8. Spogreeks
Phylum: Arthropoda
Klas: Insecta

Insek-kaleidoskoop
Hoofstuk 8:
Naaldekokers en waterjuffers

Klik hieronder op die skakel na die hoofstuk van jou keuse:

     Hoofstuk 1: Bou en ontwikkeling van insekte
   Hoofstuk 2: Taktieke vir oorlewing
   Hoofstuk 3: Hoe roofinsekte hul prooi vang
   Hoofstuk 4: Hoe insekte bou
   Hoofstuk 5: Onder skandeer-elektronmikroskoop

 

   Hoofstuk 6: Sprinkane
   Hoofstuk 7: Hottentotsgot
   Hoofstuk 8: Naaldekokers en waterjuffers
   Hoofstuk 9: Insekgroepe
   Hoofstuk 10:    Wonder van insekte se vlerke

 Naaldekokers en waterjuffers

Ragfyn venyn ...

  

BO: n Naaldekoker (Orthetrum cancellatum) afgeneem in Gent, Belgi.

 

Foto: Tim Bekaert,

wat dit by Wikimedia Commons op die wreldwye web tot openbare besit verklaar het (released to the public domain)


    
 

Getooi in glinsterende metaalkleure, ragfyn en sierlik, gaan sit n naaldekoker  teen n grasstingel  langs die water. Maar in di flambojante broosheid skuil n insekhartjie vol venyn teenoor ander insektesoseer dat daar vandag nog nare bygelowe omtrent naaldekokers bestaan, al kan hulle die mens eintlik geen skade berokken nie. Maak hier nader kennis met hulle en hul familielede, die waterjuffers...

 

  Die orde Odonata (die getandes) bestaan uit die Anisoptera (naaldekokers), Zygoptera (waterjuffers) en Anisozygoptera (n grootliks uitgestorwe groep wat nog slegs deur twee lewende spesies verteenwoordig word).


 

DIE somerdag se swoelte hang oor die dam. Klein soogdiertjies maak kuiltjies in die watervlak waar hulle hulle gretig met die koel vog verkwik. Ontelbare insekte gons en grabbel in die waas. Die middag ruik na warm modder en die verknoopte kraaineste van waterplante.

Dit is die koninkryk van die naaldekokers en hul kleiner, delikater familielede, die waterjuffers.
 
Hir hang een feitlik roerloos bo die water aan die oewer. Dr sig-sag n ander deur die riete agter n skoenlapper aan. Doer plons nog een kop eerste in die water om die een of ander prooi te vangasof hy nogal by sy eie vyand, die visvangervol, geleer het om s te maak.
 
Naaldekoker-wreld... van lankal af prikkel dit reeds die mens se verbeelding. Daar was trouens eenmaal die bygeloof dat naaldekokers kinders se monde kan toewerkdalk met die naalde wat hulle uit hul kokers sou haal, wie weet? Naaldekokers het selfs die onverdiende reputasie gehad dat hulle perdestekers en muile-moordenaars sou wees!
  
Al weet ons vandag baie meer omtrent naaldekokers en waterjuffers en dat hulle glad nie kan steek nie, bestaan daar nog altyd allerhande gelofies omtrent hierdie insekte. n Klompie dekades gelede het daar byvoorbeeld pandemonium in Suid-Ierland geheers toe n swerm klein naaldekokertjies van die see af kuslangs gevlieg en n digte, swart wolk gevorm het.

En in Suid-Amerika word sekere waterjuffers wat snags deur die donker dele van woude vlieg, as die siele van die gestorwenes geerbiedig...
 


   

BO: n Bloedrooi naaldekoker (Trithemis kirbyi)  by Tsumeb in Namibi. In n rustende posisie hou naaldekokers gewoonlik hul vlerke oop en plat.

 

Foto: Hans Hillewaert,
wat dit op hierdie bladsy by Wikimedia Commons op die wreldwye web gepubliseer en gelisensieer het ingevolge die
Creative Commons Attribution ShareAlike 2.5-lisensie

 

BO: n Blou waterjuffer. Altwee pare vlerke vou gewoonlik terug bokant die liggaam wanneer n waterjuffer rus.

