel as Arabier...

Die Rotskoepel in Jersusalem

BO: Die Rotskoepel met sy goue koepeldak op die Tempelberg in Jerusalem. Moslems glo dat hul profeet Mohammed hier na die hemel opgevaar het. Hier wil die Jood met drif sy heilige Tempel herbou en hier verset die Moslem-Arabier hom met gelyke vurigheid daarteen, want wat sou dan word van sy heilige Rotskoepel en sy Al Aksa-moskee wat juis op hierdie plek staan?

Foto: Israel se Departement vanToerisme

IE STAD lÍ uitgestrek oor ’n kompleks van heuwels en valleie . . . bar, klipperig en letterlik gebeitel uit die pienkwit kalksteen van die omgewing.

As jy hom vanuit die weste binnery van die lughawe by Tel-Aviv af, is dit asof jy Šl meer terugkeer na ’n tyd van heilige eerbiedenis en romantiek.

``En nou is ons hier binne-in jou, Jerusalem,'' klink die woorde van die psalmis Dawid in jou gees. ``Jerusalem is die stad wat stewig gebou is, waarheen die stamme kom, die stamme van die Here . . .''

Maar die vrede van Jerusalem word wild versteur op byna die presiese oomblik toe jy die stadsgrense oorsteek. Die felste van fel skote galm iewers vorentoe op jou pad, en jy wonder meteens oor jou veiligheid en diť van die mense saam met jou. Genadiglik blyk dit dat die knalle van verder af moet kom as wat jy met die eerste skrik gedink het.

Tog hou dit jou paraat en dien dit om jou daaraan te herinner dat jy in ’n uiters eruptiewe wÍreld is . . . ’n gebied waar geweer en koeŽl so deel van die lewe is soos die kanniedood-plante langs die Dooie See daar oorkant. Hier sal blywende vrede immers ’n haas onmoontlike droom bly -- om die eenvoudige rede dat hier soveel harte is wat uit suiwere oortuiging nie kan verander nie.

Die wese van die konflik

DIS DAN ook nooit moeilik om die wese van die Israelies-Palestynse konflik te begryp nie. Twee kultureel en ideologies totaal andersdenkende volkere wedywer om een grondgebied en om plekke en bakens wat vir albei van hulle eintlik ononderhandelbaar en allerheilig is.

NÍrens op aarde kom drie van die groot wÍreldgodsdienste ook so naby mekaar as in Jerusalem nie. Juis daarom is die potensiaal van ’n bloedige konflik, wat selfs tot ’n wÍreldbrand kan uitkring, hier so groot.

  • Die Ou Stad van Jerusalem (wat agter mure verskans is en waarom die Nuwe Stad ontwikkel het) is vir die Jode heilig as die historiese simbool van die Joodse tuisland en die hoofstad van die eerste Joodse koninkryk.
  • Vir die Christene het dit besondere betekenis as die plek waar Jesus sy laaste dae op aarde deurgebring het.
  • En die Palestynse Moslems glo dit is heilig omdat hul profeet Mohammed hier na die hemel opgevaar het.

Maar hoe lyk die volkereverdeling in die groter Jerusalem vandag? Waar presies lÍ die kernpunt van al die getwis? En wat die geskiedenis aanbetref, wanneer het diť stad, die grootste in Israel, eintlik ontstaan en ontwikkel?

Die totale inwonertal is in 1996 op 591 400 geraam, met die Jode op 73 % in die meerderheid en ’n Palestyns-Arabiese minderheid van 24 %. Altwee hierdie groepe is egter ook onderling verdeel. Daar is verskillende Joodse gemeenskappe wat apart van mekaar ingedeel word op etniese gronde of weens hul verskillende grade van godsdienstige ywer. Die Palestyne word weer gekategoriseer op grond van hul Christelike of Moslemse affiliasies.

Jerusalem, die oue en die nuwe

BO: Die Ou Stad van Jerusalem is omring deur stewige mure (links). Regs op die foto is 'n deel van die polsende Nuwe Stad.

