Etna
 Die Berg van die Eenoog-monster


Telkens gebeur dit maar weer... Europa se hoogste aktiewe vulkaan en een van die aktiefstes op aarde bars skouspelagtig uit... om mens en dier opnuut tot ontsag en onderdanigheid te dwing...


Skouspelagtige uitbarsting van Etna

BO: ín Vuurwerkvertoning op sy aanskoulikste. Maar hoegenaamd nie so veilig nie . . .
REGS:  Etna se roeringe van die afgelope paar jaar tel onder die nagenoeg 190 uitbarstings sedert die nukke van die vulkaan die eerste keer in 1 500 vC aangeteken is.

Besondere kleurfoto van vuur- en rookspuwende Etna

KaartREGS: Die ligging van die vulkaan Etna op die Italiaanse eiland SiciliŽ.







Uit die ruimte gesien: SiciliŽ se kolossale "skoorsteen"

REGS: ín Dramatiese ruimtefoto van die Amerikaanse ruimte-agentskap NASA toon hoe Etna in der waarheid die atmosfeer besoedel.

   
     


D

IE berg Etna is een van die aktiefste vulkane op die hele aardbolóeen wat selde heeltemal tot rus kom. En in die afgelope anderhalwe dekade, van 1995 af, is sommige van die skouspelagtigste vulkaniese uitbarstings in menseheugenis daar gesien.

Telkens weer raak hierdie vuurspuwende berg behoorlik op sy stukke met ín reeks vurige vertonings, soos die keer kort nŠ die eeuwisseling toe onder meer die stad Catania op die Italiaanse eiland SiciliŽ met ín dun aslaag bedek is. Gelukkig nie naastenby so erg as ín paar eeue gelede, in 1669, toe ín geweldige uitbarsting Catania byna totaal verwoes het nie.

In die ou mitologieŽ was Etna die wÍreld van Vulcanus, die god van die vernietigende vuur (teenoor Vesta, wat as die godin van die weldadige vuur beskou is), asook die tuiste van die Sikloop, ín monster met een oog.

Die eerste uitbarsting van Etna wat deur die mens aangeteken is, was in 1500 v.C. Ander hewige uitbarstings was in 122 v.C. en 1787. Met sy nagenoeg 3.350 meter is hierdie berg die hoogste aktiewe vulkaan in Europa, hoewel die hoogte van sy spits met elke nuwe uitbarsting verander.

ín Groot deel van die vulkaan is met gestolde lawa bedek. In die wintermaande, wanneer die hange toe onder die sneeu is, word daar geski en in die somer kan ín mens skouspelagtige staptogte onderneem -- mits die wispelturige berg natuurlik saamspeel. Daar is ook sekere interessante spelonke.

Verskeie eikespesies en sambreeldenne, asook berke- en beukebome groei teen die hellings waar nuwe lawastrome nie die plantegroei verteer het nie.  Wanneer die berg se bladwisselende bome in die herfs verkleur, sorg hulle vir ín pragtige kleurespel.

Paddas en waterskilpaaie hou in die strome en poele van Etna se bosse. Daar is ook verskillende soorte slange en SiciliŽ se alomteenwoordige akkedisse. Vosse, eekhorinkies, wesels, hase, krimpvarkies, ystervarke en ín klompie wilde katte beskou ook Etna as hul domein. In die lug gewaar ín mens uile, valke, patryse en af en toe ín goue arend.

Maar nie as die berg die slag sommer hier digby hulle praat nie. Dan skarrel die wilde diere en voŽls in veiligheid. En die Siciliane kyk met ontsag na die rookpluime en die vuurslierte enóín buitengewone vulkaniese verskynselóEtna se rookkringe, soos diť van ín reus wat pyp rook en kringe met die rook blaas.

Kyk, met sů ín onvoorspelbare natuurkrag word nie gespeel nie.

Mens en dier voel hul kleinheid en onmag aan . . .


Illustrasie van 'n strato-vulkaan

Rokende Etna soos uit die ruimte daarop ingezoem is

LINKS: Etna staan bekend as ín strato-vulkaanówaar die kegel opgebou is deur laag op laag van vulkaan-as en lawa weens periodieke uitbarstings. (Daar is ook ín paar ander soorte vulkane. Waar ín vulkaniese berg byvoorbeeld deur ín buitengewone groot uitbarsting vernietig word, bly daar net ín panvormige kom in die aardkors oor wat ín kaldera genoem word.) Aanduidings bestaan dat Etna as ín ondersese vulkaan begin en toe boontoe "uitgegroei" het. As ín mens hierdie illustrasie bestudeer, kan jy dalk wonder wat dan nou eintlik die verskil tussen magma en lawa is. Magma is naam wat gegee word aan gesmelte gesteentes diep in die aarde. Lawa is die vloeibare uitwerpsel van ín vulkaan wat ín harde gesteente vorm wanneer dit afkoel.


 

REGS: ín Grafiese voorstelling van die binnewerking van Etna.
Detail van ín werk deur David Fierstein, Felton, KaliforniŽ / U.S. National Science Foundation


 

LINKS: ín Sterk rokende Etna soos vanuit die ruimte daarop ingezoem is. Die as wat deur vulkane in die atmosfeer ingepomp word, kan ín verlammende uitwerking op lugverkeer hÍ, afhangende van waarheen die as deur die lugstrome gevoer word.
Foto: International Space Station program / NASA

 

 Grafiese voorstelling van die binnewerking van Etna

REGS: Etna is besonders deurdat hy soms rookkringe blaas, kompleet soos ín reus met ín tabakpypóín buitengewone vulkaniese verskynsel. Hierdie twee kringe is teen die eeuwisseling bo Etna se Bocca Nuova-krater afgeneem toe die vulkaan ook omgesukkel geraak het. Die rookkringe is in ín tempo van honderd per dag uitgeblaas, van April tot Julie 2000. Hulle was tot 200 m in deursnee en het tot sewentien minute lank bestaan terwyl hulle tot ín hoogte van 5500 m opgestyg het. Rookkringe het in 1968 vir die eerste keer hul verskyning op Etna gemaak. Vir nog sulke besonderse foto's besoek die webtuiste
 
www.volcanolive.com/etna.html

Etna blaas rookkringe


Klik hier om terug te keer na die inhoudsblad


Mieliestronk.com    dugeot@mieliestronk.com     Laaste hersiening: 16/08/2010