Geanimeerde beeld van Ndebele-patrone

 

Geometriese (meetkundige) patrone by
Suid-Afrika se verskillende kultuurgroepe
 

Lyne en rondings van die
renboognasie

In hul beeldende kunste en argitektuur, in hul kleredrag en ander kultuurdinge vind n mens so n verskeidenheid van kleur en meetkundige vorms dat dit geen wonder is dat Suid-Afrikaners die renboognasie genoem word nie...


S

AAMGESTEL uit reguit lyne en krom lynebasies is alles s, alles wat jy rondom jou kan sien. n Boek (of n deur of die rekenaarskerm hier voor jou) se rande bestaan uit vier reguit lyne wat mekaar by die hoeke ontmoet. As jy n bril dra, is die lense sirkelvormig of andersins gekrom. n Hoorstuk van n telefoon is ietwat gekrom. n Skr is kringvormig aan die vatplekke en daar is reguit lyne aan die lemme.

 

Jou vingers is bes moontlik taamlik reguit as jy hulle voor jou uitstrek, maar jou kneukels is gekrom. Selfs in n stowwerige skynbare vormloosheid soos n handvol grond sal jy onder die mikroskoop vele korreltjies te sien kry wat dalk soos blokkies lyk en ander wat waarskynlik weer nader is aan bolletjies.

 

As reguit lyne mekaar kruis, vorm hulle hoeke. Krommings is hoeke waarvan die punte rond gevyl is, om dit so te stel. Indien n lyn n kromming maak om sy ander ent te ontmoet en in enige segment van die kromming n boog beskryf wat presies identies is aan elke ander segment van dieselfde lengte op die lyn se pad, het ons n sirkel.

 

Baiemaal is ronde dinge egter nie volmaak rond nie, soos byvoorbeeld n hoendereier (ovaalvormig). Of n sekere deel van een enkele vorm kan uit kurwes bestaan, terwyl ander dele daarvan weer uit reguit lyne saamgestel is. Hoe ook al, alles stofliks kom blykbaar voort uit reguit lyne en bo, en dit is eintlik so n vanselfsprekende kenmerk van die geskape werklikheiddit wat ons met ons sintuie kan waarneemdat ons nie langer hierby hoef stil te staan nie.

 

(Toegegee, in die meetkunde was daar al verskillende definisies van wat n reguit lyn nou eintlik isselfs dat dit op sigself in der waarheid n reguit kurwe is! Maar laat ons nou nie ons redenasie benewel deur te diep in hierdie saak betrokke te raak nie!)

 

Venda-pottebakkerskunsDit is in elk geval interesant om te kyk hoe daar in die kunste juis van reguit lyne en kringe of dele van kringe gebruik gemaak word. Dit word gedoen waar patrone geskep word,  soos in die pottebakkerkuns van iemand uit ons Venda-bevolkingsgroep op die foto REGS.  Maar dit word byvoorbeeld ook aangewend in voorstellings waar ons driedimensionele wreld by wyse van illusie op tweedimensionele vlakke oorgedra word.

 

S kom n golfpatroon voort uit die samestelling van verskillende helftes van n eier se vorm:

 

Eier word n golf...Bron: MSKARG

 

 

En s word diepte (perspektief) op n plat vlak geskep met reguit lyne wat na agter al hoe nader aan mekaar beweeg:

 

Reguit lyne skep perspektief

 

 

Dit is terloops insiggewend dat skuins lyne n ervaring van beweging by die waarnemer wek, terwyl hoekige lyne in die rel n gevoel van dinamiek en moontlik spanning tuisbring.
 


 

Geometriese patrone by van die vroegste Suid-Afrikaners

N MENS kan sonder veel vrees vir teenspraak s dat geometriese patrone in mindere of meerdere mate in die beeldende kunste van alle kulture voorkomen so was dit bes moontlik al van die vroegste tye af. Reguit lyne en krommings is immers so basies dat hul aard en funksies reeds vroeg begryp moet gewees het. Die diamantvorms (skewe vierhoeke of ruite) op die stukkie oker op die fototjie REGS ONDER moet byvoorbeeld duisende jare gelede gemaak gewees het deur mense wat toe in Suid-Afrika gewoon het, lank voordat selfs die San (Boesmans) nog hier was.

 

Stukkie oker van die Blombospgrot met meetkundige motiefFoto: Chris Henshilwood / persvrystelling deur OLPA / U.S. National Science Foundation


Hierdie stukkie oker met die meetkundige motief was een van die groot vondste van uitgrawings in die sogenaamde Blombos-grot aan die Indiese Oseaan sowat 300 km oos van Kaapstad. Volgens die wetenskaplikes het Middel-Steentydse mense minstens sewentig-, tagtigduisend jaar gelede hierdie grot in n kalksteenkrans bewoon. Wat meer s, daar word afgelei dat hulle n soort moderne bewussyn gehad, abstrakte denke geopenbaar en in n sintaktiese taal gepraat het. Wie s nog die menslike voorouers was grommende stumperds!

