|
Gariep Hoofteks
deur
BO:
Die Oranjerivier naby Hopetown.
•
Party
mense praat dalk nog van hom as die Grootrivier. Die meeste van ons ken
hom egter as die Oranje, wat in 1779 amptelik só genoem is deur ’n blanke
offisier wat die Nederlandse
prins Willem van Oranje wou vereer. •
Tog
was die Oranjerivier reeds eeue tevore onder heeltemal ander name bekend by die
Khoisan-volkere, wat oor die wye vlaktes van die teenswoordige Suidelike
Afrika geswerf het. Die skryfster van die
onderstaande artikel het ’n dieptestudie gedoen oor onder meer die oorspronklike
naam, die Gariep—oor wat die naam kan beteken en hoe die oervolkere
hierdie lewensaar as “ons rivier” sou kon beskou het. • Dit is ’n boeiende reis na vergange eeue in ’n ongerepte land… dog ook ’n bondige, maar feitelike stuk navorsingswerk oor ons belangrikste binnelandse waterweg, wat beslis ons kennis van die Suid-Afrikaanse geskiedenis kan verryk… |
|||
ARIEP
was die naam wat die Khoi-stamme van die Oor
hierdie name van die Khoi (vroeër Hottentotte genoem) het die Britse
natuurkundige William Burchell destyds in sy Travels in the Interior of Southern Africa
geskryf: “Aangesien die juistheid van hierdie name bevestig is deur
die waarneming van inboorlinge van baie geslagte, twyfel ek nie daaraan
dat hulle volkome juis en dermate toepaslik is nie.” Die
naam is wel taks op verskillende maniere gespel: Charie in
Hendrik Hop se Journal;
Gariep deur onder andere Backhouse (A
Narrative of a Visit to the Mauritius and South Africa),
Burchell en Thompson (Travels and Adventures in Southern Africa); ’Gariep deur
Stow (The Native Races of South Africa); Gareeb
of Garieb deur Campbell (Travels in South Africa); Garie
deur Gordon en t’Gariep deur Lichtenstein (Travels
in South Africa)—alles pogings van mense met Westerse ore
om die klanke van die Nama-woord !gari-b in skrif weer te gee. Oor
wat die woord beteken, reken Pettman in Notes on South African Place
Names: “Die naam is
beskrywend en beteken 'die rivier
van die wildernis' (!Garib uit !garo, om woestyn te wees, !garob,
woestyn, wildernis).” Dit
strook egter nie met die gevolgtrekkings van andere nie. Burchell, asook
Thompson, weet te vertel dat die naam bloot “rivier” beteken. Dit
word bevestig deur Korana-kenners soos byvoorbeeld
Wuras (An
Account of the Korana): !garib, ‘river’, Engelbrecht (Die
Korana): Die naam Gariep is dus gebruik om ’n bielie van ’n waterloop, ’n groot rivier, te beskryf, teenoor !a-b, wat op kleiner strome dui.
AANGESIEN
die Oranjerivier—wat ook die Grootrivier genoem word—die grootste
rivier in Suid-Afrika is, het dit nog altyd mense met ontsag vervul
wanneer hulle dit die eerste keer gesien het. In sy Dag Register
het generaal Janssens geskryf: “ ...omdat ons nie gewoond is aan groot
riviere in Suid-Afrika nie, het dit ons groot genoegdoening verskaf om
’n stroom te sien wat al die vereistes van goeie, sterk vloeiende
water het, meestal met steil oewers…” Die
eerste naam wat die koloniste aan die rivier gegee het, was Vigiti
Magna, lank voordat enige witman dit nog gesien het. Nadat Jan van
Riebeeck in 1662 ’n ekspedisie onder leiding van die Sersant van die
Fort uitgestuur het om met die Namakwa-volk te onderhandel, het hulle
teruggekeer sonder dat hulle die rivier bereik het. In
sy verslag aan die Here XVII (die beheerligggaam in Nederland wat die
Kaapse nedersetting geadministreer het) het Van Riebeeck onder meer
geskryf.: “Ons vind... dat hulle binne 18 of 20 myl gekom het van die
vaste plek wat op Linschoten se kaart Vigiti Magna genoem word, noord
van ’n groot rivier wat ons nou die rivier van die Vigiti Magna genoem
het...” (Op
die Contarini-kaart van 1506 word ’n ‘‘Vigict Magna’’
aangedui, die legendariese stad met goud-geplaveide strate in
Monomotapa; op latere kaarte het dit Vigiti Magna geword.
‘‘Vigict’’ is moontlik ’n vervorming van die naam van die
rivier Wanshit in Abessinië, die teenswoordige Ethiopië - Randles: South
East Africa..., p.7.) Nog
’n poging om meer van hierdie rivier te wete te kom, is aangewend toe
J. de la Guerre saam met Pieter van Meerhof, wat die joernaal gehou het,
en andere op 27 September
1663 uitgestuur is. Benewens ruilhandel, was die doel van die reis om
die befaamde rivier Figiti Magna met die hulp van die Namakwas te
bereik. De la Guerre het egter nooit by die rivier uitgekom nie. Simon
van der Stel, die Kaapse goewerneur van 1679 tot 1699, was die eerste
blanke wat betroubare inligting oor die Oranje ingewin het. Dit was toe
die Namakwas die Kasteel in 1684 besoek en Van der Stel hulle uitgevra
het oor die rivier Camissa en die stad Vigiti Magna, wat op kaarte
aangedui is.
