Fleming in die laboratorium Fleming

— pa van penisillien

 

Daar word vertel dat hy sy kweekplate en proefbuise vol bakterieë sommerso laat rondlę het—iets waaroor sy kollegas hom dikwels geterg het. Maar dit was die einste “slordigheid” van die Skot Alexander Fleming wat tot een van die belangrikste ontdekkings in die geskiedenis van die geneeskunde gelei het: die wondermiddel penisillien...
  

BO: Alexander Fleming in die laboratorium—’n illustrasie (effens gewysig) wat by geleentheid verskyn het op ’n posseël van die Faröer-eilande, deel van die Koninkryk van Denemarke.        Kopiereg opgehef (“public domain”)

Fleming, Florey en ChainREGS: Fleming en die twee ander navorsers wat saam met hom met die Nobelprys vir Medisyne vereer is vir hul baanbrekerswerk in verband met penisillien.

 

Nobelpprys-foto’s, vry algemeen beskikbaar op die internet. Kopiereg geld stellig, maar gebruik vir opvoedkundige doeleindes soos by Mieliestronk word klaarblyklik as billike vergunning toegelaat ("fair use") 

Hoofkopie: Ons Wonderlike Węreld. Grafika-kompilasie: Mieliestronk.com

SY PENISILLIEN sal meer lewens red as wat oorlog kan eis,” het die lokskrif op die buiteblad van die gesaghebbende tydskrif Time gelui. Dit was 1942, die donkerste dae van die Tweede Węreldoorlog.

 

Maar skielik was daar hoop vir derduisende gewonde manskappe. Want die wonderkuur penisillien kon pas op groot skaal vervaardig word. Sy ontdekker: Alexander Fleming.

 

Fleming as kind en jong mens
 
 

FLEMING word in 1881 op Lochfleld, ’n plaas naby die Skotse dorpie Darvel, gebore. Hoewel sy gesin arm is, is hy ’n gesonde knaap wat kaalvoet oor die heuwels en dale dool en hom daar in die plante en diere verlustig.

 

Hy bekwaam hom aan die Regent St. Polytechnic in Londen as boekhouer. Sy eerste werk is in die kantoor van ’n skeepsmaatskappy.

 

Toe die Anglo-Boereoorlog in 1899 in Suid-Afrika uitbreek, besluit Fleming om hom vir militęre diens beskikbaar te stel. Hy is ’n uitstekende skut, maar die oorlog is verby voordat hy opgeroep kan word.

 

In 1901 erf hy ’n bedrag geld van ’n oom. Hy los sy kantoorwerk om ’n dokter te kan word. Hoewel hy nie die nodige kwalifikasies het nie, kos dit die skrander jong man net ’n paar maande se Latynse studie om met vlieënde vaandels in die toelatingseksamen te slaag.

 

Hy besluit om hom aan die St. Mary’s Hospital in Paddington, een van Londen se armer gebiede, in die geneeskunde te bekwaam. Dit gaan voor die wind met sy studies en hy wen verskeie pryse. In 1906 kwalifiseer hy as dokter, en aanvaar dan ’n pos as navorsingsassistent by St. Mary’s. Hy sal nagenoeg vyftig jaar lank hier bly.

 

In die laboratorium
 

FLEMING is stil, maar hardwerkend, en oplettend. Hy onderskei hom as kranige vervaardiger van laboratoriumtoerusting. Hy raak egter ook bekend vir sy slordige werkbank en die deurmekaarspul van kweekbakke in sy laboratorium waarin sy bakterieë moet groei.

 

Fleming kwalifiseer as ’n chirurg, maar hy besluit om eerder ’n loopbaan in die bakteriologie te volg. Toe die Eerste Węreldoorlog uitbreek, vergesel hy ’n span bakterioloë na Boulogne, Frankryk, waar hulle met ’n navorsingseenheid in ’n militęre hospitaal begin.

