n Kykie na die aard en hebbelikhede van die mens se beste vriend


Hond se gedagte!
 

Afgaanse hond en chihuahua

BO: So verskillend dat jy beswaarlik kan glo dat hulle tot dieselfde spesie behoort, wat nog te s dieselfde subspesie. Maar die Afgaanse hond en die chihuahua is albei pure honden soos alle honde boonop baie naby verwant aan die gryswolf!

Tersaaklike detail van foto deur Edouard Cadieu, NHGRI  (U.S. Genome.gov)

Die hond is baie meer as net n blaffende mensemaat op poteas hy hardloop, werk sy liggaam byvoorbeeld soos n blaasbalk en wanneer hy droom, droom hy miskien eerder in klanke en geure as van sigbare dinge. Boonop moet honde-eienaars nooit vergeet dat hul honde eintlik tropdiere is nie, en hulle moet hul siebies, brakke en stamboekhonde in ooreenstemming daarmee behandel...


A

S jy n koddige Afgaanse knewel en n keffende siebie van n chihuahua bymekaar sien, kan jy maklik hond se gedagtes kry. Hoe op aarde, kan jy dink, kan sulke totaal verskillende diere tot dieselfde spesie behoort?

 

Miskien sal jy dan verras wees as jy verneem dat hulle nie net tot lede van n spesie gereken word nie, maar daarenbowe in presies dieselfde subspesie tuishoort: Canis lupus familiaris. En dat hierdie subspesie baie naby verwant is aan die gryswolf (Canis lupus), wat glo nagenoeg 15 000 jaar gelede vir die eerste keer deur die mens in Sentraal-Asi getem is.

 

Honde en wolwe verbaster dan ook maklik en daar is n aantal jare gelede bereken dat daar in Amerika alleen enigiets tussen 300 000 en 500 000 sulke basters kon gewees. Maar wie sou nou ooit kon glo dat jy byvoorbeeld ook n chihuahua en n wolf in een asem kan noem!

 

GryswolfREGS: n Gryswolf.

 

Foto: Gary Kramer / U.S. Fish and Wildlife Service
 

 

Hoe dit ook al sy, die bogenoemde chihuahua en Afgaanse hond is natuurlik lank nie die enigste verteenwoor­digers van die hoogs uiteenlopende hondenasie nie. Onder die paar honderd honderasse op aarde is daar kaalbasse, hariges, gladdes, geriffeldes, vettes, gespierdes, haastiges, lastiges, kolleriges, wolleriges, dooieriges, mooieriges en allerhande ander tipes waaraan n mens kan dink.

 

Soos gesing word in die liedjie Die Brakke van Turffontein, wat in oupa en ouma se jong dae so gewild was, is daar rrig rooies en daars bontesen daars alles wat n hond is. Boonop beaam geleerdes dat ons by geen ander soogdier so n verskeidenheid van liggaamsgroottes aantref as by ons hondevriende nie.

 

Die wreld se hondebevolking tel na raming op die oomblik sowat 400 miljoen. En praat van dienstige werkers!  In die koue noordelike streke van die aarde word huskies voor volgelaaide sle ingespan en dan laat waai hulle oor die sneeu. In die gematigde streke is jaghonde nuttige bondgenote van menslike jagters deurdat hulle diere soos hase uit hul gate jaag. Vir baie blinde mense is hul gidshonde onontbeerlike metgeselle.

 

SleehondeLINKS: Sleehonde.

 

Foto (spielbeeldweergawe van detail): Rear Admiral Harley D. Nygren, NOAA Corps (ret.) / NOAA 
 

 

Op plase sorg herdershonde dat vee nie uit hul troppe wegdwaal nie, en vir miljoene mense dien hul honde van allerhande soorte as wagters wat moet help keer dat skelms snags inbreek en hul besittings wegdra. Suid-Afrika se eie boerboel is een van verskeie rasse wat juis geteel is om goeie waghonde te wees.

 

Nie verniet dat die hond hoeka die mens se beste vriend genoem word nie.

