Te veel 'krag' in die brein -- die
verstommende waarheid oor

epilepsie

In die ou dae is die naarste dinge geglo van mense wat skielik rukkend op die grond neerval en ín tydlank hul bewussyn verloor. Vandag weet ons beteródanksy die sofistikasie van die moderne geneeskunde. En dis besonder interessant om te verneem waaraan die dokters epilepsie in der waarheid toeskryf...

Hoofbron vir teks: Dr. Jan van Elfen
DOKTER IN DIE HUIS,
volledig hersien deur dr. Don du Toit
*)  

E

PILEPSIE staan ook bekend as vallende siekteóen met rede. ín Lyer sal die een oomblik miskien doodnormaal lyk en optree, net om die volgende oomblik stuiptrekkend op die grond neer te val en rukkend in ín beswyming te bly lÍ. In die ou dae is gedink daar kan slegs een verklaring vir hierdie toestand wees: ín duiwel moet in sů mens ingevaar het. En die enigste moontlik "kuur" was om ín duiwelbesweerder te ontbied.

Danksy die sofistikasie van die moderne geneeskunde weet ons vandag dat epilepsie geen bose besoeking is nie maar ín liggaamlike oorsaak het. Geleerdes beskryf dit doodeenvoudig as ín elektriese breinversteuringóversteurde motoriese en/of sensoriese funksie van die brein weens ín skielike abnormale toename in die elektrisiteit in die senuselle van die brein.

Die elektriese ontlading kan plaaslik wees en daarna oor die aanliggende deel van die brein en selfs oor die hele brein versprei. Aanvalle kom meestal by herhaling voor, telkens met dieselfde simptome, soos byvoorbeeld bewusteloosheid en stuiptrekkings.

Die aandoening wat in die spreektaal "vallende siekte" genoem word, is egter slegs een vorm van epilepsie, te wete idiopatiese epilepsie. Dit is nie bekend  wat dit veroorsaak nie. Idiopatiese epilepsie begin gewoonlik in die kinderjare, maar tree soms eers in die puberteitsjare in. In die samelewing is idiopatiese epilepsie op verskillende terreine ín groot probleem en daarom word dit later in hierdie artikel breedvoeriger bespreek.

Maar dit is belangrik dat daar eers na die verskillende soorte epilepsie gekyk sal word.

Wat bring epilepsie aan?

VERSKILLENDE aandoenings van die brein kan epilepsie aanbring: breinbeserings wat meegebring word deur geboortetrouma, bloeding weens ín gebarste bloedvat en ín breingewas of -abses. Chemiese vergiftiging soos deur alkohol kan eweneens die brein aantas en epilepsie veroorsaak. Dit is heel moontlik dat genetiese (oorgeŽrfde) faktore ook betrokke kan wees. Mense wat afgemat is of aan erge spanning blootgestel is, kan vind dat dit tot aanvalle lei, soos ook oormatige drankgebruik en selfs ligte wat aanhoudend flits.

Soorte en simptome

AANVALLE van epilepsie word na gelang van die verskillende simptome in sekere kategorieŽ ingedeel, te wete grand mal, petit mal, fokale en psigomotoriese aanvalle.

