In ’n ekonomiese vooruitskatting vroeg in April 2008 het die Internasionale Monetęre Fonds ge­waarsku dat die Amerikaanse ekonomie op ’n resessie afstuur wat rondom die węreld sou weerklink. In die laaste maande van 2008 het die vrese begin waar word—en het die krisis in die finansiële markte ontwikkel tot die grootste finansiële skok sedert die Groot Depressie van die 1930’s. Maar wat was daardie Groot Depressie eintlik? Hier word vertel van dié verlammmende gebeurtenis wat destyds omtrent die hele węreld in sy kille greep gehad het en hoe alles ook in Amerika begin het...

 

Langste en ernstigste era van armoede, werkloosheid en ekonomiese stagnasie in die moderne tyd

Die Groot Depressie
van die 1930’s

 

 Die gesig van groot swaarkry...

BO: Die gesig van groot swaarkry... ’n 43-jarige ma van sewe kinders in die jare dertig. Sy was onder die ertjieplukkers wat hulle destyds in Kalifornië bevind het en omtrent alles sou doen om siel en liggaam aanmekaar te probeer hou.

Foto: U.S. Library of Congress

Miskien het jy al sekere baie ou mense daarvan hoor vertel... want selfs die meeste oupas en oumas van vandag is net te jonk om dit te kon belewe het of om dit te kan onthou. Maar die verlammende Groot Depressie van die jare dertig van die twintigste eeu is onuitwisbaar in die geskiedenisboeke ingegrif. Dit was ’n tyd van armoede en ellende regoor die węreld. Dog wat het dit eintlik behels? Kom saam na Amerika waar dit alles begin het—na die droewige keerpunt in 1929 toe ’n era van massiewe materiële voorspoed tot stilstand geknars het...

•   Die Amerikaanse lewenswyse in die tyd tussen die twee węreldoorloë is deur Groot Depressie en ’n tweede faktor beheers: die aanneming van ’n wet wat die gebruik van alkohol verbied het. Lees onderaan hierdie bladsy ook van die “Prohibition” en van die berugte rampokkers soos Al Capone.


   

D

ATUM: 24 Oktober 1929. In ’n ongekende golf van vrees, verwarring en paniek het byna 13 miljoen aandele vandag op die New Yorkse aandelebeurs van eienaars verwissel. Verbysterde makelaars het deur ’n see van papier geswoeg en aan verskrikte beleggers se opdragte vasgeklou om ‘tot elke prys te verkoop’... Onlustepatrollies van die polisie is ingeroep om histeriese skares uiteen te probeer jaag wat in Wall Street saamgekom het... Elf spekulante

het na bewering selfmoord gepleeg.’’

Hierdie uittreksels uit die New York Times roep die gebeure in herinnering van ’n berugte dag wat nou as Swart Donderdag bekend staan.

In die volgende vyf dae het die mark skrikwekkend tot stilstand geknars en ’n węreldwye ekonomiese ineenstorting veroorsaak, wat vandag beskou word as die langste en ernstigste tydperk van werkloosheid, stagnasie in die sakewęreld en armoede in die moderne tyd.
   

 Wall Street op “Swart Donderdag”

BO: Wall Street (die New Yorkse effektebeurs) op 24 Oktober 1929. Die sogenaamde “Swart Donderdag” het die “rasend voorspoedige twintigs” beëindig—en die begin aangedui van wat een die grootste ekonomiese katastrofes in die węreldgeskiedenis sou wees. Niemand kon toe egter nog voorspel wat in die komende maande en jare sou gebeur nie.

Foto: U.S. National Park Service

DIE 1920’s was, ironies genoeg, ’n dekade van oorvloed vir die VSA, versnel deur die motor-, yster-, staal-, rubber-, glas- en petroleumbedryf, die bou van paaie en die vervaardiging van elektriese toestelle. Tog het die kiem van die depressie juis in hierdie voorspoed gelę.

Daar was te veel rykdom in te min hande. Werkerslone het nie saam met die produksie gegroei nie, met die gevolg dat die massas eenvoudig nie die geld gehad het om die goedere te absorbeer wat op die mark geplaas is nie.

Die boere is ook geknou. Die pryse wat hulle vir hul produkte gekry het, het gedaal en baie kon uiteindelik nie meer byhou om die paaiemente op hul plaasverbande te delg nie. Dit het weer baie banke gedwing om toe te maak.