Foto: Israel se Departement vanToerisme

Geskiedenis van die antieke Jerusalem

DIE VERHAAL van Jerusalem is so oud soos die spreekwoordelike berge. Die oudste geskrewe geskiedenis van die stad is grootliks diť wat in die Ou Testament opgeteken is en waarvan baie feite deur argeologiese getuienis gesteun word.

Die gebied waar Jerusalem vandag is, is reeds in die Steentyd deur mense bewoon. Die inboorlinge is in die tydperk 5000 tot 4000 vC verdryf deur die sogenaamde Kanašniete wat, soos veronderstel word, werktuie van brons kon gebruik. Op hul beurt het die invallers in die vyftiende eeu vC onder Egiptiese heerskappy gekom.

Toe, teen omstreeks 1250 vC, begin die HebreŽrs met hul verowering van Kanašn, aanvanklik onder aanvoering van Joshua. Jerusalem is egter so geweldig verskans dat die stad eers meer as 200 jaar later val. Dawid neem dit in ’n aantal jare nadat hy tot koning van Israel gesalf is en maak dit die middelpunt van sy ryk. Sy seun Salomo bou die Tempel teen sowat 980 vC.

Die stad en Tempel word in 586 vC deur die BabiloniŽrs onder leiding van Nebukadnesar verwoes, maar die Jode herbou albei aan die einde van die sesde eeu vC.

Die verowering van Jerusalem in 63 vC deur die Romeine beteken geen materiŽle ramp nie. Onder Herodus die Grote beleef die stad trouens sy grootste welvaart. Benewens ’n algehele en manjifieke restourasie van die Tempel, wat enorm baie geld kos, word verskeie ander verbeeldingryke projekte aangepak en voltooi.

Maar in 70 nC, weens ’n Joodse rebellie teen die Romeinse gesag, verwoes Titus, die seun van die Romeinse keiser Vespasianus, die stad geheel en al. Hiermee kom die verhaal van die antieke Jerusalem tot ’n einde.

Verskillende besettingsmagte voor, tydens en nŠ die Donker Eeue

DIE ROMEINSE keiser Hadrianus besoek in 130 nC die stad wat steeds grotendeels verpletter is. Die rebellie van die Jode teen die Romeine tussen die jare 132 en 135 laat die keiser die nuwe stad in ’n heidense plek verander. Onder ’n nuwe naam, Aelia Capitolina, word geen Jood eens hier toegelaat nie.

Min is hierna omtrent die stad bekend totdat die Romeinse keiser Konstantyn die Grote die septer oorneem en die Romeinse ryk verchristelik word. Die bevolking van Jerusalem word geleidelik deur Christene aangevul, en pelgrims stroom na die stad. Die Kerk van die Heilige Graf word in opdrag van Konstantyn gebou. Jerusalem word ’n Christelike stad.

Nadat die Perse dit in 614 verower en die Bisantyne dit in 628 herower het, word Jerusalem in 637 deur die Moslems onder kalief Omar I beset. ’n Heiligdom, die Rotskoepel, word oor die rots opgerig waar die altaar van die Tempel sou gestaan het.

Die Seldjoekse Turke verower die stad in 1071, en hul mishandeling van die Christene en verwoesting van die Kerk van die Heilige Graf, onder meer, lei tot die Kruistogte. Die Kruisvaarders beset in 1099 die stad en vermoor baie van sy inwoners -- Christene sowel as Moslems.

Jerusalem word weer ’n Christen-beheerde stad en die hoofstad van die sogenaamde Latynse Koninkryk, totdat die Moslem-leier Saladin in 1187 so te sÍ alle Christelike heerskappy vernietig.

Van die dertiende eeu af, toe Jerusalem deur die Egiptiese mammelukke verower is, en regdeur die Ottomaanse heerskappy wat in 1517 begin het, neem die stad se belangrikheid af. In hierdie eeue keer baie Jode, wat van vervolging in Europa vlug, egter na Jerusalem terug. Laat in die negentiende eeu maak hulle reeds die meerderheid van die stad se inwoners uit.

