|
Waartoe
insekte in staat is
|
|||||
|
AL die veld is vrolik vir die veldnommers en die kewers is kaatjies van die baan, en nadat die goggatjies galop het, word die pryse toegeken. Drie insekte spog met hul goue medaljes en dit gons op die paviljoene. Hulle is die onbetwisbare konings van die Gogga-Spele! |
|||||
Die skuimbesies behoort tot die superfamilie Cercopoidea en is ’n groep halfvlerkige insekte, in die suborde Auchenorrhyncha. Rakende die katvlooi,
Ctenocephalides felis—dis hoeka bekend dat hy
130 keer sy
eie hoogte kan spring. As die mens hom hierin wil
ewenaar, moet hy 50 verdiepings hoog spring. Volgens
’n insektekenner het die vlooi ’n rubberagtige balletjie in
die heupgewrig van die agterpote. Die vlooi gebruik groot spiere
om die balletjie op te wen. ’n Snellerspier word getrek en die
opgegaarde energie word deur die pote uitgewip. Tog kan só ’n sprong gevaarlik wees. Die stuwing wat ondervind word, is honderd keer die swaartekrag van die aarde, meer as in ’n vuurpyl op pad maan toe. Gelukkig vir die vlooi werk sy buitenste dop soos ’n drukpak.
Maar ’n Britse wetenskaplike, Malcolm Burrows van die Universiteit van Cambridge, het vasgestel dat die skuimbesie se wegskiet-meganisme eintlik baie doeltreffender as dié van die vlooi is. Hy het in sy ondersoek ’n kamera gebruik wat 2000 foto’s per sekonde kan neem.
Die skuimbesie, net sowat ’n halwe sentimeter lank, belê sowat ’n tiende van sy liggaamsmassa in twee spiere in sy bors. Dit is hierdie spiere wat soveel krag aan sy agterpote verskaf. Die agterpote haak as.’t ware vas, totdat die spiere binne sowat ’n sekonde genoeg “gelaai” is en die “sneller” getrek word wat die agterpote laat losskiet. Dit ontlading vind binne ’n millisekonde plaas.
Woerts! En sy yslike sprong is goud werd vir die skuimbesie op die Gogga-Spele. |
|||||
|
|||||
|
|||||