Exaamin-vlaaters
(en ander koddige gesegdes)

Let wel: Sommige van die onderstaande aanhalings is vrye vertalings uit die Engels. En party is bes moontlik nie werklik deur kinders of presies s deur kinders neergeskryf nie, maar vir die effek of deur oorvertelling aangepas of selfs versin. Veral sekeres bly nietemin heel snaaks, al is baie van hulle net so absurd soos ons prentjie hier langsaan! (Illustrasie vir: "Die Jeti is n mister van die Hiernamaalsgebergte wat ook bekend staan as die Aapskuwelike Sneeuman!")

OU Egipteland was bewoon deur mummies en hulle het almal in hierdie griewe geskryf. Hulle het in die Sarah-woestyn gewoon. Die klimaat was s erg dat al die inwoners op ander plekke moes bly.

Die sprinkane was die vernaamste plaag, hulle het die eersgeborenes geet.

Moses het die Hebreeuse slawe na die Rooi See gelei waar hulle ongesuurde brode gebak het, dit is brood wat sonder enige bestanddele gemaak is. Moses het die berg Sianied uitgeklim om die tien gebooie te kry.

Die Israeliete het n goue kalf gemaak omdat hulle nie genoeg goud gehad het om n bees te maak nie.

Die Filistyne is eilande in die Stille Oseaan.

Salomo het driehonderd vroue en sewehonderd byekorwe gehad.

Die Grieke was n hoogs gekulde veervolk en sonder hulle sou ons nie n geskiedenis gehad het nie.

Sokrates was n beroemde Griekse wydsheid wat rondgeloop en mense raad gegee het. Hy is dood aan n oordosis willekeur. N sy dood het sy loopbaan dramaties agteruitgegaan.

In die ou Olimpiese Spele het die Grieke kaal resies gehardloop en disnis gegooi.

Jeanne dArc het van n stapel brandwonde gesterf. Sy was Noag se suster.

Koning Elizabeth was die "Maagdekoningin". As n koningin was sy n sukses. Sy het haar haar volk se probleme aangetrek en wanneer sy haar so aangetrek het voor haar soldate,  het hulle almal geskree: "Hoera!"


Eduard III kon die koning van Frankryk geword het as sy ma n man was.

Om n goeie verpleegster te wees moet jy absoluut steriel wees.

Daar is vier simptome vir n verkoue. Twee daarvan het ek vergeet en die ander twee is te bekend om te noem.

Dit was n tydperk van groot uitvindsels en ontdekkings. Gutenberg het die wynpers en die Bybel uitgevind. Nog n belangrike uitvindsel was die bloedsomloop. Peter Stuyvesant is n geskiedkundige figuur, want hy het sigarette uitgevind en begin rook.

Die grootste skrywer van die Renaissance was William Shakespeare. Hy is in die jaar 1564 gebore en party mense dink dit was op sy verjaardag. Hy het nooit geld gemaak nie, en is net beroemd oor die toneelstukke wat hy geskryf het. Hy het tragedies, komedies en historektomie geskryf. Romeo and Juliet is een voorbeeld.

Abraham Lincoln het Amerika se grootste presedent geword. Lincoln se ma is dood toe sy nog n babatjie was en hy is gebore in n houthut wat hy met sy eie hande gebou het. Hy is later doodgeskiet deur John Wilkes Booth, wat hulle s n mal akteur was. Dit het Booth se loopbaan heeltemal geruneer.

Johann Bach het baie musiekkomposisies geskryf en ook baie kinders.  Hy is dood sedert 1750 tot vandag toe. Bach was die beroemdste komponis in die wreld en Hndel was ook. Hndel was half-Duits, half-Italiaans en half-Engels. Hy was n baie groot man.

Beethoven het musiek geskryf al was hy doof. Hy was s doof dat hy harde musiek geskryf het. Hy het ver in die woude gaan loop selfs al het almal na hom geroep. Beethoven het in 1827 opgehou bestaan en dis hoekom hy later dood is.

Die negentiende eeu was n tyd van baie uitvindsels. Mense het opgehou om met die hand te reproduseer en met masjiene begin reproduseer. Die uitvinding van die stoomboot het n netwerk van riviere laat ontstaan. Louis Pasteur het n manier uitgevind om dol honde gesond te maak. Charles Darwin was n natuurkundige wat die Organ of the Species geskryf het.

Posie is wanneer elke lyn met n hoofletter begin en nie by die regterkant van die bladsy uitkom nie.

Die Nederlanders gebruik waterkrag om hul windmeulens aan te dryf.

Die koekoek is n vol wat nie sy eie eiers l nie.

Parallelle lyne ontmoet mekaar nooit nie, tensy jy een of altwee van hulle buig.

n Sirkel is n lyn wat sy ander end ontmoet sonder om te end.

Die maan is n planeet net soos die aarde, maar dis selfs nog meer dood.

Vegatiewe voortplanting is n proses waarin een individu per ongeluk n ander individu vervaardig.

Bloed vloei in die een been af en in die ander been op.

n Mens behoort een keer in die somer te bad en nie heeltemal so dikwels in die winter nie.

As jy nie genoeg jodium in jou bloed het nie, kry jy n gletser.

Hulp met beenbreuke: om te sien of die ledemaat gebreek is, wikkel dit saggies heen en weer.

Raad vir neusbloeding: plaas die neus baie laer as die liggaam.

Raad by verstikking: pas kunsmatige asemhaling toe totdat die pasint dood is.

n Sensusopnemer is iemand wat van huis tot huis gaan om die bevolking te vergroot.

As jy n reuklose gas ruik, is dit waarskynlik koolstofmonoksied.

Die verskil tussen lug en water is dat n mens lug natter kan maak maar water nie.

Die grootste soogdiere word in die see gevind omdat n mens hulle nrens anders kan neersit nie.
 

Klik hier om terug te keer na die inhoudsblad