Foto: Fir0002

Webwerf: www.flagstaffotos.com.au

Foto op hierdie bladsy by Wikimedia Commons gelisensieer ingevolge die GNU Free Documentation-lisensie, Weergawe1.2 of enige latere weergawe wat deur die Free Software Foundation gepubliseer word

  

Verskille tussen die naaldekoker
en waterjuffer

DIE naaldekokers en waterjuffers behoort albei tot die orde Odonatas.
 
Die naaldekokers (suborde Anisoptera) is stellig die bekendste van die twee soorte. Die naaldekoker is n sterk, vinnige vlier en sy agtervlerke is baie brer as sy voorvlerke. In n rustende posisie hou hy gewoonlik sy vlerke oop en plat. Hy het groot, samegestelde o wat bra naby mekaar l en mekaar dikwels in die middel van die kop ontmoet.
 
Waterjuffers (suborde Zygoptera) het ook twee paar dun vlerke, kort voelhorings en n lang lyf. Die waterjuffer is delikater gebou as die naaldekoker. Altwee pare vlerke is eenders gevorm en vou gewoonlik terug bokant die liggaam wanneer die waterjuffer rus. Sy groot, uitstaande o l wyd uitmekaar en steek soos knope aan weerskante van sy kop uit.
 


 
Asemhaling deur kieue

DIE nimfe van naaldekokers en waterjuffers is feitlik deur die bank waterbewoners. Waterjuffernimfe is binne n jaar volgroeid, maar naaldekokernimfe bring enigiets van twee tot vyf jaar onder die water deur. Albei soorte haal deur middel van kieue asem.

Naaldekoker-nimfe haal asem deur water aan die punt van agterlyf in te trek en uit te stoot. Die water spoel oor die kieue wat aan die agterkant van die spysverteringskanaal l. Die suurstof gaan by wyse van eenvoudige diffusie na die lugbuise.

Sekere naaldekokernimfe maak van hierdie stelsel gebruik om aan vyande te ontsnap. As hulle skrik, stoot hulle die water heftig uit en skiet sodoende vorentoe.

Die kieue van waterjuffernimfe vorm uitwendige blaaragtige uitsteeksels of lamellae aan die punt van die agterlyf. Di lyk dikwels soos yl varingblare.

 

 

LINKS BO: Die nimf van n naaldekoker. REGS BO: Die nimf van n waterjuffer. Let op die sigbare kieue van die waterjuffer-nimf: die uitwendige blaaragtige uitsteeksels of lamellae aan die punt van die agterlyf. Op hul beurt is naaldekoker-nimfe se kieue binne die agterlyf aan die agterkant van die spysverteringskanaal.

Foto links bo: U.S. Geological Survey
Foto regs bo: NABS (www.benthos.org) via NOAA



Van die water na die land

NAALDEKOKERS en waterjuffers lewe deels in die water, deels op land. As nimfe is hulle slegs vir n waterlewe toegerus. As volwassenes moet hulle egter in die atmosfeer kan asemhaal, en hul vlerke moet gou kan droog word sodra hulle uit die water te voorskyn kom.

Volwasse naaldekokers l hul eiers
*)  in of naby water. Baie van hulle daal netjies op die water neer en doop hul agterlywe daarin. Die larwes of nimfe wat uit die eiers kom, leef in die water en vervel talle kere voordat hulle volgroeid is.

Wanneer die nimfe gereed is om die land aan te durf, klim hulle teen die stingel van n plant op wat in die water staan, of hulle l op n plat klip waar die water hulle net-net bedek. n Bars verskyn in die vel en die sagte, kwesbare volwasse insekte wring hulle uit tot in die nuwe wreld.

 

REGS: Die laaste vervelling... en die sagte, kwesbare volwasse naaldekoker wring hom uit die nimfdop om n nuwe wreld op land aan te durf nadat hy tevore slegs waterlewend was. Hierna wag hy n ruk totdat sy vlerke ontvou en sy vel verharden vlieg dan sy nuwe lewe tegemoet.


