Hoefdiere (5): Ewetonige hoefdiere (iii): Seekoei, vark, pekari, kameel, kameelskape

Kameel en kie.

ín Baktriese kameel

BO: ín Baktriese kameel met ín mondvol gras poseer non-chalant vir die kamera.

Foto: Adrian Pingstone,
wat dit by Wikimedia Commons op die wÍreldwye web tot openbare besit verklaar het (ďreleased into the public domainĒ).

Die kameel, met sy boggelrug en plat pote, is die woestyn se koddigste wonder. Die seekoei, wel, die seekoei kan natuurlik ook ín bul wees! En die vark... moet hom nie net op sy gewoonte takseer om in die modder rond te ploeter nie. Almal is lede van die ewetonige hoefdiere, wat verder bekyk word in hierdie aflewering van ons reeks oor hoefdiere...

ē  Lees ook ons ander artikel oor die kameel en meer oor die vark

Klik hier onder op die skakel na die afdeling van jou keuse:

  

(1) Primitiewe hoefdiere: Olifant, dassie, erdvark, sireniŽr
(2) Onewetonige hoefdiere: Perd, esel, sebra, renoster, tapir
(3) Ewetonige hoefdiere (i): Bovidae: Beeste, skape, bokke, antilope
(4) Ewetonige hoefdiere (ii): Hert, bisamhert, gaffelbok, kameelperd
(5) Ewetonige hoefdiere (iii): Seekoei, vark, pekari, kameel, kameelskape

D

IE Groot Trek van die Seekoei, kon hulle dit genoem hetódie suidweswaartse verhuising van die wandelende Huberta...

Maar die Suid-Afrikaanse koerante was in die jare twintig van die twintigste eeu ietwat stemmiger as vandag, en het maar net gereeld bly berig hoe sy vorder op haar tog.

Huberta was ín seekoei van St. Luciabaai in Zoeloeland, wat op ín dag besluit het om die pad te vat. Sy was sů ín gevierde reisiger dat sy selfs wetlike beskerming geniet het. Teen 1931 het sy die Oos-Kaap bereik.

En toe, op ín dag, word sy deur die een of ander skietlustige persoon doodgeskiet. Tragies dat dit sů moes eindig. Nou sou niemand ooit weet hoe ver sy sou gedool het nie, en ín nuttige brok inligting oor dieregedrag was dus ook daarmee heen. Iets het darem met haar dood aan die lig gekom: Huberta was nie ín seekoeikoei nie, maar ín seekoeibul!

Seekoeie behoort tot die orde Artiodactyla, of ewetonige hoefdiere. Maar anders as die diere wat ons in die vorige twee aflewerings bekyk het, is hulle nie herkouers nie. Varke en pekariís ook nie.

Kamele en lamas herkou wel, maar omdat hul bou so baie van die ware herkouers verskil, word hulle in ín afsonderlike suborde geplaas.

ín Seekoei in ín dietetuin

BO: ín Seekoei in ín dieretuin.

 

Foto: ätěpŠnka MohylovŠ,
wat dit tot openbare besit verklaar het (ďreleased into the public domainĒ)

  

Seekoeie

DIE seekoei is die derde grootste landdieródie olifant is die grootste en die renoster die naasgrootste.

Die seekoei het ín ander, vreemde (ook Engelse) naam, hippopotamus. Dit beteken rivierperd, en hy is inderdaad ín watergebonde dier. Seekoeie sal darem ook die water verlaat om te vreet, meestal snags.

Hulle is uitstekende swemmers, wat selfs op ín meer of rivier se bodem kan rondloop en tot ses minute onder die water kan bly.

Daar is twee hoofsoorte: die gewone en die dwergtipe.

Die gewone seekoei kan tot 3000 kg weeg en sowat 1,5 m hoog staan. Die vel is kaal buiten steekhare aan die snoet, ore en stert. Daar is vroeŽr gedink dat hulle bloed sweet, maar ons weet vandag dat daar kliere in die vel is wat ín rooierige, olierige vloeistof afskei om die vel klam te hou.

Die donkerkleurige dwergseekoei, wat in digte woude naby watergate en riviere voorkom en minder tyd in die water deurbring, weeg tot 270 kg en word omtrent 75 cm hoog. Sy kop is, in verhou≠ding tot sy lyf, kleiner as diť van sy groot neef.

