n Baie basiese inleiding tot jazz-musiek
en tot jazz as dansvorm

 

Louis Armstrong

BO: Die onvergeetlike Amerikaanse jazz-trompetspeler en rasperstem-sanger Louis Armstrong (19011971), bygenaamd Satchmo of Pops.

Digitale verkleuring deur MSKARG van n swart-wit foto deur

New York World-Telegram & Sun / U.S Library of Congress / No known restrictions
   

 

En al daai jazz!

Jazzsowel die musiek as die dansvormis in die twintigste eeu deur swart Amerikaners geskep. Maar die musiek is al vele dekades lank nie meer die alleenbesit van die Afro-amerikaners nie. En jazz-dans is so prettig en lewendig dat dit vir uiteenlopende gehore n wenner op die televisie sowel as in rolprente geword het

J

AZZ as n musiekvorm het vroeg-vroeg in die twintigste eeu in Amerika ontwikkel. Ons kan nie vir seker s wie die woord eerste gebruik het en wat dit veronderstel sou wees om te beteken nie. Dit is nietemin aanvanklik jass gespel en het verwys na musiek wat omstreeks 1915 in Chicago gespeel is.

 

Die skeppers van jazz was swart Amerikaners wie se voorsate uit Afrika gekom het. Maar binne vier dekades was mense van allerlei lande en alle rasse besig om hierdie soort musiek te skep. Van Japan tot Suid-Amerika en van Afrika af regdeur Europa is jazz-orkeste gestig, en verskeie subgenres het boonop met verloop van tyd daaruit ontwikkel.

 

Wat meer s, omdat hierdie soort musiek oor die wreld heen versprei het, het dit wyd en syd uit verskillende musiekkulture geput en hom by sy verskillende omgewings aangepas. Jazz is al vele dekades lank nie meer die alleenbesit van die Afro-amerikaners nie.

 

 Jazz-orkes in die 1940s

BO: n Jazz-orkes in die 1940s.

Foto: U.S. Library of Congress

 
 

Maar wat is jazz eintlik? Dit is n gevoel en stemming wat moeilik is om te beskryf, en nie eens jazz-musikante en -kritici stem saam oor die definisie daarvan nie. Dit is n aanbiederskuns, n manier van musiek maak. Dit word op sy korrekste nie in gepubliseerde bladmusiek bewaar nie, maar op plate en ander opnames.

 

As n mens na die aard van jazz kyk, val die besonderse ritme daarvan op. Die aansteeklike, fassinerende ritmes is hoofsaaklik op die 4/4-marstempo gegrond. In konvensionele musiek word die eerste en derde maatslag van n vierslagmaat geaksentueer. In jazz word die tweede en vierde egter beklemtoon, wat vir n gesinkopeerde ritme sorg.

 

Improvisasie is ook n basiese element  van jazz. Die improviserende musikant kan n nuwe tema, of melodie, komponeer, of hy kan nuwe variasies en patrone van n bestaande melodie skep. Terwyl een lid van n orkes n tema ontwikkel, sal n ander daarop uitbrei. Elke musikant in die orkes voeg iets van sy eie daaraan toe en verskeie musikante improviseer gekyk op dieselfde tema. Soos iemand dit al gestel het: n Jazz-musikant is n jongleur (gooi- en vangkunstenaar) wat harmonie pleks van lemoene gebruik.

 

Tog is jazz nie geheel en al improvisasie nie. Hoewel dit nie presies genoteer kan word nie, word baie daarvan neergeskryf, of gearrangeer. Arrangemente dien as rigsnoere vir die orkes. Ongeskrewe passasies word oopgelaat vir solo-improvisasie. Hierdie improvisasie en die algehele ritmiese interpretasie van die musiek omvorm n gearrangeerde stuk tot jazz.

 

Die gebruik van n paar sogenaamde blue-note sorg vir die tonaliteit wat kenmerkend van n groot deel van jazz is. Die toonhoogte van die derde noot (mi) en sewende noot (ti) weifel tussen mol en gewoon. Blue-note word vernaamlik in die soort folkliedjie gehoor wat as die blues bekend staan. n Instrumentale vorm van blues, sonder sang, is n basiese element van jazz.

 

In jazz word die musiekinstrumente ook op besonderse maniere gespeel. Blaasinstrumente, soos die trompet, neem dikwels die toonkleure van n singende of pratende stem aan. Toondempers word gebruik om ongewone klanke aan die trompet, tromboon en ander instrumente te gee. Die ritme-deel van n jazz-orkes is nie tot tromme beperk nie. Die klavier, kitaar en basviool word ook as slaginstrumente aangewend.

 

Verskillende subgenres wat uit jazz ontwikkel het, is: New Orleans Dixieland vanaf die vroe 1910s, big band-style swing vanaf die 1930s en 1940s, bebop vanaf die middel van die 1940s, n verskeidenheid van Latyns-Amerikaanse jazz-kombinerings soos Afro-Kubaanse en Brasiliaanse jazz, free jazz vanaf die 1950s en 1960s, jazz fusion vanaf die 1970s, acid jazz vanaf die 1980s (met die byvoeging van invloede van funk en hip-hop), en Nujazz in die 1990s.