In die laaste helfte van die jare twintig het die gemiddelde pryse van aandele op die New Yorkse aandelebeurs meer as verdubbel. Dit het ’n spekulasie-koors ontketen—koop aandele in die hoop dat die prys nog verder gaan styg sodat jy ’n wins kan maak. Buitensporige spekulasie het aandelepryse tot ver bokant hul werklike waarde laat opskiet.

Toe, in Oktober 1929, begin mense hul aandele vinnig verkoop. Op Swart Donderdag daal die pryse skerp en 13 miljoen aandele word in New York verkoop. Die stad se toonaangewende bankiers probeer ingryp, en pryse stabiliseer die Vrydag en Saterdag, maar die Maandag daal hulle weer.

Op die Dinsdag is daar waansin. ’n Ongekende 16 410 030 aandele word verkoop, met ’n daaropvolgende ekonomiese krisis wat spoedig die hele węreld sou oorspoel—ook Suid-Afrika.

ANDERS as vorige depressies in die VSA het die Groot Depressie buitengewoon lank geduur en die ekonomie geweldig benadeel.

Van Oktober 1929 tot 1933, toe pres. Franklin D. Roosevelt sy ekonomiese hulpprogramme van stapel laat loop het, het die aandele feitlik elke maand verder gedaal. Vroeg in 1933 was die nywerheidsaandele byvoorbeeld omtrent vier vyfdes minder werd as in 1930.

Duisende aandeelhouers het fortuine verloor of is totaal geruďneer. Banke en ander ondernemings is gedwing om te sluit en ’n duisternis mense was sonder werk.

Mense het noodgewonge hul spaargeld onttrek, wat die banke laat steier het. Teen vroeg in 1933 moes sowat 9000 Amerikaanse banke hul deure toemaak.

’n Bank wat moes sluitREGS: “Jammer, ons is toe...” ’n Bank wat gedwing was om te sluit.

Foto: U.S. Library of Congress

Die skaarste aan geld het ook beteken dat die banke nie meer lenings aan fabrieke kon gee nie. Fabrieke kon dus nie mense in diens neem en produkte lewer nie. Teen 1933 was ’n kwart van die Amerikaanse werkerskorps werkloos. Die meeste mense wat wel nog werk gehad het, moes verminderde salarisse aanvaar.

Honderdduisende het die strate ingevaar op soek na kos, klere, beskutting en werk. Hulle het kos gekry van welsynverenigings en by sendingposte ál langs die paaie tussen dorpe en stede, of deur in vullishope rond te krap. Baie is weens ondervoeding dood.

Dakloses het in kampe (die sogenaamde “hobo jungles”) langs spoorlyne geplak, of krotte met sinkplate en kratte gebou.

 

Stofstorm in TexasREGS: Stofstorms het die ellende vererger, soos hierdie een in 1935 in Texas.

Foto: NOAA

Boere het werk gekry as swak betaalde vrugte- of groenteplukkers en is in klein hutjies naby die landerye ingeprop of moes eenvoudig sonder ’n dak oor die kop klaarkom.

Die pryse van kos was so laag dat boere mielies as brandstof gebruik het omdat dit goedkoper as steenkool was. Groepe militante boere het geweier om hul produkte mark toe te stuur, hul melk weggegooi en paaie en posroetes geblokkeer.

Die toestand is vererger deur ernstige droogtes en stofstorms in die suidweste en middeweste, wat saaigrond in stof verander en duisende boere gedwing het om ’n nuwe heenkome in Kalifornië te gaan soek.
   

 Moeilike tye...
BO: “Dit gaan swaar met my, ja, bitter swaar... Daar’s nie werk nie, daar’s nie geld nie, my gesin ly honger, maar ek weet nie waarheen nie...” Dit was die lot van baie mense.

 
Foto: U.S. Library of Congress
 

 Man slaap in ’n vismark
BO: ’n Man slaap in ’n vismark… tekenend van die armoede wat deur die Groot Depressie veroorsaak is.

Foto: U.S. Library of Congress

 Depressie-gesin
BO: ’n Depressie-gesin (ma en drie jong kinders; geen pa nie) kom uit Tulsa, Oklahoma, in Kalifornië aan, op soek na maniere om net te kan oorlewe.

