Globalisering
  

Klein węreld

 
So klein raak die węreld...

 

Globalisering, goed of sleg, is ’n werklikheid wat ons lewens raak op maniere waaraan die meeste van ons nooit eens dink nie. Maar wat beteken dit eintlik?
 

Wat is globalisering?
 

G

LOBALISERING beteken verskillende dinge vir verskillende mense en in verskillende vakgebiede. In hoofsaak kan dit egter beskryf word as ’n “verkleining” van ons planeet of selfs ’n beweging na die “eenwording” van die diverse volkere van die węreld as gevolg van:

  • Vliegtuigdie haas onbelemmerde verkeer tussen lande (Europa is byvoorbeeld vir ons per vliegtuig slegs ’n aantal ure ver);
  • die verval van die grense van kommunikasie (’n mens kan nou dadelik iemand in, sę, Siberië opbel of ’n
    e-pos vir ’n persoon in Brasilië stuur);
  • en die ekonomiese integrasie wat ons byvoorbeeld in staat stel om ons Nokia-selfone te gebruik en Cokes en McDonald-burgers te geniet al bevind ons ons in Matatiele, Londen, Athene, Tokio of waar ook al.

 

Meer wetenskaplik gestel, is globalisering ’n voortdurende proses van węreldwye ekonomiese, staatkundige en kulturele integrasie, met as sentrale kenmerk ’n węreldwye arbeidsdeling, waarby produksiebane oor die węreld heen versprei word.

 

Globalisering verwys in die breë ook na skakels tussen lande oor die węreld heen, die organisering van die maatskaplike lewe op ’n węreldskaal en die ontwikkeling van ’n węreldbewustheid,  dus die vereniging van die węreldgemeenskap. Globalisering maak gevolglik van ons almal węreldburgers in die klassieke sin van die woord.

 

’n Mens sou jou kon afvra hoe die węreld sou gelyk het as daar slegs honderd mense op aarde was. Nie so versog as ’n mens nadink oor wat hierdie vraag eintlik vir ons wil sę nie. Want namate ons dieper in die 21ste eeu inbeweeg, raak die begrip van die węreld as ’n dorpie (‘‘global village”) al hoe sterker.

 

En globalisering, goed of sleg, is ’n werklikheid wat ons lewens raak op maniere waaraan die meeste van ons nooit eens dink nie.

 

Die kernoorsaak van globalisering

DIE term “globalisering” is gewild gemaak deur prof. Theodore Levitt (1925-2006), ’n Duits-Amerikaanse hoogleraar aan die Harvard Business School van die Havard-universiteit in Cambridge, Massachusetts, Amerika, wat dit in 1983 gebruik het. Dit is egter nie korrek om hom die skepper van die term te noem nie, want dit is bekend dat dit so vroeg as 1944 reeds gebruik is.

Wat meer sę, die hele begrip is baie ouer as dit en het welbeskou reeds eeue gelede bestaan, as ’n mens die groot handelsryke byreken wat in die ou dae deur die Portugese, Spanjaarde, Nederlanders en Britte bedryf is (ryke wat natuurlik ook ons Suid-Afrikaanse geskiedenis onberekenbaar beďnvloed het). Party mense sal selfs sę dat die węreld ’n eeu gelede ewe geglobaliseer was as vandag, vanweë die uitgebreide internasionale handel en verhuisings van die mense van destyds.

Maar die depressie van die jare dertig het alles verander. Węreldlande het weer in hul dop gekruip toe hulle besef dat die węreldmarkte groot ellende oor hulle kon bring in die vorm van armoede en werkloosheid.

Die besluit ná die Tweede Węreldoorlog van state in die Weste om internasionale betrekkinge aan te knoop en te versterk, het die grondslag vir vandag se globalisering gelę. Dit het ’n verslapping van nasionale grense en die samesmelting van nasionale markte meegebring. Die aftakeling van beskermende versperrings het die vrye beweging van kapitaal gestimuleer en die weg gebaan vir maatskappye om verskillende takke regoor die aardbol te stig. Die val van die kommunisme in die gewese Sowjet-Unie en sy satellietstate naby die einde van die twintigste eeu het die grootste struikelblok vir globalisering uit die weg geruim.

En toe het die koms van die internet en onlangse vorderings op die terrein van telekommunikasie net groter momentum gegee aan die stuwende globaliseringsproses wat steeds onstuitbaar voortstoom.