 

In die 1980s was daar n dramatiese verskraling van die jazz-gemeenskap, asook n skeuring. n Hoofsaaklik ouer gehoor het verkies om by die tradisionele style te bly. Wynton Marsalis het hom ten doel gestel om musiek te skep binne dit wat hy as die tradisionele beskou het en uitgebrei op vorms waarin sulke kunstenaars soos Louis Armstrong en Duke Ellington die baanbrekerswerk gedoen het.

 

In die jare negentig en die 2000s het n aantal jong musikante op die toneel verskyn, onder wie die Amerikaanse pianiste Brad Mehldau, Jason Moran en Vijay Iyer, die kitaarspeler Kurt Rosenwinkel, die vibrafonis Stefon Harris, die trompetspelers Roy Hargrove en Terence Blanchard, die saksofoonspelers Chris Potter en Joshua Redman, en die baskitaarspeler Christian McBride.

 

Jazz word eintlik deur die Amerikaners as eiegoed beskou, ondanks bydraes en invloede uit ander oorde. Trouens, in 1987 het die Amerikaanse huis van verteenwoordigers en senaat n wetsontwerp in hierdie verband goedgekeur wat deur die Demokraat John Conyers jr. voorgestel is.

 

Daarin is jazz as n unieke vorm van Amerikaanse musiek beskryf en onder meer verklaar dat jazz hiermee aangewys word as n buitengewone en waardevolle Amerikaanse nasionale skat waaraan ons ons aandag, steun en hulpbronne moet toewy om te verseker dat dit bewaar, begryp en gepromulgeer word.

 

 Jazz-dans

BO: Dansers lewer n vertoning van die moderne dansvorm bekend as jazz-dans.

Detail en digitale verkleuring van n swart-wit foto deur
Alvaro Arriagada,

wat die oorspronklike op die wreldwye web by flickr geplaas het op hierdie bladsy, waar dit ten tyde van ons oorname op 30 Junie 2010 gelisensieer was ingevolge die Creative Commons 2.0 Generic-lisensie. Kragtens hierdie lisensie word hergebruik op sekere voorwaardes vergun
  

Jazz as dansvorm

JAZZ het ontstaan as musiek waarby gedans word. Maar die ironie is dat jazz-dans as spesiale moderne dansvorm nie aan jazz-musiek gebonde is nie en ook by ander soorte musiek uitgevoer kan word. Tog word jazz-musiek dikwels hier gebruik en is jazz-dans sterk benvloed deur die klanke, ritmes en tegnieke van jazz-musiek.

 

Albei steun byvoorbeeld sterk op improvisasie. En s word studente van jazz-dans selfs aangeraai om aan die liggaam as n jazz-instrument te dink!

 

Soos jazz-musiek het jazz-dans ook by swart dansers in Amerika ontstaan. Dit is gegrond op Afro-Karibiese danse, maar dit kombineer elemente van klop- en vertoondans en het n toneelmatige flair.

 

In die afgelope aantal jare het jazz-dans een van die gewildste dansstyle gewordn wenner op die televisie sowel as in rolprente, in advertensies en ander aanbiedings. Mense geniet dit nou maar eenmaal om daarna te kyk, juis omdat dit so prettig en lewendig is. Sekere belangrike jazz-dansers was Katherine Dunham (19092006) en Jack Cole (19111974).

 

Met jazz-dans staan n danser se eie styl en oorspronklikheid voorop. Elke danser vertolk die bewegings en passies op sy of haar eie manier, met groot spronge, vinnige draaie, verbeeldingryke voetwerk en unieke kaperjolle. Maar dit is geen geval van volslae ongebondenheid en losbandigheid nie, want jazz-dans het rels soos ballet. Grasie en balans is kardinaal, en dit word veral verkry indien die danser goed onderleg is in ballet.

 

Jazz-passies sluit basiese draaie in soos pirouettes, piques, jazz-draaie en sekere ballet-draaie. Spronge behels onder meer grande jetes, draaispronge en tour jetes. Dan is daar die kenmerkende jazz walk, wat in baie verskillende style uitgevoer kan word. Nog n gewilde jazz-beweging is die contraction, wat verkry word deur die bolyf s saam te trek dat die rug na buite gekrom en die bekken na vore getrek word.

 

Jazz-klasse is informeel en ontspanne, en dansers kan dus hul eie klere kies, maar omdat die liggaamslyne sigbaar moet wees, word sakkerige klere ontmoedig.

 

   Die verbasend uitgebreide terminologie van jazz-danse is op die wreldwye web te kry by DanceHelp.com


Bronne:

New Standard Encyclopedia

Wikipedia

About.com

ArtsEdge

Klik hier om terug te keer na die inhoudsblad