Word jou eie baas vir net R200 (of so ietsie meer)



Hier is kenners se nuttige wenke vir voornemende entrepreneurs—wat nie die wreld se geld het om te begin nie. Trouens, met so min as R200 in jou sak kan jy in jou vrye tyd reeds n welkome ekstratjie begin verdien... en later dalk selfs tot die baas van n yslike onderneming vorder...


JY besit n minibus en speel lankal met die gedagte om hom vir jou te laat werk. Jy wil oorsese toeriste in jou omgewing rondwys en hulle alte lekker bederf.

En saans, by jou vleisbraaie rondom knetterende wingerdhout-vure, wil jy hulle toegooi met ons unieke gasvryheid en die ware Suid-Afrika laat proe. Dan laat jy hulle boonop in jou spaarkamer(s) slaap... en sien jy week n week hoe die dollars inrol...

Indien dit nog nie rrig jou droom was nie, klink dit dalk net vir jou na n goeie idee, as jy ernstig op soek is na n eie besigheid noudat werk so bitter skaars is. En jy nie die wreld se geld het om n onderneming te begin nie.

Toerisme is immers besig om een van ons land se belangikste bedrywe te word, ondanks die baie negatiewe publisiteit wat Suid-Afrika in die buiteland kry. (Die persepsie bestaan mos, en met reg ook, dat ons heeltemal te veel misdaad en geweld het.)

Tog is die nuwe geleenthede wat toerisme vir entrepreneurs skep, groter as groot. Wie n behoefte in hierdie nuwe mark raaksien, en planne kan uitvoer om daardie behoefte te bevredig, vir hom of haar wag daar sommer groot rykdomme om die draai, reken die kenners.

Dit geld natuurlik nie net vir toerisme nie. Bewese wenresepte vir geldmaak I gesaai en nie geplant nie, en ons het n bietjie rondgesoek om n aantal nuttige kennerswenke te versamel. Dit is ou beproefde geldmakers en dus nie nuut nie, maar kan n mens weer n slag aan die dink sit oor hoe jy in jou vrye tyd n lekker ekstratjie kan verdien,

Wie weet, dalk l daar onder die volgende planne die een resep wat spesifiek vir jou en jou besondere aanlegte bedoel is.

Die mooiste van alles is dat die meeste idees die minimum aanvanklike kapitaal verg—en jou eie onderneming selfs met so min as R200 (of so ietsie meer dan) begin kan word!

   Restoureer waardevolle, maar gebreekte of verwaarloosde meubels. Dikwels het iemand n ou erfstuk rens in n motorhuis of buitekamer waarvan jare se verf afgestroop en die natuurlike afwerking herstel kan word, om maar een voorbeeld te noem. 

   Kunstenaars en tuisnyweraars vind dit soms moeilik om hul produkte te bemark. Omskep jou ongebruikte buitegebou in n aanskoulike "kuns- en huisvlytmuseum" en nooi alle kunstenaars en tuisnyweraars in jou omgewing uit om daar uit te stal. Maak net seker dat jy behoorlik adverteer. Jou loon is n sekere persentasie van elke verkoopte artikel se verkoopprys.

   Bied poppespelvertonings by kinders se partytjies aan. Met groot opvoubare stukke karton (mooi geverf) vir jou poppekas en eiegemaakte handmarionette kan jy nogal gesog raak as jy werklik iets besonders kan aanbied.

   Omskep jou werf in n troeteldiersalon. Jy kan verskillende dienste adverteer soos haresny, naelversorging, bad en selfs spesiale pels- en velversorging.

   Word n vryskut-navorser. n Vervaardiger soek dalk die name en adresse van al die verkoopbestuurders van sekere soorte firmas in n bepaalde gebied, maar kan nie n werker afstaan vir die taak wat baie ure in beslag kan neem nie. Of die vervaardiger wil sekere besonderhede oor al sy mededingers regdeur die land h. Jy kan begin deur jou dienste deur middel van, s, 100 gefotostateerde omsendbriewe aan groot firmas bekend te stel—en te kyk wat gebeur.