Uit
hul antwoorde het dit duidelik geword dat só ’n stad glad nie bestaan
nie en dat die rivier wat die Namakwas beskryf het nie die Camissa kon
wees nie. Die Namakwas het hul eie naam vir die rivier (die
Benede-Oranje) gehad: die inboorlige het dit Ein genoem, ook Charie,
terwyl ’n rivier met die naam Rio de St Antonio op verskeie kaarte van
die streek aangetoon word. Die
Ein, ook Eyn of Tyen gespel, verskyn op ’n kaart deur Van der Stel van
sy reis na Namakwaland—die eerste kaart waarop dit voorkom. In
sy
Studies in Korana History het Maingard só oor die Khoi-woord Ein
geskryf: “Ek sou voorstel dat dit (Ein) dieselfde is as eib, ’n
fonetiese variant van aib, lewer, wat, vir die ongeoefende Europese oor
soos eim or ein sou klink, soos dit in der waarheid vir Wreede geklink
het. In sy woordelys noem hy Qu’ein, lewer.” Vir
Andrews is ein die ekwivalent van die San (Boesmans) se
‘‘/K’ei(S2) (waar K’ stembandsluiting aandui), rivier’’. Hy
voeg by: “Daar moet noukeurig daarop gelet word dat EIN in die Dagregister van Simon van der Stel se reis Tyen geskryf word. Tyen
staan ongetwyfeld vir t’eyn, waar ‘t’ ’n klapklank aandui.” Andrew
se verduideliking dat Ein met rivier vertaal kan word, herinner ’n
mens aan die ander Khoi-woord vir rivier, Gariep. Ander
redeneer dat Ein na die Nama self verwys, dat die naam dus eenvoudig
“ons rivier” sou beteken het. JACOBUS
COETSÉ, ’n olifantjagter, was in 1760 die eerste witman wat die
rivier oorgesteek het en wel naby die teenswoordige Goodhouse. Dit het
’n groot indruk op hom gemaak en hy het dit in kleurryke taal beskryf.
Hy het ook gemeld dat hy op groot getalle seekoeie afgekom het. Coetsé
het na die rivier as ‘‘de Groote Rivier’’ verwys, en hy was dus
verantwoordelik vir die volksnaam Grootrivier. Die man wat die rivier die naam Oranje gegee het, was kaptein Robert Jacob Gordon. Hy het in 1777, op ’n reis saam met William Paterson, in die omgewing van die teenswoordige Bethulie onverwags op die rivier afgekom. Gordon was nie seker of dit die rivier is wat in die Atlantiese Oseaan uitmond nie en voordat hy vir seker kon vasstel, het hy hom ’n jaar later (September-Oktober 1778) in die geselskap van goewerneur Van Plettenberg weer naby die rivier bevind.
Toe
die goewerneur sowat 48 kilometer van die rivier af ’n baken oprig,
het Gordon (volgens Forbes in Pioneer Travellers of South Africa) met opset tjoepstil gebly
oor die rivier, omdat hy gevrees het dat Van Plettenberg die rivier na
homself sou noem as hy daarvan geweet het. Op
17 Augustus 1779 het Gordon die geleentheid gekry om te bevestig dat die
rivier wat hy twee jaar tevore die Oranje genoem het, inderdaad die een
is wat deur die land van die Namakwas gevloei het. Oor
die seremonie by die riviermonding het Paterson geskryf: “In die aand
het ons kolonel Gordon se boot in die see gestoot en die Nederlandse
kleure gehys. Kolonel Gordon het eers voorgestel dat ons op die
gesondheid van die State (sewe provinsies van Nederland) drink en toe op
dié van die Prins van Oranje en die Kompanjie; hierna het hy die rivier
die naam Oranjerivier gegee ter ere van daardie prins (Willem van
Oranje).”
Foto: NASA ’N
MEESTAL
droë sytak, die Hartebeesrivier, kom uit die suide aangekronkel en
sluit hom by die Oranje aan. Van waar die riviere saamvloei tot by
Upington, wat voorheen Olijvenhouts Drift genoem is, strek ’n meer as
100 km lange vallei ál langs die oewers van die Oranje. Dit is op party
plekke net nagenoeg anderhalf kilometer breed, op ander meer as agt. Voordat
die Gariepdam hoër stroom op gebou is, wat nou die meeste van die
watervloei beheer, het die rivier gereeld in die somerreëntye oorstroom
en ’n menigte strome het die vallei in ’n eilandsee omskep. Dan kon
die eilande slegs per boot bereik word. Saam
met die kolonisasie van die rivier en sy eilande is brûe gebou en die
meeste van die slote opgevul om landbougrond te verkry. Vandag lewer die
oewers van die Benede-Oranje, of Gariep, benewens ander vrugte ook die
beroemde Kakamas-perske en ryk oeste druiwe, wat uitgevoer, gedroog of
vir die maak van voortreflike wyne gebruik word. |
|||