Illustrasie: Project Gutenberg

 

 


Dit duur n uur of twee voordat hul nuwe vel hard word. Maar ter beskerming is die insekte nou nog so vaal dat hulle met hul omgewing saamsmelt.

Die le nimfdoppe wat agterbly, hang oral aan waterplante, grotesk in vorm en posisie, stille getuienisse van n hergeboorte n n lang bestaan onder die water.

Die nadele van n dubbele lewe is velerlei, en die wesenlike probleem is die verandering van n lewe waarin opgeloste suurstof uit water onttrek moet word tot n lewe van die inneem van atmosferiese suurstof. Maar daar is ook voordele. Die nimfe word nie so erg deur skielike temperatuurskommelings geraak nie. En hulle hoef nie om n bestaan mee te ding met die hordes insekte wat mekaar op die land verdring nie.

 

*) Naaldekoker-eiers is rond en sowat 0,5 mm in deursnee. Daarteenoor is die eiers van waterjuffers silindries en sowat 1 mm lank.

 


 
Sittende posisies

WAAR sekere insekte van swaartekrag gebruik maak om hulle te orinteer, is naaldekokers onder di wat dit met lig doen. Hulle sorg gewoonlik dat die lig op hul re val. As n lig van onder af op hulle geskyn word terwyl hulle vlieg, val die naaldekokers grond toe.
 
Naaldekokers rus in verskillende posisies. Baie sit met hul agterlywe reguit boontoe. Sekere insektekundiges glo dit is om te keer dat die sonstrale loodreg daarop val en dit help dus om die insek koel te hou.
 
Terwyl hulle jag, sit die meeste naaldekokers op kaal takkies of grasspriete, hoewel daar n hele klompie is wat hulle op die grond tuis maak.
 
Nog n tipiese sithouding is di waar die naaldekoker sy vlerke oor die borsstuk afgebring het. Dit help allig om hom teen die son te beskut.
 
Familielid waterjuffer se vlerke vou agtertoe bokant die liggaam wanneer hierdie insek in n rusposisie is.

 



Dodemasker

DAAR is n groot verskil tussen die voedingsgewoontes van die naaldekokers en waterjuffers se nimfe en die volwasse insekte. Die nimf het n gelede arm of labium wat aan die onderdeel van sy mond skarnier. Aan die punt van die arm is n paar skerp gepunte hake.

Dis tipies van die nimf om roerloos in die water te l, versteek deur sy dowwe, bruinerige kleur. As n stomme inseklarwe, bloedsuier, wurm of paddavissie binne trefafstand kom, word die arm met behulp van kragtige spiere uitgeskiet en die slagoffer word deur die hake deurboor.

Die arm word dan weer teruggevou, waardeur die kos na die nimf se kouende bo-kaak gebring word. Hier bly die labium n nuttige instrument deurdat dit soos n piering gebruik word om vallende deeltjies van die prooi op te vang. Die arm word dan netjies onder die kop en bors ingevou totdat dit weer nodig gekry word. S gevou, verberg dit partykeer die onderdeel van die gesig en het dit daarom ook die bynaam die masker gekry.

Alle volwasse naaldekokers en waterjuflers is roofgierige jagters en baie is kannibaals. Sekere soorte vreet feitlik net muskiete, maar groter soorte verkies skoenlappers, motte en bye, asook kleiner lede van hul eie soort. Dit is bekend dat die grootste naaldekokers selfs paddatjies en vissies vang.

Waterjuffers fladder tussen die oewerplante rond waar hulle plantluise, motjies en blaarspringers bykom.

Die bors-segmente van naaldekokers en waterjuffers l skuins sodat die pote net onder die kop saambondel om n mandjie te vorm waarmee hulle insekte kan opskep. Die kos word na die getande kake oorgeplaas en word gewoonlik sommerso gedurende die vlug verorber, hoewel party naaldekokers hul prooi terugdra na waar hulle sit.
 



