Hondsdolheid •••••
|
|
N OTJIWARONGO in Namibië skrik ’n gesin hulle boeglam toe ’n koedoe meteens by ’n slaapkamervenster inspring. Daar is skuim om die bek van die groot antiloop, ’n koei, wat feitlik seker daarop dui dat sy baie siek en versteurd is. Hulp word ontbied en die koedoe word in dieselfde kamer doodgeskiet. In Bloemfontein
raak ’n doodmak huiskat weer onverwags
waansinnig. Hy slaan sy naels in sy baas se kuit in en begin hom
met mag en mening byt. Die twee voorvalle wat hierbo genoem is, is glad nie geïsoleerd nie. Trouens, dol diere duik gereeld in ons wêrelddeel op—en af en toe sterf iemand selfs as gevolg van hul byte. Dit gebeur veral op ons afgesonderde platteland dat briesende honde, meerkatte of jakkalse niksvermoedende kinders of grootmense takel en hulle met ’n dodelike virus besmet. Die siekte wat sulke byte by mens en dier veroorsaak en
soveel verskrikking saai, word hondsdolheid genoem. Maar asof die
gereelde Suider-Afrikaanse koerantverslae oor hierdie soort terreur nie erg
genoeg is nie, lees ’n mens ook gruwelberigte daaroor uit ander wêrelddele.
Só was daar ’n vrou in Duitsland wat aan hondsdolheid beswyk het
nadat sy dit vermoedelik weens ’n longoorplanting opgedoen het. Die
orgaanskenker, ook ’n vrou, het die siekte bes moontlik gekry toe sy
met vakansie in Indië was. Daar is gemeen dat die skenker aan
hartversaking dood is, maar toe blyk dit dat sy waarskynlik weens
hondsdolheid gesterf het. En dan stol die
emosionele Amerikaners se bloed ook weer elke nou en dan oor hul vlermuise wat
die siekte oordra. Dit lyk genadiglik darem of die vlermuise nie soos
bloeddorstige Draculas op weerlose mense toesak nie, maar slegs byt
wanneer hulle eienaardig “mak” raak en dan deur mense gehanteer
word. Kenners sê dit is ’n les vir elkeen om baie versigtig te wees as diere skielik buite hul aard begin optree… soos wanneer mak diere wilde gedragspatrone openbaar of as wildes meteens stemmig raak. ’n Hond kan byvoorbeeld rasend kwaai en aanvallend word. Daarteenoor sal ’n jakkals miskien blykbaar glad nie meer bang wees vir mense nie—totdat jy hom streel en hy jou hap. Wat
is hondsdolheid? HONDSDOLHEID
is ’n breinsiekte wat, soos gesê, deur ’n virus veroorsaak word en deur soogdiere,
meestal roofdiere, oorgedra word. Voëls, visse en slange en ander
reptiele kan nie draers wees nie. Moet ook nie op hol raak oor ’n
moontlike hondsdol besmetting as ’n rivierkrap jou geknyp het nie! In Suid-Afrika is die vernaamste draers, benewens honde, die stokstertmeerkat, rooimeerkat, bakoorjakkals en rooijakkals. Beeste word dikwels besmet, maar dra die siekte nie so maklik aan ander diere of mense oor nie omdat hulle nie roofdiere is nie. Hiënas, vlermuise en natuurlik katte kan ook draers wees. Elders in Afrika is die Ethiopiese wolf op die rand van uitsterwing juis as gevolg van hondsdolheid en ander faktore. Daar is glo net omtrent vyfhonderd van hulle oor.
INLAS:
’n Ethiopiese wolf.
Oordrag
vind in die reël plaas deur speeksel waarin die virus voorkom. Wanneer
’n slagoffer gebyt word, sprei die virus nie deur die bloed nie, maar
besmet dit die senuweevesels. Dan versprei dit ál met die senuwee tot
by die brein—en as die siekte eers sy vat gekry het, is die dood so te
sê ’n sekerheid. Gelukkig kan met inspuitings gekeer word dat gebyte mense of diere siek word. Maar dan moet dit so spoedig moontlik ná die byt gebeur... Simptome
by die mens DIT is iets aakligs, sê dié wat weet, om veral menslike lyers wat nie behoorlike hospitaalsorg geniet nie aan hondsdolheid te sien sterf. Hulle kan hallusineer, dit wil sê dinge sien wat nie werklik daar is nie, terwyl sekere dele van die liggaam verlam is.
BO: ’n Pasiënt met hondsdolheid in 1959 ërens in ’n Amerikaanse hospitaal.
Foto:
US Department of Health and Human Services / PD Boonop ontwikkel hulle ’n ontsettende vrees vir water as gevolg van spasma of verlamming van die slukspiere. Pasiënte is in der waarheid rasend dors, maar stik as hulle water wil drink. Dit is hoekom hondsdolheid ook hidrofobie of watervrees genoem word. (By diere kan die blote sien van water hulle waansinnig maak.)
