-
Ek het 'n fantastiese hond. Sy's half-Labrador en
half-vegboelterriër. 'n Goeie kombinasie. Goed, sy sal dalk my been
afbyt, maar sy sal dit altyd weer vir my terugbring.
-
Met geld kan jy vir jou 'n taamlike goeie hond
aanskaf, maar dit sal nie die waai van sy stert kan koop nie.
-
So 'n dom hond. Ek het 'n hondefluitjie gekoop. Hy
weier om dit te gebruik.
-
As jy vroegaand
saam met die hoenders en die honde gaan slaap... sal die
vlooie en bantamluise jou reeds voor dagbreek opvreet.
-
Ek het 'n besonder slim hond. Wanneer ek hom roep en
vra: "Kom jy of kom jy nie?" dan kom hy of hy kom nie.
-
Moenie die fout maak om jou honde soos mense te
behandel nie. Voor jy weet waar jy is, behandel hulle jou soos 'n
hond.
-
Nou die dag sien ek twee honde wat na 'n
parkeermeter toe loop. Die een sę vir die ander: "Kan jy nou
meer? Betaal-toilette!"
-
Ek het al so baie blinde afsprake gehad dat hulle
vir my 'n gidshond behoort te gee.
-
Daar is 'n baie klein dorpie iewers in die Vrystaat. Die
eerste en enigste padteken wat jy daar kry, lees: "Verkeerdevlei
-- pas op vir
die hond."
-
'n Jafel vra die veearts om sy hond se stert af te
sny. "Nou hoekom dan?" wil die veearts weet. "Wel,"
sę die jafel, "my vrou se ma kom volgende maand kuier en ek
wil nie hę sy moet enigiets sien wat haar welkom sal laat voel nie."
-
'n Redelike hoeveelheid vlooie is goed vir 'n hond;
dit keer dat hy hom te veel kwel omdat hy 'n hond is.
-
Die hond is 'n dier met 'n
kop en 'n lyf. Die lyf keer dat hy stert tot by sy nek is.
-
Jy sal nooit
besef dat 'n hond 'n mens se beste vriend is voordat jy jou geld op
perde begin waag nie.
-
Mark Twain het
gesę die hemel is genade; as dit deur verdienste bereik kon word,
sou jy buite gebly en jou hond ingegaan het.
-
Wat so plesierig
is omtrent 'n hond is dat, as jy in sy teenwoordigheid 'n gek
van jouself maak, hy jou nie net NIE sal berispe nie, maar boonop
homself ook soos 'n gek sal gedra.
-
Honde praat
nooit oor hulself nie, maar luister wanneer jy oor jouself praat en
dan lyk dit ook nog of hulle vreeslik belang stel in wat jy sę.
-
'n Deur is 'n ding wat 'n hond altyd aan die
verkeerde kant van is.
-
'n Onvertaalbaarheid van die ou Amerikaanse komediant Groucho
Marx: Outside of a dog, a man's best friend is a book; inside of a dog, it is very
dark.
-
En dan is daar ons eie C.J. Langenhoven se
liefdesgediggie aan 'n hond (uit Stukkies en Brokkies, wat reeds in
1911 verskyn het):
Met modderpote, Haagagaa!
Trap hij die voordeur oop --
Trap hij twee rijtjies blommetjies
Soover als wat hij loop . . .

|