Dansende drake

IN Engels word die naaldekoker n dragonfly (draakvlieg) genoemen watter beter beskrywing kan daar wees vir hierdie verskrikking van die vliende insekte? Sy kragtige, woelige gevlieg is onder die indrukwekkendste van alle insekvlugte. Die twee pare vlerke klap onafhanklik van mekaar wanneer hy vlieg en maak die insek wonderlik bedrewe in die lug. Hy kan skielik stop, skerp links of regs draai, in die lug bly hang en selfs agteruit vlieg.
 
Met hierdie kranige beweeglikheid maak die naaldekoker kleingeld van swerms parende muggies en ander klein insekte. Die mannetjies in hierdie swerms dans op een plek op en af om die wyfies te lok. Omdat naaldekokers ook op en af kan dans, vang en vreet hulle die muggies net daar op. Dis n baie doeltreffender jagmetode as di van vols soos die swaeltjies wat telkens maar weer deur insekteswerms moet duik om kos te kry.
 
Anders as talle ander insekte, het naaldekokers nie die toerusting om hul vlerke l vliende te laat ineensluit sodat dit as n eenheid funksioneer nie. Desondanks kan hulle die vier vlerke as n onbeweeglike eenheid saamvoeg deur middel van spiere in die borsstuk. Dit stel naaldekokers in staat om te sweef en energie te spaar.
 
Naaldekokers kan merkwaardig vinnig vliegparty soorte teen 30 km/hen is boonop indrukwekkende wreldreisigers. Daar is al waargeneem hoe talle van hulle dieselfde trekroetes as vols en vlinders volg en s algaande van die skoenlappers voorl en opvreet.

Waterjuffers, daarenteen, is meer gesete insekte, hoewel n paar van hulle met die wisseling van die seisoene tog deur n beperkte treklus beetgepak word.
 
Naaldekokers het in die rel groter vlerke as waterjuffers, hoewel die grootste vlerke van almal tot die waterjuffer van Suid-Amerika behoort. Di het volgens een bron n vlerkspan van by die 20 cm.
 
Die uitgestorwe naaldekokers van die jong dae van die aarde was veel groterwas trouens die grootste insekte wat ooit geleef het. n Reuse-naaldekoker het, volgens sy gefossileerde nalatenskap uit die Karboniese tydperk, n vlerkspan van sowat 60 cm gehad.

 



Die ene o

VAN mense word ges dat dit hul o is wat jy heel eerste raaksien. As n mens hulle van baie naby bekyk, kan dit eweneens van die waterjuffer en naaldekoker ges word. Praat van yslike odit beslaan die grootste gedeelte van die kop.
 
Die rowende naaldekokers het buitengewoon groot o bo-op n kop wat vrylik sywaarts, agtertoe, vorentoe en ondertoe kan draai. Die o is sensitief vir die geringste beweging en dit maak hulle gedugte jagters. Daar word gemeen dat hulle die grootste aantal ommatidia (afsonderlike oogfasette) van alle insekte hettot sowat 30 000. (Kyk foto van naaldekoker-o in hoofstuk 1 van hierdie reeks, afdeling: O van die insek.)
 
Waar die o van die naaldekoker naby mekaar sit, is die kleiner o van die waterjuffer weerskante van die kop en dit laat hulle soos handgewigte (dumbbells) lyk. Altwee insekte het binokulre sig (dit beteken dat albei o saam gebruik word om te kyk).

 

BO: Die o en koppatrone van n waterjuffer in Arkansas, Amerika.

 

Foto: Opo Terser,

wat dit op hierdie bladsy by Wikimedia Commons op die wreldwye web gepubliseer en gelisensieer het  ingevolge die Creative Commons Attribution 3.0 Unported-lisensie


 <   Terug na hoofstuk 7             Voort na hoofstuk 9   >

   Gaan na die begin van hierdie hoofstuk vir die skakels na al die hoofstukke in hierdie reeks

Klik hier om terug te keer na die inhoudsblad van die Mieliestronk.werf