Seekoeie was eenmaal volop regoor Afrika. Egiptiese tekeninge toon dat hulle vroeŽr in die Nyl gejag is. Maar die mens het hul getalle en hougebiede drasties laat krimp en hulle is heeltemal uitgewis noord van Khartoem en suid van die Zambezi, buiten in ín paar beskermde gebiede soos nasionale parke.

Die dwergseekoei se vleis is ín gesogte lekkerny in Afrika en diť dier is op die rand van uitwissing.

 

ín Varksog en haar kleintjie

 

BO: ín Varksog en haar kleintjie.

 

Foto: Scott Bauer / ARS / U.S. Department of Agriculture
  
Varke
 

ē  Klik hier en lees meer die vark in die Mieliestronk-artikel oor rooi vleis
 

NOEM hom ín swyn, noem hom ín ot, maar ín vark bly ín vark! Die mak plaasvark word in byna elke land gevind. Hulle word geteel vir hul vleis, velle (vir leer) en hare (vir borsels, matrasvulsels en isolasie-materiale).

 

ín Mak vark wat wild geword het en ín wildevarkREGS: Mak varke stam van die Europese wildevark af en dit is ín eienaardigheid dat makkes wat weer in die vrye natuur beland en wild word, dikwels weer soos ín wildevark (illustrasie REGS ONDER) begin lyk. Die makkes kan ook met wildevarke verbaster.

 

Foto van mak vark wat wild geword het: NASA; illustrasie: Histories (ďPD OldĒ)

 


Verskillende dele van die vark word ook as bestanddele in verskeie produkte gebruik: die vet vir seep, kerse, skeerrome en plofstowwe; die bloed vir bemesting en medisyne; die kliere vir insulien en ander geneesmiddels; die bene vir lym, bemesting en dierevoer.

Sorgsame teling en verbeterde kos en hokke oor die jare het tot varke gelei wat vinniger groei en maerder vleis lewer. Daar is talle verskillende mak varkrasse.

Wilde varke het eenmaal regoor Europa en ander wÍrelddele voorgekom. Onder diť wat vandag nog lewe, is die babiroesa van Oos-IndiŽ, die vlakvark van Afrika en die wildevark van Europa, AsiŽ en Afrika.

Varke is nie streng vegetaries nie. Hoewel hulle meestal plante vreet, sal hulle ook aas en insektelarwes, wat hulle met die snoete uitgrawe, verorber.

 

Pekariís

BO: Pekariís (ook genoem javelinas). Mense verwar hulle dikwels met varke, maar hulle is boorlinge van die Amerikas, terwyl die varke van Afrika en EurasiŽ kom. ín Volgroeide volwasse pekari kan ín massa van tussen twintig en veertig kilogram hÍ.

Foto: ©  Jeff Dean,

wat vrye gebruik vir enige doel vergun mits die kopiereghouer behoorlik erken word

 
Pekariís

PEKARIíS is wilde, varkagtige diere van Noord- en Suid-Amerika. Hulle is nie ware varke nie. Daar is vier spesies: die kraag-pekari met sy smal nekband wat in die oopte woon; die witlip-pekari wat digter plantegroei verkies; die Chacoaan-pekari wat tot 1975 as uitgewis beskou maar weer opgespoor is; en ín vierde spesie, die reuse-pekari, wat onlangs deur ín Nederlandse bioloog in die Brasiliaanse amasone ontdek is.

Pekariís vreet meestal wortels, knolle en bolle, maar soms wel klein prooidiertjies. Hulle beweeg in troppe van ín paar honderd. Waar moontlik sal hulle vlug wanneer gevaar dreig, maar hulle sal ook verwoed met hul tande veg indien nodig. Daar is al waargeneem hoe hulle saam-saam op ín roofdier toesak wat dit te naby gewaag het.


Kamele
 

ē  Klik hier vir ín volledige Mieliestronk-artikel oor die kameel 

 

DIE geroemde ďskip van die woestynĒ met sy een of twee boggels, humeurigheid en veral merkwaardige vermoŽ om in die dorsland te oorleef, het min bekendstelling nodig.

