Inisiasieskole in die Xhosa-gemeenskap  

  
Die man-wording van
die spookwit kinders
   

 Abakwetha met hul spierwit gesmeerde gesigte en liggame

 

BO: Wit klei aan die gesig en lyf toon dat die kadette in die inisiasieskool
in ín stadium van afsondering is.

 

Foto: Ivor Markman, kopiereg © South African Tourism / Suid-Afrikaanse Toerisme


Mense wat in die Oos-Kaap reis, verwonder hulle baiemaal aan die abakwetha met hul spierwit gesmeerde gesigte en liggame wat hulle plek-plek raakloop. Maar presies wie is hierdie mense en waarom is hulle so vreemd vermom?
 

  

W

ANNEER word ín kind ín grootmens? Jy sal baie verskillende antwoorde kry as jy begin rondvra. Die een sal sÍ dis op 18 jaar, die ander eers op 21, terwyl die 90-jarige ouma dalk voet by stuk sal hou dat haar middeljarige kind op 50 nog pure snuiter is. Feit is dat die Westerse mens nie werklik vaste en afgebakende grense vir sy verskillende oudersdomsgroepe erken nie.

 

Nie so by die swart gemeenskappe van ons wÍrelddeel nie. Hulle haal dikwels hul jonges uit die gemeenskap, isoleer hulle iewers weg van die daaglikse verloop van dinge en leer hulle dan die weŽ van die volwasse lewe. Dit sluit in die moets en moenies van die samelewing, morele lesse en maatskaplike verantwoordelikheid, verdere opklarings van die jongeling se missie of roeping in die lewe. Wanneer die hele omvattende seremonie verby is, word die kinders sonder meer as volwassenes beskou.

 

Neem nou ín Suid-Afrikaanse bevolkingsgroep soos die Xhosa met sy hartland in die Oos-Kaap. En hul inlywing van die seuns by die manneódie inisiasieskool, die Ulwaluko. ín Maand tot ses weke lank of langer word Xhosa-seuns van 13 tot 16 jaar eenkant afgesonder. Hier word hulle geleer van en gebrei vir die grootmenslewe wat hulle hierna sal betree.

 

Die ouderdom van die rekrute is weliswaar nie so belangrik nie en kan grootliks wissel. Partymaal kan ín kadet, ín umkhwetha, selfs ín hardebaard wees, ín man van tot 25 jaar tussen die tieners. Dit kon gebeur het dat omstandighede verhinder het dat sů ín kÍrel vroeŽr die inisiasie kon deurloop, miskien omdat hy ver weg op die myne moes gaan werk.

 

ín Umkhwetha wat nie meer heeltemal so jonk is nie, met sy werpspies en wit kombers


BO
: ín Umkhwetha wat nie meer heeltemal so jonk is nie,
met sy werpspies en wit kombers.

 

Foto: Roger de la Harpe,
kopiereg © South African Tourism / Suid-Afrikaanse Toerisme

 

Nog ín inisiasieskolier, bes moontlik ook nie meer ín tiener nie, by beeste in die veld

BO: Nog ín inisiasieskolier, bes moontlik ook nie meer ín tiener nie, by beeste in die veld.

Foto: Rodger Bosch / MediaClubSouthAfrica.com

 

Daar is sekere duidelike verskille in verskillende vertellings van wat alles in die inisiasieskole gebeur. Een rede is bes moontlik omdat die tradisie voorskryf dat die inisiasiepraktyke geheim moet bly en nie aan die groot klok gehang mag word nie. Daarby moet ín mens egter ook in ag neem dat die verskillende inisiasiepraktyke nie oral in alle opsigte eenders toegepas word nie. Maar die onderstaande beskrywing bevat wellig tog ín aantal basiese feite.

 

DIE kadette (abakwetha, die meervoudsvorm van umkhwetha) smeer wit klei oor hul lywe en gesigte en hulle dra ín wit kombers, glo om hulle teen kwaad te beskerm en om aan te toon dat hulle in ín stadium van afsondering is. Versuim om hul liggame wit te kleur, word gestraf. Hulle woon in die veld of berge in ín spesiale tuiste weg van hul statte, in ín hut wat vooraf van stokke en gras gebou is. Die hut word ithonto genoem. Vir die tradisionele danse dra hulle biesierokke, hoofbedekkings en maskers.

