Gogga-gedagtes
Die ander soort wreld van die insek

 

Bye en vlinders proe met hul pote sowel as met hul monddele. Een soort waterkewer hoor met sy bors, en sonbesies het ore in hul agterlywe. Maar wat dink of weet n insek regtig?
 

Gesig van n soort by

BO: Hierdie gesig van Agapostemon splendens, wat tot een van die byespesies behoort, is tipies di van n insekmaar dit is wrelde verwyder van die gesig van n mens.

Foto: Natalie Allen en Stephanie Kolski / U.S.Geological Survey
 


 
Lees ook:
  O togga, n gogga!

  Wat is n insek en wat is nie?
 
Hoe lyk ons vir insekte?

  
DIE kleinste insek op aarde, sover bekend, is n wesp van Costa Rica in Sentraal-Amerika. Dit is een van die sogenaamde feetjie-vlie (familie Mymaridae) en dit leef as n parasiet op die eiertjies van ander insekte. Die mannetjie van hierdie spesie, Dicopomorpha echmepterygis, kan kleiner as n piepklein 0,139 mm lank wees. Hy is blind en sonder vlerke in sy minuskule wreldjie, n rare lilliputagtige omgewing wat ek en jy ons kwalik kan voorstel.

 

n Mens sal ook beslis n vergrootglas nodig h om di goggatjie as n insek te eien.

 

Insekte is van nature klein. Daar was glo wel n tamaai groot naaldekoker met n vlerkspan van driekwart meter in die tyd van die dinosourusse, maar insekte se bou is nou maar eenmaal so dat hulle nie reuse kan wees nie.

 

Hommelby met mikroskyfie
REGS: n Feetjie-vlieg... klein fenomeen. 

Feetjie-vlieg

LINKS BO: Die mens se pogings om baie klein werkbare meganismetjies te maak, steek nog sleg af teen die natuur se veel doeltreffender uiters klein organismetjies. Op hierdie piepklein mikroskyfie op die rug van n hommelby (bumblebee) sou elektroniese ingenieurs egter wel kon roem.

Foto van hommelby met mikroskyfie: ORNL / U.S. Department of Energy

 

 

Uit die oogpunt van ons mense is n insek immers n omgedopte gediertetjie. Sy geraamte sit nie aan sy binnekant nie, maar buite. Hierdie beskermende dop of huidskelet bevat n horingagtige bestanddeel genaamd chitien, wat waterdig en feitlik onbuigbaar is.

 

Weefsel wat die verskillende dele van die huidskelet verbind, maak die insek se liggaam beweeglik. Maar klein of nie, daardie chitien maak hom na verhouding die sterkste ding op aarde en sekerlik n superwese in vergelyking met die mens.

 

Daar is byvoorbeeld proefondervindelik vasgestel dat die miskruier tot 850 keer sy eie gewig kan dra. Daarteenoor swoeg die gemiddelde man hom besimpeld om slegs meer as twee derdes van sy eie gewig op te tel.

 

 n Suid-Amerikaanse miskruierREGS: 'n Portret van n Suid-Amerikaanse miskruier (Oxysternon conspicillatum). Hy lyk nie net soos n wese uit die buitenste ruimte nievir iets van sy grootte is hy supersterk ook.

 

Foto: U.S. National Science Foundation 

 

 

In n ander proefneming is bye en skoenlappers in n buis versel, waarna die lug daaruit gepomp is om n lugleegte te vorm. Selfs die insekte se liggaamsvog is in di proses uit hulle uitgesuig. Maar die brose klein gevangenes het niks oorgekom selfs toe die buis gebreek en die normale lugdruk skielik herstel is nie. n Mens sou op die plek dood neergeslaan het.

 

HOEVEEL insekte kan daar op aarde wees? Om net te raai is al klaar n onbegonne taak. Iemand het reeds bereken dat die insektebevolking op n enkele heuwel op n someraand meer kan wees as al die mense in die hele wreld.

 

Ons kan nie eens s hoeveel verskillende spesies daar is nie. n Paar miljoen is wel onder die wetenskaplikes bekend, maar nuwes word gereeld opgespoor en die uiteindelike getal kan dalk vyf of ses miljoen wees. Die bekende insektespesies is vier of vyf keer meer as di van al die ander dierespesies saam.

 

In baie gevalle oorleef n insektespesie weens die ontsaglike hoeveelhede eiers wat die wyfies van daardie spesie l. Binne ses maande sou net een paar huisvlie sowat 200.000.000.000.000.000.000 afstammelinge kon h as nie een vrek nie en almal aanteel.

