Die Hugenote
ó hul belangrike erflating in SA

Wingerde by Franschhoek

BO: Wingerde by Franschhoek in die Boland, waar verskeie van die Franse Hugenote hulle in die tyd van Nederlandse Verenigde Oos-Indiese Kompanjie (VOC) gevestig het. Dit is oorspronklik Olifants­hoek genoem, vanweŽ die groot troppe olifante wat destyds daar voorgekom het. Die naam is egter spoedig in Franschhoek ver­an­der, en baie van die Franse setlaars het hul nuwe plase genoem na die gebiede in Frankryk waarvandaan hulle gekom het.

Foto: Walter Knirr © South African Tourism / Suid-Afrikaanse Toerisme

Hulle was so min dat hulle saam in, sÍ, vyf moderne klaskamers sou kon inpas. Maar die bydraes van hul nasate in die Suid-Afrikaanse samelewing was nog altyd enorm...

Die Hugenote-monument op Franschhoek
 
Hugenote-monument

BO: Die Hugenote-monument op Franschhoek wat op 7 April 1948 ingewy is. Nadat mense gevra was om ontwerpe vir die beoogde monument voor te lÍ, is die eenvoudige maar treffende ontwerp van J.C. Jongens, ín Nederlandse immigrant, aanvaar. Die drie hoŽ boŽ van die monument stel die Goddelike Drie-Eenheid vooródie Vader, Seun en Heilige Gees. Daar bo-op is die son van geregtigheid met op die bopunt die kruis wat die Hugenote se Christelike geloof voorstel. Die beeld van die sentrale vroue-figuur is deur befaamde Suid-Afrikaanse beeldhouer Coert Steynberg geskep. Sy versin­ne­beeld godsdiensvryheid deurdat sy ín Bybel in haar een hand en ín gebreekte ketting in haar ander hand vashou.

Fotoís van die monument en gedenkmuseum deur Dewet Diener,
 wat die fotoís by Wikimedia Commons op die wÍreldwye web gelisensieer het ingevolge die Creative Commons Attribution ShareAlike 2.0-lisensie. Vir Dewet se fotoís oor ander onderwerpe op ďflickrĒ,
klik op hierdie skakel:
Dewet.

Hugenote-gedenkmuseumREGS: Die Hugenote-gedenkmuseum by die monument huisves ín indrukwekkende versameling uitstallings, antieke meubels en ander gedenkwaardighede. Die museumgebou is ín nabootsing van die geskiedkundige Kaapse woning Saasveld, wat Willem Ferdinand, baron Van Oudtshoorn, in 1791 gebou het, maar wat in 1950 gesloop is.


    

H

ULLE was minder as 200... net ín breukdeeltjie van die meer as 400.000 Protestante wat in die tyd van die godsdiensvervolging uit die Rooms-Katolieke Frankryk gevlug het.
 
In 1688-í89 het die meeste lede van hierdie Gideonsbendetjie hulle aan die suidpunt van Afrika kom vestig. Sekeres van die sowat 200 het egter ook daarvoor en daarna gekom en die kolonistebevolking sporadies versterk.
 
Hulle was dus min in getal. En tog was hulle vir die jong Kaapse nedersetting ín aansienlike groep. Hul nasate het hulle boonop besonderlik onderskei, en in die talle Franse vanne onder die Afrikaners sien ons steeds die stroom van Hugenote-bloed. Dit is ín baie belangrike erflating.
 
Uit die gebied wat die Loire-vallei, suidwes van Parys, as sy hartland gehad het, kom byvoorbeeld die voorvaders van die Du Plessisís, Celliersís, Rousseaus en De Villiersís, en uit die suide onder andere diť van die Rouxs, Jouberts, Le Granges, Jordaans en Therons.

Handtekeninge van Franse stamvadersLINKS: Die handtekeninge van sekere Franse stamvaders in Suid-Afrikaódiť van Jean Prieur du Plessis, Pierre Lombard en Jacques Therond (Theron).