 

Dog daar eindig die lys nog glad nie. Nog voorbeelde: Snuffelhonde kan versteekte dwelms uitruik, kadawerhonde kan weggesteekte lyke opspoor, polisiehonde kan geregsdienaars help deur met hul neuse die spoor van vlugtende misdadigers te volg. S kan n mens aanhou.

 

BoerboelEn wie sal daardie sensitiewe hondesiele kan miskyk wat dae lank op die grafte van hul gestorwe base of nooiens bly l sonder om pad te gee?

 

Maar, nou ja, wat is n hond eintlik? As n mens sy samestelling ontleed, kan jy gou vind dat hy baie meer is as net n blaffende mensemaat op pote...

 

HONDE se gehoor is werklik uiters skerp. Nie net kan hulle klanke waarneem wat ver buitekant die grens van die menslike gehoor is nie, maar hulle hoor ook geluide vier keer verder as wat ek en jy met ons ore kan opvang. Knalle soos di van klappers moet vir hulle soos donderweer klink en hoe hulle donderweer self ervaar, kan ons kwalik raai.

 

Op die koop toe is daar minstens agttien spiere wat aan n hondeoor kan pluk, wring en woel, met die gevolg dat hulle baie gouer as n mens kan vasstel waar n geluid vandaan kom.

 

Miskien merkwaardiger nog as hul gehoor, is honde se reukvermo. Hulle kan reuke onderskei in konsentrasies wat honderd miljoen keer yler is as di wat die neus van die mens kan prikkel. Dis ook vir n hond nodig om n nat neus te h, omdat hy daarmee die rigting kan waarneem van die lugstroom wat n bepaalde reuk na hom toe aandra.

 

Sekere waarnemers reken verder dat honde so ingestel is op reuk en klank dat slapende honde meestal van geure, stanke en geluide droom, eerder as van sigbare dinge soos ons in ons menslike droomland.

 

Neus van n hondLINKS: Die sensitiewe neus van n hond.

 

Nog iets wat kenmerkend van n hond is, is sy uithouvermo. Dit lyk of honde gebore is om te hardloop, want hulle kan lank en ver nael voordat hul g uit is. Die liggaam van n hollende hond werk soos n blaasbalk en hy haal een keer asem vir elke tree wat hy gee. Die hond se hartklop skiet terselfdertyd die hoogte in terwyl suurstofryke bloed na die spiere gepomp word.

 

Dis interessant dat n slapende hond se hartklop nagenoeg dieselfde as di van n rustende mens is, te wete 80 kloppe per minuut, maar dat die hart van n bedrywige hond tot 274 keer per minuut kan klop. Dit is byna twee keer so vinnig as die hartkop van n gesonde, aktiewe mens. Geen wonder die hond kan hou waar die menslike hardloper vou nie.

 

Soos die mens en alle soogdiere kan honde ook oorverhit raak wanneer hulle te erg aan die gang is. Aangesien te veel hitte die liggaamstelsels kan beskadig, moet op die een of ander manier van die oormaat warmte ontslae geraak word. Mense sweet, maar honde haal vinnig asem terwyl hulle hul tonge tot wie-weet-waar laat uithang. Hou jou hand voor so n hygende bek en jy sal voel hoe bitter warm brak se kind se asem is! Wat jy voel, is die oortollige hitte wat die hond se liggaam verlaat.

 

Hollende hond

  BO: Hiert, jou haastige hond! Die liggaam van n hollende hond werk soos n blaasbalk en hy haal een keer asem vir elke tree wat hy gee.


Foto: Tyrone Spady, NHGRI (U.S. Genome.gov)

 

 

HONDE het verskillende temperamente en nie net sover dit enkelinge aangaan nie. Dit lyk of verskillende rasse ook hul eie tipiese geaardhede en hebbelikhede kan h, wat baiemaal in ooreenstemming kan wees met die taak waarvoor die ras oorspronklik geteel is (byvoorbeeld vir jag of werk).

 

Geaardhede wat reeds aan n aantal bekende soorte honde toegedig is,   word hieronder genoem, maar n mens moet dadelik bys dat dit kennelik slegs op sekere bre observasies berus en dat dit ook nie vir alle individuele honde sal geld nie. Ons vertel ook so iets van verskillende hondesoorte se geskiedenis. Die beskrywings is meestal verwerkings uit die boek n Hond vir die Huis*).

