|
Die
geskiedenis van geld
|
|
GESTEL
jy woon in ’n land waarin daar geen geld is nie. Alle transaksies moet
beklink word deur middel van ruilhandel en ooreenkomste. Jy staan in die
oggend op en vind dat daar nie meer graankos vir ontbyt is nie. Jou ma
vra jou om gou ’n hoender te gaan vang om vir ’n paar boksies graan by
die hoekkafee te betaal. Maar
dan moet jy ook nog vandag skool toe, en jou jaarlikse skoolgeld moet
betaal word. Jou pa gryp ’n tang en pluk gou sy goue tand uit sy mond of
jou ma skroef haar diamant-oorkrabbertjies af sodat jy dit vir die
sekretaresse by die skool kan gee. En
vir jou kaartjie om skool toe te kan busry, moet jy die busbestuurder
met ’n lekker stukkie biltong paai...
Geld
het sekerlik sy ontstaan te danke aan die gerief en kostebesparing wat
dit in die handel meebring. Selfs vir die mees primitiewe ekonomie met ’n
beperkte reeks geproduseerde goedere is regstreekse ruilhandel te
duur en ingewikkeld om uitgebreide handel moontlik te maak. Die
eerste metale wat in die ou tyd as geld gebruik is, was yster, tin en
koper. Daarna is ook silwer en goud gebruik, en vandag kry ons
muntstukke van verskillende legerings (metaalmengsels). Metale
het ’n hele paar voordele as metaalmiddel bo ander dinge, nie die minste
nie omdat hulle so duursaam is. Koring en rys kan muf, beeste of skape
gaan dood, maar metale is byna onvernietigbaar.
Foto’s: U.S. Mint Metale
is lank in die vorm van stukke of stawe as metaalmiddel gebruik. Elke
keer wanneer daar dus sake gedoen is, moes hulle geweeg en getoets word.
Dit was steeds baie ongerieflik, en toe het mense met die plan gekom om
metaalstukke van ’n vasgestelde gewig met die een of ander ontwerp
daarop te laat slaan. Dit was die instelling van muntgeld. Benewens
dié van konings is die afbeeldings van vooraanstaande staatsmanne ook op
muntstukke geplaas, soos van die groot krygsheer Julius Caesar, wat
vanweë sy groot prestasies verlof gekry het om sy eie portret op munte
te laat stempel.
LINKS: ’n Antieke Griekse goue muntstuk. Namate
die handel uitgebrei het, en veral nadat handelaars ál verder van
hul hoofkwartiere af begin sake doen het, het dit onveilig en omslagtig
geword om met muntgeld te werk. Dink maar net aan die ergernis om
duisende goue muntstukke te tel en te vervoer en hoe maklik dit gesteel
kon word. Die
banknoot was aanvanklik ’n blote belofte dat die noot vir dié of
daardie bedrag ingeruil kon word. Mettertyd het dit egter in geld self
ontwikkel. Geld in Suid-Afrika IN DIE eerste jare ná die vestiging van
’n verversingspos aan die
Kaap was die Spaanse silwerdollar, soos in Nederland, die belangrikste
geldeenheid. Dit is later deur die Nederlandse gulden en verskeie ander
munte aangevul. Suid-Afrika
se eerste papiergeld het in die jare tagtig van die sewentienhonderds
met die instelling van die riksdaalder in omloop gekom. Ná die eerste
Britse bewind is die pond sterling ook by die geldvoorraad gevoeg.
Aanvanklik het dit saam met baie ander gesirkuleer, maar van 1881 af was
dit Die
Zuid-Afrikaansche Republiek (Transvaal) het goue staatsponde gebruik,
wat sedert 1874 in Londen gemunt is. Van 1892 af is silwerfloryne en
-sjielings asook goue ponde, die sogenaamde Krugerponde, in omloop
geplaas. Hierdie munte is almal by die nuutgestigte Munt in Pretoria
geslaan en het ook in die Vrystaat gesirkuleer. Ná
die Anglo-Boereoorlog het Britse sterling die amptelike geldeenheid van
Suid-Afrika geword. Die Suid-Afrikaanse Munt is in 1919 in Pretoria as
tak van Koninklike Munt in Londen gestig. Die Munt is in 1941 aan die
beheer van die Suid-Afrikaanse Regering oorgedra. Banknote
is sedert die vroeë jare van die agttienhonderds deur verskillende
handelsbanke in die Kaap en later in Transvaal, die Vrystaat en Natal
uitgereik. Dié note kon vir goudmunte Die
Suid-Afrikaanse Reserwebank, ons land se sentrale bank, is in 1920
gestig. Die Reserwebank het sy eerste note in April 1922 uitgereik, en
Suid-Afrikaanse banknote kon tot 1932 vir goud ingewissel word.
Pennies
en ponde—die omslagtigheid VOORDAT
Suid-Afrika rande en sente gekry het, is daar lank met pennies en ponde
gewerk. Maar dit was hoegenaamd nie so maklik soos met vandag se
tiendelige stelsel nie. Kleinighede soos toffies kon met
’n oortjie (kwartpennie) of stuiwer
(halfpennie) gekoop word en ’n handvol lekkers dalk vir ’n tiekie (3
pennies) of ’n sikspens (6 pennies).
’n
Dosyn piesangs het omtrent
’n sjieling (12 pennies) gekos, en vir ’n floryn (24 pennies) kon twee kinders gaan fliek. Nog munte was die
halfkroon (30 pennies) en die minder uitgereikte kroon (5
sjielings of 60 pennies). Daar was 240 pennies, 20 sjielings of 8
halfkrone in ’n pond. Sjoe! |