Dit kan ook wees dat iemand in Koekenaap inligting wil h wat net te kry is in die Staatsargief in Pretoria (waar jy miskien woon). Gee jou naam by die argief op as n vryskut-navorser. Die moontlikhede is eindeloos, en die beloning kan goed wees, vir iemand wat hierdie geldmaakplan wil ontgin. 

   Organiseer gereelde Saterdag-rommelverkopings in jou buurt. Almal het "wit olifante" in hul gerage of buitekamer wat hulle nie meer wil h nie. Jy kan die rondte van vader Cloete doen en self sulke artikels by huise kollekteer, wat jy dan op goed geadverteerde veilings verkoop—en n stewige kommissie vir jouself neem in ruil vir jou ondernemerskap. 

   Hier is nog n vindingryke idee vir iemand wat die aanleg daarvoor het, maar weliswaar heelwat meer as R200 gaan kos om te begin. Jy gee naamlik elke af en toe n gedrukte blaadjie vol geklassifiseerde advertensies uit—waarvoor die adverteerders jou niks betaal nie! Hulle betaal jou n kommissie as hulle hul produkte verkoop—s tien persent vir gewone handelsware en twee persent vir motors en huise.

Noem jou blaadjie iets soos Die Wit Olifant, verstrek jou naam, adres en telefoonnommer daarin, plaas dit gratis in soveel posbusse as moontlik—en kyk hoe jou besigheid groei.

   As jy 'n hansie-my-kneg is wat graag peuselwerkies by die huis doen, kan jy goed geld maak uit die lomphandiges wat nie eens 'n spyker kan inslaan nie. Adverteer jouself as 'n knaphand vir wie geen herstelwerk te groot of te klein is nie—van garagedeure vervang tot sae en snoeiskre slyp. Daar is baie geld te maak uit hierdie soort besigheid, maar die kompetisie is ongelukkig ook taamlik groot. As jy baie mededingers in jou omgewing het, dink eers goed na of dit jou sal loon.

   Het jy 'n kop vir syfers? Gefrustreerde belastingbetalers kan jou lekker vergoed as jy hul vorms vir hul invul. Of kleinsakemanne as jy deeltyds hul boeke vir hulle hou.

   Goeie tuinbeplanners bly in aanvraag en kan veral baie werk kry in nuwe woonbuurte. Meet jou klint se werf uit en maak eenvoudige sketse, nadat jy vasgestel het waarvan hy hou—struike of blornme, baie of min bome, groot of klein grasperke, miskien 'n visdammetjie en 'n mooi tuinpaadjie. Wys die sketse vir jou klint en maak nuwes as hy miskien hier en daar veranderinge verlang. As jy in staat is om self die uitlegwerk te doen, des te beter, maar vir die planne alleen kan jy reeds goed betaal word.

   Baie mense skryf en daar is baie werk vir goeie tikkers/tiksters wat 'n woordverwerker tuis het. As jy naby 'n universiteit woon, kan jy jou dienste op hul kennisgewingborde adverteer. Jy kan ook briewe aan plaaslike sakemanne, klubs en verenigings skryf waarin jy jouself bekend stel.

   Ten slotte: as daar een ding is wat almal moet doen, is dit eet. Die probleem is dat te veel ander entrepreneurs reeds weet wat jy weet en jy dus in 'n oorvol mark moet meeding. Maar as jy 'n lekkerder hamburger kan lewer as jy mededingers, en dit boonop op 'n strategiese plek kan verkoop, is jou kop heel moontlik deur.

WATTER raad het die kenners verder vir ons entrepreneurs? "Baie belangrik," s een, "is om nie die wiel te herontwerp nie. Dis dikwels baie beter om 'n na-aper te wees van ondernemings wat werk as om te waag met jou eie onbewese idees. Aan die ander kant moet ook nie jou eie kreatiwiteit te gering skat nie.

"En moenie te hoog wil vlieg as jy nog nie baie kapitaal daarvoor het nie. Te veel entrepeneurs verbrand hul vlerke heel in die begin. Begin klein en word getrein!"


Klik hier om terug te keer na die inhoudsblad