 


 

Jaghonde

(geteel as spoorsnyers om op jagtogte
aangewend te word)

 

   Afgaanse jaghond: n Afsydige en trotse individualis, maar as hy in die regte luim is, kan hy baie snaaks wees. Behoort glo tot die ras met die langste opgetekende geskiedenis. Die Egiptiese adel sou reeds duisende jare gelede Afgane aangehou het.

 

   Basset: n Vermaaklike, maar ook koppige hond. n Antieke ras wat in Frankryk en Belgi ontstaan het.

 

   Beagle: Mooi, goedaardig en vol kattewaad, maar dit kan baiemaal n probleem wees om hom te dissiplineer. Beagles behoort tot n ou jaghondras, maar omdat hulle in hul vroe geskiedenis so lank in troppe gehou het, kan hulle neig om ander honde, en interessante reuke, bo hul base of nooiens se geselskap te verkies.

 

Rhodesiese pronkrug en worshond    Rhodesiese pronkrug: n Liefderyke, getroue en toegewyde metgesel met n sonderlinge kenmerk: die pronk wat in die verkeerde rigting bo-op sy rug groei. Hierdie Suider-Afrikaanse hond se presiese herkoms is onseker, maar party mense reken dat hy die resultaat is van n verbastering tussen die bloedhond en die Khoi-Khoi se jaghond, wat glo ook s n pronk gehad het.

 

   Windhond: Minsaam en lief vir kinders, maar so saggeaard dat hy nie maklik by n lawaaierige gesin sal aard nie. Hy behoort tot n baie ou ras: die ou Egigtenare het glo groot waarde aan hul windhonde geheg. Hierdie soort honde dra nie verniet die naam windhonde niehulle hardloop so vinnig soos die wind en is gesogte renhonde.

 

   Worshond: n Innemende, skoon hond, wat maklik geleer kan word as hy verstandig gedissiplineer word. Die Duitse woord vir die worshond is Dachshund (dashond), wat duidelik vertel in watter soort jagtogte hy hom in die verlede onderskei het.

 


 

Sportjaghonde

(geteel om jagters van wilde vols te vergesel en onder
meer swerms vols op te jaag)

 

   Golden retriever: Sagaardig en liefderyk, maar hy kan dalk ietwat eiesinniger wees as wat hy self graag wil laat blyk. Golden retrievers is in die negentiende eeu geteel deur n Britse lord wat Russiese spoorsny-honde van n sirkus gekoop en hulle met n bloedhond gekruis het.

 

   Labrador: Skrander en baie betroubaar. Die Labrador kom van Labrador, Kanada, n deel van die Kanadese provinsie Newfoundland-en-Labrador. Hierdie soort hond is geteel om vols te apporteer (aan te bring) nadat hulle geskiet is, veral uit riviere en damme.

 

   Sniphond (cocker spaniel): n Pragtige en getroue troeteldier, maar hy het ook dikwels n ferm hand nodig. Sniphonde behoort tot n ou honderas; vroeg in die vyftiende eeu is daar reeds van spagnels gepraat. Soos dit uit sy naam blyk, kom hy van Spanje.

 

   Weimaraner:  Elegant en atleties gebou, is die Weimaraner n hoogs intelligente, sensitiewe diern slimmerd wat probleme kan oplos en gevolglik al die betiteling hond met n menslike brein ontvang het.  Weimaraners is oorspronklik vir die jag van grootwild geteel, maar later is kleiner diere soos jagvols, konyne en vosse met hulle gejag. Die naam Weimaraner kom van die groothertog van Weimar in Duitsland, Karl August (1757-1828), wie se hof baie van jag gehou het.

 

Golden retriever en sniphond 

 



Terrirs

(ook jagters, maar geteel om ondergronds en in
gate agter hul prooi aan te kruip)

 

   Airedale-terrir: Getrou en speels, maar hyt n ferm hand nodig. Omdat hy n groot jagter is, is dit nodig dat hy gereeld oefening kry, anders kan hy erg rumoerig raak. Sy voorsate was die otterhond en n aantal Engelse terrirs wat reeds uitgesterf het. Die woord terrir kom van die Franse woord terrier, wat die skuilplek van n konyn beteken, n woord wat op sy beurt afkomstig is van la terre, wat aarde beteken. Terrirs was dus oorspronklik honde wat graafdiere soos konyne in hul gate uitgesnuffel het. Die Airedale kan in hierdie verband egter nie n opregte terrir genoem word nie, want hy is te groot om kleinwild onder die grond by te kom.

