Banier wat as skakel dien na Die Mieliestronk

 Hondehoekie (2) 

'n Hele handvol grappe oor
honde en hul dinge
Komiese grys hond

Mislukte proefneming

"EK wou my hond leer om te blaf wanneer hy honger is. Ek het hom meer as honderd keer gewys hoe om dit te doen."
        ''En? Blaf hy nou wanneer hy sy kos wil hÍ?"
        "Nee, nou wil hy glad nie vreet voordat ek eers vir hom geblaf het nie!"


Vriendelike hond en omgesukkelde katDie verskil tussen honde en katte

'N HOND kyk na sy baas en dink by homself: "Sjoe! Hierdie mens voer my, speel met my, hou my skoon en gee my 'n plekkie om te slaap. Hy moet 'n goddelike wese wees!"

  • En 'n kat dink: "Hierdie mens gee my kos, speel met my, hou my skoon en gee my 'n slaapplek. Ek moet 'n goddelike wese wees!"  


Nare hebbelikheid

'N HOOGS ontstelde man kom met sy reusagtige hond by die veearts aan.
        ''Dokter, help tog, asseblief. My hond het deesdae die nare hebbelikheid om klein motors te jaag."
        "Maar, meneer,'' glimlag die veearts, ''dis tog doodnatuurlik. Byna alle honde hardloop agter motors aan."
        ''U verstaan nie, dokter, Myne vang hulle en begrawe hulle in die agterplaas!"


Die hond wat weg is

"O, JY sÍ jou hond het weggeraak? Hoe lyk hy en wat is sy naam?"
        "Hy's effens groterig, met gladde, swart hare en hy's so gebaster dat 'n mens onmoontlik kan sÍ watter soort hond hy is. Maar as 'n mens sy naam, Nero, roep en hy kom nie, dan is dit hy!"


Onnosel, dis nou maar wors...

"EK HET gister vyf potte skaak saam met my worshond gespeel."          "Ongelooflik! Hy moet 'n ontsettende slim dier wees."
         "Ag, nie eintlik nie. Ek het hom vier uit die vyf keer geklop!"


Die tekens is daar

''JOU HUIS is baie beknop, nŤ?''
        "Hoe weet jy dit?"
        ''Ek sien dit aan jou hond. Hy waai sy stert nie heen en weer nie, maar op en af!"


Die japie en die dame

'N JAPIE sit met sy basterhond in die trein naby 'n deftige vrou. NŠ 'n rukkie snou die dame hom toe: "Jong man, vat jou hond soontoe, ek kan voel hoe die vlooie op my ronddans."
          "Kom weg daar, Flenters!'' beveel die japie. "Die tannie het vlooie!"


Terloops gehoor

  • Ek verpes mense wat honde aanhou. Hulle is lafaards wat nie die moed het om self hul vyande te byt nie.
  • Wanneer 'n mens se beste vriend 'n hond is, het daardie mens 'n groot probleem!

Die koerantleser

BRUNO hou die oggendkoerant tussen sy pote vas en weier om dit te los. Die baas van die huis is baie omgekrap daaroor en skel op hom.
        ''Maar siejy ophou om die hond so te uit te trap,'' raas sy vrou, ''Bruno het die koerant gaan haal; hy mag dit tog seker eerste lees!"


Net andersom

''IN DIE begin van ons huwelik was ek vreeslik gelukkig. Elke keer wanneer ek tuis gekom het, het my hond vir my geblaf en my vrou my pantoffels vir my aangedra. Nou, nŠ dertig getroude jare, bring my hond die pantoffels vir my aan en my vrou . . .''.


Lewenswysheid

'N HOND met vlooie is nooit verveeld nie.


Wie's daar?

DIE HOND is alleen tuis toe die telefoon lui. Hy haal die hoorbuis van die mik af en kondig homself aan: "Woef!"
        ''Ekskuus,'' vra die persoon aan die ander kant, ``wie's daar?''
        Waarop die hond antwoord: "W vir Willem, O vir Okkie, E vir Eduard, F vir Fanie . . ."