 

In hierdie inisiasieskool word hulle streng gedissiplineer en doelbewus aan ontberings blootgestel, soos om honger te ly en selfs te lewe van wat daar in die vrye natuur beskikbaar is. Geen vrou mag hulle ook hier besoek nie. Hulle word egter eweneens geleer van lojaliteite teenoor die gemeenskap, van die dinge wat van hulle verwag sal word sodra hulle die skool as volwassenes verlaat. Hulle word onderrig in baie rolle wat hulle in die grootmenslewe sal moet vertolk, ook in die huwelik.

 

In die afgesonderheid moet jy maar lewe van wat jy kan vindREGS: In die afgesonderheid moet jy maar lewe van wat jy kan vind. As jy nie kos het nie, eet jy die bessies en knolle van die bos. As jy nie ín hoed het nie, maak jy miskien vir jou een van blare...

 

Foto: MSKARG

Die besnydenis vorm ín belangrike deel van die inisiasieseremonie by die Xhosa en word tradisioneel met ín assegaai uitgevoer. Fyngemaakte blare van sekere plante of die skutblare van die bolle van ín ander plantsoort wat uit die grond gegrawe word, word op die wond geplaas om dit te ontsmet, en daar word beweer dat dit  ín belangrike rol in die genesingsproses speel. Om te toets of dit werklik so is, het Suid-Afrikaanse geleerdes die verskillende plante ontleed. Daar is gevind dat die blare van die plant Helichrysum pedunculatum die grootste inhiberende uitwerking gehad het op al die bakterieŽ wat in die toetse gebruik is.

Nogtans is die maniere waarop die besnydenis gedoen word, in moderne tye in groot omstredenheid gehul, met sterk besware dat dit nie beslis nie higiŽnies is nie en selfs tot MIV-besmetting en die dood kan lei. Trouens, talle het inderdaad reeds gesterf weens komplikasies wat nŠ die besnydenis ingetree het.

Tradisievastes sal nietemin moeilik oorreed kan word om dit anders te doen.

Hier moet wel genoem word dat die besnydenis, volgens beskikbare bronne, nie deur al die Xhosa-sprekende groepe in ons land toegepas word nie, byvoorbeeld nie deur die Bhaca, Mpondo, Ntlangwini  of Xesibe nie. Dit is wel in die verlede deur die Zoeloe uitgevoer, maar die gebruik as ritueel is grootliks deur hulle gewysig of afgeskaf. Die Sotho, Tswana en Sjangaan-Tsonga besny blykbaar almal wel.

 

Maar wat byna ewe onrusbarend is as die gevare van onhigiŽniese besnydenisse, is hoeveel van die inisiasieskole na bewering deesdae blote geldmaak-operasies is. Hulle sou honderde rande per kwekeling vra, al is die leermeesters nie eens ware kundiges soos diť van ouds nie. Van hulle het glo al kinders so jonk as ses jaar oud gewerf, alles ter wille van die geld.

ín Xhosa-bruidódit is gebruiklik dat die jong manne trou vier jaar nadat hulle die inisiasieskool besoek het

BO: ín Xhosa-bruid. Dit is gebruiklik dat die jong manne trou vier jaar nadat hulle die inisiasieskool besoek het.

Foto: Roger de la Harpe, kopiereg © South African Tourism / Suid-Afrikaanse Toerisme

WANNEER die inisiasieproses oplaas ten einde loop, word die hut, kostuums, verbande en ander dinge wat in die rituele gebruik is, verbrand. Die ingewydes word na die naaste rivier toe aangejaag en seremonieel deur hul leermeesters geslaan totdat hulle in die water spring. Hulle word nie toegelaat om terug te kyk na waar hul hut in volle vlam staan nie. Eers nou mag die ingewydes die wit klei van hul liggame afwas as teken dat hul dae van seun-wees (ubukhwenkwe) van hulle afgestroop is en die tyd van man-wees (ubudoda) aangebreek het.

Sodra hulle die teenoorgestelde oewer bereik en uit die water klim, is hulle dus nie meer seuns nie. Hulle word met rooi klei gesmeer en ontvang ín nuwe kombers of pak klere van hul país. Hulle keer huiswaartsóen dit is nou gebruiklik om vier jaar te wag voordat hulle trou.

ē   Xhosa-meisies ondergaan ook ín inisiasieseremonie om die lewe as volwasse vroue te betree. Hulle word eweneens afgesonder, maar vir ín korter tydperk. Hulle word nie besny nie (daar is wel sekere gemeenskappe in Afrika wat glo nog die vroulike besnydenis toepas, wat eerder ín tragiese vroulike verminking genoem behoort te word).

Klik hier om terug te keer na die inhoudsblad