 

   Bulterrir: Hys eintlik geen jaghond nie, hoewel hy het wel sekere terrir-gene het. Sy ander voorsaat is die bulhond. Omdat hy is geteel om te baklei, is hy astrant en vreesloos, maar hy is tog ook liefderyk. Bulterrirs het sterk en ferm base nodig. (Sogenaamde pit bull terrirs is omstrede Amerikaanse veghonde wat weens hul beweerde gevaarlike en erg aggressiewe aard in verskillende lande verbied is.)

 

Foksterrir   Foksterrir: n Skrander, wakker, innemende en sportiewe mensevriendjie. Die geskiedenis van die foksie is betreklik vaag, maar sy Engelse naam foxterrier dui daarop dat hy in menige jagtogte die gejagte vosse se tier was.

 

   Ierse terrir: n Taai, geharde, speelse hond, wat egter nog maar dikwels die ingebore hebbelikheid het om met ander honde wil te baklei. Bekend as die waagjals of rooi duiwel onder die honde. Die ras is in 1879 gestandaardiseer, nadat die eerste Ierse terrirs in 1872 in die Ierse hoofstad Dublin ten toon gestel was.

 

   Skotse terrir: Dapper, minsaam en vermaaklik. Hy kom van Skotland en die ras is in 1882 gestandaardiseer.

 

   Straffordshire-bulterrir: Omdat hy geteel is om vir die vermaak van n sekere groep Engelandse mynwerkers in vegperke te baklei, sit die veglus nog is sy bloed en sal hy ander honde maklik aanvat. Maar al is hy sterk en dapper, is hy ook n sagsinnige en liefderyke hond. Jock van die bekende boek Jock of the Bushveld deur die Suid-Afrikaanse skrywer Percy Fitzpatrick (1862-1931) was n Straffordshire-bulterrir.

 



Nutshonde

(nuttige honde wat vir verskillende  doeleindes
gebruik kan word)

 

   Bulhond: Al is hy lieflik van lelikheid, is die bulhond in die rel nie wreed nie,  maar innemend. Met sy pragtige geaardheid is hy dus gewoonlik n ware genot vir sy baas. Sy ingeduikte neus is kenmerkend. Bulhonde is s geteel sodat aan bulle en bere moes bly hang terwyl hulle steeds in staat moes wees om asem te haal.

 

   Chinese keeshond (chow chow): Hierdie boorling van China waar hy vir sy pels en vleis geteel is, behoort tot die enigste honderas wat n swart tong het. Hyt sy eie hebbelikhede, maar word vir sy individualisme waardeer.

 

Dalmatiese hond en bulhond

 

   Dalmatiese hond: n Skrander aardigheid en baie getroue troeteldier, wat in die tyd van die perd gebruik is om poskoetse te bewaak. Dalmatiese honde, met hul kenmerkende kolle, kom oorspronklik van Dalmasi, n streek wat hoofsaaklik in die teenswoordige Kroasi l.

 

   Keeshond: n Lewendige en minsame troeteldier van Nederlandse herkoms, wat sy naam kry van ene Kees de Gijselaar, wie se politieke party die keeshond as embleem gebruik het.

 

Poedel   Poedel: n Baie intelligente kalant, wat verklaar hoekom poedels dikwels in sirkusse gebruik word. Daar is drie soorte poedels, te wete die standaard, miniatuur- en dwergtipe, en die poedel was oorspronklik n Europese jagter, wat gejagte Poedelwild uit die water aangebring (of geapporteer) het. Ons kry ons woord poedel van die Duitse Pudel, en daar is n klaarblyklike verband met byvoorbeeld die Engelse woord puddle, wat in water plas kan beteken. Dit is na aanleiding van hierdie honde se beweerde voorliefde om in die water te kerjakker. (Of so n voorliefde vir alle poedels geld, is te betwyfel, want skrywer hiervan weet van n groot wit poedel wat knypstert weghol as n mens met n spuitende tuinslang naby aan hom kom.)