  • Grand mal-aanvalle. Die lyer raak bewusteloos en daar is trekkings of rukkings van die spiere aan die een sy of altwee die sye. Omdat die pasiŽnt weens sy beswyming neerval, kan hy beseer raak. NŠ so ín toeval -- soos dit ook genoem word -- kan hy ín ruk lank baie vas slaap. Sodra hy wakker word, onthou hy baiemaal nie wat gebeur het nie.
  • Petit mal-aanvalle. Sulke aanvalle word deur slegs ín kort floute of verlies van die bewussyn gekenmerk. Mense by die persoon kom agter dat hy ín tydjie "wegraak", net om voort te gaan met dit waarmee hy besig was wanneer die floute verby is. Die lyer kan partymaal verbleek, en sy oŽ kan ook omdop en sy ooglede kan tril.  Hy kan boonop onthuts lyk, soos ín slapende mens wat skielik wakker gemaak is.
  • Fokale of gedeeltelike aanvalle. ín Letsel in die motoriese skors van die brein lei tot hierdie soort aanvalle, en die ligging van die fokus bepaal die verloop van die aanval. Dit kan straks die litteken van ín ou besering of ín operasiewond in die brein wees. ín Taamlik algemene vorm is die sogenaamde Jacksim-epilepsie, wat begin met krampe in ín spesifieke spiergroep (wat met die ligging van die fokus ooreenstem) en oor die hele liggaam of die een kant van die liggaam versprei. Die toe≠stand begin gewoonlik in die duim van die een hand en in die mondhoek van dieselfde kant. Die lyer kan by sy bewussyn bly.
  • Psigomotoriese aanvalle. Hierdie soort fokale epilepsie ontstaan in die brein se slaapsentrum. Daar is partykeer slegs kort bewussynsteurings (gewoonlik 'n paar minute, maar soms baie langer) en die lyer tree eienaardig op, soos deur ín been of arm onwillekeurig te pluk of te draai. Hy kan soms eienaardige sensasies beleef -- droomagtige ervarings hÍ, steurnisse in die selfwaarneming ondervind en sintuigwisseling (geluid-, reuk- ≠of lighallusinasies) ervaar.

Hoe algemeen is epilepsie?

NAGENOEG 500 uit elke 100 000 mense, wit en swart, is epileptici. Daar is sowat 125 000 lyers in Suid-Afrika.

ín Groot probleem is dat siekte dikwels nie reg begryp word nie. Daar kan egter maar net gekyk word na sulke suksesvolle mense soos die krieketheld Jonty Rhodes om te besef dat die meeste epilepsielyers heel normale lewens lei en selfs groot welslae kan behaal. Ander beroemde epileptici was die Romeinse generaal Julius Caesar, die Franse staatsman Napoleon, die Nederlandse skilder Vincent van Gogh en die Italiaanse komponis NicolÚ Paganini.

Daar moet onthou word dat epilepsie nie ín teken van geestesversteuring of die oorsaak of gevolg van verstandelike vertraging is nie. Boonop is dit hoegenaamd nie aansteeklik nie.

Soos die bekende Afrikaanse doktersboek*) wat as hoofbron vir hierdie artikel gebruik is, dit stel: "Dit is eenvoudig ín opbouing van te veel elektrisiteit tussen die breinselle wat gevolg word deur ontlading wat ín kortstondige versteuring van die bewus≠syn veroorsaak."

Idiopatiese epilepsie:
die algemeenste vorm
van die siekte

SOOS gesÍ, weet dokters nog nie wat die oorsaak van idiopatiese epilepsie is nie. Een teorie is dat dit veroorsaak kan word deur 'n littekentjie in die breinweefsel wat te klein is om waar te neem. ín Ander moontlikheid is dat party mense ín laer weerstand het as dit by breinprikkeling kom.

Die lyer kan soms deur sekere tekensósoos hoofpyn, duiseligheid, lomerigheid en ín gegaapógewaarsku word dat ín aanval op pad is. Dan volg ín oura (priksensasies) in die ledemate en versteurings van smaak en reuk, wat die werklike begin van ín toeval is.

ín Reeks ernstige aanvalle waar die pa≠siŽnt tussen twee aanvalle bewusteloos bly, staan bekend as Status epilepticus. Hiervoor is hospitaalbehandeling nodig.

Behandeling van idiopatiese epilepsie

DIE abnormaal baie elektriese energie in die brein wat epileptiese toevalle aanbring, word met medisyne soos een of meer soorte pille onderdruk. Deur die gereelde gebruik van die korrekte dosisse kan ín epileptikus help verseker dat sy toe≠valle in ín groot mate uitgeskakel word. Dit stel hom dus in staat om ín betreklik normale lewe te lei.

Die epileptikus mag ook nooit sy gereelde medikasie onderbreek of verminder nie, selfs al het hy ín jaar of langer tevore sy laaste toeval gehad. Moontlike slegte newe-effekte soos ín veluitslag of erge lomerigheid moet met die dokter bespreek word.

