Anglo-Boereoorlog

Emily Hobhouse

— die engel van deernis

Emily Hohhouse - kleurfoto

 

LINKS: Emily Hobhouse (1860--1926)
  
Sy was ’n vrou van Engeland wat vandag steeds as een van die grootste heldinne in die Suid-Afrikaanse geskiedenis beskou word—die skryfster en filantroop Emily Hobhouse (1860--1926). Dikwels lynreg teen die gevoel van haar eie mense, wat gemeen het dat sy met die vyand heul, het sy dit op haarself geneem om die lyding van duisende vroue en kinders in die Anglo-Boereoorlog te verlig. Want, sů het sy vas geglo, medemenslikheid ken geen grense nie..
.
 

DIS IETS MEER AS honderd jaar gelede, in die begin van die twintigste eeu. Peinsend voor ’n tafel in Londen in haar geboorteland sit’n tenger, maar baie dapper vrou. Miskien verbloem haar serene gesigsuitdrukking haar onblusbare veggees vir geregtigheid. Dalk verklap dit niks van die brandende gevoel in haar dat sy geroepe is om’n skreiende onreg te help regstel nie.

 

Straks is sy nou ook besig om haar herinneringe te orden, dalk net in haar gedagtes, dalk in skriftelike verslae. Maar haas vrou-alleen probeer sy steeds uitwerk hoe sy die grootste en standhoudendste druk op die Britse regering kan toepas.

 

Die hele wÍreld moet immers hoor van die verskiklikhede wat sy ervaar het… van die skandes wat sy die vorige paar maande eerstehands in Suid-Afrika aanskou het terwyl sy daar was.

Almal moet kennis dra van die haglike toestande van die onskuldige slagoffers in die konsentrasiekampe van die Britte.

Van die talle vroue en kinders wat in die Anglo-Boereoorlog in diť kampe saamgebondel is en besig is om by die duisende te sterf.

Van ongeŽrgde Britse militÍre wat verkies om anderpad te kyk en hul hande in onskuld te was oor die slagting.

Van oorlogsmisdaad wat, soos sy nou voel, ten hemel roep.

Emily Hobhouse, die filantroop en verbete kampvegter vir menseregte, was sekerlik self nie daarvan bewus dat sy met haar volgehoue stryd besig was om haarself as ’n heldin in die geskiedenis te vestig nie.

Emily - heldin van die SA geskiedenis

LINKS: ’n Jong Emily—sy het toe stellig nooit gedink dat sy haar as ’n heldin in die Suid-Afrikaanse geskiedenis sou vestig nie.

 

Veral van Boere-kant sou sy egter later gehuldig word as die ťťn Britse engel van deernis in ’n oorlog waarin menswaardigheid beslis nie altyd alte hoog aangeslaan is nie.

En uiteindelik sou baie Britte self besef dat hierdie’'blatante verraaier'' uit eie geledere, inderdaad ’n skynende sterretjie was in ’n wÍreld wat deur haat verdonker is.

Toe sou diť profeet oplaas ook in haar eie land geŽer word . . .

EMILY HOBHOUSE, dogter van die Anglikaanse aartsdeken Reginald Hobhouse en Caroline Trelawny, is op 9 April 1860 in Liskeard, Cornwall, gebore. In ’n tipies Victoriaanse omgewing kon sy as meisie nie op ’n wafferse intellektuele opvoeding hoop nie en haar enigste’'skool'' was dan ook die gesin se eie pastoriewoning in die klein tinmyndorpie St. Ives in Cornwall.

As jong meisie was haar enigste afleiding kerklike en maatskaplike werk. Eers nŠ die dood van haar invalide wewenaar-pa, by wie sy gewoon het totdat sy 35 jaar oud was, kon sy wegbreek en haar eie ding doen.

Sy is na die myn- en bosboudorpie Virginia in die noorde van die Amerikaanse staat Minnesota om opheffingswerk te doen. Daar, in haglike omstandighede, snerpende koue en tussen ’n spul rowwe mans, het sy op ’n voorstaande winkelier verlief geraak.

Maar blywende geluk saam met John C. Jackson was haar nie beskore nie. Hul verlowing is verbreek en, toe die Anglo-Boereoorlog uitbreek, bevind sy haar in Londen in die kring van die pro-Boere, waarin haar oom lord Hobhouse ’n prominente figuur was.

(Na volgende kolom)

 

'n Verbete vegter vir menseregte—in ’n tyd toe dit nog lank nie so belangrik geag was as vandag nie...

Emily - vegter vir menseregte

 

In die eerste weke van die oorlog praat Emily self op verskeie openbare vergaderings en spreek sy haar skerp teen die optrede van die Britse regering uit.

Laat in 1900 ontvang sy besonderhede van hoe vroue en kinders in Suid-Afrika deur die Britse leŽr behandel word. Soos sy dit later sou stel:’' . . . arme vroue wat herwaarts en derwaarts gejaag is,  wat beskerming en georganiseerde hulp nodig gehad het. Op daardie oomblik was ek vasbeslote om na Suid-Afrika te gaan om hulle te help.''

In Oktober 1900 stig Emily die Relief Fund for South African Women and Children, en op 27 Desember 1900 kom sy self in Suid-Afrika aan. Sy verlaat die Kaap op 22 Januarie 1901 en bevind haar twee dae later in Bloemfontein.