 

   Schipperke: n Betroubare, toegewyde en skrander hond van Vlaams-Belgiese herkoms. Hy stam af van n tans uitgestorwe swart skaaphond. Die Vlaamse woord schipperke beteken klein skipper of skippertjie, oftewel skeepskapteintjie, wat nogal n paslike naam vir hierdie bewakertjie van vragskuite is.

 



Werkers

(skaap-, polisie-, wag-, oorlogs-, slee- en reddingshonde)

 

   Bokser: n Lewenslustige, komiese ekstrovert wat baie moed en uithouvermo het, byna te veel daarvan. Die ras is aan die einde van die agttiende eeu in Duitsland ontwikkel en vir bul- en beertergery uit bulhonde geteel.

 

   Borderkollie: n Uiters skrander, uitmuntend gehoorsame hond, wat uit Skotland kom en, vanwe sy ingebore aanleg om ywerig met n trop skape te werk, baie oefening nodig het.

 

   Bouvier: n Besonder goedaardige, groot en swart harigheid met n ontsaglike potensiaal. Hy hou daarvan om te werk en word as wag-, polisie- en karhond aangewend. Bouviers is in die 1800s in Noord-Frankryk, Belgi en Nederland gebruik om beeste aan te jaag.

 

   Deense hond (Great Dane): n Sensitief en rumoerige bielie, wat baie ruimte nodig het, natuurlik omdat hy self so groot is, asook baie oefening en geselskap. Hy is eintlik geen Deen nie, maar n Duitser, en hy dateer uit die vyftiende eeu. Hy is gebruik om wildevarke te jag, woeste diere wat nie deur enige ou jansalie-hond aangedurf kan word nie. Die Deense hond stam moontlik af van n reuse-hond van Ou Griekeland waarvan die kop op n Griekse muntstuk van destyds verskyn.

 

Deense hond, Dobermann, St. Bernard en kollie

 

   Dobermann: n Wakker, slim, dapper en lenige hond, wat voldoen het aan die verwagtinge van Louis Dobermann en ene Goeller, wat hom in die laat 1800s in Duitsland as waghond uit onder meer terrirs, Rottweilers en black-and-tan-honde geteel het. Die sterk en sensitiewe Dobermann het baie oefening, dissipline en kameraadskap nodig.

 

   Duitse herder (Alsation): n Intelligente en besonder gewilde hond, die volmaakte waghond en kameraad, wat maar nagenoeg n eeu gelede in Duitsland ontwikkel is. Hy het hom in die Eerste Wreldoorlog bewys toe hy ingespan is om boodskappe te dra en om toegevalle slagoffers in die oorlogspuin uit te snuffel. Daarna is die Duitse herders as sekuriteits-, polisie-, wag- en gidshonde vir blindes aangewend.

 

   Kettingboel (Bull mastiff): n Getroue, liefderyke, dapper, sterk en stewige hond, wat as waghond uitmunt. Hy is n kruising, wat maar so onlangs as die 1920s uit die bulhond en die mastiff ontstaan het. Die mastiff self, nou feitlik onbekend, is glo minstens tweeduisend jaar lank in Engeland geteel en onder meer as oorlogshond aangewend. Die kettingboel of bull mastiff is deur jagopsieners geteel om hul wild teen wilddiewe te beskerm.

 

   Kollie: Baie slim, verstandig, elegant en kalm, s is hierdie Lassie met die pragtige ruie hare (die Lassie-rolprente het kollies baie gewild gemaak). Die kollie, wat in 1885 as ras geregistreer is, kry sy naam van n Skotse bergskaap die colley. Teling oor die jare van mooi honde pleks van werkers het egter veroorsaak dat die meeste kollies hul kundigheid verloor het om met skape te werk.

 

   Rottweiler: n Sagaardige, lieftallige, waardige groot hond, n toegewyde metgesel, wat sy naam kry van die klein markdorpie Rottweil in Duitsland. Hy is vroer in Duitsland ingespan om vee aan te jaag, maar later as polisie- en soldatehond aangewend.

