|
|
|||||||
|
|||||||
|
LAAT
niemand daaroor twyfel nie—die Gautrein is ’n GOU trein! Vervoer in Gauteng—só glo die Gautrein se inisieerders—gaan nooit weer dieselfde wees nie. Die provinsie Gauteng se nypende vervoerprobleme, met soveel pendelaars wat daagliks tussen die twee groot stede moet beweeg, het die provinsiale owerheid laat besluit dat hierdie multimiljoenrand-projek nie net geregverdig is nie, maar inderdaad noodsaaklik. Die sentrale regering het ook sy stempel volmondig op die voorgenome onderneming geplaas. Die Gautrein kan die begin wees van ’n verwikkelde moltreinstelsel soos ’n mens dit in węreldstede soos Londen, Parys en elders in die ontwikkelde węreld aantref. Die plan is ook dat dit ’n prestige-vervoermiddel sal wees wat vir min ander hoef terug te staan. Die feit dat daar op die voorgestelde roete ’n aftakking is wat die trajek met die Johannesburgse Internasionale Lughawe sal verbind, maak die opwindende projek des te meer lewensvatbaar.
Op die koop toe word gewikkel om die Gautrein betyds gereed te kry vir die groot stroom toeriste wat met die Węreldbeker-sokkertoernooi in 2010 verwag word. Die Gautrein sal natuurlik nie net een enkele passasierstrein wees nie, maar ’n vlytige gesin van verskillende luukse-treine wat deurlopend teen ongeveer 160 km/h of vinniger heen en weer sal beweeg. Hulle behoort in staat te wees om elke dag meer as 100 000 passiers te vervoer op die trajek van 80 km met sy altesame tien stasies. Die rit tussen die lughawe en Sandton-stasie sal minder as ’n kwartier duur. Elke trein sal drie of vier passasierswaens hę. ’n Passierswa sal sitplek aan sowat tagtig passasiers kan verskaf, terwyl daar staanplek vir nog omtrent twintig sal wees. Na vertel word, sal ’n ongehoorde sowat 260 000 beton-dwarsleęrs vervaardig moet word vir die spoor waarop die treine sal beweeg.
Die Gautrein-projek word bestuur as deel van die Gautengse departement van finansies en ekonomiese sake se openbare-private vennootskapseenheid. Die projekleier is mnr. Jack van der Merwe, wat hom reeds as hoof- uitvoerende amptenaar van die Gautengse openbare vervoerdienste onderskei het. Met ’n Van der Merwe aan die roer—skerts iemand nou die dag—kan hierdie onderneming mos nie anders as om skouspelagtig te slaag nie!
|
|||||||