Mens en dier

DIE DOKTER op 'n plattelandse dorpie wat dikwels ook sommer sy pasiŽnte se huisdiere moes behandel, het nie daarvan gehou om lang praatjies aan te knoop nie.
        Een nag lui die telefoon weer langs sy bed. "Mens of dier?" vra die dokter.
        ''Albei,'' sÍ die stem aan die ander kant. "Ons hond kan nie sy tande van mekaar af kry nie en tussenin sit 'n inbreker."


Geen twyfel

JOOS en Koos drentel in die hawe rond toe 'n hond op een van die seilbote blaf.
        ''Weet jy wat se soort hond dit is?" vra Joos.
        ''Natuurlik,'' antwoord Koos, ''dis 'n jaghond!"


Op en wakker

''DIS MOS 'n oulike hond wat jy daar het. Hy is seker ook 'n goeie waghond?"
        "Moenie praat nie! By die geringste verdagte lawaai in die nag hoef ons hom maar net wakker te maak -- en dan blaf hy dat 'n mens hom wie weet waar kan hoor!''


Speurder Woef

KOOS verwonder hom aan 'n rare hond wat hy in die park teŽgekom het. Uiteindelik kan hy sy nuuskierigheid nie langer bedwing om met die dier se baas te praat nie.
        ''Ekskuus tog, meneer,'' sÍ hy, ''watter soort hond is dit?"
        ''Dis 'n polisiehond,'' antwoord die eienaar kortaf.
        Koos skud sy kop. ''Hy lyk darem glad nie soos 'n polisiehond nieÖ"
        Die dier se baas kyk vlugtig op. "As jy dan moet weet,'' sÍ hy en loop vinnnig weg, ''hy's 'n lid van die geheime polisie."


Vrae en antwoorde

  • Hoe vang jy 'n hond wat weghardloop?
    Skuil agter 'n boom en skreeu soos 'n been!

  • Wat kry jy as jy 'n hond en 'n kameelperd kruis?
    'n Hemelbesem van 'n dierasie wat vir vliegtuie blaf

  • Wat doen jy as jou hond jou pen opvreet?
    Skryf met jou potlood!

  • Wat kry jy as jy 'n hond en 'n leeu kruis?
    'n Posman wat aan senuweeskok ly!


Die vuilste borde

íN DOMINEE aanvaar ín uitnodiging van een van sy gemeentelede om by haar te kom eet, hoewel hy weet dat sy glad nie ín goeie huisvrou is nie. Toe hy aan tafel aansit, merk hy op dat die borde en ander eetgerei die vuilste is wat hy nog ooit in sy hele lewe gesien het.
        "Ek wil nie onbeskof klink nie, maar is hierdie goed al ooit gewas? " vra hy aan die vrou terwyl hy sy vingers oor die vuiligheid trek.
        "Dominee,'' antwoord sy, ''ek sÍ nou vir dominee, hulle is so skoon as wat seep en water dit kan kry."
        Hy voel steeds ín bietjie lugtig, maar doen tog die tafelgebed en begin eet. Die kos is werklik smaaklik en hy vertel ook aan die gasvrou hoe hy dit geniet -- minder skoon eetgerei of te nie.
       Toe die ete verby is, dek sy af, dra die skottelgoed na die agterdeur toe, gee 'n harde fluit en roep: "Kom, Water! Kom, Seep!"


Pas tog op!

íN REISIGER hou op ín klein plekkie by ín kafee stil en sien ín groot kennisgewing op die glasdeur: ''GEVAAR! PAS OP VIR DIE HOND!" Binne-in die kafee tref hy egter ín groot, dooierige en motgevrete ou brak aan wat langs die kontantregister lÍ en slaap.
        ''Is DIT nou die hond waarvoor ín mens konsuis moet pas op?" vra hy.
        ''Ja-nee, dis hy,'' sÍ die kafeebaas.
        Die reisiger kan sy lag nie hou nie. ''Hy lyk nie vir my baie gevaarlik nie. Wat het u besiel om so ín groot waarskuwing op die deur aan te bring?"
        ''Want,'' antwoord die kafeebaas, "voorheen het te veel mense oor hom geval en byna hul nek gebreek!"

Klik hier om terug te keer na die inhoudsblad