 

   St. Bernard: Die grootste knewel onder die honde, sag, verstandig en kalm, met n welwillende uitdrukking. Vanwe hul goed ontwikkelde orintasievermo en uitmuntende reuksin het monnike van die Gastehuis van Sint Bernard de Menthon hierdie tamaai honde gebruik om verdwaalde, beseerde of toegesneeude mense in die Alpe in Europa te red.

 

   Walliese corgi: n Bekoorlike, innemende, maar ook koppige hondjie, wat reeds eeue lank in Wallis bekend is. Hy hom as aanjaer van beeste onderskei het omdat hy alte rats die skoppe van die beeste kan ontduik, terwyl hy hulle aan die enkels byt om hulle aan te jaag. 

 



Dwerghondjies

(met n massa van minder as 8 kg is hulle bloot
troeteldiere en kamerade)

 

   Chihuahua: Die kleinste hondjie op aarde wat uit Mexiko kom waar die ou Asteke hom as heilig beskou het. Koningsgesinne het glo honderde van die hondjies aangehou, elk met sy eie slaaf wat na hom moes omsien. Volgens P.J. Whyte in die boek n Hond vir die Huis is dit nie veel anders gesteld met vandag se chihuahuas nie!

 

   Malteser: n Uitgelate en sportiewe dwerghondjie, wat partymaal n Malteserpoedel genoem word, maar di is n kruising en nie die suiwer Malteser nie. Die suiwer Malteser het lang, syagtige hare en nie die digte krulle van die Malterserpoedel nie. Die Malteser is n baie ou honderas, wat van Malta en Melita kom, en waaroor reeds van die tyd voor Christus in geskrifte melding gemaak is.

 

   Mopshond: n Genotvolle klein kalant, vol bogterye en met n sin vir pret. Hy is van Chinese herkoms.

 

   Pekinees: Hierdie dwerghondjie is enersyds Pekineesonverskrokke en onafhanklik en andersyds liefderyk en speels. Hy kom oorspronklik van Beijing in China.

 

   Spitshond (Pommer): n Gawe, skrander en speelse dwerghondjie met n groter voorsaat, n Duitse skaaphond die Spitz, wat al hoe kleiner geteel is totdat hy sy huidige grootte bereik het.

 
 



O
M af te sluit: Wat hondegedrag aanbetref, moet honde-eienaars altyd onthou dat honde tropdiere is. Hulle verstaan maatskaplike strukture en verpligtinge, en hulle is in staat tot interaksie met ander lede van die trop. Volwasse hondagtige diere leer hul kleintjies deur hulle streng kort te vat wanneer hul gedrag onaanvaar is, soos wanneer hulle te hard byt of as hulle vreet wanneer dit nie hul beurt is nie.

 

Daarteenoor sal die volwassenes die kleintjies vir aanvaarbare gedrag beloon deur met hulle te speel, vir hulle kos te gee of hulle skoon te maak.

 

Oor die verhouding tussen n mens en n hond skryf P.J. Whyte dan ook in haar boek n Hond vir die huis (Tafelberg-Uitgewers):  U hond se voorvaders was sosiale diere wat in troppe geleef het. Omdat hy die behoefte aan kameraadskap gerf het, pas hy hom maklik by 'n gesin aan. Hy het die behoefte aan n leier gerf.

 

Die leier van die trop het die instink gehad om die honde in die trop te oorheers en hulle veilig, gevoed en gedissiplineer te hou. Die gemiddelde lid van die trop het die bypassende instink gehad om onderdanig te wees aan die tropleier. As hy nie onderdanig was nie, het die leier hom op sy plek gesit. Dit was sy afrigting.

 

U kan u hond gelukkig maak deur vir hom die leier te wees. Tree met gesag teenoor hom op. Daardeur word hy meer geheg aan u. n Kind waardeer n woord van lof uit die mond van n streng onderwyser soveel te meer.

 

_________________
  

*) n Hond vir die Huis deur P.J. Whyte, Tafelberg-Uitgewers, uit die Engels vertaal deur Johan Spies en G. Olwagen

 

Klik hier om terug te keer na die inhoudsblad