Die Hugenote het weliswaar nie direk uit Frankryk gekom nie. In al die jare van die lang godsdiensstryd in Frankryk het duisende Franse Protestante immers na lande soos Nederland, Brittanje en Amerika gevlug. Dis daarom dat daar ook Hugenote-bloed in die are van byvoorbeeld Amerika se Paul Revere en selfs ons eie Maria (de la Queillerie) van Riebeeck gevloei het. Chretien de la Quellerie, die oupa van Jan van Riebeek se vrou, was ín Hugenoot wat uit Frankryk padgegee en hom in Nederland gaan vestig het.
 
Ons Kaapse Hugenote het ook aanvanklik uit Frankryk na Nederland uitgewyk. Omdat Nederland ín klein landjie is wat volgeprop was van die Franse vlugtelinge, is hulleóen andere wat hulle aan die Kaap wou gaan vestigóín vry passaat hierheen aangebied. Die feit dat hulle Nederlands geken het, het hul opname in die Kaapse samelewing vergemaklik.

KaartREGS: Die Hugenote wat Kaap toe gekom het, het hulle aanvanklik uit Frankryk na Nederland begewe. Daar het diť wat hulle aan die suidpunt van Afrika wou kom vestig, ín vry passaat hierheen ontvang.


Die lang en bloedige geskiedenis van godsdienstige vervolging in Frankryk het ín hoogtepunt bereik met die wreedste menseslagting in die sogenaamde BartholomeŁsnag (24 Augustus 1572). Sowat 2000 mense is toe in Parys doodgemaak, gevolg deur nog duisende in ander Franse stede. (Die bloedbad is genoem na St. BartholomeŁs, die Rooms-Katolieke beskermheilige van die slagters.)
 
Maar hoe uitgerek daardie godsdiensstryd regtig was, word ondersteep deur die feit dat die Kaapse Hugenote eers langer as ín eeu nŠ die BartholomeŁsnag hierheen gekom het. ín Skip met Hugenote, die Voorschooten, het Nederland op 31 Desember 1687 verlaat. Die Voorschooten, wat in April 1688 in Saldanhabaai aangekom het, is in die daaropvolgende maande deur nog ses skepe gevolg (in alfabetiese volgorde): die Borssenburg, China, Oosterland, Schelde, ít Wapen van Alkmaar en Zuid Beveland.
 
ín Hele aantal Hugenote is onderweg na die Kaap oorlede, want die kos op die skepe was uiters swak. En betreklik primitiewe dae in donker Afrika het op die oorlewendes gewag.
 
NŠ hul aankoms is hulle met waens na die Drakensteinvallei geneem, waar boumateriaal aan hulle gegee is om ín tydelike huis te bou. Bo hulle was die blou hemel en om hulle die ruie gras waarin talle ongediertes geskuil het.
 
Dit was nie maklik om in sulke omstandighede ín begin te maak nie, te meer omdat baie van hulle in Frankryk welgestelde boere was. Om verder tot hul smarte by te dra, is hulle nie bymekaar geplaas nie, maar oral tussen die Nederlanders.
 
Dit was naamlik die amptelike beleid om die Franse aan die Kaap te verhollands. Die Hugenote het aanvanklik heftig gestry vir hul reg om ín eie Franse gemeente te hÍ, maar is spoedig saam met die Nederlanders (en mettertyd ook veral Duitsers) in een Afrikanernasie verenig. Die vertrek in 1702 van die Hugenote se eie dominee, Pierre Simond, het die verdwyning van die Franse as ín groep verhaas.

Titelblad van Nuwe Testament in Frans en NederlandsLINKS: Titelblad van die Nuwe Testament wat in 1672 in sowel Frans as Nederlands gedruk is. Die Franse aan die Kaap sou wel nie probleme gehad het om Nederlands te verstaan nie, omdat hulle ín tyd in Nederland vertoef het voordat hulle hierheen gekom het.


Simon van der Stel was die kommandeur toe die Hugenote hulle aan die Kaap kom vestig het. In die begin het hy hom die lot van die Franse vlugtelinge aangetrek, maar later van hulle vervreem geraak en hulle as ď ín ondankbare klomp menseĒ beskou.
 