Dit is belangrik dat alle epi≠leptici in Suid-Afrika sal weet dat spesiale hulp tot hul beskikking is. Daar is klinieke by die groter provinsiale hospitale, spesiale skoolonderrig en opleiding vir beskutte arbeid, indiensplasing en raad van die Suid-Afrikaanse Nasionale Epilepsieliga (Sanel).

Hoe toevalle hanteer moet word

BEPLAN vooruit. As die lyer kla dat hy benoud of eienaardig voel en dit op ín komende toeval dui, lei hom na ín veilige plek, waar daar byvoorbeeld nie verkeer is nie, en waar omstanders hom nie sal aanstaar nie.

Wanneer hy bewusteloos is, pas die volgende noodhulp toe:

ē Bly kalm.

ē Laat die pasiŽnt lÍ net waar hy isóbehalwe as dit op ín potensieel of wesentlik gevaarlike plek is, byvoorbeeld waar daar vuur of verkeer is.

ē Laat hom op die sy lÍ, met die boonste arm en die been as stutte (vergewis jou van die sogenaamde Herstel-posisie in noodhulp).

ē Maak alle stywe klere aan die pasiŽnt los.

ē Moet hom nie op die grond vasdruk of harde voorwerpe tussen sy tande indwing nie. ín Tong wat stukkend gebyt is, sal gesond wordógebreekte tande word nie so maklik herstel nie.

ē Moenie die pasiŽnt alleen laat nie, nie eens nadat die toeval verby is nie. Omdat hy ín rukkie lank deur≠mekaar kan wees, sal jou aandag en begrip vir hom belangrik wees. Moenie weggaan voordat hy heeltemal herstel het of nŠ die toeval normaal aan die slaap geraak het nie.

ē As die toeval erger of anders is as gewoonlik, ontbied dadelik die dokter.

ē Indien die pasiŽnt nie sy bewussyn verloor nie, bly kalm en hou bloot ín ogie oor hom. As hy ín kind is, sal jou vertroeteling hom beskerm laat voel.

Daaglikse lewe van ín epileptiese kind

DIE volgende belangrike riglyne is meestal woordeliks uit ons vernaamste bron*) oorgeneem. Daar word aanbeveel dat elke webgebruiker wat met ín jong eleptikus te doen het of te doen kan hÍ, veral hierdie gedeelte van die artikel op sy of haar rekenaardrukker sal uitdruk om dit ook vir latere raadpleging te bewaar.

Benewens die hantering van epileptiese toevalle is dit uiters belangrik om ín kind met epilepsie ín gebalanseerde lewe te help lei.

Dissipline. ín Epileptiese kind word op dieselfde wyse as ander kinders gedissiplineer. Hy moet nie aangemoedig word om homself te bejammer of oor≠vertroetel word nie en moet ín gewone lewe kan lei. Hy sal moontlik spesiale hulp nodig hÍ, maar die hele gesin hoef nie daaronder te ly nie.

Identifikasie. ín Kind met epilepsie wat toe≠gelaat word om alleen uit te gaan, behoort 'n Medic Alert-armband of -halssnoer te dra. Indien hy dan ín toeval kry, kan bystanders onmiddellik weet wat skort.

Medisyne en maaltye. Dit is baie belangrik dat die kind gereeld eet en medisyne neem. Maak seker dat hy die regte dosis van die medisyne op die regte tye sluk en moenie daaraan verander sonder dat sy dokter eers geraadpleeg is nie. Raadpleeg ook sy dokter as hy meer as net af en toe 'n oor-die-toonbank-medisyne nodig het, wat sonder voorskrif verkry kan word (bv. 'n hoesmiddel, pynstiller of verkouetablette, ens.).  Sulke middels kan dalk die werking van die stuipweermiddels belemmer.

Selfs as dit lyk of daar geen probleme is nie, moet die kind die kliniekverpleegkundige of huisdokter minstens een keer elke ses maande spreek sodat verseker kan word dat hy die bes moontlike behandeling kry.