Groot hoeveelhede speeksel en trane word
deur die lyer afgeskei. (In ’n ooreenkomstige stadium kwyl ’n dol hond onderwyl hy doelloos
ronddwaal en kou aan al wat ’n vreemde voorwerp is.) Dit gaan gepaard
met ’n onvermoë om te praat . Die
tydperk tussen besmetting en die eerste griepagtige simptome is
gewoonlik tussen drie en twaalf weke, maar dit kan so lank as twee jaar
wees. Vroeë simptome sluit koors, hoofpyn, ’n seer keel en ’n moeë
gevoel in. Sodra
die virus die brein bereik, kan die lyer senuweeagtig, verward en
ontsteld optree. Namate die hondsdolheid sy beloop neem totdat dit
naderhand in ’n vreeslike waansin ontwikkel, verloor die pasiënt sy
bewussyn. Die einde volg spoedig. Trouens,
die dood tree feitlik noodwendig in van twee tot tien dae nadat die
eerste simptome hul verskyning gemaak het. Die slegs ses mense wat,
sover bekend, al die siekte oorleef het ná die verskyning van die
simptome, is almal met ernstige breinskade gelaat. Die enigste
uitsondering is ’n Amerikaanse tienermeisie met die Jeanna Giese. Haar
verhaal beteken hoop vir duisende toekomstige geïnfekteerdes. Die
vyftienjarige Jeanna het
teen die einde van 2004 die beproewing in ’n kinderhospitaal in die
Amerikaanse staat Wisconsin te bowe gekom nadat sy deur die byt van ’n
vlermuis besmet is. Haar gesin het nie vermoed dat die vlermuis
hondsdolheid gehad het nie, omdat dit gesond gelyk het. Jeanna
se siekte het reeds so ver gevorder dat inenting geen nut sou hê nie en
sy is met verdowingsmiddels in ’n koma gehou, terwyl teenvirale
middels toegedien is. Sy het haar kragte en koördinasie herwin terwyl
sy nog in die hospitaal was en is op Nuwejaarsdag 2005 uit die hospitaal
ontslaan. Gebyte mense wat volkome siektevry daarvan afgekom het, is daar egter baie. Dit is danksy inentings wat toegedien is voordat enige simptome hul verskyning kon maak. Maar die mensdom was nie altyd so gelukkig om entstowwe te hê nie...
Voorkoming DIT
was die begaafde Franse navorser Louis Pasteur (1822-1895), aan wie die
wêreld soveel verskuldig is, wat ’n einde gebring het aan die
onafwendbare doodsvonnis wat deur die byte van hondsdol diere
Pasteur
het onder meer bewys dat, indien ’n siekteveroorsakende mikrobe in
’n laboratorium verswak word en die verswakte variant in ’n dier
ingespuit word, die ontvanger immuun teen die siekte raak. Hierdie
kennis het hy uiteindelik ook teen hondsdolheid ingespan om mense te
red. In
1881 het hy hom op hierdie siekte toegespits en onverpoos in sy
laboratorium gewerk om ’n verswakte
kiemstam te probeer ontwikkel wat geskik sou wees om as entstof gebruik
te word. Uiteindelik het hy daarin geslaag. Maar
op ’n dag in 1885, voordat hy nog tyd gehad het om die entstof
behoorlik op die proef te stel, het ’n verbysterde vrou en haar seun
by sy laboratorium aangekom. Die seun, Joseph Meister, is erg deur ’n
dol hond gebyt en sy ma het Pasteur gesmeek om hom te probeer red. Pasteur
het eers gehuiwer om die entstof te gebruik, maar toe besluit
om tog voort te gaan. Die behandeling het tien dae geduur en daarna het
die spannende wagtyd gevolg. Die jong Joseph het nooit hondsdolheid
gekry nie. Die entstof het gewerk! En daarvan kon ook duisende mense getuig wat daarna op dieselfde manier van hondsdolheid gered is. Oor die jare heen sou ander wetenskaplikes wel
die doeltreffendheid van entstowwe teen hondsdolheid verfyn. Vandag is
hulle so doeltreffend dat hulle min newe-effekte het. Hulle werk deur
die immuunstelsel teenliggaampies te laat produseer wat die virus
neutraliseer voordat dit die siekte kan veroorsaak.
Simptome
en voorkoming by diere TEKENS
van hondsdolheid by diere sluit in:
Diere
wat in die vroeë stadium van hondsdolheid is, kan dalk geen tekens toon
nie, maar ’n mens steeds besmet wanneer hulle jou byt. ’n Mens kan keer dat jou troeteldiere hondsdolheid kry deur hulle te laat inent. Eintlik moet alle honde en katte ouer as drie maande geïmmuniseer word. Dit is uiters noodsaaklik dat dit gedoen word, des te meer hier in Afrika waar die siekte so dikwels voorkom. Immunisasie is inderdaad verpligtend in stede in gebiede waar die siekte endemies voorkom.
BO: Die mak stokstertmeerkat lyk bra afgehaal oor die vaksinasie wat gaan volg. Dit is ’n samegestelde foto en die episode het darem nie werklik so gebeur soos dit hier ter illustrasie uitgebeeld word nie! Foto: MSARG Wat
om te doen as ’n verdagte HONDSDOLDOLHEID is ’n aanmeldbare siekte en die naaste staatsveearts moet verwittig word sodra dit enigsins by ’n dier vermoed word. Geen onopgeleide persoon kan vasstel of ’n dier wat vankant gemaak is wel die siekte gehad het nie. Dit kan alleenlik gedoen word deur die brein te verwyder en te ontleed. Enige opgeleide kundige kan die brein verwyder, hoewel
dit wenslik is dat die staatsveearts dit sal doen. Hy sal dit
dan vir ontleding na die Onderstepoortse Veterinêre Instituut (telefoon
012 529 9111) in Gauteng stuur. As
jy gebyt of selfs net gekrap is deur ’n dier wat moontlik hondsdolheid
onder lede het, moet jy:
Onthou,
dit is uiters noodsaaklik dat jy onmiddellik behandel sal word ná ’n
skermutseling met ’n dol dier. Die
dokter sal dikwels tot ’n program van inentings besluit en dan is jou
bekommernis minimaal. As jy die korrekte toedienings ontvang, is dit
omtrent ’n uitgemaakte saak dat jy NIE hondsdolheid sal kry nie. Danksy
die geniale Pasteur en die gesofistikeerde moderne mediese wetenskap. |
|