Foto: U.S. Library of Congress

• • • •

Uitkoms uit die kloue van armoede

Sowat ’n kwart van die werkerskorps was werkloos. Duisende gesinne het hul huise verloor en geen geld gehad om kos te koop nie. Die Amerikaanse nasie het in vrees gelewe vir wat elke nuwe dag sou bring. Toe kom pres. Franklin D. Roosevelt...

“DIE enigste ding wat ons hoef te vrees is vrees,” het Franklin D. Roosevelt in sy intreerede gesę. Hy het die president van Amerika geword juis toe die Groot Depressie op sy ergste was en het alles gedoen wat hy nodig geag het om sy nasie uit hul armoede en ellende te red—dikwels in die aangesig van bitter kritiek.

Pres. Herbert Hoover was in die hoogste amp toe die Groot Depressie begin het. Hy het geglo dat die sakesektor op sy eie die ekonomie sou regruk en dat dit onraadsaam van die regering sou wees om hom in te meng.

In 1932 het die Amerikaners Roosevelt tot president verkies in die hoop dat hy ’n einde aan die depressie sou maak. Anders as Hoover het hy geglo dat die federale regering ’n groot rol te speel het om die depressie te bestry—soos dit dan ook wel gebeur het.

Die daaropvolgende jaar het hy ’n program toegepas wat die “New Deal” genoem is. Daar was drie hoofoogmerke: om die verarmdes se lot te verlig, om werk te skep en sakebedrywighede aan te moedig, en om die sake- en regeringsbedrywighede te reguleer ten einde ’n herhaling van só ’n strawwe depressie in Amerika te voorkom.

Dosyne regeringsagentskappe is in die lewe geroep om noodlenigings-
programme vir behoeftiges te organiseer, instandhoudingsprojekte te kontroleer en werk te skep. Die meeste werke was vir die bou van brűe, damme, skole, parke en hoofweë.

Die regering het ook die sakevertroue herstel deur groot bedrae te bestee en sodoende weer geld in omloop te plaas. Deur die tariewe op ingevoerde goedere te verlaag, het die węreldhandel verbeter en spoedig het ander lande die voorbeeld gevolg.

Roosevelt se “New Deal” het nie slegs die depressie verlig nie, maar die vertroue van die Amerikaners in hul regering herstel. Dit was egter die Tweede Węreldoorlog wat vir die finale spyker in die doodkis van die depressie gesorg het.

Die vervaardiging van wapens en ammunisie het vinnig toegeneem en soveel mense werk gegee dat die werkloosheidsyfer van vyftien persent in 1940 tot slegs een persent in 1944 gedaal het.

• • • •

Die depressie in Suid-Afrika en elders

DIE Groot Depressie in Amerika het ’n domino-effek regoor die węreld gehad en omtrent in elke land was daar groter werkloosheid en armoede. Suid-Afrika het geensins die gevolge van die węrelddepressie vrygespring nie.

Veral die Suid-Afrikaanse boere het baie swaargekry, maar ook jong bedrywe, die sakegemeenskap en finansiële instellings het noustrop getrek. Bankrotskappe het meer as verdubbel. As dit nie vir die goudmynbedryf, die groot stabiliseerder van die Suid-Afrikaanse ekonomie, was nie, sou die depressie hier veel erger gewees het.

Ou Suid-Afrikaanse spoorwegwerkers

 BO: Weens die Groot Depressie het baie arm­blankes in Suid-Afrika hulle tot die spoorweë gewend vir werk. Die datum van hierdie foto is onseker, maar daar is taamlike eenstemmigheid dat dit ’n foto van ou spoorwegwerkers in die Vrystaat is. In 1931 het ’n Suid-Afrikaanse kommissie bevind dat byna ’n derde van die Afrikaners armlastig was, terwyl min Engelssprekende blankes onder die broodlyn gelewe het. Dit het gelei  tot ’n (uiteindelik geslaagde) veldtog vir die ekonomiese bemagtiging van die Afrikaner—en, interessant genoeg, ook sy politieke dominansie vir tientale jare.

Bron: Ouma Burger-versameling, goedgunstig verskaf aan Mieliestronk (gehawende foto is deur ons gerestoureer)

Spoorwerkers

BO: En hierdie destydse foto van Amerikaanse spoorwegwerkers kon net sowel in Suid-Afrika geneem gewees het.

Foto: U.S. Library of Congress

 

Tydens die depressie het alle lande die tariewe op invoere verhoog om hul eie nywerhede te probeer red, wat ’n groot daling in die węreldhandel veroorsaak het. Lande wat voorheen onverwerkte stowwe en kos na Amerika en Europa uitgevoer het, is swaar getref.