In die volgende klompie maande besoek sy verskillende konsentrasiekampe in die Vrystaat en Noord-Kaap waar die verskriklike omstandighede haar geweldig skok. Met onvermoeide ywer sal sy nou probeer om die omstandighede van die lydendes daar te verbeter.

Vir haar is dit eintlik Brittanje se eer wat op die spel is. Sy besluit om na Engeland terug te keer om stryd voort te sit. Haar vurige veroordeling van die toestande in die kampe bring mee dat die Britse oorlogsregering heftig deur die Liberale opposisie van destyds gekritiseer word weens sy’'barbaarse metodes''.

’n Regeringskomitee onder Millicent Fawcett staaf die meeste van haar klagtes nŠ ’n ongelukkige vertraging van maande, maar’'that miss Hobhouse'' word verguis weens haar medelye met onderdane van die vyand.

Emily word verbied om voortaan enige van die konsentrasiekampe te besoek. Toe sy dus op 27 Oktober 1901 weer in Kaapstad aankom, word sy kragtens krygswet summier na Engeland teruggestuur.
Terwyl haar gesondheid nie meer na wens is nie, keer sy terug na Europa om in die berge van Savoje in Suidoos-Frankryk te gaan herstel. Dit is daar waar sy die nuus ontvang dat die Boereleiers die Vrede van Vereeniging onderteken het.

Emily Hobhouse sou met opheffingswerk nŠ die oorlog ’n leidende rol speel om platgeslane gesinne in Suid-Afrika uit die as op te help. Sy het wyd in ons land  gereis en onder meer met ’n skema van tuisnywerhede vir jong meisies begin.

Haar boeke oor die oorlog het boonop baanbrekerswerk verrig om dokumentÍre bewyse te verskaf van die lyding van burgerlikes in oorlogstyd.

In 1921 het dankbare Suid-Afrikaners £2.300 byeengebring (’n groterige bedrag destyds, maar eintlik onomrekenbaar in vandag se geld vanweŽ inflasie) sodat sy, toe arm en verswak, ’n eie huis kon koop op die dorp van haar jeug, St. Ives in Cornwall.

Nadat sy op 8 Junie 1926 in Londen oorlede is, is haar as na Suid-Afrika gebring en op 26 Oktober 1926 aan die voet van die Nasionale Vrouemonument in Bloemfontein begrawe.

Aan die mense van Suid-Afrika het sy eenmaal geskryf:’'Ek het nooit voorheen jul land gesien of enigeen van julle geken nie. Dit was dus geen persoonlike vriendskapband wat my hierheen gebring het nie. Daar was ook hoegenaamd geen politieke motief nie.

''Ek het op ’n heel natuurlike wyse hierheen gekom—om die gevoel van eendrag of die eenheid van vroue te gehoorsaam en diť van eerbare tradisies, kenmerkend van die Engelse volk, waarin ek grootgemaak is en wat ek van oudsher oorgeŽrf het.

''Dit is wanneer die gemeenskap tot in sy fondamente geskud word dat bodemlose dieptes van verlies na mekaar toe uitroep en dat ’n dieper eenheid van die mensdom homself openbaar . . .''


’n Uitgeteerde Boeremeisietjie wat die ellende van die konsentrasiekampe nie sou oorleef nie

BO: ’n Uitgeteerde Boeremeisietjie wat die ellende van die konsentrasiekampe nie sou oorleef nie. Dit was teen sulke ten hemel skreiende vergrype van die Britse militÍre dat Emily Hohouse namens die Boere in opstand gekom het.

 

 

’n Verslag van Emily Hobhouse oor die Britse beleid van verskroeide aarde in Suid-Afrika:

“DIE NUWE beleid van verskroeide aarde van die militÍre owerheid . . . het talle bykomende gesinne na die kampe gebring met die gevolg dat die inwonertalle daar geweldig gestyg het.

“Ek was dikwels ’n ooggetuie van wat gebeur het. Ek het gesinne gesien wat digby die spoorlyn naby Warrenton en Veertien Strome saamgehok is; ek het ’n oorvol trein gesien wat regdeur ’n hele lange nag na Kimberley toe aankruip; ek het mense gesien, jonk en oud, wat in oop trokke onder ’n versengende son naby ’n stasiegebou saamgebondel is sonder dat hulle enigiets gehad het om te eet.

 

“Om middernag is hulle na leŽ tente vervoer waar hulle in die donker rondgetas het, op soek na hul bondeltjies. Hulle het gaan slaap sonder dat daar enigsins na hulle omgesien is en sonder dat hulle enigiets te eet of te dink gehad het.

“Ek het skares van hulle langs spoorlyne gesien, in bitter koue weer, in gietende reŽn—honger, siek, sterwend en dood.

 

“Ek het nooit getwyfel dat enige van my vroulike landgenote anders sou voel as ek by die aanskoue van dit alles nie—met ’n diepgaande gevoel van ontferming, ’n vurige begeerte om die lyding te verlig.”

Emily Hobhouse in haar skemerjare

 

Emily in haar later jare—’n vol lewe agter die rug.

 

 

 

Klik hier om terug te keer na die inhoudsblad