Wat 地 insek is . . .

   . . . en wat nie 地 insek is nie


 1) Wat 地 insek is 

Liewenheersbesie

BO: 地 Liewensheersbesie of 斗adybird... inderdaad 地 insek.

Foto: PDPHOTO.ORG

INSEKTE word deur geleerdes beskryf as geleedpotige diertjies waarvan die liggaam in drie dele verdeel is: die kop, die borsstuk en die agterlyf. Die kop het slegs twee voelhorings, terwyl die borsstuk drie paar pote en, in baie gevalle, twee paar vlerke het. 

Insekte haal deur middel van luggaatjies en lugpypies in die liggaam asem. Kleintjies ontwikkel selde regstreeks tot volwassenes; dit geskied meestal deur die een of ander vorm van gedaantewisseling.

Heelparty diertjies wat baie van ons as insekte beskou (soos spinnekoppe, skerpioene en duisendpote) voldoen nie aan die bogenoemde definisies nie en is dus nie insekte nie. Verder ondertoe word in meer besonderhede van hierdie ander soorte geleedpotige diere (Arthropoda) vertel.

Insekte is hoogs suksesvolle kreatuurtjies. Trouens, baie geleerdes dink hulle is die suksesvolste skepsels in die diereryk. Hulle lewe oral op land, in die lug en in die water en is merkwaardig toegerus vir omtrent enige soort omgewing -- selfs die ysmassas rondom die Noord- en Suidpool en die snikhete woestyne. Omdat hulle so klein is, beteken dit dat hulle in piepklein plekkies kan inpas en nie baie kos nodig het om te lewe nie.

Hulle is ongewerwelde diertjies, wat beteken dat hulle geen ruggraat het soos soogdiere, visse en reptiele nie. Die meeste insekte het ook vlerke, waarmee hulle aan gevaar kan ontsnap en  wyd en syd na kos kan soek.

Byna alle soorte het 地 groot oog aan elke kant van die kop. Hierdie oog is hard, sonder ooglede, en is uit 地 aantal, soms duisende, afsonderlike klein ogies of fasette saamgestel. Tussen die o is die twee voelhorings, wat baie beweeglik is en as tasorgane, smaakorgane en soms selfs as eienaardige ore dien.

Meer as 地 miljoen insektespesies is reeds bekend, maar nuwe soorte word nog gereeld ontdek.  Elke spesie is 地 lid van 地 groter groep (of orde), wat uit ander insekte met dieselfde fisieke kenmerke bestaan.


KEWERS
Kewers behoort tot die orde Coleoptera, wat 都kildvlerke鋳 beteken. Die voorste paar vlerke is harde, skildagtige doppies (elytra), wat mekaar in die middel ontmoet en die delikate agterste vlerke en liggaam beskerm.

WESPE, MIERE EN BYE
Die naam van die orde wat alle wespe, bye en miere insluit, is Hymenoptera. Dit beteken 砺liesvlerke鋳 en verwys na hul twee pare dun, geaarde vlerke. Die mannetjies van hierdie orde is ongewoon deurdat hulle uit onbevrugte eiers ontwikkel. Baie van die wyfies in hierdie groep is elk met 地 angel bewapen.  


SKOENLAPPERS EN MOTTE

Hierdie insekte behoort tot die orde Lepidoptera, wat 都kubvlerke鋳 beteken. Dit verwys na die piepklein skubbe wat hul liggame bedek en hulle hul pragtige mengeling van kleure gee.
 


KAKKERLAKKE
Hierdie insekte het verharde voorvlerke wat mekaar oorvleuel. Jong kakkerlakke lyk soos kleiner weergawes van die volwassenes, maar hulle het nie vlerke nie.  


NAALDEKOKERS
Naaldekokers behoort tot die orde Odonata, en die naam verwys na hul groot en spesiale soort kake waarmee hulle vlie vang. Die nimfe lewe onder die water en kom slegs na die oppervlak wanneer dit tyd is vir die volwassene om sy verskyning te maak.

VLIE
Die orde waartoe die vlie behoort,  naamlik Diptera, beteken 鍍wee vlerke鋳, want anders as ander insekte is hulle werklik net met een paar vlerke bedeel. In die plek van die agterste vlerke is daar twee balanserende organe.  


HALFVLERKIGES
Die naam van die orde Hemiptera beteken 塗alwe vlerk鋳. Dit verwys na baie van die groter insekte in hierdie orde se voorste vlerke, wat hard by die basis, maar sag by die punt is. Halfvlerkiges het gelede, deurdringende en suigende monddele.


KRIEKE EN SPRINKANE
Hierdie insekte behoort tot die orde Orthoptera, wat 途eguit vlerke鋳 beteken. Hulle het sterk agterpote, waarmee hulle spring en 都ing鋳.

 

 2) Wat nie 地 insek is nie  

Duisendpoot

BO: 地 Duisendpoot... nie 地 insek nie, al dink baie mense so.

Foto: DLS/USFWS

BAIE MENSE verwar ander geleedpotiges met insekte. Spinnekoppe en skerpioene het nie net vier pare pote, pleks van drie soos by insekte nie, maar die kop en bors (toraks) is boonop tot een struktuur versmelt.

Anders as insekte het hulle geen vlerke en geen voelhorings nie en klein, enkelvoudige o pleks van 地 paar samegestelde o. Krappe en krewels, houtluise en honderdpote het almal meer gelede pote as insekte duisendpote het selfs twee pare aan elke segment.

Daarteenoor het 地 erdwurm, hoewel dit uit baie segmente bestaan, glad geen pote nie, en die liggaam het nie 地 duidelik herkenbare kop nie.

Die bou van slakke, naakslakke en seesterre is baie anders en nie op segmente gegrond nie.



SKERPIOENE EN SPINNEKOPPE

Die spinagtiges (Arachnida), wat die skerpioene en spinnekoppe insluit, het almal vier pare pote.


DUISENDPOTE
Dis maklik om 地 duisendpoot se kop te sien, want hy het 地 paar voelhorings net soos die insekte. Maar, anders as die insekte, is sy liggaam nie in drie afsonderlike dele verdeel nie, dog in baie segmente, wat elk twee pare pote het.


GEWERWELDES (Kat en muis, ens.)
 
LINKS: Die geraamte van 地 kat. Katte is gewerwelde diere, wat beteken dat hulle 地 ruggraat het.
Vols, visse, akkedisse (reptiele), paddas (amfibie) en alle soogdiere asook die mens is almal gewerweldes. Hulle haal asem met longe of kieue en het 地 sentrale hart. Geen van hulle het ses pote of liggame wat in segmente verdeel is nie.

NASKRIF: Die gewone muis is ook 地 gewerwelde dier -- maar darem nie die een op die foto REGS BO nie!

   

Klik hier om terug te keer na die inhoudsblad