Die voordele van globalisering

VIR baie verbruikers en verklaarde kapitaliste is globalisering grotendeels iets goeds. Energieke handel het tot ’n groter verskeidenheid van goedere gelei wat kopers ’n groter keuse bied. Mense kan ook meer bestee en die lewenstandaard is hoër.

 

Boonop is daar ’n toename in węreldreise met vervoer wat steeds goedkoper raak. Dit kos jou nie meer die spreekwoordelike plaas se geld om van Johannesburg af Londen toe te vlieg nie. Ons węreld is inderdaad kleiner en die toerismebedryf baat daarby.

 

Chinese draakVoorstanders van globalisering wys ook daarop dat daar vandag minder armoede in lande soos China is waar globalisering ’n sterk vasstrapplek gekry het, in teenstelling met sekere Afrika-lande wat nie juis daardeur geraak is nie en waar mense ewe arm gebly het.

 

Kortom, verhoogde internasionale handel het miljoene mense ryker gemaak en hulle in staat gestel om meer uiteenlopende lewenstyle te handhaaf. Selfs in talle minder vermoënde lande is die lewensverwagting vandag hoër as vroeër (hoewel die vigspandemie deesdae veral in ons eie węrelddeel ’n sombere demper op hierdie rooskleurige prentjie plaas).

En dit is maar net die oortjies van die spreekwoordelike seekoei, word gesę. Die voorstanders van globalisering wys verder daarop hoe dit reeds die uitruiling van inligting bevorder het, tot ’n groter begrip van ander kulture gelei het en demokrasie toegelaat het om oor outokrasie te triomfeer.

Die nadele

LINKSE kritici definieer egter die woord globalisering heeltemal anders en beskryf dit as ’n węreldwye aksie in die rigting van ’n geglobaliseerde ekonomiese stelsel wat oorheers word deur supranasionale korporatiewe handel en bankinstellings wat nie aan demokratiese prosesse oorhewig is of aan nasionale regerings verantwoording hoef te doen nie.

In hul toenemende teenkanting teen die magte van globalisering beweer die kritici ook dat dit die Westerse lande is wat met die room wegloop ten koste van die ontwikkelende lande. Die reeds skamele aandeel van die węreldinkomste van die armste mense op aarde sou in der waarheid teen die einde van die twintigste eeu gedaal het tot nie eens een en ’n halwe persent nie.

Maar selfs in die ontwikkelde węreld is nie elkeen ’n wenner nie. Die vryhede wat deur globalisering verleen word,  is besig om tot groter onsekerheid in die werkplek te lei.

Werkers in die ontwikkelde węreld wat handearbeid verrig, voel veral bedreig deurdat maatskappye hul fabrieke na lande met swakker ekonomieë verskuif waar hulle werkers vir ’n appel en ’n ei kan kontrakteer.

Nasionale kulture en identiteite word ook bedreig weens die verspreiding van satelliet-TV en internasionale medianetwerke en omdat mense al hoe meer reis. In Franse bioskope, só is al bereken,  kyk goed sewe uit tien fliekgangers na rolprente wat in Hollywood gemaak is.

Die kritici is veral bekommerd dat reusagtige transnasionale maatskappye magtiger en invloedryker as demokraties verkose regerings word en die belange van hul aandeelhouers groter ag as dié van gemeenskappe en selfs klante.

Bewaringsbewustes sę op hul beurt dat korporasies besig is om die omgewing te verontagsaam in die stormloop na superwinste en die voorste plek in die mark. Solank die geld net inrol, sou ons arme planeet maar kan wurg aan al die besoedeling en omgewingskade wat aangerig word.

Groepe vir menseregte sę weer dat korporatiewe mag besig is om die vryheid van die individu te beperk. Selfs die eienaars van kleinsakeondernemings is bevrees dat enorme węreldmaatskappye op die ou end hul besighede kan dooddruk.

Maar geen mens sal stellig hierdie vloed kan keer nie. Dit was die Kanadese geleerde Herbert Marshall McLuhan (1911-1980) wat in verband met die verkleining van die węreld die uitdrukking “węrelddorpie” (global village) uitgedink het. Die blote feit dat ons vandag tegelykertyd oor lande en vastelande heen die voor- en nadele van globarisering kan bespreek, toon dat Marshall McLuhan se węrelddorpie reeds kennelik in ons midde is.

Klik hier om terug te keer na die inhoudsblad