|
’n Laslappie van Mieliestronk |
||
|
IRAWADI-RIVIER: Die
Irawadi van die Ooste, ietwat korter as ons eie Oranje, is een van die wêreld
se minder bekende, maar tog besigste bevaarbare riviere...
Die
welwillende broers het vir hom heuning geskenk en in ruil daarvoor gevra dat
hy vir hulle ’n heilige aandenking gee om saam met hulle huis toe te neem.
Boeddha sou toe agt hare uit sy kop getrek het. Die
doodgelukkige Boo en Tapau is terug na hul tuisland, vasbeslote om ’n
pagode (tempel) op te rig waarin die hare bewaar kon word. En só het dit
gebeur dat die enorme Shwe Dagon—een van Asië se beroemdste
Boeddhistetempels—op ’n destyds eenvoudige dorpie van kleihuise in die
Irawadi-delta verrys het. Die ligging is goed gekies, want die Irawadi is ’n florerende lewensaar wat sowat 2010 km ver vloei—van sy oorsprong in ’n hoë, rotsagtige gebied, deur die hartland van Birma (deur die militêre bewind Myanmar genoem) na die Andamanse See.
Kaart van Amerikaanse CIA (gewysig) in die openbare domein Gevorm
deur die samevloeiing van die Mali en Nmai—twee bergstrome wat vanuit
gletsers in die hoë berge naby Birma se grens met Tibet, ’n provinsie van
China, biggel—vloei die Irawadi min of meer suidwaarts deur digte oerwoud
verby die plekke Myitkyina (wat '’naby groot waters'' beteken) en Bhamo,
waarna hy eers weswaarts en dan suidwaarts swenk na die besig handelsentrum
Mandalay. Stoombote vaar die hele jaar deur tussen Bhamo en Mandalay, met
drie verraderlike engtes onderweg. Onderkant
Mandalay kronkel die Irawadi deur ’n dig bevolkte spoelvlakte, met
landerye van koring, katoen en oliesaad, totdat die rivier se vernaamste
sytak, die Chindwin, 130 km stroom af by hom aansluit. Die
Irawadi vloei eers suidweswaarts en dan suidwaarts voort deur honderde
markdorpies en rivierhawens, waaronder Pagan, Kama, Prome en Henzada, totdat
hy in ’n doolhof van waterweë vertak en ’n uitgebreide delta vorm.
Hierdie vrugbare delta is een van die wêreld se grootste rysproduserende
gebiede. Die
stuk kus waar die Irawadi uiteindelik in die Andamanse See vloei, is
rotsagtig en gevaarlik, en daar is duisende klein eilandjies. Die
Irawadi en sy sytak die Chindwin dreineer ’n gebied van sowat Die
hele dag deur wemel dit op die rivier van bamboesvlotte, seil-en-roeibote en
stoombote wat katoen, rys, lensies, grondboontjies, erdewerk, petroleum,
kiaathout en passasiers vervoer. Yangon, die hoofstad, lê aan die oewers
van die Rangoenrivier, in die oostelike deel van die delta. Dit word deur
middel van die Twante-kanaal met die Irawadi verbind. Shwe Dagon, wat
dadelik sigbaar is vanuit vaartuie wat in die kanaal opvaar in die rigting
van die hoofstad, sorg vir ’n dramatiese einde van ’n boeiende vaart op
die Irawadi. |
||