 

In hierdie stadium is daar nog geen geneesmiddel vir bakteriese infeksies nie en, hoewel die span onvermoeid werk, moet hulle hulpeloos toekyk terwyl honderde soldate weens hul besmette wonde sterf.

 

In 1915 trou Fleming met ’n opgeleide Ierse verpleegster, Sally McElroy. In 1924 skenk sy die lewe aan Robert Fleming.

 

Lisosiem
 

FLEMING se eerste groot ontdekking is totaal onbeplan. Hy het ’n slegte verkoue en plaas impulsief die slym van sy loopneus in ’n bak kweekjellie waarin mikrobes besig is om aan te teel.

 

FlemingDie volgende dag merk hy op dat die mikrobes naby die kol slym verdwyn het. Daar was duidelik iets in die neusslym wat die kieme doodgemaak het. Hierna doen hy proewe met ander menslike vloeistowwe soos trane, speeksel, bloed en selfs etter. Almal lewer dieselfde resultaat.

 

Wat Fleming ontdek het, is die liggaam se natuurlike ontsmettingstof wat hom teen kieme beskerm. Hy noem hierdie geheimsinnige middel “lisosiem”, na die Griekse woord lysis wat “oplos” beteken. Wat hierdie ontdekking so betekenisvol maak, is dat die lisosiem bakterieë doodmaak sonder om menslike selle te beskadig.

 

Fleming hou daarop ’n lesing oor sy ontdekking, maar sy gehoor is nie waffers geďmponeer nie. Hy laat hom egter nie ontmoedig nie en gaan voort met sy navorsing. Maar ses jaar sal verbygaan voordat iets nuuts ontwikkel.

 

Penisillien
  

DAAR is al gesę dat Fleming se ontdekking van lisosiem ’n “inoefening” was vir sy grootste ontdekking, penisillien. Per slot van rekening het altwee per “toeval” gebeur.

 

Op ’n dag in September 1928 kom ’n voormalige kollega in sy laboratorium kyk hoe sy werk vorder. Fleming, omring deur sy gewone oormaat kweekbakke, tel ’n paar op om hulle aan sy besoeker te wys.

 

Toe merk hy iets vreemds op. ’n Groen skimmel groei op een van die bakke—en die bakterieë wat vroeër daar gewees het, het verdwyn. Dit was feitlik ’n herhaling van die lisosiem-ontdekking.

 

Wat gebeur het, was dat sekere van die skimmelspore uit ’n laboratorium onderkant Fleming s’n op die een of ander manier in die kamer ingewaai en op die jellie in die bak gaan lę het.

 

Die skimmel word ondersoek en blyk Pencillium notatum te wees. Fleming noem sy ontdekking “penisillien”. Nog proefnemings toon dat daar geen nadelige newe-effekte is by pasiënte wie se bakterieë deur die skimmel doodgemaak is nie.

 

BroodmufREGS: Die muf op ou brood, hier deur die elektron-mikroskoop vergroot, is in die verre verlede reeds deur mense gebruik om wonde te behandel, sonder dat hulle die vaagste benul gehad het waarom hierdie skimmel sulke helende eienskappe het.

 

Foto: R.B, wat dit openbare besit verklaar het (“public domain”)

 

Penisillien was die eerste heeltemal veilige antibiotikum vir die behandeling en voorkoming van bakteriese siektes. Maar dit het tog ’n klompie nadele gehad. In sy ruwe vorm het dit vinnig sy krag en doeltreffendheid verloor. En destyds het daar nog geen manier bestaan om dit op groot skaal te vervaardig nie.

 

Hoewel Fleming dus hard werk om die middel te suiwer en te konsentreer sodat dit sy krag kan behou, is hy geen skeikundige nie en kom hy nęrens. Eers nege jaar later kom sy groot deurbraak.

 

Molekulęre struktuur van penisillien


BO: Die molekulęre struktuur van penisillien.