Die kameel is in alle opsigte toegerus vir sy harde wÍreld. Die lang ooghare hou die waaisand buite, die neusgate kan eweneens maklik toegemaak word.

Sy groot liggaam help hom om sy liggaamshitte uit te straal. Die hare beskerm hom teen die son en hou hom snags weer warm. In die boggel word vet opgegaar wat afgebreek word om energie te verskaf. Water word ook skraps gebruik: slegs bietjies urine word afgeskei en die kameel sweet net as die temperatuur tot sowat 40 įC styg.

Daar is vandag twee hoofsoorte kamele: die Arabiese kameel met die een boggel, ook die dromedaris genoem, en die Baktriese kameel met sy twee boggels.

Daar is geen Arabiese kamele meer wat wild rondloop nie. Almal leef by die woestynmense van AsiŽ en Afrika, maar ook selfs in AustraliŽ. Met die jongste eeuwisseling was daar sowat 25 000 Arabiese kamele in AustraliŽ, die nasate van kamele wat van 1804 tot 1907 soontoe gebring is.

Daar is wel nog ín klompie Baktriese kamele in die vrye natuur (minder as duisend met die eeuwisseling), te wete in Suidwes-MongoliŽ en Noordwes-China. Die meeste is egter mak gemaak en word in AsiŽ gevind.

Soos die dromedaris het die Baktriese kameel ín verstommende weerstand teen verskillende gure omstandighede. Hy oorleef in die ontsettende klimaat van die Tibetaanse plato waar die kwik in die somer tot 60 grade Celsius kan styg en in dit in die winter so koud kan word as in die poolstreke.

 

Lama en meisietjie

BO: So mak soos ín lammetjie, maar die lama by hierdie meisietjie is geen skaap nie.  Hoewel skrywers aanvanklik lamas met skape vergelyk het, is gou besef dat hulle eerder ooreenkomste toon met die kameel.

 

Krediet: Detail van foto deur Bill Tarpenning / U.S. Department of Agriculture
 

Kameelskape

 

ē  Klik hier om te sien hoe die verskillende kameelskape lyk onderaan die Mieliestronk-artikel oor die kameel 

 

VIER lede van die kameelfamilie woon in Suid-Amerika. Die lama, guanaco, vikoenja en alpakka lyk bra soos miniatuur-kamele, maar hulle het nie boggels nie.

Toe die Spanjaarde die Inka-ryk in die hoŽ Andes in 1531 verslaan het, het hulle talle mak lamas en alpakkas daar gevind. Vandag word hierdie twee diersoorte nog dikwels deur die mense aangehou.

Die vikoenja is ín snelvoetige wildsbok van die Andesgebergte, en duidelik verwant aan die guanaco, wat ook wild is.

Die vier is dalk uit een stal, maar hulle verskil ook in baie opsigte.

Die lama is die grootste, sowat 1,2 m hoog by die skouer. Sy wol is lank, dig en fyn en kan bruin, grys, wit of swart wees.

Die alpakka, minder as 1,2 m hoog by die skouer, word selektief geteel vir sy manjifieke lang, reguit hare wat wol van uitstekende gehalte lewer. In die jare her is sy hare tot gewade vir die Inka se koninklikes geweef.

Die guanaco staan skouerhoog tussen 107 en 122 cm, en sy lang, wollerige haarkleed wissel bo van geelbruin tot bruin en is onder wit.

Laaste op die lys is die vikoenja, wat tussen 69 and 91 cm hoog by die skouer staan. Sy haarkleed is ligbruin met ín geelrooi bef. Hy hou in die Andes van Bolivia, Chili en Peru op hoogtes van tussen 3660 m en 5490 m bokant die seevlak.
 

Klik hier onder op die skakel na die afdeling van jou keuse:

  

(1) Primitiewe hoefdiere: Olifant, dassie, erdvark, sireniŽr
(2) Onewetonige hoefdiere: Perd, esel, sebra, renoster, tapir
(3) Ewetonige hoefdiere (i): Bovidae: Beeste, skape, bokke, antilope
(4) Ewetonige hoefdiere (ii): Hert, bisamhert, gaffelbok, kameelperd
(5) Ewetonige hoefdiere (iii): Seekoei, vark, pekari, kameel, kameelskape

 Klik hier om terug te keer na die inhoudsblad