In 1917 neem die Britse magte die stad oor en van 1922 tot 1948 vorm dit deel van die Britse mandaat in Palestina.

NŠ die totstandkoming van die staat Israel in 1948 word Jerusalem weer die toneel van ’n bloedige gevegte tussen Jood en Arabier. Met sy oorspronklike partisieplan van 29 November 1948 wou die Algemene Vergadering van die Verenigde Nasies Jerusalem en sy omgewing tot ’n internasionale enklave verklaar, waarin alle godsdienstige groepe vrye toegang tot alle heilige plekke in die stad sou hÍ.

Maar in die lente van 1948 lÍ die Israeliese leŽr beslag op die westelike deel van die stad met die moderne woon- en sakedeel, terwyl JordaniŽ die oostelike deel, waaronder die Ou Stad, beset.

In die wapenstilstand tussen Israel en JordaniÍ wat op 3 April 1949 onderteken word, erken elke kant die ander se spesifieke besetting van Jerusalem. In 1950 word die Nuwe Stad tot hoofstad van Israel verklaar.

In die Sesdaagse Oorlog van Junie 1967 beset Israeliese magte die Ou Stad en die Israeliese Knesset verorden eensydig die hereniging van die hele stad.

Maatskaplike verdelings tussen Israeli's en Arabiere bly in die verenigde stad voortbestaan en buffers word tussen buurte opgerig om die twee groepe te skei. Teen 1990 is Wes-Jerusalem uitsluitlik Joods, terwyl Oos-Jerusalem gelykop tussen Arabiere en Jode verdeel is.

Die Tempelberg - die fundamentele strydpunt

REGDEUR die laaste dekade van die twintigste eeu tot vandag toe bly Jerusalem ’n fel bestrede stad en, wanneer daar skermutselings uitbars, soos nou weer, hou die wÍreld asem op.

KlaagmuurREGS: Die Klaagmuur (Westelike Muur) in Ou Stad van Jerusalem, wat volgens argeoloŽ al is wat oorgebly het van die Tweede Tempel. Vir die Jode is die Tempelberg hul allerheiligste plek.

Jood en Arabier kan mekaar nie vertrou nie en elkeen se onversetlike geloof in wat reg is, maak, soos gesÍ, ’n standhoudende vrede eintlik wensdenkery. Hoe gespanne die toestand hier is, kan jy omtrent in die hele lug aanvoel met ’n besoek aan die Jode se Tempelberg, wat die Arabiere Haram al-Sharif noem. Hier, besef jy, is die absolute en fundamentele kern van die twisappel.

Hier wil die Jood met drif sy heilige Tempel herbou en hier verset die Moslem-Arabier hom met gelyke vurigheid daarteen, want wat sou dan word van sy heilige Rotskoepel en sy Al Aksa-moskee wat op die presiese plek staan?

Jy loop eers verby die Klaagmuur, ook die Westelike Muur genoem, wat deur die Jode gehuldig word as die plek van gebed wat die naaste is aan hul Bybelse Tempel. Hier leun ou, moeŽ Jode vir steun aan teen die klippe van die muur, wat hulle soen en vertroetel asof dit hul kleinkinders is, soos iemand dit al beskryf het.

Kort hierna, skaars honderd meter hiervandaan, merk jy ’n Moslemse geleerde op, met ’n wit tulband om sy skarlakenrooi fes gedraai. Hy is besig om sy hande en voete te was voordat hy in die Al Aksa-moskee gaan bid.

Maar op die massiewe muur wat Herodus meer as tweeduisend jaar gelede laat bou het, verskyn skielik ’n jeugdige wat ’n stortvloed klippe op die Israeliese onlustepolisie laat reŽn.

En soos ’n blink oog van goud tuur die imposante Rotskoepel neer op ’n toneel van gille, sirenes en geweervuur op die bloedige dag.

Eindelik, terwyl jy ylings vlug om in veiligheid te kom, is jy werklik self deel van die eeuelange bloedstryd vir Jerusalem...

Klik hier om terug te keer na die inhoudsblad

© Mieliestronk.com