     


Tweede
Węreldoorlog
 

MET Hitler se opkoms in Duitsland in die laat jare dertig, vlug ’n aantal Duitse intellektuele die land uit. Een van hulle is dr. Ernst Chain, wat in 1937 ’n pos in chemiese navorsing aan die Universiteit van Oxford aanvaar. Hy werk saam met ’n Australies-gebore professor in siekteleer, Howard Florey.

 

In 1941, ná vier jaar van intensiewe navorsing oor die chemie van penisillien, kan die twee wetenskaplikes die middel in ’n suiwer, gekonsentreerde vorm lewer. Proewe toon dat penisillien diere teen dodelike infeksies kan beskerm.

 

In Augustus 1942 verskyn ’n artikel in die beroemde Londense koerant The Times waarin die helende eienskappe van die middel geloof word wat by Oxford getoets word. Geen melding word van Fleming gemaak nie.

 

Maar sir Almroth Wright, professor in siekteleer by St. Mary’s, stel in ’n brief aan die koerant die saak reg en sę duidelik wie die krediet moet kry. Hierna word die stil Skot ’n openbare held.

 

Farmaseutiese firmas in Amerika en later Brittanje begin die middel op groot skaal vervaardig. Spoedig is dit op die slagveld beskikbaar en word die lewe van duisende gewonde soldate, matrose, lugmagmanne en burgerlikes gered. ’n Nuwe tydvak in die geneeskunde het begin.

 

’n Maand ná die sogenaamde D-dag, in Julie 1944, word Fleming en Florey deur koning George VI tot ridder geslaan, en die jaar daarna word Fleming, Florey en Chain gesamentlik met die Nobelprys vir Geneeskunde vereer.

 

Fleming ontvang ook die ereburgerskap van Paddington, van Chelsea (waar hy woon) en van Darvel. Hy word ’n fellow van die Royal College of Physicians. Van pres. Charles de Gaulle van Frankryk ontvang hy die medalje van ’n Kommandeur van die Erelegioen. Die pous gee hom ’n spesiale medalje.

 

Koning Gustavus Adolphus van Swede oorhandig in 1945 die Nobelprys vir Geneeskunde aan Fleming

BO: Koning Gustavus Adolphus van Swede oorhandig in 1945 die Nobelprys vir Geneeskunde aan Fleming.

Foto tot openbare besit (“public domain”) gereken in Swede vanweë die verval van kopiereg (rande links en regs weggesny en swart-wit foto ietwat verkleur)

 

Plakkaat van 1944LINKS: ’n Plakkaat van 1944 (toe die Tweede Węreldoorlog einde se kant toe gestaan het) vertel aan terugkerende soldate en ander mense van die nuwe wondermiddel wat geslagsiektes kan genees.

 

Foto: U.S. National Library of Medicine / National Institutes of Health / U.S. Department of Health & Human Services

 

Tydens ’n besoek aan Amerika ken die Harvard-universiteit ’n eregraad aan Fleming toe en hy word ook ’n “honorary chief” van die Kiowa-Indiane. Die Universiteit van Edinburg verkies hom tot hul rektor. Oral juig die skares hom toe.

 

Ondanks al die loftuitinge was Fleming ’n swygsame en beskeie mens, wat altyd seker gemaak het dat sy kollegas die erkenning met hom deel. Hy sou dikwels gesę het: “Oral waar ek gaan, bedank mense my omdat ek hul lewe gered het. Ek het niks gedoen nie. Die natuur maak penisillien—ek het dit net gevind.”

 

Fleming se geliefde vrou, Sareen, is in 1949 ná ’n ernstige siekte oorlede. Hy was verwese, maar het later ’n mooi Griekse dokter, Amalia Voureka, ontmoet met wie hy in 1953 getrou het. Fleming was toe byna 72.

 

Die gevierde wetenskaplike is in 1955 skielik aan sy hart dood.

Klik hier om terug te keer na die inhoudsblad