Ontevredenheid het tot verhoogde maatskaplike en politieke onrus en die opgang van nasionalisme gelei.

Japan het Mantsjoerye, ’n mynbou- en fabriekstreek van China, binnegeval en verklaar dat dit die depressie in Japan sou help verlig. Die Duitse volk het bankvas agter Adolf Hitler gestaan, wat ander rasse vir hul ellendes geblameer het, en die Duitsers het Tsjeggo-Slowakye en Pole binnegeval.

Al hierdie gebeurtenisse het tot die uitbreek van die Tweede Węreldoorlog bygedra.

Die depressie het ook blywende sielkundige uitwerkings op die bevolking gehad, veral op die jeug. Hoewel mense hard gewerk en hul geld versigtig bestee het, het hulle alles verloor. Omdat so baie mense so lank werkloos was, was hulle sonder selfrespek en minder ambisieus.

Party het selfs verknog geraak aan stoflike besittings wat nooit voorheen as noodsaaklik beskou is nie. Die volgende geslag, wat geen eerstehandse kennis van swaarkry en lyding gehad het nie, het hoogs krities teenoor hul ouers geword, wat die konflik bekend as die “generasiegaping” van die jare sestig en sewentig tot gevolg gehad het.

• • • •

Die Drankverbod

Die Amerikaanse lewenswyse in die tyd tussen die twee węreldoorloë is deur ’n tweede faktor beheers: die aanneming van ’n wet wat die gebruik van alkohol verbied het. Die Amerikaners praat van hierdie tydperk as die "Prohibition"...

DIE geskiedenis van die drankverbod is terug te voer tot die 1600’s en 1700’s, toe dit dikwels vir die Amerikaanse koloniste veiliger was om alkohol te drink as onsuiwer water.

Sekere mense het besorg geraak oor die buitensporige alkoholmisbruik, die gesondheidsgevaar van drank en hoe dit die gesinslewe en werkvermoë geraak en tot armoede gelei het.

In die middel van die 1800’s het sekere van die Amerikaanse state wette aangeneem wat die gebruik van alkohol verbied het. Steun vir ’n algehele drankverbod het mettertyd ál groter geword, en in 1917 het die Amerikaanse Kongres die 18de Wysiging tot die Grondwet goedgekeur, wat die “vervaardiging, verkoop, vervoer, invoer en uitvoer van bedwelmende dranke” verbied het.

Hierdie wet is in 1920 uitgevaardig met die breë steun van die Amerikaanse volk. Hoewel die verbod inderdaad die alkoholverbruik laat afneem het, het dit ook misdaad aangemoedig.

Mense het tuis hul eie drank begin stook. Onwettige kroeë is deur rampokkers bedryf. Bekendes was in moorddadige gevegte met mekaar betrokke om die drankhandel te beheer.

Polisiemanne konfiskeer ’n onwettige stokery REGS: Nadat die drankverbod van krag geword het, het mense op verskillende plekke met hul eie geheime stokerye begin. Op hierdie ongedateerde foto konfiskeer polisiemanne van die Amerikaanse staat Delaware ’n onwettige stokery in Sussex County.
 

Foto: Archives, Delaware.gov

Die berugste van die rampokkers was Al Capone.  Onder die voorwendsel dat hy in Chicago slegs in meubels handel dryf, het hy ’n skrikbewind gevoer om mededingers te verdryf.

’n Bloedige bendeoorlog het gevolg wat etlike jare lank gewoed het. Al Capone se netwerk van agente het whisky tot vanuit Kanada en die Karibiese Eilande ingesmokkel. Sy gemiddelde jaarlikse inkomste was 60 miljoen dollar.
   

Al CaponeREGS: Al Capone, Italiaans-Amerikaanse rampokker.

Foto: U.S. National Park Service

Die begin van die Groot Depressie in 1929 het meer as enigiets anders tot die Drankverbod se einde bygedra. Daar is besef dat die verbod baie mense hul werk gekos en die regering van belasting beroof het.

In Februarie 1933 het die 21ste Wysiging tot die Grondwet die 18de Wysiging herroep. Die verbod is op
5 Desember 1933 beëindig, hoewel ’n paar van die Amerikaanse state nog twee of drie dekades lank daarmee volgehou het.

Klik hier om terug te keer na die inhoudsblad