Skool. Die meeste kinders met epilepsie vaar goed in ín gewone skool. Dit is belangrik om sy onderwyser oor sy toe≠stand in te lig. Dit is dikwels ín goeie idee dat die onderwyser die ander kinders daarvan vertel. Spesiale skole is net nodig as versorging ontbreek, die kind se aanvalle nie voldoende deur medisyne beheer word nie of hy weens verstandelike gestremdheid remediŽ≠rende onderwys nodig het.

Slaap. Om af en toe laat te gaan slaap, doen geen kwaad nie. In die algemeen tel ín goeie slaaproetine en genoeg slaap egter in die kind se guns. Vermy baie sagte kussings en matrasse om die moontlikheid van versmoring nog skraler te maak.

Die samelewing. ín Kind kan gelukkig wees ondanks sy epilepsie. As hy egter nie met mense oor die weg kan kom nie, kan hy nie gelukkig wees nie. Help hom dus om tot ín verstandige, verantwoordelike volwassene te ontwikkel.

Dit kan moeilik wees om altyd vol≠kome openhartig oor epilepsie te wees, maar op die duur is openhartigheid die beste om met mense oor die weg te kom en begrip te bevorder.

Spesiale uitrusting. Indien nodig, raad≠pleeg die dokter of Sanel oor spesiale badkamer- en toiletslotte, beskermende valhelms, broekies en doeke om die be≠vuiling van klere te voorkom.

Besondere gevare. As die lyer ín baie jong kind is of die kind geneig is om sy bewussyn te verloor, moet hy na die badkamer of die toilet vergesel word. Dit is in die algemeen nie raadsaam dat hy boomklim of op hoŽ plekke rondklouter nie. Hy kan fietsry indien hy deur ín verantwoordelike mens vergesel word, maar nie op ín openbare pad nie. Spansport en uitstappies met betroubare maats kan gerus aangemoedig word, maar vermy kontaksportsoorte.

Werk, sport en omgang met mense

SAL epilepsie noodwendig die lyer se lewenswyse verander? In ín sekere mate stellig, maar as hy sy voorgeskrewe medikasie gereeld neem, hoef dit nie veel te wees nie. Sy vermoŽ om te leer en te werk hoef ook nie aangetas te word nie.

Indien ín kind probleme op skool on≠dervind, kan Sanel gevra word om hom in aanraking bring met die naaste skool vir kinders wat aan epilepsie ly.

Vra maar weer vir krieketheld Jontyóepilepsie hoef ín mens nie te keer om aan sport deel te neem nie. Veilige sportsoorte soos tennis en atletiek kan met ín geruste hart beoefen word. Kontaksportsoorte soos rugby, boks en karate asook branderplankry, bergklim en gimnastiek word nie aan≠beveel nie. Sonder verantwoordelike toesig kan swem ook gevaarlik wees.

Die epileptikus moet kwaai liggaamlike en geestelike inspanning vermy, omdat dit ín aanval kan aanbring. Origens moet hy nie skroom om byeenkomste soos kerkdienste en gesellighede en byvoorbeeld toneelopvoerings by te woon nie,

Kragtens wet mag ín persoon wat twee jaar lank geen aanvalle gehad het nie en sy pille gereeld gebruik, ín rybewys bekom.  Dit moet jaarliks hersien word.

Sanel -- die liga vir hulp
aan epileptici en
hul gesinne

GRATIS raad oor die daaglikse versorging van en morele steun vir lyers word deur Suid-Afrikaanse Nasionale Epilepsieliga verskaf.

Mediese, opvoedkundige en maatskaplike inligting word voorsien aan alle Suid-Afrikaners wat daarom vra en die liga bied onder meer ook hulp met indiensplasing.                                                              

__________________

*) Die meeste van die inligting in hierdie artikel met dank uit: Dr. Jan van Elfen: DOKTER IN DIE HUIS, volledig hersien deur dr. Don du Toit. Uitgegee 2001 deur Tafelberg-Uitgewers, Kaapstad. Tweede uitgawe, eerste druk 2001. pp. 166, 167, 168. ISBN 0 624 039 633

Klik hier om terug te keer na die inhoudsblad