 

Insekte is ook geweldig aanpasbaar. Hulle vreet omtrent alles wat hulle energie kan gee, van blare tot afvalstowwe, maar ook rissiepeper en suiwer strignien (wolwegif).

 

n Insek se hart sit naby sy rug. Hy het egter nie n stelsel van verskillende bloedvate soos die mens nie. Uit n enkele groot slagaar wat van die hart af deur die bors loop, stu en sypel die bloed deur die hele liggaam.

 

Op plekke waar die bloed na afgele eindpunte gestuur moet word, sit klein hulp-hartjies of pompies om die taak oor te neem. Die bloed is gewoonlik groen of geel of helder en kleurloos.

 

Ons goggabie het ook geen longe nie. Hy haal wel asem, maar dit gebeur deur vertakkende lugbuise wat sorg dat die insek gedurig deur n stroom lug geventileer word.

 

DIE sintuiglike organe sit boonop op die eienaardigste plekke. Bye en vlinders proe met hul pote sowel as met hul monddele. Een soort waterkewer hoor met sy bors, en sonbesies het ore in hul agterlywe.

 

Baie soorte insekte, meen kenners, hoor geluide wat die menslike oor nie kan opvang nie, sodat die ganse wreld daarbuite kan druis van n magtige koorgesang selfs wanneer ons reken dat alles stil is.

 

Insektedi wat kan sienhet verskillende soorte o. Trouens, waar dit lig en donkerte aangaan, is die hele liggaam as t ware n bykomende oog; hulle sien deur hul velle. Hoe ons dit weet? In proefnemings is hul o bedek en dan het di wat lief vir lig is steeds soontoe beweeg, terwyl di wat van donkerte hou nog altyd die skaduwees opgesoek het.

 

Die gewone odikwels n paar groot saamgesteldes en daarby ook drie eenvoudige ogaan nooit toe nie. Hulle sien ook nie so goed nie, al het n insek soos die naaldekoker byna 30 000 fasette in sy saamgestelde o. Elke faset produseer n beeld sodat bale afsonderlike beelde van n voorwerp tegelyk waargeneem word. Maar omdat die fokus vas is, is die sig dof en onduidelik.

 

Naaldekoker

 

BO: n Naaldekoker... daar is derduisende fasette in sy samegestelde o.

Foto met vergunning van Free Jungle Pictures, wat n skakel na hul webwerf versoek: www.freejunglepictures.com

 

Die reuksin van n insek kan egter ongelooflik goed ontwikkel wees. n Mot-mannetjie kan n wyfie nagenoeg vyftien kilometer ver ruik. Wetenskaplikes weet vandag dat insekte chemies kommunikeer deur middel van sogenaamde feromone wat hulle afskei. Meer as 330 geslagsferomone van insekte is al in die laboratorium nagemaak. In n gevaarsituasie skei miere, byvoorbeeld, weer alarm-feromone af, wat hul maats laat uiteenspat soos n brandalarm dit met mense doen.

 

Maar dit lyk ook of insekte dalk n sintuig of sintuie kan h waarvan ons geen begrip het nie. Hoe anders verklaar n mens dit dat vleisvretende kewers wat heeltemal met vernislak bedek was, foutloos hul pad na n stuk versteekte vleis gevind het?

HET die insek gedagtes of n wete, soos miskien n hond of ander dier? As n mens n hotnotsgot dophou waar hy behendig n ander insek vang en maaltyd hou, kan jy maklik dink hys n wyse meneertjie met n intelligensie ver bokant di van sy mede-goggas. Maar dis eintlik niks van die aard nie.

 

Insekte reageer meestal volgens instink, en volgens tropisme, n outomatiese toenadering tot of wegdraai van prikkels soos lig.

 

Die singende muskietwyfie weet sy wil jou bloed h, want sy ruik jou. Maar sy kan nie ook lont ruik oor hoe jy haar wil doodmaak nie. En sy koes net instinktief vir jou klappende hand. Oor die jeukende bult wat sy op jou vel agterlaat, het sy geen berou nieen syt ook absoluut geen benul van die malaria wat sy dalk kan versprei nie.

 

Hottentotsgot

BO: n Hottentotsgot intelligenter as die ander gog­gas? Nee, dis eintlik onsinnig om van intelligensie te praat as dit by insekte kom. Heeltemal ander denkprosesse is by hulle in die spel.

Foto: Cepolina.com / Free Photo

 


Klik hier om terug te keer na die inhoudsblad