 

Die opgrawings is gedoen deur Christopher Henshilwood, adjunk-professor aan die Staatsuniversiteit van New York, en onder andere die Iziko Suid-Afrikaanse Museum in Kaapstad.

 


 

Kleur en vorm op die mure
van die Ndebele

MAAR ook in die Suid-Afrika van vandag sal n mens nie ver hoef te gaan soek na geometriese motiewe in die kunste en argitektuur van ons uiteenlopende bevolkingsgroepe nie. Ons het dit reeds gesien in die Venda-pottebakkerskuns op n foto hor op in hierdie artikel.

 

Dit is egter veral die kleurryke motiewe wat die Ndzundza-stam van die Ndebele op die mure van hul huise skilder, wat wreldberoemd is. Sulke huise is gesogte toeriste-attraksies, nie die minste nie vir besoekers van oorsee. Dit word deur baie buitelandse toeriste net so met Afrika vereenselwig as wat hulle ons wildtuine ervaar as unieke dele van ons vasteland wat hulle nie mag misloop nie. Op die foto HIERONDER is n ryk beskildere Ndebele-woning naby die Hartbeespoortdam.

 

Ryk beskildere Ndebele-woning

 

Foto : Walter Knirr, Kopiereg SA Toerisme / SA Tourism

 

Sou die motiewe op die Ndebele-huise sekere boodskappe bevat? Dikwels stellig. Die beskilderde wonings word mos darem as n uitvloeisel beskou van die tradisionele kraalwerk, waarin veral die kleure in die patrone beslis eiesoortige boodskappe oordraamper soos briewe. Maar soms word die geometrie sekerlik net aangewend om mooi, kleurryke en interessante vorms op die mure te skep.

 

n Sekondre rede vir die ontstaan van die Ndebele-muurkuns kon weliswaar gewees het om n eie identiteit en n gevoel van trots en eiewaarde by die stamlede te skep (hier woon Ndebele).  So iets sou immers maklik kon posgevat het in n somber tyd toe onderhorigheid nog in Suid-Afrika op die swartman afgedwing is.

 


 

Krale en koepels by
die Zoeloe

KRAALWERK, wat natuurlik nie net by die Ndebele voorkom nie, maar by verskillende van ons ander swart bevolkingsgroepe, is stille geometriese boodskappers wat met n kleurespel allerhande mededelings kan oordra.

 

By die Zoeloe staan blou byvoorbeeld vir eensaamheid, rooi vir liefde, wit vir reinheid en pienk vir armoede. Groen staan vir gras, en as n Zoeloe-meisie kraalwerk met grasgroen motiewe aan haar geliefde stuur, wil sy s: Ek sal vir jou wag totdat ek so maer is soos n grashalm.

 

Zoeloe-kraalwerk

 

Op die foto HIERBO is kraalwerk in sigsag- en diamantpatronein verskillende betekenisvolle kleure. Dit is te koop aan die strandfront in Durban. Foto: Graeme Williams / MediaClubSouthAfrica.com

  

Nog n geometriese patroon by die Zoeloe (asook die Swazi) is di van die koepelvormige grashut. Di het tradisioneel uit raamwerke van jong boompies met grasbedekkings bestaan, soos HIERONDER op n ou foto te sien is.

 Tradisionele koepelhuise van die Zoeloe

Foto: New York State Archives

 

Ook die Khoikhoi het jong boompies binnetoe gebuig om n raamwerk met die fatsoen van 'n byekorf te vorm, wat met grasmatte bedek is. Dit is matjieshuise genoem.

 

SfeerWelbeskou is s n koepeldak geometries niks meer as die helfte van n sfeer (LINKS) nie. As jy met ander woorde n bal in die middel deursny, het jy twee koepeldakke! Miskien sou die onderdane van destydse Zoeloe-konings soos Shaka en Dingane nooit s aan hul hutte gedink het nie. Of dalk ht hulle... straks toe n krygsman n ronde veldvruggie met sy assegaai deurgesny en gemymer het: Wel, wel, hierdie twee helftes lyk darem baie soos my en my buurman se woonplekke!
 


 

 Die kegel-hoed van die Sotho

EN terwyl ons met driedimensionele geometriese patrone besig is: niemand sal die duidelike ooreenkoms tussen n kegel en die mokorotlo, die tradisionele hoed van die Sotho-volk, kan ontken nie...