Terwyl ds. Simond hier was, het hy nietemin alles in sy vermoŽ gedoen om toestande vir die Hugenote te verbeter. Deur sy hulp het die Nederlandse koloniste skape en beeste geskenk. Maar dit het minstens vier jaar geduur voordat die Hugenote, wat veral wynbouers was, hul eerste wynoes kon hÍ.

Hoewel dit in die begin maar moeilik gegaan het, het die Hugenote nie tou opgegooi nie. Hulle het volhard, hul moeilikhede te bowe gekom en die meeste het van hul boerdery ín sukses gemaak. Hul invloed op die jong nedersetting was groot. Hulle was hardwerkende, bedrewe wynboere wat die wynbedryf, ten minste wat die omvang daarvan betref, ín stoot vorentoe gegee het.

Bowenal was hulle manne en vroue van goeie karakter wat geheg was aan die Protestantse godsdiens en die vryheid. En as ít ware binne een geslag was hulle en die Nederlanders onlosmaaklik verenig. Ook die Franse taal het hier, behoudens enkele woorde wat in Afrikaans bly steek het, verdwyn. Franse, Nederlanders en die baie Duitsers uit die Duitse Laaglande wat vir die Kompanjie in die Kaap kom werk het (en eweneens hier gebly het), het die kern van die Afrikanervolk begin vorm.
 
Vandag, in die begraafplaas neffens die Hugenote-monument in Franschhoek, rus die nasate van Hugenote en Geuse langs mekaar: byvoorbeeld ín Hugo (ín Hugenote-van wat oorspronklik Hugot gespel is) langs ín Van Schalkwyk.
 
En die vrugbare vallei van die Hugenote is steeds ín wynbouwÍreld by uitnemendheid.

Kaaps-Hollandse argitektuur by die wingerde...

BO: Kaaps-Hollande huise is onlosmaaklik deel van die Kaapse wyn­lande, terwyl die wynlande op hul beurt weer onlosmaaklik verbind word met ons Hugenote-voorsate wat hulle daar gevestig het.

Detail van ín foto van Lanz von HŲrsten © South African Tourism / Suid-Afrikaanse Toerisme


Hugenote in die wÍreldgeskiedenis

HUGENOTE was die algemene naam van Franse Protestante tydens die Hervorming. Die term, waarvan die oorsprong onseker is, het omstreeks 1560 in gebruik gekom. Teenkanting van die Rooms-Katolieke het tot ín reeks burgeroorloŽ gelei, maar in 1598 is bepaalde regte aan die Hugenote toegestaan met die Edik van Nantes.
 
Meer as sestig jaar later, in 1661, het Lodewyk XIV egter met ín verbete vervolging van die Hugenote begin. In 1685 het hy die Edik van Nantes herroep.
 
Meer as 400 000 Hugenote het uit Frankryk gevlug. Aangesien baie van hulle sake- of bedryfsleiers of toonaangewende professionele mense was, was hul emigrasie ín groot verlies vir Frankryk.

Talle Hugenote het egter steeds in Frankryk gebly ondanks die vervolging. Die Protestante het uiteindelik in 1789 tydens die Franse Revolusie godsdiensvryheid verwerf.
 
Duisende uitgeweke Hugenote het hulle in die destydse Engelse kolonies in Amerika gaan vestig, veral in Suid-Carolina. Hulle het Hervormde (Calvinistiese) kerke gestig, maar het net soos Suid-Afrika se groepie spoedig in die breŽ bevolking versmelt.
 
Omdat baie van hulle goed geskool was, het hulle ín groot bydrae tot die kultuur van die Verenigde State gelewer.

 

REGS: Detail van FranÁois Dubois (1790 - 1871) se voorstelling van die  BartholomeŁsnag-bloedbad, wat in die vroeŽ oggendure van 24 Augustus  1572 begin het. Dit was ín wrede menseslagting waarmee die lang en bloedige geskiedenis van godsdienstige vervolging in Frankryk ín hoogtepunt bereik het. Sowat 2000 mense is in Parys doodgemaak, gevolg deur nog duisende in ander Franse stede. BartholomeŁsnag-bloedbad

Klik hier om terug te keer na die inhoudsblad