|
Kreature soos jellievisse en erdwurms het geen "geraamtes" in die gewone sin van die woord nie. Tog slaag hulle uitmuntend daarin om hul vorms te behou en goed te funksioneer in die wêrelde waarin hulle voorkom. Hoe kry hulle dit reg? |
|||||
OEM
die woord "skelet" en ’n mens dink dadelik aan ’n geraamte—die benige raamwerk binne-in jou wat jou liggaam regop hou en keer
dat jy slegs ’n ruggraatlose drilsel van vlees en bloed is!
Sulke
inwendige skelette word slegs by die mens en gewerwelde diere aangetref.
Ongewelwelde diere soos byvoorbeeld krappe en sprinkane het op hul beurt
uitwendige skelette—harde beskermings aan die buitekant wat ook
huidskelette of eksoskelette genoem word. Namate hulle groei, moet
hierdie diere as ’t ware uit die ou vel bars of, soos in die geval van
die slak, die skulp al hoe groter maak. Hoe
ook al, mense en diere het skelette nodig om die uitwerking van
swaartekrag teen te werk. Maar
nou is daar ook diere wat glad nie sulke harde skelette het nie.
Kreature soos jellievisse en wurms het geen "geraamtes" in die
gewone sin van die woord nie, maar tog slaag hulle daarin om hul vorms
te behou en te beweeg en goed te funksioneer in die wêrelde waarin
hulle voorkom. Hoe
kry hulle dit reg? Die
wetenskaplikes sê hierdie diere het "hidrostatiese skelette".
En dit kan nie eens naastenby vergelyk word met ons eie geraamtes waarin
beendere meganiese steun bied om ons liggame regop te hou en waaraan ons
spiere vasgeheg is nie.
Omdat
vloeistowwe onsaampersbaar maar wel vervormbaar is, sal spiere wat om
’n hidrostatiese skelet saamtrek, die vorm van die holte kan verander
en sal die dier in ooreenstemming met die veranderde holte beweeg. Hidrostatiese
skelette kom binne-in die liggame voor van onder meer holtediere (diere
van die phylum Coelenterata, byvoorbeeld korale, jellievisse en
see-anemone) en gesegmenteerde wurms (van die phylum Annelida, wat uit
sowat 9.000 spesies van wurmagtige
ongewerweldes bestaan en meer as 1.000
erdwurm-spesies insluit). ’n Mens kan ’n hidrostatiese skelet ook vergelyk met ’n ballon wat met water gevul is. Wanneer byvoorbeeld ’n see-anemoon orent staan, is hy wesenlik besig om homself met water op te pomp! Landdiere soos erdwurms gebruik weer hul hidrostatiese skelette om hul liggaamsvorm tydens voortbeweging herhaaldelik van lank en slank na kort en dik te verander en dan weer andersom.
By
die basiese hidrostatiese skelet tref ’n mens dus onder meer die
volgende aan: (1)
’n holte wat ’n onsaampersbare vloeistof bevat wat die verandering
in druk in gelyke mate in alle rigtings oordra; ’n
Hidrostatiese skelet werk baie goed in water (water is immers baie
digter as lug, wat ook meebring dat ons kan swem, maar nie kan vlieg
nie!). ’n Waterdier met
’n hidrostatiese skelet kan daarom in die reël veel groter word as
’n landdier wat weens swaartekrag met dieselfde soort skelet sou
ineenstort. Tog is daar uiters suksesvolle landdiere soos erdwurms wat
uitstekend regkom met hul hidrostatiese skelette. Ook ’n klein varswaterdiertjie soos die hydra is daarmee toegerus. Die hydra is ’n regte klein koddigheidjie wat lekker bolmakiesie kan slaan op die bodems van damme of mere, waarin hy voorkom. Die
liggaam van ’n hydra is tussen 6 en 13 mm lank en kan grys, bruin of
groen wees. Groen hydras kry hul kleur van alge wat in sekere selle van
die liggaamswand lewe. Die liggaam is ’n silindriese sak, waarvan die
wand uit twee lae selle bestaan wat deur ’n dun laag van ’n
nie-sellullêre stof geskei word. Daar is
net een enkele buikvaatholte, waarmee die hydra moet sien kom klaar om
al sy kaperjolle in die water aan te vang.
Maar
dis by die erdwurm dat ’n mens die beste voorbeeld kry van ’n
hidrostatiese skelet en hoe dit vir voortbeweging gebruik word. Ons het
hierbo gesien hoe die erdwurm taks in die grond of in sy geluksoord van
verrottende blare aanstryk. Hy doen dit met golwe van spiersametrekking en
-ontspanning van twee groepe spiere—ál met die lengte van sy liggaam
langs—sodat ’n bepaalde gebied óf gerek en dun óf verkort en verdik
is.
Iedere segment bevat ook ’n met vloeistof gevulde holte wat ’n seloom genoem word. Elke seloom word omring deur kringspiere wat soos ’n reeks hoepels om die segment span, asook lengtespiere wat in die lengte in die wurm se liggaam afloop.
Wanneer die kringspiere om ’n segment teen die hidrostatiese druk van die seloom saamtrek, raak daardie segment lank en maer. As die lengtespiere saamtrek, word die segment kort en vet. Die wurm kan die werkinge van elke segment onafhanklik beheer, sodat ’n deel van die liggaam kort en vet kan wees en ’n aanliggende gedeelte lank en maer. Dit
is hierdie vermoë van die erdwurm om sy liggaam te vervorm (deur die
selektiewe sametrekking van kring- of lengtespiere teen sy hidrostatiese
skelet) wat hom in staat stel om in die grond in te boor. Die
wurm begin deur die kringspiere aan sy voorkant saam te trek, wat sy kop
lank en maer maak. Hy dryf dan sy kop in die grond in en trek die
lengtespiere by die kop saam, wat die kop vet maak en daardie kant van die
wurm in die grond anker terwyl hy die agterkant van sy liggaam aansleep. Sodra die liggaam vorentoe getrek is, trek die wurm die lengtespiere agter saam om dit te anker en trek hy nogeens die kringspiere by die kop saam om verder in die grond in te wurm. Op die liggaam is talle uiters klein haartjies, of setae, wat die wurm in staat stel om hom goed aan die wande van sy gat te anker. Só wen die erdwurm dan spreekwoordelik gedurig grond in sy omswerwinge deur die grond! |
|||||
|
Klik hier om terug te keer na die inhoudsblad |