 

n Kegel en n Sotho-hoed

 


 

Lyne en rondings by die Indirs
en Kaapse Maleiers

DIE Suid-Afrikaanse Indirs het baie van hul Indiese kultuur na Suid-Afrika saamgebring, en sover dit meetkundige patrone in hul argitektuur aangaan, is die bouwerk die Taj Mahal die absolute meesterwerk. Kyk by hierdie skakel. Terloops, in Moslem-gemeenskappe is een van die bekendste simbole die halfmaan, met baiemaal ook n ster daarby:

 

 Halfmaan met ster 
 

Maar nie net sekere van ons Indirs nie, dog ook die sogenaamde Kaapse Maleiers is Moslems. In teenstelling met die flambojante rondings van die Taj Mahal, sou n mens egter die kleurryke platdakhuisies van die Maleiers in die Bo-Kaap maar as taamlik reghoekig moet bestempel! Kyk HIERONDER.

 

Maleier-huise

Klopse-figure gesuperimponeer op Bo-Kaap-foto. Foto slegs van Klopse-figure: Kopiereg SOUTH AFRICAN TOURISM / SUID-AFRIKAANSE TOERISME

Die geskiedenis van die Kaapse Maleiers vorm n interessante deel van die Suid-Afrikaanse mosaek. Hul voorouers was slawe aan die Kaap en baie van hulle sou daar in die ou dae nie in sulke fleurige tuistes kon gewoon het nie.

 


 

Huise van die blankes van
gister en vandag

IN die ruwe binneland van Suid-Afrika moes die voorouers van die blankes weer sien kom klaar met die hartbeeshuisie. As n mens mooi na die raamwerk daarvan op die illustrasie REGS ONDER kyk, besef jy dat dit saamgestel is uit segmente van n sirkel en reguit lyne wat saamgevoeg is!

 

Hartbeeshuisdie raamwerk en die voltooide huisILLUSTRASIE MET DANK UIT "ALLES OOR SUID-AFRIKA", STRUIK, ISBN 1 86825 676 6.

Die hartbeeshuisie (paal-en-kleihuis),  n eenvoudige en ongekunstelde bouvorm, was in der waarheid gegrond op die vorm wat baie swartmense ook vir hul hutte gebruik het. n Raamwerk van pale is opgerig en jong boomstamme en takke is daartussen gevleg. Sodra dit stewig genoeg was, is die hele huisie met dik lae modder of klei bedek. Sulke huisies of hutte was voordelig deurdat hulle baie gou gebou kon word. Daarteenoor kon die hartbeeshuisies maklik deur insekte verniel word en weens swaar ren ineenstort.

In die omgewing van die Kaap het die boukultuur anders ontwikkel en het die swierig-statige huise op die wynplase s n eiesoortige styl ontwikkel dat daar van die Kaaps-Hollandse argitektuur gepraat word. Herehuis op Groot ConstantiaDie opgesierde gewel is kenmerkend van die Kaapse-Hollandse huis. Op die foto LINKS is die herehuis op Groot Constantia, een van oudste wynplase in die Kaapse wynlande.  Sy gewel is n imposante samevoeging van reguit lyne en segmente van sirkels of ovale.

Die eerste gewels het as solder- of skaap-boudgewels bekend gestaan. Lig is deur 'n venstertjie in die solder binnegelaat. Die gewels het ook gekeer dat renwater van die dak af op die stoep afdrup, of, in die geval van brande, dat brandende dekriet op mense onder val.

Die gewels het later hor geword. Hulle het gevormde omlystings gekry, wat as holbolgewels bekend geraak het. Op die voorkant van die gewel is figure soos diere, harte, sterre, vrugte en blomme aangebring. Hierdie omlystings, waarskynlik die werk van Oosterse slawe, is later volgens die neo-klassieke styl vervang deur driehoekige pedimente met pleisterwerkkruike aan weerskante daarvan.

Die Voortrekkers se huise, daarenteen, was veel nederiger. Hulle het enige boumateriaal, meestal klip, gebruik wat hulle in hul omgewing kon vind om hul eerste hoekige huise te bou. Daar was slegs een vertrek met n oop vuurherd aan die een kant, en gate in die mure het as vensters gedien.
 

N verloop van vele dekades het ons vandag die huise wat ons in baie van ons oorwegend blanke woonbuurte sal sien. Sulke moderne Suid-Afrikaanse huise kan sowel die platdak as die spitsdak in die reguitlynige geometrie inkorporeer, soos te sien is op die foto HIERONDER.

 

 Huis in n oorwegend blanke woonbuurt
 
Bron: MSKARG

Klik hier om terug te keer na die inhoudsblad